Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet jy dat jy jou hele lewe kan verander deur jou houding en gesindheid te verander? Probeer dit gerus in die positiewe sin!
VOLKSVERRAAD (22)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
ROCKEFELLER-AKSIEPLAN TEEN BLANKE SUID-AFRIKA WORD GEAKTIVEER
In Eschel Rhoodie se boek PW Botha: The Last Betrayal wys hy op bladsye 134 en 135 daarop dat die Rockefeller-CIA-konneksie in 1981 bepaalde voorskrifte aan die Suid-Afrikaanse Regering gemaak het, wat nie net deur die Suid-Afrikaanse Regering sedertdien as 'n bloudruk vir politieke en ekonomiese hervorming voorgehou is nie, maar ook as 'n bloudruk vir die Amerikaanse regering se buitelandse beleid jeens Suid-Afrika gedien het. Die Rockefeller Foundation Study Commission on US policy towards Southern Africa vorm die hoeksteen in die aanslag om Blanke Suid-Afrika finaal te vernietig:
"What further strains the theory of coincidence to the point of incredulity is the fact that both dr. Crocker and professor Huntington also submitted confidential memorandums to the Rockefeller Foundation Study Commission on US policy and South Africa, The Rockefeller report was published in 1981 following a visit to South Africa in 1980 by an eleven-member team from the Foundation, consisting of six Blacks and five Whites. Though the Rockefeller Foundation spokesman, John Stremlau, said that the study was not designed to tell South Africa what to do, the final product contained proposals and objectives which Mr. Botha seems to have adhered to amazingly during the next four years (published in the SA FoundationNews. Vol. 7, June 1981)... In a matter of five years after publication of this directive, all of the proposals became official NP and government policy. Every single one. But not a single NP newspaper or a single National Party MP had advocated any of these major steps at the time the Rockefeller group sat down to write and tell Mr. Botha what to do. One can rightly ask: who formulated change in South Africa? The Huntington-Crocker-Rockefeller package was designed and packaged in 1980-1981... " Die agterliggende bedoeling van die Rockefeller Foundation-verslag was dat die Afrikanervolk nie moet sien wat werklik gebeur het voordat dit glad te laat is om iets aan die saak te doen nie. Die Regering sou voortaan tot by die voltooiing van magsoorgawe nie regeer volgens sy mandaat nie, maar wel volgens hierdie Rockefeller Foundation-verslag wat as 'n geheime agenda slaafs nagevolg sou word. Dít immers sou die koverte taak van die Verligte Aksie-beweging wees. Die Rockefeller Foundation-VQXsX&g het vyf basiese doelstellings voorgeskryf:
•Doelwit 1: "Om die fundamentele en voortgesette teenkanting van die VSA-regering en volk teen die stelsel van Apartheid duidelik te maak, met besondere klem op die uitsluiting van Swartes vir 'n effektiewe aandeel in die politiek mag". Verwesenliking van hierdie oogmerk sou 'n sanksieplan van die VSA-regering en disinvestering deur Amerikaanse maatskappye behels.
•Doelwit 2: "Om ware politieke magsdeling in Suid-Afrika te bevorder met minimum van geweld deur sistematiese druk op die Suid-Afrikaner toe te pas. " Hierdie doelstelling moes bereik word deur 'n stelsel van aansporings en dreigemente.
•Doelwit 3: "Om organisasies wat vir verandering binne Suid-Afrika werk, te ondersteun, om die ontwikkeling van Swart leierskap te bevorder en Swart welsyn te bevorder. "
•Doelwit 4: "Om die ekonomiese ontwikkeling van ander state in suidelike Afrika te help, wat die vermindering van die wanbalans in hulle ekonomiese verhouding met Suid-Afrika insluit. "
•Doelwit 5: "Om die impak te versag wanneer die invoer van sleutelminerale uit Suid-Afrika gestaak word." Hierdie doelwit was duidelik 'n beskermingsmaatreel teen moontlike Suid-Afrikaanse teenoptrede wanneer druk en sanksies vanuit die VSA op die Republiek verskerp sou word.
Die verslag stel 'n 'geïntegreerde raamwerk vir aksie' voor. Wie moes dit uitvoer? In die eerste plek moes die State Department (die Amerikaanse Departement Buitelandse Sake) daarvoor sorg dat die Rockefellerplan langs elke moontlike diplomatieke kanaal toegepas word. In die tweede plek moes 'n koördinasie kom tussen die beleid van die State Department en die groot Amerikaanse maatskappye wat beleggings in Suid-Afrika het en wat dus op 'n indirekte wyse kon meewerk om oorblywende apartheidsmaatreëls te ondermyn en om aan te dring op 'verandering'.
Die 'raamwerk' vir geïntegreerde aksie moes dus lei tot 'n veldtog van druk op die Suid-Afrikaanse Regering om bepaalde toegewings te maak, maar veral om te beweeg tot magsdeling met Swartes. Dit was waar die Central Intelligence Agency met sy koverte operasies 'n rolspeler tot die aksieplan sou word. Die CIA moes redes help aanblaas om die veldtog in Suid-Afrika en die VSA te laat realiseer ten einde die druk op die Suid-Afrikaanse regering aan te wakker. Die Rockefeller verslag sê dat die proses stadig en ewolusionêr kon plaasvind met slegs sporadiese geweld, of anders vinnig kon ontaard in 'n burgeroorlog. 'Albei paaie kan lei tot werklike magsdeling', lui dit woordeliks. Dit sou in belang van die VSA wees om die meer evolisionêre pad te volg, sê die verslag op 'n siniese toon; maar per slot van rekening het al die stappe wat die Rockefellererverslag voorskryf 'n revolusionêre oogmerk: Suid-Afrika moet gedryf word tot die oorhandiging van mag aan 'n Swart meerderheid.
Die studiegroep wat 'n "nuwe" VSA-beleid moes uitwerk, het rekening daarmee gehou dat daar sekere besware van regs in die VSA-regering na vore kon tree teen die plan om Suid-Afrika tot 'n Swart meerderheid te dryf. Daar is nie geskroom om selfs van misleiding gebruik te maak nie. Die beste voorbeeld hiervan is die argument dat Sowjet-invloed in Suid-Afrika juis toeneem, soos dit gestel word, 'as gevolg van wit hardkoppigheid in Suid-Afrika' en die sogenaamde 'stygende vlakke van rassegeweld'. Hiermee probeer die Rockefellers sê dat die konflik in Suider-Afrika nie deur die Kommuniste veroorsaak word nie, maar deur die Blankes se weiering om toe te gee aan magsdeling. Die korrelaat van die argument is die belaglike idee dat Sowjet-invloed sou verdwyn indien Suid-Afrika instem tot magsdeling. Hierdie valse prentjie wat van die Amerikaanse regering geskilder word, is natuurlik berekend — veral om die besware uit strategiese en militêre oogpunte die hoof te probeer bied. 'n Tweede poging tot misleiding is die stelling in die verslag dat 'die aktiewe samewerking van die Suid-Afrikaanse Regering, ongeag sy ideologie, nie 'n belangrike faktor in die verdediging van die Kaapse Seeroete is nie'. Uit 'n militêr-strategiese oogpunt is so 'n argument natuurlik heeltemal onhoudbaar. 'n Derde poging tot misleiding handel oor die VSA se afhanklikheid van sekere strategiese minerale uit Suid-Afrika: ' 'n Staking van die voorsiening van sleutelminerale wat deur Suid-Afrika uitgevoer word, sal waarskynlik net gedeeltelik, afgebroke en van korte duur wees. Mediumtermyn en langtermyn onderbrekings is onwaarskynlik.' Met sulke stellings moes die moontlike vrese en besware teen die aksieplan van die Rockefellers besweer word. Maar daarby is dit nie gelaat nie.
Die plan gaan voort om spesifieke optredes van die Suid-Afrikaanse Regering te eis. Daarvoor moes die Amerikaanse regering 'n program van druk en aanmoedigings aanvaar om verandering op bepaalde terreine in Suid-Afrika te bewerkstellig. Die terreine wat uitgekies word, is dié van politieke regte, die stelsel van apartheid, gesondheid, onderwys, openbare dienste, arbeid en indiensneming. Op elk van die terreine moes Amerika sekere aksies van die Suid-Afrikaanse Regering aanmoedig en ander ontmoedig. 'n Totaal van 55 aksiestappe word in Rockefellerverslag ingesluit, waarvan slegs 'n paar van die belangrikstes hier genoem word. Die volgende positiewe stappe van die Suid-Afrikaanse Regering deur druk of aanmoediging moes bevorder word:
• Uitdruklike verwerping van afsonderlike ontwikkeling as die oplossing tot die uitdaging van 'n veelrassige samelewing.
• Aanvaarding van die beginsel van bona fide onderhandeling met die werklike leiers van elke bevolkingroep is die enigste basis om die vraagstuk van politieke regte op te los.
• Verbintenis tot die doel van ware magsdeling en die uitbreiding van betekenisvolle politieke regte aan alle groepe, terwyl beskerming van die basiese regte aan al die bevolkingsgroepe verleen word.
• Die daarstelling van 'n forum vir opregte onderhandeling oor magsdeling. Voorbeelde hiervan word aan die hand gedoen:
'n formele nasionale konvensie, regeringskonferensies met uitsluiting van die stedelike Swartman en 'n reeks formele of informele konsultasies.
• Die deelname aan sulke onderhandelings in sigbare goedertrou.
• Die vrylating van 'n betekenisvolle aantal politieke gevangenes wat Swartes se sleutelleiers moes insluit.
• Herroeping van uitsettingsbevele en verbannings.
• 'n Program van amnestie vir uitgewekenes wat nie van ernstige geweldmisdade aangekla is nie.
• 'n Waarborg vir die veiligheid van politieke leiers wat nie gewelddadigheid bepleit of gewelddadig optree om die Suid-Afrikaanse Regering omver te werp nie.
• Die staking van die implementering van tuislandwetgewing en hervestigingprogramme asook die omkeer van die beleid wat Suid-Afrikaanse burgerskap aan Swartes van die tuislande ontsê.
• Die herroeping van binnelandse veiligheidswetgewing wat dialoog tussen Swart en Wit belemmer.
• Die herroeping van wetgewing wat veelrassige politieke partye verbied.
• Die aanvaarding van 'n regeringstelsel wat aanvaarbaar vir Swart Suid-Afrikaners is met grondwetlike beskerming van die basiese regte van alle groepe. Voorbeelde hiervan is 'n federasie, konfederasie, konsosiasie en een mens, een stem in 'n eenheidstaat.
Dit is natuurlik laasgenoemde punt waarop die hele proses moet afstuur, die ander aksiestappe is almal deel van die voorbereiding vir 'n nuwe regeringstelsel. Optredes wat ontmoedig moes word, in terme van die verslag is die voortgesette verbintenis tot afsonderlike ontwikkeling en die toepassing of versnelling van die tuislandbeleid. 'n Baie insiggewende deel van die Rockefellerverslag is die aksies wat voorgestel word teen die stelsel van apartheid. 'n Definisie van die stelsel word aangegee om die aanslag daarop so spesifiek as moontlik te maak. Die stelsel van apartheid bestaan volgens die verslag uit:
•Aparte Groepsgebiede;
•Instromingsbeheer;
•Woongebiedskeiding;
•Klein apartheid.
Om hiervan ontslae te raak, moes die Suid-Afrikaanse regering beweeg word om die volgende te doen:
• Die volgehoue liberalisering van die administrasie van die groepsgebiedewet.
• Verandering op die gebied van grondeienaarskap en beperkings op woongebiede. 'Vry zones' moes geskep wordwaarin geen residensiële beperkings wat op ras gebaseer is, van toepassing sou wees nie.
• Die herroeping van die Groepsgebiedewet.
• Verandering op die gebied van sosiale skeiding en aparte toegang tot geboue en geriewe.
• Die herroeping van kleinapartheid-wetgewing en regulasies,insluitende daardie wette in terme waarvan munisipaliteite plaaslike ordonnansies wat segregrasie vereis, kan uitvaardig.
• Die beëindiging van segregasie in hoër onderwys, sekondêre onderwys en primêre onderwys.
• Die staking van die verbod op gemengde huwelike en gemengde seksuele verhoudings. Dit sluit in dat interrassige seks nie meer 'n misdaad mag wees nie en dat die verbod op gemengde huwelike opgehef moet word.
Onder die res van die 55 aksiestappe wat die Suid-Afrikaanse Regering moes uitvoer, is daar nog die volgende:
• Die gelykmaking van die staatsbesteding aan gesondheid, onderwys en behuising.
• Die reorganisasie van rasgebaseerde staatsdepartemente, soos'n enkele Departement van Onderwys wat Blanke-, Kleurljnge-, Indiër- en Swart-onderwys insluit.
• Gelykheid van salarisse en pensioene vir onderwysers van alle rasse.
• Die bou van aansienlik meer huise vir Swartes in die Stedelike gebiede.
• Die aanvaarding van die beginsel dat ras nie 'n faktor in die struktuur en funksionering van nywerheidsverhoudinge moet wees nie.
• Die snelle toepassing van die Wiehahn-kommissie se aanbevelings, veral die uitskakeling van werksresevering en die registrasie en toelating van Swart vakbonde.
• Die snelle toepassing van die Riekert-kommissie se voorgestelde hervormings, waaronder die 'dekriminalisering' van die paswet-oortredings.
• Die totale afskaffing van instromingsbeheer, die toelating van veelrassige vakbonde, die bevordering van Swartes in die Staatsdiens en semistaatsondernemings, die aanstelling van Swart regters in die howe, die verwydering van beperkings op Swart besighede en die aanvaarding van 'n wetgewende program vir 'affirmative action '.
Die Rockefeller Foundation-aksieplan gaan baie verder as blote inmenging. Dit was'n program om die grondwet van die Republiek omver te werp en 'n bewindsverandering te bewerkstellig. As sulks verskil die doelwitte daarvan geensins van dié wat in 'n oorlog teen 'n ander staat van toepassing is nie. Die argitek van die Rockefeller Foundation-aksieplan was Professor Samuel Huntington (wie op daardie stadium 'n adviseur van die Amerikaanse State Department was).