NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is wel redes waarom Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar met lang gesigte loop, maar daar is rede om ook te glimlag – God is in beheer van alle omstandighede. Daarom kan ons saam met die digter in Psalm 42 sê: Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God! Dit is moontlik om God se vriendelike aangesig te ontmoet en sy glimlag oor ons te voel skyn, dan sal óns aangesigte ook verhelder!

EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (9)

Hanan Viljoen

Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?

DNS (Engels DNA) en Evolusie

DNS is die afkorting vir die naam deoksiribonukleïensuur. Die Engelse afkorting "DNA" is miskien meer bekend. Hierdie DNS van die manlike en die vroulike ouers bevat die 'instruksies' vir die ontstaan, die ontwikkeling en die soort van die nageslag van alle lewende organismes. Dit geld dus vir plante, diere en mense. Hierdie 'instruksies' word ook genoem 'inligting' of 'kodes'. DNS bepaal dus wat alle eienskappe van die nageslag sal wees – ook die voorkoms, die geaardheid en die vermoëns.  'n Ander naam waaronder DNS bekendstaan, is 'argitek- of bloudrukplan vir die lewe'. Die DNS-ontstaaninstruksies word bewaar in twee spiraalgedraaide bandjies wat toegevou is en wat binne-in die kern van elke sel van die liggaam opgekrul lê. Die DNS van elke soort kan net die eienskappe van daardie bepaalde soort dier in die ontstaanproses voorsien, niks anders nie. Die instruksies of die inligting van die soort dier kan ook nie vermeerder word om 'n ander, meer gevorderde soort dier voort te bring nie. Daar bestaan ook geen voorbeelde dat dit al gebeur het nie. Prakties beteken dit dat die DNS van sjimpansee-ouers byvoorbeeld, gladnie kan verander word om iets anders as sjimpansee-babas voort te bring nie. God het bepaal dat elke lewende organisme, insluitend die mens en die sjimpansee, "volgens hulle soorte" vrugbaar sal wees en voortplant. Menslike DNS van mensouers is dus geskep om mensbabas en ook nét mensbabas met hulle unieke wonderlike menseienskappe voort te bring.

Laat my toe om iets van hierdie wonderlike menseienskappe vir jou te beskryf met die byna ongelooflik menslike vermoë van orrelkunstenaars om orrel te bespeel. Die verstand van die orrelis, deur middel van sy twee oë, lees vier tot tien note tegelyk van sy musiekboek af terwyl hy orrel speel. Sy brein stuur terselfdertyd die boodskappe van die vier tot tien note na die tien vingers van albei sy hande én ook na albei sy voete. Die twee hande en die twee voete druk tegelykertyd die korrekte note op die handsleutelborde en die voetpedale. Terwyl die orrelis sit en speel, doen hy ook waar nodig, verskillende klank- en oorgangverstellings met sy twee hande en soms ook met sy twee voete. Egte orrels het meestal twee tot drie handsleutelborde, terwyl sommige groot orrels tot vyf het. Hiervan bespeel die orrelis meestal twee gelyk met sy hande, terwyl albei voete in harmonie daarmee op die voetpedale saamspeel.

Ons kan nie anders as om saam met Dawid die Psalmdigter uit te roep nie: "Wat U gedoen het, vervul my met verwondering" (Psalm 139:14). As dit enigsins moontlik is, lees ook verse 13 tot 18 van die Psalm in jou Bybel.

Die meeste van die biologiese feite oor DNS is eers in die sewentiger jare van die vorige eeu ontdek. Dit was onder andere deur die studie van prof Francis Crick en enkele ander wetenskaplikes. Darwin het van hierdie feite nog glad nie geweet nie. Daarom kon hy nog glo dat een soort dier of plant kon oorgaan na 'n ander soort – dws evolusie.

Oneindige hoeveelhede besonderhede!

Afgesien van die breë karaktereienskappe van elke organisme wat deur die DNS na die nageslag oorgedra word, is daar ook die oneindige hoeveelheid klein besonderhede van elke orgaan van die liggaam wat in die nuwe individu se liggaam ingebou moet word. Orgaan vir orgaan moet die oordrag- en inbou-instruksies van hierdie eienskappe gedoen word, dws die brein, die oë, die ore, die hart, die niere, die longe, die skelet, ensomeer. In die geval van die mens vind dit alles deurlopend oor die swangerskaptydperk plaas totdat die nuweling gebore is. Die volledige plan en besonderhede van alle lewende organismes kom van die DNS van ouers af. Ons moet ook nie net dink aan die hooforgane van ons liggame nie. Ons moet ook onthou dat sekere organe, byvoorbeeld ons longe uit miljoene der miljoene klein deeltjies bestaan wat elkeen deur nog meer individuele selle baie kompleks gebou moet word.  Die instruksies vir die bou van elke deeltjie en elke sel van elke orgaan moet dus een vir een vanaf die DNS-instruksiemolekules 'gegee' word. Elke soort selletjies, hetsy spierweefsel, beenweefsel of watse weefsel ookal, moet op die bepaalde weefsel se plekkie ingebou word.

As 'n mens as voorbeeld na die oog kyk word hierdie wonderlike proses nog duideliker. Nie alleen het die oog duisende 'onderdele' waarvoor daar vir elke klein deeltjie 'inligting' of 'bou-instruksies' gegee moet word nie maar die twee oë moet uiteindelik ook saamwerk om gesamentlik hulle funksie te vervul. Die talle oogsenuwees moet ook akkuraat aan die brein gekoppel word sodat die persoon kan sien en verstaan wat hy sien!

Omdat die instruksies vir die liggaamlike besonderhede deeltjie vir deeltjie in die DNS van elke sel gestoor word, is die hoeveelheid inligting wat dit bevat enorm baie! Dit is ook mikroskopies klein. Die inligting van een sel was al vergelyk met 500 stapels boeke van die aarde af tot by die maan. Al hierdie inligting word ook in die DNS van elke selletjie van elke lewende organisme gestoor! Elke soort organisme se DNS is ook anders. Die uiterlike genetiese materiaal mag eners lyk, soos die sjimpansee en die mens s'n maar die boodskap of inligting daarvan verskil hemelsbreed. Daarom is die nageslag van sjimpansees so totaal anders as dié van die mens. Ook vanaf elke mens of dier tot by die volgende mens of dier van dieselfde soort, verskil die DNS-inligting. Daarom is geen mens of dier ooit dieselfde as 'n ander mens of dier nie.

Op grond van wat hierbo aangetoon is, is dit duidelik dat geen dier of organisme se DNS ander soort bou-instruksie of inligting kan oordra as nét die eienskappe van daardie bepaalde soort nie. Om dit nog duideliker te sê: Die DNS-eienskappe van alle lewende organismes is onveranderbaar vasgestel. Daar kan dus nie verandering oor die grense van soorte plaasvind om evolusie te laat gebeur nie! Al wat kán gebeur is dat as gevolg van DNS wat verlore gaan, die nageslag van 'n dier sekere eienskappe van sy soort kan verloor. As daar 'n fout kom met die DNS, kan daar misvorming plaasvind – dit beteken dat die nageslag van so 'n organisme gebreklik gebore word. Die woord wat in die biologie daarvoor gebruik word is 'mutasie'.

*Vir meer inligting hieroor kan ek die boek van dr Geoffrey Simmons aanbeveel: "What Darwin didn't know", verkrygbaar van Creation Ministries International.

Om saam te vat: Omdat honde net hond-DNS het, kan hulle niks anders as klein hondjies voortbring nie. Hulle kan nooit ape voortbring nie. Dit geld ook vir elke soort plant, dier of mens.

Toe daar 'n tyd gelede vir die baie bekende evolusionis, prof Richard Dawkins gevra is of hy enige voorbeeld kan noem van 'n geval waar die inligting, dws die DNS-instruksies van diere vermeerder het om hoër ontwikkeling voort te bring, was hy met hierdie vraag baie verleë. Natúúrlik sou hy nie 'n voorbeeld van vermeerdering van DNS-instruksies kon noem nie want in Genesis 1 en 2 staan dit nie minder nie as nege keer geskryf dat God die plante, die visse, die voëls en die diere "volgens hulle soorte" geskep het. Sien hieroor veral Genesis 1 verse 20 tot 25. Alle soorte was dus van die begin af daar. Hulle het nie met die tyd ge-evolueer of ontwikkel nie. Van "die begin" af plant alle organismes ook voort volgens die DNS-instruksies wat God by die skepping in hulle geplaas het.

Waarom glo mense dan in evolusie?...vervolg

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 708 gaste aanlyn