Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In elke geslag moet daar 'n dwaas wees wat die waarheid sal praat soos hý dit insien – Boris Pasternak.
VOLKSVERRAAD (34)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
TOTALE OORGAWE
"Ons sal hier sien hoe die Verligte Aksie-bewegingsfaksie (van wie ons pas weer kennis geneem het met Deon Loots se verklaring oor die binnekringgebeure van die Boeremagsaak) binne die Afrlkaner Broederbond daarop uit was om regse weerstand jeens hulle beleid van Totale Oorgawe hok te slaan."
Voordat ons die TOTALE OORGAWE deur FW de Klerk behandel, 'n kort terugblik op die era van PW Botha:
Die Illuminati het in die P.W. Botha-era daarin geslaag om met die stigting van die Southern African Development Coordination Conference 'n streeksliggaam daar te stel wat later kon lei tot 'n super ekonomiese regering vir die Suidelike halfrond van Afrika. Tog slaag die Illuminati daarin om ná 1980 die era van liberalisme vir Suid-Afrika in te lyf, wat geskoei was op radikale politieke veranderinge. Geheime gesprekke is met die ANC gevoer en die Suidwes- en Angolakwessies is in 'n grootmate besweer om die weg te baan vir politieke oorgawe aan 'n ANC Swart meerderheidsregering. Hoewel P.W. Botha by die sluheid van Pik Botha se politieke model van pluralisme en tegnokrasie ingetrek is, het dit mettertyd tog vir P. W. Botha begin deurskemer dat vreemde wigte sy land wil hê. En toe dit vir hom duidelik blyk wat presies aan die gang is, het hy begin voete sleep met politieke hervorming. Daarvoor moes hy amper met sy lewe boet. .
(En wat die Amerikaanse burger en CIA-spioen, Pik Botha, betref, kan ons net meld dat na wat verneem word, was hy ook persoonlik die oorsaak van sy vrou se beserings en val).
TOTALE OORGA WE deur DE KLERK EN KIE
Inleiding
Hierdie gedeelte plaas die, kollig op die bewindsjare van president F.W. de Klerk van Augustus 1989 tot 27 April 1994. President F.W. de Klerk het P.W. Botha se geheime agenda rakende politieke, hervorming geêrf. Dis Pik Botha wat weereens aan die regterkant van die president gaan staan het toe F.W. de Klerk staatspresident geword het. Die Nasionale Party se beleid om die Witman totaal uit te verkoop, word op daardie stadium nog nie werklik deur die kiesers besef nie. Dit was ook nooit die bedoeling dat die Afrikanervolk moet sien wat werklik gebeur het voordat dit glad te laat is om iets aan die saak te doen nie. Die Nasionale Party het nie volgens 'n mandaat regeer nie, maar wel volgens 'n geheime plan wat deur die Rockefeller Foundation opgestel is e slaafs nagevolg is deur die Nasionale Party.
F.W. de Klerk het op 2 Februarie 1990 met sy Rooi Toespraak die Rubicon oorgesteek. Ons sal sien hoe die Verligte Aksie-bewegingsfaksie (van wie ons pas weer kennis geneem het met Deon Loots se verklaring oor die binnekringgebeure van die Boeremagsaak) binne die Afrlkaner Broederbond daarop uit was om regse weerstand jeens hulle beleid van Totale Oorgawe hok te slaan. Alvorens die regses se magsbasis geneutraliseer kon word, het F.W. de Klerk die nodige stappe geneem om 'n militêre staatsgreep te voorkom. Toe realiseer die opkoms van generaals as 'n verdere regeringsintervensie om die Afrikaner Broederbondgedagte van ' n Volkstaat aan die regses in samewerkmg met 'leiersfigure' van die Konserwatiewe Party, te bevorder. Uit hierdie staatsveiligheidsprojek het 'n veelheid van regeringsfrontorganisasies totstand gekom, waarvan die Volkseenheidskomitee, die Afrikaner Volksfront, die Vryheidsalliansie en die Vryheidsfront , enkele voorbeelde is. Generaal Tienie Groenewald se Kom. Ops. was weereens die dryfkrag agter grootskaalse misleiding. Alles is gedoen in die naam van staatsveiligheid om bloot die regering se beleid van totale oorgawe te legitimeer. Uiteindelik sou die regering daarin slaag om sy beleid van oorgawe deur te voer. Ons sal vind dat die Illuminati homself ná April 1994 manifesteer in Pax Americana en dat hy onmiddellik van die Mandela-re gering verwag het om in te val by sy planne van 'n ekonomiese superstreeksregering vir Suidelike Afrika.
DIE PROMOSIE VIR DIE NUWE SUID-AFRIKA TYDENS DIE NASIONALE PARTY SE VERKIESINGSVELDTOG BLY VAAG EN DERHALWE HET DIE NASIONALE PARTY SE POLITIEKE HERVORMING NIE OP 'N MANDAAT BERUS NIE
F.W. de Klerk het sy ampstermyn as Staatspresident met 'n nuwe propagandastrategie ingelyf. Feitelik direk nadat De Klerk Staatspresident geword het, het hy tydens die Nasionale Party se verkiesingsveldtog in 1989 in alle ems begin met die propagering van die Nuwe Suid-Afrika. Hy beskou Mandela se vrese rondom die regses as ongegrond, omrede hy van mening is dat hy met sy leuens die regses self sal kan hanteer. Die vermelde versoek van Mandela aan P.W. Botha (dat die regses voorberei moet word op die politieke hervormingsproses) word geïgnoreer, hoofsaaklik omrede De Klerk geweet het indien hy met 'n oop agenda die verkiesingstryd sou lei, die Konserwatiewe Party die bewind by die Nasionale Party as die regerende party sou oomeem. Geen woord word derhalwe gerep oor die ontbanning van onwettige politieke partye nie.
Die Nasionale Party wen die Algemene Verkiesing van September 1989 en die Konserwatiewe Party word die amptelike opposisie. As pres. F.W. de Klerk se onridderlike taak het hy begin om die groterwordende bedreiging in Angola en die Suidwes-Afrika-vraagstuk aan te spreek. Bepaalde wêreldtendense (soos die afbreek van die Oos-Duitse muur en die Sowjetunie se glasnost-en perestroika-beleid) het 'n klimaat geskep vir ontspanningspolitiek in Suidelike Afrika. Om beide die Angolese en SWA- vraagstukke aan te spreek, het Suid-Afrika sy hulpverlening aan Unita gestaak en Namibië se onafhanklikheid erken. Dit het die weg gebaan vir sy sogenaamde vredesinisiatiewe vir die Republiek. Die Amerikaanse Compression Anti-Apartheid Act van 1985 is voorgehou om te dien as riglyne vir FW de Klerk se ontspanningspolitiek. Die wet stel vyf voorwaardes vir die opheffing van ekonomiese dwangmaatreëls teen die Republiek:
- Die vrylating van politieke gevangenes;
- Die ontbanning van verbode politieke organisasies;
- Opheffing van die noodtoestand;
- Afskaffing van die oorblywende anti-Apartheidswetgewing;
- Verbintenis tot onderhandelinge vir 'n nie-rassige demokrasie in Suid- Afrika.
Om sy onvoorwaardelike steun aan die Afrikaner se vyande in die buiteland te bewys, en sy erns met politieke hervorming aan hulle te illustreer, het hy in Oktober 1989 agt politieke gevangenes vrygelaat, waaronder Walter Sisulu, Raymond Mhlabu en Oscar Mlangeni.
Vervolg...