Nuutste bydraes

SONDE EIS DIE HEL

Sonde vereis dat daar ‘n hel moet wees

Skrif: Rom.1:18-32

Ds Andrè vd Berg

Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid....aan skandelike hartstogte....” (Rom1:24,26).

Sonde maak God kwaad. Dit word toorn genoem, ‘n Hollandse woord wat in ons taal gevestig geraak het - wrath of God in Engels. Dis ‘n baie ernstige saak wat, elkeen wat God se redding in Christus verwerp, se ewige eindbestemming raak. “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).

Om God se toorn te verstaan, moet ons sy geregtigheid verstaan.   Hy is volmaak en heilig. Ons is en bly sondig ongeag hoe hard ons probeer om reg te leef. “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23). Wie oortree, word gestraf. Hy het die volste reg en gesag om sy skepping te oordeel!

God het in Christus Jesus ‘n reddingsboei na die mens uitgegooi. Wie dit nie vasgryp nie, maak Hom kwaad en word veroordeel.  Niemand kan op die oordeelsdag vir Hom sê dat hy nie van die reddingsboei geweet het nie, want ons het! Daarvoor het ons die Bybel en leraars om te preek.

As ons nie van God se reddingsboei gebruik wil maak nie, maar op ons eie na die oewer van die ewigheid wil spook en spartel, mis ons iets baie belangrik - om in ‘n persoonlike verhouding met Christus te leef. As ons dit mis, gaan ons tevergeefs kerk toe, lees ons tevergeefs die Bybel en bid ons ook tevergeefs. Dit gaan ons nie by die hemel uitbring nie!

Satan het al soveel goeie mense om die bos gelei soos die Fariseër waarvan ons in die Evangelies lees wat tweemaal per week gevas het, sy tiende gegee het, ‘n goeie kerkganger was, maar nogtans nie gered was nie.  

Baie vertrou op hul kerklidmaatskap, ander op hul gemeentelike betrokkenheid, ander op die bywoning van eredienste en so loop hulle oppad na die hel met die Bybel in die een hand en die gesangeboek in die ander! Sonder ‘n persoonlike verhouding met Jesus gaan jy nie hemel toe nie, maar hel to.   Ek kan hierdie waarheid nie sterk genoeg beklemtoon nie. As jy Jesus nie persoonlik ken nie, ken jy Hom glad nie.  

 ‘n Gelowige Amerikaanse joernalis het jare gelede ‘n onderhoud met die president gehad. Na die onderhoud het hy hom gevra of hy geloofsekerheid het. “Ek reken so” het die president geantwoord. “‘n Predikant het vir my gesê dat die feit dat ek heils-begerig is, ‘n teken is dat alles met my siel reg is” Daarop sê die verslaggewer vir hom: “Meneer, hier is twee geurige koppies koffie voor ons. Die feit dat ons begeer om dit te drink, les nie ons dors nie. Ons moet dit optel en drink. Net so moet ons Christus vir onsself neem”  Sonder ‘n persoonlike verhouding met Jesus is daar geen kans op die hemel nie. Al wat dan oorbly, is die hel!

Ons durf hierdie lewe nie net vir onsself of ons medemens leef en Jesus uitlaat nie. Dit help nie om welsyn- of opheffingswerk te doen, maar jy het geen persoonlike verhouding met Christus nie.   Jy kan nie jou plek in die hemel verdien deur goed aan ander te doen nie.   As jou goeie werke nie uit jou saligmakende geloof spruit nie, mors jy jou tyd en is alles wat jy doen tevergeefs.  

Die lewe gaan nie oor jouself of jou naaste nie. Dit gaan oor Jesus – om Hom te leer ken.   En hier help die Heilige Gees ons op ‘n wonderlike wyse.   Hy oortuig ons van sonde. Mense sê dat hul gewete hul aankla. Nee, ‘n gelowige het nie soiets nie. Dis die Heilige Gees wat ons van sonde oortuig en ons laat besef hoe vuil ons voor God is.

As ons net op onsself konsentreer, is ons verlore. Die Heilige Gees help ons om van onsself weg te kyk, Jesus raak te sien en Sy reddingsplan ons eie te maak.   Dis soos om skoon/gesond te word. “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol” (Jes.1:18).

Sal God iemand hel toe stuur wat dit nie verdien nie? Nee, nooit! Hier op aarde maak regters soms foute soos die Britse polisieman wat 16 jaar in ‘n tronk was alvorens nuwe inligting daarop gedui het dat hy onskuldig was. God stuur niemand onskuldig hel toe nie. Almal wat daar beland, is skuldig en het verkies om daar te wees. “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23).

Daar is by alle mense ‘n natuurlike drang om iets groter as hulself te aanbid. Calvyn praat van die semen religionis - die saad van die godsdiens. God het dit in die mens geplant, daarom aanbid hy as’t ware instinkmatig.   Maar nie almal aanbid reg nie. Sonde maak dat mense aanbiddingsvoorwerpe buite God om soek en die skepsel bo die Skepper vereer.  Dit word afgodery genoem; iets wat jou aandag van die ware God af wegneem.  

Die OT is vol verhale van die Bondsvolk wat in tye van afvalligheid in afgodery verval het. Oral waar sonde floreer, floreer afgodery. Vergelyk die afgode van weleer met dit wat vandag aanbid word – geld, besittings, mag, status. Dis een en dieselfde tendens; dit lei mense van die ware God af weg. (Afgod – af van God).

In Rom.1 keer Paulus die vuilwasgoedmandjie van sonde behoorlik om!   Niks is nuut nie. Homoseksualisme, diefstal, korrupsie, veelwywery en leuens is nog steeds aan die orde van die dag. Sommige daarvan word self deur ontspoorde kerke en die liberale media goedgepraat.    

Let op die waarskuwing: “Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid ...aan skandelike hartstogte.” (Rom.1:24,26) “Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hulle hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel” (Ps.81:13). “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai....” (Gal.6:7,8). Kortom: Jy braai in jou eie vet. Ja, sonde vereis ‘n hel!  

‘n Mens moet soms eers ‘n ding verloor alvorens jy besef wat dit vir jou werd is. Mense wat God se reddingsplan minag, besef nie wat hulle mis nie. Hulle sien die reddingsboei nie raak nie! “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het...” (Rom.8:32). Jesus is die reddingsboei wat God in die stormsee van die lewe uitgooi.   Wie aan Hom vashou, sal gered word.   Dis die grootste belofte van die Bybel - wie aan Jesus vashou, word gered!  

Kyk wat het met die misdadiger op Golgota gebeur toe hy in die storm van die lewe beland en God die reddingsboei na hom uitgegooi het. “..Dink aan my, Here, wanneer U in u koningryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou; vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:42,43). Hy het dit vasgegryp en is gered.   God se genade is vir almal genoeg. “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” (Efes.2:8).

Is ons werklik dankbaar vir hierdie reddingsboei?   As ons is, sal ons baie minder sondig! God roep ons deur die Heilige Gees om soos vlytige tuiniers die blombedding van ons lewe deeglik skoon te hou. Dis deel van heiligmaking.

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fil.4:13).

Pasop vir die vangstrikke van die sonde. Sonde is soos ‘n muisvalletjie – dis makliker in as uit! Miljoene mense het al ‘n vroeë dood gesterf omdat hulle nie daaruit kon kom nie. Daarom leer Jesus ons om in die Onse Vader om verlossing van die bose te bid. “Here, maak ons oë oop vir die slagysters van sonde!”

Die probleem met sonde is dat dit gewoonlik lekker is – lekker vir die vlees. Mense is van nature hedoniste.   Hedon is die Griekse woord vir genot.   Mense is van nature genotsoekers en die Satan buit dit uit.   Hy sit sondige genot soos aas aan ‘n vishoek en maak rekordvangste!

Sonde maak mense siek. Kyk wat het met Dawid gebeur nadat hy met Batseba onsedelik verkeer, haar man laat vermoor en toe voorgegee asof niks gebeur het nie: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer....” (Ps.32:3). Dit het hom siek gemaak! En toe doen hy die regte ding: “My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sondes vergewe” (Ps.32:5).

Dis presies wat ons met ons sonde moet doen - bely dit voor die Here. Ons het die wonderlike belofte in sy Woord dat Hy telkens vergewe (1 Joh.1:9). Sonde verdien die hel, maar vergifnis die hemel!

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1417 gaste aanlyn