NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Net ‘n huigelaar bid vir ‘n lang lewe maar vrees die ouderdom. Moenie sê: “Nou is ek oud” nie.  Sê liewer: “Ek het ‘n lewe wat nooit gaan ophou nie”.

NIE NET JOU GELDTIENDE NIE...

...MAAR OOK ‘N TIENDE VAN JOU TYD!

Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My en julle sê:  Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.” Maleagi  3 : 8

‘n Baie ryk Christen sakeman in Amerika het begin om een tiende van die inkomste wat sy fabriek opgelewer het, vir die Here af te staan  (aan kerke, liefdadigheidsinstellings en baie meer) en toe vind hy dat sy inkomste só vermeerder dat hy twee tiendes kon gee en later het hy meer as die helfte van sy inkomste wat al hoe groter geword het, bestee aan instansies wat dit in hul nood dankbaar ontvang het.

Oor die tiendes sê God: “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees en beproef my tog hierin ...   of Ek nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.  Ek sal ook die sprinkaan van julle afweer sodat hy die opbrengs van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie. (Maleagi 3:10-11).

Daar is wel nog Christene vandag wat hierdie opdrag van God uitvoer om eers hul tiende aan die werk van die Here te wy voordat hulle die res vir hulle ander behoeftes aanwend. Hulle sal vandag kan getuig dat die Amerikaanse sakeman nie ‘n wonderwerk beleef het nie maar slegs die belofte van seën uit die hand van die Here ervaar soos in Maleagi beloof. En dan is daar ook Christene wat besef dat ‘n tiende van hulle tyd noodsaaklik is om die werk van die Here uit te voer. Indien diakens en ouderlinge nie hulle Bybelse opdrag vervul deur siekes te besoek, offerhandes in te samel, ens, nie, hoe sal die werk gedoen word? Ouers weet hoe nodig hulle hande is wanneer daar vir die skole en ander organisasies gewerk moet word. Dit is alles deel van ons tydtiende en durf ons onsself nie van hierdie aktiwiteite distansieer nie.

Israel moes elke jaar ‘n tiende van die opbrengs van hulle gesaaides vir die Here eenkant sit. (Deut 14:22-29).   Die Leviete kon later hierdie tiende vir hulself vat om van te lewe. (Num 18:21). Hulle moes van die tiende wat hulle gekry het een tiende vir die priesters van Aäron afstaan. Num 18:25-32).  Al om die drie jaar moes dié tiende tussen die Leviete, vreemdelinge, weeskinders en weduwees verdeel word.  Elke Israeliet moes dan ‘n plegtige verklaring aflê dat hy die volle tiendes na die tempel gebring het. (Deut 26:12-15)

Maar tipies mens, het selfs die priesters soms vir die Here siek en blinde diere as offer gebring, asof Hy dit nie sou weet nie! Maleagi sê ander nasies het ontsag vir die Here, maar sy eie mense beledig Hom met hulle gesteelde en afskeepoffers. Maleagi beskuldig die priesters dat hulle nie by hierdie voorskrifte hou nie en die offers vir die Here onaanvaarbaar maak.  Die Here gaan die binnegoed van die offerdiere in hulle gesig teruggooi, menende dat daar ‘n straf op diegene wag wat sy tiendes weerhou. Hulle gaan duur betaal vir hulle minagting vir die Here.

Kinders van die Here wat getrou hul tiende vir die saak van die Here aanwend en Hom ook met hulle tyd dien, getuig van veel seën wat hulle ontvang. God het nog nooit verander nie. Ook nie sy beloftes nie. En ook nie die straf wat Hy oor die sonde toelaat nie. Al wie verander het, is die hedendaagse mens wat reken hy is sy eie baas en mag doen en besluit net wat hy wil; dat hy nie nodig het om sy tiendes te bring nie want dit is oudmodies.

Moet ook nie glo dat indien u kerklos geraak het, u van u tiende-gawe vrygeskeld is nie. U het steeds die geleentheid om noukeurig te besluit watter welsyninstansie dit nodig het. Neem Maleagi se waarskuwing ter harte en weet dat die Here die straf op hierdie ongehoorsaamheid sal voltrek.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1023 gaste aanlyn