Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het jy al gesien wat dankbaarheid aan mense doen? Geen selfsug, geen eie-ek op die voorgrond, geen stryd in jou binneste nie, dus geen stryd meer tussen mense wat vir mekaar omgee nie. Daar is slegs die allesoorheersende wete dat jy op die regte plek is, ongeag jou omstandighede, en hieroor kan jy verskriklik dankbaar bly!
VOLKSVERRAAD (11)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE OPPOSISIE REORGANISEER
Die Verenigde Party het steeds weinige vordering getoon om die Nasionale Party by die stembus te verslaan. Hoewel daar nie te veel oor hierdie geskiedenis uitgebrei word nie, is dit wel van belang om daarop te let dat die Verenigde Party in Junie 1977 ontbind het en in drie groepe versplinter het; die Suid-Afrikaanse Party met Myburgh Streicher as leier; die Nuwe Republiek Party met Sir De Villiers Graaff as tussentydse leier; en die Basson-groep wat met Colin Eglin se Progressiewe Reformisteparty saamgesmelt het om die Progressiewe Federale Party te vorm.
ISOLASIE VAN SUID-AFRIKA DEUR DIE INTER-NASIONALE GEMEENSKAP
In Februarie 1967 het 'n Amerikaanse vliegdekskip, die Franklin D. Roosevelt, Kaapstad aangedoen. Hy was op pad van Vietnam na die VSA en het voorrade kom inneem. Die Amerikaanse regering het die bemannings belet om in Kaapstad aan wal te gaan. Hierdie optrede was gemik as 'n belediging van die Suid-Afrikaanse regering en sy beleid van Afsonderlike Ontwikkeling.
Die CIA frontorganisasie, African-American Labor Center (AALC) het vanaf 1969 hom sterk uitgespreek ten gunste van die Republiek se uitbanning van die VN, internasionale boikotte teen Suid-Afrika en het veldtogte geloods vir die onttrekking van buitelandse investering. Dit illustreer dat die CIA in sy koverte operasies (basies agterdie skerm) voortaan sou poog om groter druk op die Republiek te plaas om politieke veranderinge teweeg te bring. Die CIA se front, die African-American Labor Center (AALC), het hom in 1973 weereens sterk uitgespreek teen die apartheidsbeleid van Suid-Afrika.
Die Organization of Petroleum Exporting Countries (OPEC) het ook in 1973 'n olieverbod teen die land ingestel. Die grootste gedeelte van die land se olie-invoer het in die geheim via Iran geskied. In reaksie op OPEC het die regering in 1974 aangekondig dat Sasol II in die Oos-Transvaal opgerig gaan word wat R1 miljard gaan kos en werk aan 75 000 mense sal verskaf. Die olie- en petroleumprodukte wat uit steenkool gewin word, sou die Republiek minder afhanklik maak van buitelandse olie-invoere.
Die Afro-Asiatiese blok in die VN het toe reeds daarin geslaag om die Republiek van die internasionale wêreld te isoleer — sedert 1970 ook sportliggame. In die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het die Republiek dit weer in 1974 ontgeld. Nadat Portugal as mede-aangeklaagde van die toneel verdwyn het, het die volle gewig op die Republiek geval. Die Republiek se geloofsbriewe is verwerp met as rede dat sy afvaardiging nie verteenwoordigend is van die Swart bevolking nie. Die koppeling van die veroordeling van die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling aan die legitimiteit of wettigheid van die regering het 'n presedent geskep en tas die bestaande reëls en die universaliteit van die Verenigde Nasies self aan. Om daardie rede het Westerse nasies hulle teen die verwerping van die geloofsbriewe verset. Die regering het sy bes gedoen om dialoog met Afrika-lande te stimuleer en het drie Nie-Blankes in sy afvaardiging opgeneem. Selfs Pik Botha is die jaar as Ambassadeur tot die Verenigde Nasies benoem. Die Republiek se posisie in die Verenigde Nasies is op voorstel van Mexico na die Veiligheidsraad verwys waar 'n voorstel ingedien is om die Republiek te skors op grond van beweerde voortdurende skending van die handves.
Pik Botha het op 24 Oktober 1974 'n rede voor die liggaam gehou waarin hy op die historiese wording van die rassevraagstuk gewys het en die beskuldigings ontken het. Hy het erken dat daar diskriminerende praktyke en wette in die Republiek bestaan, maar daarop gewys dat dit niks met rassisme te doen het nie. Hy verklaar dat sy Regering alles in sy vermoë sal doen om weg te beweeg van diskriminasie op grond van ras of kleur, 'n standpunt wat deur Vorster bevestig is. Op 30 Oktober 1974 het dit die eerste keer in die geskiedenis gebeur dat die permanente lede (die VSA, Brittanje en Frankryk) 'n besluit veto. Daarop het die Algemene Vergadering op 12 November 1974 die Republiek se deelname vir 1974 opgeskort. Hierdie stap is egter onwettig en onverantwoordelik. Die Algemene Vergadering het ook aan die Suid-Afrikaanse bevrydingsbewegings, die ANC en die PAC waarnemerstatus toegeken.
Op 16 Desember 1974 het die Algemene Vergadering by die Veiligheidsraad aanbeveel dat 'n verpligte en algehele wapenverbod teen Suid-Afrika ingestel word. Nadat daar elf Britse oorlogskepe saam met die Suid-Afrikaanse vloot in 'n gesamentlike vlootoefening deelgeneem het, het die Arbeidersregering van mnr. Harold Wilson in November 1974 aangekondig dat hy die Simonstadse Ooreenkoms van 1955 wat aan Brittanje die enigste droogdok bied tussen Gibraltar en Singapoer, gaan hersien. Ingevolge dié ooreenkoms het die twee lande saamgewerk in die verdediging van die seeroete om die Kaap, 'n roete wat jaarliks deur 25 000 skepe gebruik word en waarlangs die olietoevoer na die Weste gaan. As 'n manifestasie van die Britse regering se protes teen die regering se beleid van Afsonderlike Ontwikkeling en 'n poging tot die isolasie van die Republiek het die Britse regering op 20 Desember 1974 aangekondig dat die vermelde ooreenkoms kragteloos is. Die Verenigde Nasies besluit in 1977 om 'n wapenhandelverbod teen Suid-Afrika in te stel.
VERWYDERING TUSSEN VORSTER EN HENDRIK VAN DEN BERGH
Die verwydering tussen Vorster en Van den Bergh het sedert 1975 telkens duidelik geword. Vorster en Van den Bergh het verskil oor hulle standpunte betreffende dr. Mulder as 'n opvolger vir Vorster. Dr. Mulder was Van den Bergh se keuse en nie Vorster s'n nie. Van den Bergh het nie daarvan gehou dat P.W. Botha as Minister van Verdediging en Pik Botha as Minister van Buitelandse Sake tussen hom en Vorster ingeskuif het nie en Vorster kennelik al hoe meer na hulle advies begin luister het nie. Tot 1974 het Mulder se ster in die politiek blink geskyn en was hy as die vanselfsprekende opvolger vir Vorster beskou. Maar daarna het sy ster skielik begin verdof.
Soos ons reeds gesien het, het die CIA intriges in die politiek ingebou om seker te maak dat Mulder se ster as kroonprins minder blink. Vir Mulder het Rhoodie en die Departement van Inligting 'n groot flater begaan toe hy 'n deel van die geheime staatsfondse wou gebruik om in die geheim die liberale Engelse pers in Suid-Afrika in te palm, omrede die Illuminati nooit (maar nooit) die beheer oor sy magtigste instrument, die pers, sou verkoop nie.
Oppenheimer het dit onmiddellik as 'n persoonlike bedreiging geïnterpreteer. Op aanbeveling van Anton Rupert was P.W. Botha by die CIA-politieke hoofstroom (nie-wetende van die bestaan daarvan) as rytuig teen 1976 ingetrek. Soos wat verneem word het Rupert Oppenheimer beïnvloed om ook sy steun agter P.W. Botha in te gooi. Ons weet dat Rupert toe saam met die Rockefeller-CIA-konneksie beweeg het. Met die wete dat P.W. Botha, nou die mees senior minster in die kabinet van Vorster, Verdediging op 'n vaste grondslag sou plaas, en hy ook die voorsitter van die kabinetskomitee was wat ondersoek gelas het na 'n nuwe regeringstelsel, en hy hom onderskei of uitgewys het as die mees waarskynlike om Vorster as Premier op te volg, het die Verligte Aksie-beweging daarin die geleentheid gesien om groter vastrapplek in die Suid-Afrikaanse politiek te kry.
P.W. Botha word derhalwe geïdentifiseer as hulle rytuig en vennoot vir die voortsetting van politieke hervorming in Suid-Afrika. Dit is ook duidelik dat Mulder teen Rupert en die Nasionale Pers teen hom laat swaai het. Mulder het op die direksie van Perskor gesit en P.W. Botha op die direksie van Nasionale Pers. Gevolglik sou die pers een van die bepalende faktore wees om die leierskapstryd, wat uiteindelik tog die skaal na Nasionale Pers en P.W. Botha sou swaai.
VORSTER SE VREDESOFFENSIEF
Vorster het op 24 Oktober 1974 met 'n groot vredesoffensief op advies van Eschel Rhoodie se Departement van Inligting begin met 'n toespraak in die Senaat - 'n toespraak wat deur Tienie Groenewald geskrywe is. Vorster het in die toespraak gewaarsku teen die groot gevare wat 'n eskalasie van die stryd in Suidelike Afrika vir almal sou inhou en die hoop uitgespreek dat die alternatief gekies sou word: vrede, gesonde verstand en normale verhoudinge. Hy het egter die Rhodesiese geskil in gedagte gehad, wat hy as die groot struikelblok op die pad na vrede in Suidelike Afrika beskou het. Ons sal later vind dat Suid-Afrika 'n vreedsame oplossing op Rhodesië afgedwing het.
Die volgende dag het Pik Botha, as Ambassadeur by die Verenigde Nasies sy toespraak in die Veiligheidsraad gelewer waarin hy aangekondig het dat sy regering se beleid wegbeweeg van diskriminasie op grond van ras. In die Senaat het Vorster gesê dat hy hierdie toespraak onderskryf. Vorster het toe sy Senaat-toespraak opgevolg met sy 'gee-ses-maande '-toespraak op 5 November 1974. 'n Toespraak wat weereens deur Tienie Groenewald geskrywe is.
Die toespraak het wye reaksie uitgelok. Die Swart Vrymesselaar, pres. Kaunda van Zambië het Vorster se toespraak verwelkom as "die stem van rede waarop Afrika gewag het". Zambië het as afspringplek gedien vir terroriste wat Rhodesië binnegedring het. Op dié toespraak het 'n tyd van groot diplomatieke drukte gevolg. Verskeie kere het Zambiese afgevaardigdes in die geheim na Kaapstad gevlieg waar die Parlement toe in sitting was om Vorster te spreek. Op sy beurt het Vorster by geleentheid uit Kaapstad weggeraak om verteenwoordigers van die Rhodesiese regering in Pretoria te spreek. Vorster het toe as die man in die middel 'n sleutelrol gespeel. Deur hom het Smith se beskouinge Kaunda bereik en deur hom kon Kaunda se idees weer by Smith uitkom.
Mnr. Vorster het in November 1974 vir die tweede maal in die geheim met die Swart Vrymesselaar, pres. Banda van Malawi gaan gesels.
Vervolg...