NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat ons ons vertroue in God stel, en laat ons troos vind in die wete dat alles wel sal wees, as dit geskied volgens die wil van God. Want Hy weet wat die beste is vir ons tydelike en ewige welsyn.

DOOD,WAAR IS JOU ANGEL? (1)

Ds David Niebuhr

Lees reeks by Dood, waar is jou angel?

Inleiding

As kapelaan van die nooddienste word ek daagliks konfronteer met sterfgevalle wat strek oor die hele spektrum van gelowe, en kerkgrense. Ek dien tans as die President van die “Emergency Services Chaplaincy of Southern Africa” asook as opleidingsbeampte vir aspirant kapelane. Dit is vir my fassinerend om te sien dat daar so ‘n groot hoeveelheid van ons mense, en selfs kerkleiers is, wat werklikwaar geen idee het van wat die Bybel sê oor die dood nie. Ek het sekerlik met meer foutiewe sienings van die dood te doene gekry as wat ek met sienings te doene gekry het wat werklik gegrond was op Bybelse beginsels. In die eerste plek poog ek met hierdie boek om jou te help ondersoek instel oor wat jy werklik glo aangaande die dood, en om jou siening te toets teen wat ons uit die Woord van God leer.

In die tweede plek wil ek jou help om toegerus te word om ander by te staan wanneer hulle dalk ‘n geliefde moet afstaan aan die dood. In die boek gaan ek poog om jou te wys wat soms die verkeerde dinge is om te sê en doen, en wat werklik behulpsaam mag wees vir iemand wat deur die trauma gaan om ‘n geliefde te moes afstaan aan die dood.

Ek wil in die derde plek ook poog om jou te help voorberei vir daardie dag wanneer dit jou beurt sal wees om die doderyk te moet binnegaan. Dus kyk ons na hoekom ons die dood vrees, en hoe ons die vrees kan oorwin deur kennis van die dood, en geloofsekerheid.

Mag God ook hierdie boek gebruik om jou te laat groei in jou kennis van Hom.

Dood, waar is jou angel?

Dood - ek vrees jou, ek bewonder jou, ek haat jou, ek sien uit na jou koms......

Soveel van ons word baie seergemaak deur die dood wat op een of ander stadium in ons lewens iemand van ons wegruk. Die dood is die oorsaak van soveel pyn, leegheid en smart.

“Hoe goed onthou ek nog die eerste keer se gevoel van skok, pyn en verplettering toe ek gehoor het dat iemand naby my deur jou, die Dood, weggeruk is. So gou, so skielik, so genadeloos, so finaal. Jy het nie my pyn en smart in ag geneem nie. Jy kom en ruk my lewe in skerwe, en laat my platgeslaan en alleen bly staan. Nog nooit het ek so duidelik verstaan wat dit beteken om mense om jou te hê, en tog stoksielalleen te voel nie. Gestroop, kaal en leeg. Ek probeer sterk staan, maar hoe staan jy sonder bene? My bene is onder my weg geslaan. Ek wil jou probeer wegredeneer, maar jy, Dood, roof my van logiese denke en denkpatrone. Skielik is alles weg wat normaal en standvastig was, en niks maak meer werklik sin nie. Ek staan in helder sonskyn, maar orals ervaar ek nag.

My oë staar voor my uit, maar hulle is dof, gestroop van alle tekens van geluk, liefde en lewe. Ek kyk, maar sien niks. Emosies ruk my rond. Skok, ontkenning, woede, vrees, hartseer, pyn... ontsaglike pyn. Ek probeer sterk wees, maar weet ek kan nie. Ek kan nie meer nie, ek wil nie meer nie, ek voel oopgebreek, stukkend, leeg... Ek voel hoe my eie lewenskrag uit my uitstroom, ek lek, ek word net meer en meer leeg. Ek kan huil, tot ek so leeggehuil is dat ek nie kan glo daar nog enigsins ‘n traan in my oor is nie. Leeg gehuil, moeg gehuil, ek wens ek kan vergeet... Dan, soos uit die niet kom herinneringe weer deur my verwardheid gestroom, en ek huil, ek kan nie meer nie, maar ek huil...

Ek wil my geliefde sien, ek moet hom/haar met my eie oë sien ! Ek weier om dit te glo as ek dit nie self gesien het nie... As dit nie moontlik is nie, word ek kwaad, ek wil skree, ek wil baklei... ek moet my geliefde sien, anders weier ek om dit te glo...

As ek my geliefde mag sien is ek bang... Wou ek “dit” regtig sien? Dit lyk so anders... Ek wil my geliefde ruk, en skree... “Word wakker, jy het lank genoeg gespeel! Word wakker, dit is nou genoeg, Staan op! Word asseblief tog net wakker...” Ek moet afskeid neem, my geliefde moet lykshuis geneem word... Ek wil nie, ek kan nie... hoe kan ek toelaat dat my geliefde geneem word, weggevat word, om nooit weer terug te kom nie...? Dit skeur ‘n deel van my siel uit as my geliefde weggevat word, en ek kan nie meer saam daar wees nie... NEE, asseblief, moenie dit doen nie... ! Tog weet ek in my logiese denke, dit kan tog nie anders nie.

Ek moet sterk wees vir ander, my trane probeer verberg. Ons kan tog nie almal huil nie, iemand moet sterk staan... Wie bluf ek...? My stukkend en seer bly vreet soos ‘n kanker. Ek dra swaar, maar ek moet aangaan, ek mag nie ingee nie... Hoekom doen jy dit aan ons? HERE, help tog...! Kan ek nie maar sterf nie?. Ek kan nie aangaan met die gevoelens in my nie... ek is so leeg getap, ek kan maar net sowel sterf... Dood, hoekom het jy my nie eerder gevat nie, en kan nie so ly nie...

Jy speel speletjies met my gedagtes... As ek net daar was, dalk sou ek kon help, kon keer... As ek meer mediese kennis gehad het, as die dokters dalk anders opgetree het. As ons vroeër gery het, of ‘n ander pad... Ek moes vrede gemaak het, ons het nog nie sekere dinge uitgepraat nie... Dit is my skuld... Al die dinge maak my mal... Hoekom? Waarom? Sê nou maar...? Dit kon soveel anders gewees het.

Dit moet iemand se skuld wees... Sulke dinge gebeur nie net nie... Die dokters moes iets opgetel het... Dronk mense mag nie op die paaie wees nie, die verkeerskonstabels moes ingegryp het... Die wetteloosheid van ons land, misdaad ruk hand uit, en die regering doen niks... As ek net vroeër huistoe gekom het, as ek maar net vir jou kon sê hoe lief ek jou het...

Die paramedisie moes vinniger daar gewees het... “Here, hoekom het U dit gedoen?!”

Dit voel verkeerd om deur my geliefde se goed te gaan... Dood, jy het my geliefde van my gesteel! Dit voel verkeerd om in jou privaatspasie te wees, ek weet jy sou nie daarvan gehou het nie, en as jy nou hier sou instap, was ek in groot moeilikheid. Maar jy is nie meer hier nie, en ek wil jou vra wat moet ek doen, wat was jou wens, maar ek kan nie, my geliefde... Dood, kan ek nie maar net nog ‘n paar minute weer my geliefde sien nie, daar is dinge wat ek moet sê, moet weet, so graag wil hoor... Asseblief ...? Daar is geen reaksie nie.

Mense, liewe mense... Almal gons om my rond, almal wil met my praat, my troos, ek wens hulle wil net weggaan... Ek weet hulle bedoel goed, maar as nog een vir my moet sê dat die Here sy mooiste blommetjie kom pluk het, gaan ek skree! Ek soek net iemand om daar te wees, iemand wat sal verstaan. ‘n Vriend wat kan saam huil, en saam kan lag oor die goeie ou dae... Iemand wat langs my sal stap en sal help, sonder dat ek vra... Wees net daar. Woorde kan dit wat in my aangaan nie wegredeneer nie en maak dikwels net seer. Ek weet hulle bedoel goed... Ek waardeer dit tog dat hulle moeite doen... maar ek wens ek kon net alleen op die hoogste berg gaan sit...

Selfs dan is dit lekker om te weet, alhoewel my ware vriende my toelaat om alleen op my berg te sit, sit hulle so paar tree verder op die berg, naby as ek hulle nodig het, maar hulle los  my nie alleen nie. Tog, ek smag dat iemand my sal vashou, my sal troos, en verseker dat dit alles net ‘n nare droom is...

Ek hoor iemand lag; hoe kan hulle? Hoe ongevoelig... Besef hulle nie die Dood was hier nie...? Dit maak my kwaad, en maak my seer... verstaan hulle nie die pyn en rou seer wat ek het nie... Hoe kan mense nog lag ? Ja, logika sê vir my dit is dalk kinders in die straat, of iemand in die buurt wat totaal onbewus is van ons situasie en geensins daardeur geraak is nie. Maar tog... ek wil nie weet van geluk en blydskap nie. Ek wil selfsugtig hê die hele wêreld moet saam met my rou en treur... Ek wil hê almal moet die verlies van my geliefde so intens ervaar soos ek...

Iemand sê ek moet sterk wees, my familie het my nodig... Wat van my? Wie is daar vir my? Hoekom moet ek altyd daar wees vir ander? Wie is daar vir my? Ek is ook deur die dood geraak, mag ek nie ook rou en treur nie? ... My familie... ek wil nie meer familie en geliefdes hê nie. Dit is te seer as ek een van hulle moet verloor. Ek wil nie meer liefhê nie, ek kan nie weer deur soveel pyn gaan nie... Nooit weer nie. Ek bou ‘n muur om ander buite te hou, ek gaan myself nie weer toelaat om deur hierdie hel te gaan nie...

Ek voel kwaad! Hoe kon my geliefde dit aan my doen, hoe kon my geliefde my in diè situasie los? Hoe selfsugtig was dit nie van hom nie, en kan hy nie sien waardeur hy my sit nie... Ek weet in my verstand dat hulle nie ‘n keuse gegun was nie, die Dood het hulle van ons weggeruk, sonder dat hul gevra het daarna, maar tog is ek kwaad dat hulle gegaan het. Selfsugtig wil ek my geliefde blameer vir die seer wat deur hulle heengaan my platgeslaan het. Iemand moet tog skuldig wees... Dan voel ek weer skuldig, hoe kon ek so dink? Sommiges sê dit is normaal, maar ek dink ek word mal.

Wat gaan van ons word? Wie gaan die belangrike rol wat deur ons oorlede geliefde vertolk was nou vervul? Wie gaan aan ons geliefde se rol van voorsiening en liefdesdiens ons nou vlees gee? Ek voel magteloos, vreesbevange, onseker, benadeeld. ‘n Deel van my sekuriteit is weggeruk.

Wat nou? Tog moet niemand dit waag om voor te gee dat hulle my geliefde kan vervang nie. Niemand en niks kan my geliefde se plek inneem nie.

Alles wat rondom my gebeur voel soos ‘n film wat afspeel, onwerklik. Ek kyk daarna en ervaar dit soos ‘n video wat teen hoë spoed afspeel. Ek kyk, maar neem nie in nie. Dit is te onwerklik, die emosies en gebeure is iets waarmee ek nie kan identifiseer nie. Die situasie waarin ek my bevind, is iets totaal vreemd, niemand het my hiervan geleer nie, ek weet nie wat om te doen nie, ek voel so magteloos... Is dit dan ‘n werklikheid ? Ek weet nie meer nie...

Wat moet ek maak? Ag help my tog ! Wat word nou van my verwag? Ek wil vlug van die onbekende gevaar, maar ek kan nie, ek moet optree, en iets doen... Maar wat?

Die dae wat volg is nie veel beter nie. Soveel om te doen, soveel om te reël. ‘n Begrafnis moet gerëel word. ‘n Kis moet gekies word, draers moet aangewys word. Dit voel so hard, so harteloos... Dit voel of ons wil ontslae raak van ons geliefde, tog vrees ons die begrafnis, die laaste groet. Ons reël dit, maar hoop van harte iemand sal kom sê daar was ‘n fout... my geliefde het bygekom, my geliefde was nie regtig dood nie... Maar, dit kom nie. Die ondernemers wil weet watter blomme ek sou verkies... Hoe belaglik!

Blomme?! Ja, ek weet dit moet gedoen word... maar wil ek my regtig nou bekommer oor blomme, en kleurskemas? Tog wil ek dit spesiaal maak vir my geliefde... Die diens moet iets wys van my liefde... My laaste respek! Selfs klein keuses, soos die kies van ‘n kis, die blomme, die liedere wat gesing moet word en draers wat aangewys moet word, voel soos enorme take wat verrig moet word. Dit dreineer my, laat my moeg en leeg... Waar is my kragte heen?

Daar moet ‘n huldeblyk geskryf word, die woorde van die begrafnisbrief moet gekies word... Dit maak seer... Dit is ek en ‘n stukkie papier. Ek moet deur die herinneringe van my geliefde blaai, die mooi en minder mooi herleef, en daaruit moet ek woorde kies wat gepas ‘vaarwel’ sal sê. Trane vloei as die ink moet...

Daar is ‘n enorme hol kol in my maag. Dit kan egter nie vergelyk word met die hol kol in my borskas nie, die leegheid van die plek waar my hart eens vol liefde was. Die leegheid daar binne voel egter so swaar soos ‘n klip –leeg maar so swaar. Ek is naar, ek wil nie eet nie... Snaaks dat almal kos aandra, want niemand wil eet nie. Tog is ek baie dankbaar vir elkeen wat iets bring, want ons weet ons moet onsself dwing om ‘n ietsie te eet, anders gaan ons totaal ingee... Ek weet nie een van ons het krag of energie om te kook nie.

Mense stroom na ons huis toe, gelukkig is daar iets om dan voor te sit... Ek kan nie eet nie... Niks kan tog die hol kol vul nie... Ek is nie honger nie... Maar ek weet ek moet...

Party mense dra pille aan, iets om my te help ontspan en iets om my te help slaap... Maar ek wil nie... ek wil nie slaap nie en kan nie ontspan nie. Ek wil nie vergeet nie, ek wil nie droom nie. Wat gaan dit tog help... dit kan net my pyn en rouproses verleng en uitrek... Ek moet dit nou konfronteer. Ek moet dit nou begin verwerk... Ek wil nie die proses langer uitrek as wat nodig is nie.

Uiteindelik kom die slaap wel as gevolg van emosionele uitputting... As jy dit slaap kan noem, want die brein en gedagtes bly draaie hardloop met jou... Ek ruk wakker, hoop dit was ‘n droom, maar besef, dit is wel so. Ek lê en wag vir my geliefde se bekende geluide as hulle laat sou inkom, of selfs die bekende hoesgeluide, iets wat kan bewys dat dit net ‘n slegte droom was wat sal weg gaan. Dit het nie weggegaan nie. Moeg, asof ek nooit gerus het nie, word ek verder meegesleur deur die gebeure om my... Ek ervaar dat ek in elk geval geen beheer daaroor het nie... ek gaan net saam, onwillekeurig, soos ‘n lam wat gelei word na die slagpale... wil nie, maar weet ek het geen keuse nie.

Die begrafnis... Ek trek my mooi klere aan, dit word mos van my verlang om te lyk soos iemand wat begrafnis toe gaan. Ek moet respek bewys.

Die familie het gekies om ons geliefde te kan sien voor die begrafnisdiens. Ons word geneem na ‘n kamer waar die kis staan. Ek sien die deksel is oop. Ek stap stadig nader, bang om te sien wat daarin is, bang, al weet ek wat op my wag. Die beeld wat ek voor my sien wanneer ek in die kis staar ruk my diep in my binneste.

Dit is seer... “Hoekom doen jy dit aan my?!” Word tog net wakker... Dit lyk so “onnatuurlik”. Dit lyk asof my geliefde opgemaak is soos ‘n pakkie wat weggestuur moet word... My geliefde lyk rustig.. tog anders.. Ek voel ek kan vir ewig daar staan en kyk... ek wil dit nooit laat gaan nie... Ek wil die proses so lank uitrek as wat moontlik is, want as die kis nou toe gaan, sien ek jou NOOIT weer nie. Ek weet dit kan nie... Ek moet groet. Ek moet omdraai en loop, ek is verskeurd tussen gevoelens wat my wil laat weghardloop en nooit weer terugkyk nie en ‘n drang om jou vas te gryp en nooit te los nie... Maar die mense wag by die kerk... Ek moet groet, tot by die kerk.

Verslae, verpletterd wag ons by die kerk vir ons geliefde om te kom. Dan sien ons die lykswa. Dit kom stadig aangery en parkeer netjies voor die kerk.

Mense kom verby, en almal wil bemoedig, almal wil troos, almal wat omgee... Ek waardeer dat almal gekom het, maar wens ek kon hulle eerder vermy.

Almal se trooswoorde, liefde en bemoediging maak dit soveel moeiliker vir my om my gedagtes eerder nie by die realiteite van die gebeure te hou nie. Dit speel af soos ‘n film voor my. My brein het afgeskakel, ek kyk, maar sien nie werklik nie. In my kop speel die program af. Ek weet ons moet ons geliefde die kerk indra... Ek weet ons moet nader staan... Ek moet ‘n begrafnisbrief kry... Ek probeer konsentreer op die verrigtinge, doelbewus, want ek wil nie aan die finale afskeid dink nie.

Ek staar na die inhoud van die lykswa. Ek sien die mooi blink kis, en die groot bos blomme wat daarop is. So mooi, so afskuwelik! Ons word gehelp deur die ondernemer oor hoe om die kis presies te vat en te dra. Ek doen dit, al voel dit vreemd, aaklig, tog ‘n eer om dit te mag doen. Vir oulaas kan ek iets vir my geliefde doen.

Wat ‘n moeilike geleentheid. Ek stap in ‘n kerk vol mense, met almal se oë op my, almal wat wil sien hoe ek gaan reageer. Dus probeer ek sterk wees, maar dan word die oomblik net te groot. Alles skeur in my en die trane rol. Dit is tog my beurt om te treur en te huil oor my geliefde as ek wil, maak nie saak wat ander dink nie! Ek het ‘n afsku ontwikkel in die opinies van ander wat sê:

“Boys don’t cry”. Diè wat so sê het duidelik geen benul van die pyn binne my nie. Ek sit en staar voor my uit. Die predikant praat en preek, maar die woorde spoel oor my, sonder dat enigiets werklik insink. Dit voel of alles voor my afspeel, en ek nie werklik deel daarvan is nie, soos televisie kyk.

Uiteindelik is dit alles verby in die kerk, en die pad na die begraafplaas word aangepak. Daar gekom sien ons duidelik waar die graf voorbereid en wagtend gaap, reg vir ons om te kom. Weereens moet die kis gedra word.

Nou, vir die laaste keer, al wil my brein dit nie glo nie. Maar niks kon my voorberei vir die gevoel nie.

Ek onthou dit nog so duidelik, die gevoel toe die kis begin sak, ek hoor nog hoe die bande van die aflaatmasjien kreun en steun, terwyl die kis stadig begin neerdaal in die oop aarde. As ek gedink het die pyn van vroeër was erg, besef ek nou dit kan erger. As ek gedink het dat ek reeds afskeid geneem het, besef ek weereens ek kan nie laat gaan nie, ek wil nie! Dit voel of ek kan skree, NEE !, Moenie....... asseblief? Maar ek kan nie. Ek voel ek wil saam in die aarde se skeur inspring, en net sterf, want dit kan nie erger wees as die seer wat ek nou ervaar nie.

Hoe los ek jou hier, in ‘n gat in die grond, hoe loop ek weg van hier, en los jou alleen? My hart word opnuut uit my borskas geruk, ek is so leeg... ‘n Deel van my sterf vandag saam met my geliefde, en ‘n deel van wie ek is, en was, word saam begrawe. Die rol wat my geliefde in my lewe gespeel het was so dinamies dat dit deel was van my vorming, my karakter, my menswees.

Vandag sterf iets binne my. Die begrafnis is nie net die van ‘n geliefde nie, maar ook ‘n deel van my.

Daar word ‘n geleentheid gebied vir ons om te help om die graf toe te maak. Ek moet help, ek voel dit is my plig. Wat ‘n afgryslike klank as die rooi grondkluite op die deksel van die kis beland. Die dowwe slag teen die hol hout. Stadig word die klank sagter, hoe meer ons vorder, tot ‘n hopie grond al is wat oor is as teken van die gapende wond in die aarde.

Dit is verby, ons moet gaan. Ons moet ons geliefde hier laat, en vertrek, want daar is gereël vir tee en eet goed na die begrafnis. Tyd om ‘n glimlag op te plak, en te maak of jy “okei” is. Aan die een kant is daar ‘n verligting want dit is verby, maar aan die anderkant wens jy jy kon net alleen wees, net vlug om alleen op ‘n berg te gaan sit en skree. Skree so hard as wat jy wil, en niemand in sig om jou te sien nie... Maar die lewe gaan aan.

Stadig maar seker, in die dae wat volg op die begrafnis, begin almal weer terugkeer na hulle onderskeie huise en werke, en dan kom die groot alleen, en die groot gemis. Waar jou huis eers soos ‘n bynes gevoel het net na die dood, vind jy jouself eers nou weer werklik alleen. Alhoewel jy gesmag het om alleen te wees, begin jy dit vrees. Alleenheid gee jou tyd om te dink, te herleef, en dit maak seer. Ek probeer besig bly, want as ek besig bly, hoef ek nie te dink oor wat gebeur het nie. Ek probeer om die herinneringe en pyn te vermy. Ek vlug vir myself, maar sukkel om weg te kom. Ek wonder of mense my nou doelbewus vermy, of is dit net ek wat soek na mense om my, omdat ek nie realiteit wil konfronteer nie?

Ek het nou iemand nodig wat my kan help, iemand om mee te praat, iemand wat sal verstaan. Snaaks, ek soek iemand wat kan verstaan, maar dit maak my so kwaad as mense sê dat hulle weet hoe ek voel, want hoe kan hulle?

Niemand kan nie! My situasie is tog so uniek, niemand anders kan daarmee vergelyk nie... Miskien is hulle dalk al deur iets soortgelyk, maar ek wil nie hoor van hulle pyn nie, want myne is nog te groot. Selfsugtig wil ek my pyn as belangriker, en groter as die van ander sien, want ek smag daarna dat dit vertroos moet word... Ek voel dit is nie verkeerd nie, maar ek is beslis ook nie in ‘n toestand van 100% objektief wees nie... Die gevoelens is nog te rou, te seer.

Ek vind my keer op keer terug in die begraafplaas. Ek moet gereeld gaan kuier vir my geliefde. Ek kan tog nie my geliefde net alleen daar los nie. Elke dag moet daar nuwe en vars blomme op die graf kom. My geliefde moet weet dat ek nooit van hom/haar sal vergeet nie. Na ‘n maand of twee word die kuiertjies minder, soos die verpligtinge en werkslas weer toeneem.

Aanvanklik voel ek skuldig, maar sorg dat ek elke naweek daar uitkom. Maar partykeer kry ek gaste vir ‘n naweek, of moet ‘n kursus gaan bywoon vir ‘n naweek, week, of twee. Na ‘n paar maande vind ek dat dit slegs by geleentheid gebeur dat ek wel daar uitkom en voel skuldig... Ek weet my geliefde is nie werklik meer daar in die begraafplaas nie, en dat dit slegs die stoflike en verganklike deel is wat daar rus, maar tog klou ek vas aan dit wat tasbaar was. Tog soek ek die wete dat my geliefde net hier by my in die graf is. My brein oortuig my dat my geliefde weg is van die liggaamlike af en voortleef. Maar dit vat baie tyd om afstand te probeer kry van dit wat tasbaar was, en die bewys was dat my geliefde eens hier tussen ons geleef het in vleeslike vorm, soos ons hierdie geliefde geken en onthou het.

Ek weet ek moet my geliefde laat rus in vrede, en werklik my geliefde die rus gun, maar selfsugtig soek ek my geliefde terug in die vlees, by my, tasbaar, sigbaar, en in die aardse, bekende vorm...

Die voorafgaande is ‘n poging om, uit my eie ondervinding en emosies, jou te help verstaan waardeur ‘n persoon gaan wat iemand baie na aan hulle aan die dood afgestaan het. Ek kan slegs deel uit persoonlike ervaring en gevoelens, en vertrou dat dit vir jou ‘n stukkie van die seer wat ‘n persoon beleef in so ‘n situasie, sal duidelik maak.

In hierdie skrywe wil ek graag met jou deel hoe ek, as kapelaan in die nooddienste, byna daagliks vir etlike jare reeds konfronteer word met soortgelyke situasies en wat ek gevind het behulpsaam is en jou ook daardeur dalk mag assisteer om vir ander tot meer hulp en bystand te wees, wanneer hulle deur die dood van ‘n geliefde gekonfronteer word.

Let egter daarop dat ek nie hiermee probeer te kenne gee dat ek al die antwoorde het nie, en dat ek glo dat my manier van benadering die enigste is wat werk, of selfs reg is nie. Al wat ek poog is om met jou uit my ervarings te deel, en te hoop dat dit vir jou van hulp sal kan wees.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 991 gaste aanlyn