NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As die hoof van ‘n land onreg bedryf en bose wette uitvaardig, mag die gelowige hom nie daarin volg nie. In hierdie verband spel Hand.5:29 vir gelowiges die goue reël uit waar ons lees: “En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”.

MAAK REG TERWYL JY TYD HET

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg 

En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” Openb.20:15

Die Bybel sê dat daar ‘n einde aan die wêreld kom.  Dis byna ondenkbaar om te dink dat die aarde gaan ophou bestaan, maar dit gaan!   En dis nie baie ver nie.

  Alhoewel ons nie die datum weet nie, gee Jesus wel tekens as ‘n aanduiding dat die tyd naby is.  Met die hemelvaart maak die engele ‘n groot belofte: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom sien wegvaar het” (Hand.1:11).

Hoe kom Jesus?  As ‘n Regter.  Openbaring is duidelik hieroor.  Met sy eerste koms het Jesus as ‘n nederige dienskneg gekom.  Met sy tweede kom Hy as Regter en dit gaan vreeslik wees: “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het....” (Openb.20:11).    Ook ‘n elfde vers.

Wanneer dit gebeur, is alles op die aarde weg.  Tyd het nie gaan stilstaan nie, maar het ophou bestaan.   Die mensdom bevind hom alreeds in die ewigheid.  Almal wat sedert die skepping op aarde geleef het, staan in hulle biljoene voor die groot wit troon.  Hulle wag soos beskuldigdes in die beskuldigdebank vir die oordeel van Christus.

Dan neem Jesus sekere boeke ter hand; die boeke van die oordeel.  So ook ‘n ander een wat van die ander verskil – die boek van die lewe.   Die boeke van die oordeel vorm die klagstaat en daar is baie.  Daarteenoor staan die boek van die lewe – enkelvoud.

Wat leer dit ons?  Dat daar baie meer mense in die hel gaan wees as in die hemel!  “Gaan in deur die nou poort want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:13,14).  Hierdie lewe is die ewige lewe.  Daarom word die boek ook die boek van die lewe genoem omdat dit wedergeborenes op die oordeelsdag toegang na die hemel sal bied.

Hierdie dag kom vir seker!  “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).   Die mens word volgens sy werke geoordeel: “En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke” (:12).  Elke mens sal verantwoording doen!

Daar is min dinge so onaangenaam as ‘n nare lewensondervinding wat jou die dood in die oë laat staar het; ‘n motorongeluk, roof of frats-ongeluk.  Jy kon gesterf het, maar God was jou genadig en het jou die lewe laat behou.  Wat is die heel slegste ding wat ‘n mens kan oorkom?  Wanneer jou naam nie in die boek van die lewe opgeskryf staan nie!

Jy kan van alle ander nare ondervindings herstel al vat dit ook al jare.  Dit lê binne die gebied van die lewe.  As jy lewe, kan jy herstel.  Jy het die lewe nodig om te kan herstel.  Daarsonder kan jy nie foute regmaak nie.

In die Gelykenis van die Talente keer die baas na ‘n lang tyd terug om rekenskap van sy gawes te eis.  So ook God van elkeen se lewe.  Dis ‘n gawe van God waarmee versigtig te werk gegaan moet word.  Mag ons maar met ons lewe doen wat ons wil?  Nee, dit sal net so dwaas wees soos die dienskneg wat sy talent begrawe het.

Die groot vraag voor die wit troon sal wees: “Wat het jy met jou lewe gedoen?”    Ons sal eerlik moet antwoord want ons staan voor Een wat dwarsdeur ons sien. “Here, U deurgrond en ken my” (Ps.139:1).  Ons kan God nie ‘n rat voor die oë draai nie!  Alles sal openbaar gemaak word.

Gestel u staan op hierdie oomblik voor die wit troon, sal u bang of rustig wees?  As u bang sal wees, het u dringend ‘n saak met God uit te maak.   Die lewe is so broos.  Miljoene mens het dit al onverwags verloor.   Die grootste fout wat ‘n mens kan maak, is om die redding van hul siel uit te stel. “....Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie” (Heb.4:7).

Dobbel is ‘n nare ding.  Meer mense verloor as wat hulle wen.  Moenie met die kosbaarste ding in die lewe dobbel nie – jou siel!

Meer mense sterf sonder Christus as met Hom; mense wat nie met Hom reggemaak het toe hulle die tyd gehad het nie.  Tyd; dis ‘n belangrike woord.  Jy moet dit hê om te kan regmaak.  Wie dit nie het nie, kan nie regmaak nie.  Daarom word sondaars in Jes.55:6 dringend opgeroep: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is” Kortom; soek die Here terwyl jy die tyd het.  Jy kan dit nie los van tyd doen nie.  Slegs terwyl jy tyd het – terwyl jy leef!

Mense is baie veiligheidsbewus.   Polisse, versekering en aftreeskemas is aan die orde van die dag.  Voorsorg is beter as nasorg.  Desondanks word weinig voorsorg vir die lewe na die dood getref.  Voor die dood wel, maar nie daarna nie.  Waarom?  Omdat baie mense nie aan ‘n lewe na die dood glo nie.  Om nie daaraan te glo nie, is om nie aan God te glo nie.  En dis dwaas!   Wie aan God glo, glo ook aan ‘n lewe na die dood en moet voorsorg tref deur Jesus deur die bekering as Verlosser te leer ken.

Ons leef elke dag in die skaduwee van die dood.  Moenie op ‘n lang toekoms op aarde reken nie, maar eerder in die hiernamaals.  Beskou elke dag maar net as genade soos Koos du Plessis sing.  Sy se eie son het onder gegaan terwyl dit nog dag in sy lewe was!

Kom ons keer terug na die groot wit troon.  Word almal geoordeel?  Ja, maar nie almal word veroordeel nie.  Slegs diegene wat sonder Jesus gesterf het.  En die gelowiges?   Oor hulle aanvanklike klagstaat is die bloed van Christus gestort: “....En die bloed van Christus reinig ons van alle sonde” (1 Joh.1:7).   Dis God se uitveër!

My naam staan in die boek van die lewe.  Ek het in die rus waarvan die Hebreërskrywer praat ingegaan.  Jesus sê mos dat ons na Hom moet kom ten einde rus te vind.   Ongelowiges is onrustige mense.   En met goeie rede ook.  As ek weet dat daar ‘n oordeel op my was, sal ek geen rus vir my siel vind nie.   Die hel is ‘n verskikking!

Hoor hoe praat iemand uit die hel: “Vader Abraham, ontferm u oor my.  Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water kan steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur” (Luk.19:24).  Dit was so onnodig vir hierdie jongman.  Hy kon dit deur sy bekering afgewend en soos die verlore seun uit sy sonde opgestaan en na sy vader omgedraai het.  Hy kon die U-draai gemaak het, maar hy het nie!

Gaan net sleg mense hel toe?  Staan net hulle name in die boeke van die oordeel geskryf?  Nee, daar staan ook die name van baie goeie mense geskryf – vaders, moeders, kinders, vriende; wonderlike mense want net nooit tot bekering gekom het nie.   Ek is seker dat u baie sulke mense geken het.

Geen mens kom weens sy goedheid in die hemel nie, slegs deur die bekering.  Dis al hoe jou naam in die boek van die lewe geskryf kan staan; geen ander manier nie.  Daarom is die oordeel van die teksvers hard en duidelik:  “En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” Wees wys en bekeer jou terwyl jy een baie ding aan jou kant het – tyd!

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 941 gaste aanlyn