Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se seën en vaderlike guns glinster ook oor die voedsel wat Hy ons skenk. Hoewel sondevergifnis vir ons liggaam baie belangriker as voedsel is sluit Hy die seën op die gebruik van ons daaglikse brood in by sy genade.
VERWERP BUCHAN SE ONHEILIGE BYEENKOMSTE!
Die Calvinis
Die byeenkoms vandag, 27 Oktober, waarvan Angus Buchan die spreker sal wees, verdien nadere ondersoek.
Buchan is die persoon wat toesien dat verskillende kerke, maar meer, ook verskillende gelowe mekaar vind op die religieuse vlak. Hier is die man wat homself uitgee aan horisontale Woordverkondiging van die "social gospel". Hy bring die twee wêrelde, die Gereformeerde en die Katolisistiese wêreld bymekaar.
Afgesien van die feit dat die NG Kerk homself algaande meer beywer vir raakpunte ten opsigte van die Roomse kerk, is dit Buchan wat nou seker maak dat die Gereformeerdes die Rooms Katolieke Kerk vind. Bo en behalwe hierdie poging van hom waarin hy as kontra-Hervormer dien, bevind hy homself as gelykmaker tussen ander gelowe.
Buchan vergeet vir 'n oomblik of doen dit bewustelik wanneer die ou stryd tussen die Hervormer en Rome in herinnering geroep word. Sy groot taak is die terugkeer van die Gereformeerde lidmate na die kerk van Rome. Die geweldige uiteenlopende verskille tussen hierdie twee leerstellings is vir Buchan net soos die meeste "change agents" van die Afrikaanse kerke geen probleem nie. Die "social gospel" en die Katolisisme val in die kraal van die Een Wêreldgodsdiens van Buchan. Solank hy die werk van die Hervormers kan vernietig, is hy tevrede.
Terwyl die Gereformeerde leer glo die mens bereik die Koninkryk van God deur die geloof vanweë die genade komende van God, glo die Katoliek hy verdien die Koninkyk deur middel van goeie werke deur homself verrig. Die Roomse Kerk glo ook in die vagevuur, die mis en ander leerstellings wat vir die Protestante totaal en al onaanvaarbaar is, maar meer onaanvaarbaar die feit dat hulle Jesus Christus met die mens vervang.
Die NG Kerk en ook van die ander Gereformeerde Kerke kyk bo-oor hierdie leerstellige verskille. Die kreet uitgaande is dat dieselfde God aanbid word, dit terwyl Christus die deur tot God is en Hy net vir sy kinders gesterf het. Met die aanvang van die Hervorming en nadat Luther die Hervorming na die oopte geneem het, het die Hervormers hierdie saak deeglik deurtrap en is die mistastings van die Roomse Kerk aan die groot klok gehang. Hierdie werk moet vandag ongedaan gemaak word en Buchan en sy gesante verrig hierdie taak. Hy vat hande met ander gelowe, maar ook met ander rasse oor die spektrum heen.
Terwyl die Woord van God alles georden het - taal- en landsgrense vasgestel het - is Buchan daarop uit om homself teen die Heilige Skrif te rig. Hy het dit ten doel om 'n Eenwêreldling daar te stel. Hy poog om Suid-Afrika massaal te sinkritiseer. Hy plaas die gelowige onder druk. Hy moet nie te vinnig jubel nie, want die Hoër Hand is in beheer van sake al dreig die duisternis om die Afrikanergelowige te omsluit. .
‘n Verdere kwessie is die wete dat die liberalisme en geldmag Buchan aanwend deur die verkiesing goed te praat en die volk aanmoedig om deel te hê aan hierdie kommunistiese bestel, nadat die Woord van God waarsku om nie te trek aan dieselfde juk as die ongelowige nie. Die ANC is 'n onwettige regime en het dus nie die legitimiteit om 'n verkiesing uit te roep nie. Die ANC sê hulle mikpunt is 'n twee-derde meerderheid, tog moedig hulle die blankes aan om vir die opposisie te stem. (Dit maak geensins sin behalwe as die opposisie kop in een mus met die ANC is). Daarvoor word 'n man soos Buchan gebruik. Hy misbruik die Woord van God vir die geldmag en die Nuwe Wêreldorde.
Verwerp hierdie onheilige byeenkomste van Buchan! Gryp terug na die ware geloof en die Christelike leer. Laat die volk van nuuts af hervorm. Laat die volk hervat daar waar die voorvaders gestop het. Laat die werk van die Hervormers en ou kerkvaders voortgesit word en ons nie versuim om gereeld te vermaan nie. Keer uself weg van die horisontale na die lang been van die Kruis. Bly by wat u geleer het en weier om u op sleeptou te laat neem!