Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nie alle kankers genees nie. Miljoene mens sterf jaarliks daaraan. Die kanker van die siel kan wel genees. Jesus belowe aan almal wat siele-kanker het en na Hom toe kom, dat hulle genees sal word. “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee”(Mt.11:28).
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (29)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Mike Smith skryf in 2006:
Die ‘Urban Dictionary’ definieer 'n "Slow War" (stadige oorlog) as 'n oorlog wat eers sigbaar word wanneer die groter patroon mettertyd aan die lig kom. As mens die oënskynlik geïsoleerde gebeure van so 'n stadige oorlog in versnelde tyd sou kon afspeel, sou die ware aard daarvan sigbaar wees.
'n Stadige oorlog is die teenoorgestelde van 'n *Blitzkrieg*. Dit is 'n oorlog wat so stadig verloop dat 'n mens dit nouliks opmerk. Dit is 'n oorlog wat so stadig is dat diegene wat dit voer, kan ontken dat dit werklik plaasvind. Onder die "mis van oorlog" verdoesel hulle dit as "gewone misdaad". Die eindresultaat is egter dieselfde as by 'n *Blitzkrieg*: die totale vernietiging van die vyand.
Die stadige oorlog is ook 'n strategie van die VSA teen die res van die wêreld. Dit behels klein stappe op 'n slag, waardeur daar steeds nader beweeg word aan die doelwit van wêreldoorheersing. 'n Mens sien dit in hul stryd teen dwelms in Suid-Amerika, hul betrokkenheid in Afrika onder "Africom", hul militêre basisse wat oor Europa versprei is, ensovoorts.
'n Mikrokosmos hiervan is die stadige oorlog teen blankes in Suid-Afrika.
As daar 20 jaar gelede vir hulle gesê is dat hulle 50% van hul plase aan swartes sou moes afstaan, sou daar waarskynlik 'n oorlog gewees het.
As daar 20 jaar gelede vir wit Suid-Afrikaners gesê is dat hul Afrikaanse skole en universiteite gedwing sou word om Engels te word en deur swartes oorgeneem sou word, sou daar oorlog gewees het.
As jy 20 jaar gelede vir Afrikaners gesê het dat hul taal van televisie sou verdwyn, sou daar oorlog gewees het.
As daar vir blankes gesê is dat hulle by honderde duisende uit die staatsdiens gedwing en deur onbevoegde swartes vervang sou word, sou daar oorlog gewees het.
As jy 20 jaar gelede vir blankes gesê het dat die name van al hul dorpe en strate met die name van Marxistiese terroriste vervang sou word, sou daar oorlog gewees het.
As daar 20 jaar gelede 4 000 wit boere op groot skaal doodgemaak is en nog 40 000 wittes in hul huise beroof, verkrag, gemartel en vermoor is, sou daar oorlog gewees het.
As jy twintig jaar gelede vir blankes gesê het dat hulle hul pragtige land sou oorhandig aan onbevoegde, stelende Marxistiese uitskot wat miljarde van hul belastinggeld sou steel, sou daar 'n oorlog gewees het.
Tog het dit alles, en nog veel meer, tydens die ANC se bewind van twintig jaar gebeur. Waar is die oorlog?
Die oorlog is eensydig en word deur 'n tiranniese regime gevoer teen 'n minderheid van 10% van die Suid-Afrikaanse bevolking wat nie terugveg nie, omdat hulle nie die oorlog raaksien nie.
Die merkwaardigste aspek is dat so baie wit mense (meestal menshatende liberaliste) weier om dit te erken. Slegs 'n paar nugterdenkende wit mense kan die gebeure van die afgelope twintig jaar in perspektief plaas en dit sien vir wat dit werklik is.
Die uiteindelike vraag is: "Hoe veg 'n mens teen so 'n 'stadige oorlog'?"
Ek kom dikwels die ander soort ontkenners van hierdie stadige oorlog teë. Diegene wat sê: "Wag, wanneer die tyd aanbreek, sal ons veg. Op die oomblik is daar nog geen stryd nie."
Wanneer presies is daardie tyd? Hulle is diegene wat nie eens besef watter soort oorlog teen hulle gevoer word nie. Hulle het nog nie die paradigmaverskuiwing gemaak nie. Hulle verwag steeds 'n Boereoorlog of Grensoorlog, terwyl die vyand sy taktiek lank reeds verander het.
Terwyl die dryfsand hulle stadig insuig, wag hulle vir 'n gebeurtenis waar swart hordes op die wittes sal toesak en hulle by duisende sal vermoor. 'n Gebeurtenis wat dalk nooit sal plaasvind nie. Intussen duur die stadige oorlog voort, en eendag sal hulle wakker word, by die venster uitkyk en vra: "Waarheen het al die wit Suid-Afrikaners verdwyn?"
-Mike Smith
*
“Soos hulle sê, terugskouing is twintig-twintig visie.”
“Is ons in vir ‘n lesing, ‘n preek, of sommer net ‘n mymering,” vra Tamar, maar met ‘n glimlag wat die doring uit haar opmerking neem.
“Sommer ‘n bietjie van alles.”
“Nou, vertel!”
“Een van die ANC se troefkaarte was om die grense oop te maak vir immigrante uit Afrika, alhoewel hulle dit nie openlik gedoen het nie. Veral die Beitbruggrens was maar net oëverblindery, aangesien die grensdraad vir honderde kilometer na weerskante toe onbewaak en stukkend gelaat is. Nie net is duur karre en bakkies oor die Limpopo gery deur smokkelaars nie, maar het mense deur en oorgestroom, sonder dat daar iets aan gedoen is.”
“Ons besef dit, maar is dit met opset gedoen, of sommer as gevolg van onbekwaamheid en onbevoegdheid?”
“Ja, daar was laksheid, omkopery van beamptes, beide op die brug en langs die grens af, maar die blinde oog is eerder gedraai, want veral vanaf so rondom 2017 het die ANC geweet hulle dae is getel. Die persentasie stemgeregtiges wat vir hulle gestem het, het met elke verkiesing afgeneem. Ja jy kan selfs die meer goedgelowige en dom kiesers net sòver en soveel kere om die bos lei, voordat die liggie aankom. So, hulle moes nuwe stemme trek.
“Ja, ek weet daar is dokumentasie ter sprake, maar hoeveel amptenare wat dit voorsien het, is al opgesluit? So, met die wete dat die huidige regering hulle sal toelaat om te bly, is dit nodig dat daar vir hulle kruisies getrek word. Dit was dieselfde met die SASSA uitbetalings. As jy en jou horde kindertjies elke maand daarvan leef, gaan jy mos nie stem vir ‘n ander party wat dit dalk gaan staak nie?”
“Dis so, maar waarom, en ek veronderstel die les lê hierin, was dit nie vir hulle uiteindelik ‘n goeie idee nie?”
“SASSA? Dit was eenvoudig te duur op die lang termyn. Jy kan nie agtien miljoen grootmense en nog twaalf na veertien miljoen kinders dra op die rug van vier miljoen belastingbetalers nie. Daar is tong in die kies gesê dat die regering deel gratis kondome uit en as jy dit nie gebruik nie, kry jy vier honderd rand per maand.
“Baie van hierdie begunstigdes was dan ook in werklikheid onwettige immigrante. Die groot probleem was egter dat baie geld as gevolg hiervan die land verlaat het. Gestel daar was, konserwatief gereken, tien miljoen immigrante. Elkeen stuur elke maand ‘n gemiddeld van vyf honderd rand na hulle families noord van die Limpopo. Dis vyf miljard rand per maand wat uit die land vloei en niks kom terug nie.
“Dit kon nie so baie wees nie!”
“Gaan maak dan maar self die sommetjie.”
“Is dit al?”
“Nee. Baie immigrante kon nie werk kry nie en moes hulle wend tot misdaad. Gaan maak nou jou berekening met dit in ag geneem. Voeg daarby dat veral, kom ons sê Zimbabwiers, nie aan vakunies behoort nie, en daarom nie aandring op minimumlone nie en harder werk, omdat hulle weet hulle moet hulle werk behou, het dit Suid-Afrikaners uit baie werksgeleenthede gehou. En onthou ook, ongedokumenteerde immigrante - waarvan daar baie is - betaal nie belasting nie. Here endeth the lesson.”
*
‘n Skok begroet die manne met eerste lig. Die moerasse, oftewel shonas, strek sover die oog kan sien in alle rigtings. Die eilandjie waarop hulle hulleself bevind is nie baie groot nie, is in die vorm van ‘n uitroepteken, sonder die kolletjie onderaan en hulle is nie verder nie as dertig meter na die punt van die droë grond en daarvandaan is dit nat, met hier en daar ‘n klein stukke half-droë grond. Niemand weet hoe diep dit is nie en iemand sal broekspype moet oprol en deurloop om te kyk.
“Kris, wat maak ons nou?”
Kris is ook onseker, maar hy weet hy mag dit nie wys nie. Hy kyk na die terrein reg rondom. Hy het die spikkeltjie amper gemis. Ver agter hulle, uit die rigting vanwaar hulle gekom het, is ‘n groot aantal voertuie aan die kom. Die enigste troos is dat ook hierdie karre deur die moerasse sal moet spook voordat hulle by hulle kan kom.
“Wie volunteer om deur te loop en die vlakste roete te soek?”
Dirk lag vir ‘n kort, humorlose laggie.
“Dis duidelik dat ons nie in die army is nie.”
“Hoe so?”
Dan sou jy mos ‘n volunteer aangewys het?”
“So, Dirk, ek aanvaar jy is die aangewese vrywilliger?”
“Ek is nie bang nie. Tensy…”
“Tensy?”
“Ek is erg allergies vir krokodilbyt.”
Met Kris wat self op die MAN se dak staan met een van die gewere – waarvan almal reeds weet – rol Dirk nie net sy broekspype op nie, maar trek alles behalwe sy onderbroek uit. Hy is ‘n groot, sterkgeboude man met lenige, geoefende spiere. Sy bolyf is wit teen sy arms en bene, waar hy altyd sy korbroek aan het.
Na oorweging trek hy sy sterk khaki kortbroek aan, gespe ‘n jagmes aan en loop die water versigtig binne. Die ander manne staan op die oewer van die eilandjie, met asems wat nie heeltemal normaal is nie.
Dirk loop sowat twintig meter, voordat hy skielik wegsink tot in die middel van sy borskas. Hy spartel uit die gat en terug op na waar die water weer rondom sy knieë kom. Dan slaan hy ‘n ander rigting in.
Hierdie keer loop hy meer as veertig meter, voordat dieselfde gebeur. In plaas van terugloop na waar hy gekom het, spartel-loop hy in die diagonaal met sy spore. Die water bly vlak, behalwe by een plek, waar dit tot in die middel van sy bobene kom, met ander woorde, sowat ‘n meter diep en dan vlakker, totdat hy enkeldiep loop tot by die volgende eilandjie, nie so groot as wat hulle nou op is nie, maar groot genoeg om al die voertuie ruskans te gee.
Wanneer Kris omkyk is die agtervolgers nie meer as vyf honderd meter vanaf die oewer nie, voordat hulle die shona moet binnekom.
“Bill I just hope…”
Voordat hy die sin klaar het, is daar die diep sisgeluid van ‘n vlieënde 82mm mortier oor hulle koppe. Dit bars in die water met ‘n dowwe domp, wat die suile hoog die lug inskiet. Water, onderwater plante en modder val terug in die moeras.
“That they do not have mortars?”