NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Liewe oumens, miskien gaan dit op hierdie oomblik sleg met jou.  Jy is op moedverloor se vlakte.  Leer dan een ding:  Om een dag op ‘n slag te lewe.  Vra God dat Hy jou net vir vandag sal dra.  Vergeet van more, vergeet van oormôre.  Gee een tree op ‘n slag op ‘n dag-vir-dag basis.

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (28)

Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens

Die sewe plae van Engeland – wat nog in vervulling moet gaan

Een van Siener van Rensburg  se mees ontstellende gesigte is ongetwyfeld  die  een  i.v.m. "Die sewe plae  wat  God  vir Engeland beskik  het".  In  die bronne beskikbaar is daar meer as 20 direkte verwysings  na hierdie vreemde  en  skrikwekkende  gebeurtenis wat,  volgens die Boereprofeet,  vroeër of later  nog Engeland  se lot gaan  wees.

Daar was by oom Nieklas nooit enige twyfel dat Engeland  se finale ondergang  die gevolg sal wees van die misdade  wat hy destyds in die Boereoorlog  teen Afrikanervroue   en  -kinders  gepleeg is nie. "Kyk,"  het hy een keer aan 'n vriend  gesê: "elke  maal  as daar 'n groot wêreldgebeurtenis kom, dan word kinders en vroue vermoor en dan volg die straf gewis. Het Farao dan nie ook die vroedvroue opdrag gegee  om al die manlike  kinders by geboorte  dood te maak nie? En die straf was dat Farao met al sy ruiters in die Roode See begrawe  is ..."

In hierdie verband  het hy dan verwys  na I Samuel 15:2-3:  "So sê die Here  van  die leërskare:  Ek het terdeë  gelet op wat Amalek  Israel aangedoen  het, dat hy hom in sy weg gestaan het by sy optog uit Egipte.  Gaan  nou en verslaan  Amalek,  en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon  nie, maar jy moet  om die lewe bring  man sowel  as vrou, kind en suigeling, bees en kleinvee,  kameel  en esel..."

Daar  is min  twyfel  dat  Siener  hierdie  sonderlinge  visioen  oor "Engeland  se sewe plae" by verskeie  geleenthede  breedvoerig  met 'n paar intieme  vriende  bespreek  het:                                               .

"Ek sien 'n vrou wat met linte opgetooi  is ('n sinnebeeld van die Engelse  volk). Dan sien ek hoe die linte een vir een begin afdraai totdat  die vrou naderhand  heeltemal  kaal is -  en uiteindelik sien ek haar sterf. Dit beteken dat Engeland  met verloop van tyd al sy buitelandse besittings en kolonies gaan  verloor..." (Hierdie  deel van die visioen  is reeds bewaarheid).

Die eerste plaag:

Vorentoe  gaan dinge vir Engeland nog baie lelik skeef  loop, sê oom Nieklas: "Ek sien sewe swart wolke in die lug met druppels wat net so begin uitsak. Toe kom 'n man met 'n grys pak klere ('n geestelike leier)  by my en vra my of ek die sewe wolke aan die lug opgemerk het ­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­. Ek sê toe ja, ek sien aan elke oord 'n oos, wes, en suid twee swart wolke, maar aan die noorde kant net een swart wolk. Toe sê die wese met die grys pak klere: " Kyk, dit is die sewe rampe wat God oor Engeland   gaan  uitgiet  en  wat  Engeland  sal vernietig ....'" Volgens oom Nieklas het hy op daardie  oomblik skielik weer onthou  van die Engelse  vrou wat met linte opgetooi was.

Die  tweede plaag:

Hy vertel  dan verder  dat  toe  hy in 1914  gevangene  in die Fort was, hy een nag gesien het hoedat  hy en die Rebellie-offisiere saam met hom in 'n put  staan  (dit beteken  groot  moeilikheid). Maar  by hulle in die put was daar  'n lang leer en hy (Siener)  staan met sy voet op die eerste sport van die leer. Terselfdertyd  het hy ook gesien hoe die gras in Engeland brand ('n burgeroolog woed  daar).  Die vlam slaan baie hoog uit; dit  raak  weg en  die wêreld  lyk soos 'n land wat gelyk geêg is. Toe is daar  'n put. In die put is 'n bont vark (Engeland wat in groot ellende verkeer) en hy staan teen die walle en snoep. Die vark lyk soos een wat nie kan uit nie. Oor die put lê net 'n paar  garingboomhoute.   (Engeland  sal pogings  aanwend  om sy haglike omstandighede  vir die res van die wêreld  weg te steek). Hy  sê  die  vark  is  vreeslik  honger.   Dit  wys  ook  op   n  groot hongersnood  wat Engeland  in die toekoms  gaan  tref.

Toe hy dit sien, het hy dadelik  geweet  dat hulle groepie  daar in die Fort  en ook die Boerevolk  nog uit die moeilikhede van die Rebellie en die nasleep  daarvan  - die eise van duisende ponde wat teen Rebelle ingestel  is  -  gered  sal word.  Maar by daardie bont vark  was  daar geen reddingsmiddel (leer)  te sien nie,  en dit het gewys dat Engeland se ondergang aaklig gaan wees.  Ook op ekonomiese  gebied:                                                                           .

"Ek het gesien hoe die varke  oor 'n damwal  harloop.  Die dam word  leeg en dan sit daar 'n groot voël onder  op die straatklippe. 'n Klein voëltjie kom toe aangevlieg,  maar word byna dadelik deur die grote  ingesluk."  Hy het  die gesig  self  as volg  verklaar:  "Die dam water is Amerika  wat geld aan Engeland  gaan leen, en dit sal uiteindelik  tot gevolg  hê dat Engeland  finansiëel  gebreek word."

Die  derde plaag:

Hongersnood en geldskaarste sal in daardie tyd oor Engeland kom. Dan sal groot troppe swart beeste (mense uit Afrika  en Indië) die land van die oostekant  af binnehardloop.  Die een bees sal nog vassteek en terugkyk. Oom Nieklas sê dit dui aan van watter kant af die gevaar kom: al die gekleurde  rasse uit Sy Majesteit se voormalige kolonies sal na Engeland toe stroom en groot rasseprobleme tot gevolg hê – want in Afrika en die Ooste sal daar verskriklike ellendes heers en desperate hordes siek en verhongerde  Indiërs  en swartes gaan in Engeland en ander  dele van Europa 'n heenkome soek.

Die vierde plaag:

Hy sien dit as 'n pot wat op die vuur staan. In Engeland  en Frankryk is gewone potte op die vuur. Dit dui op burgeroorloë.   Maar in Rusland sien hy 'n seeppot  op 'n gloeiende  vuur  -   dit beteken dat  'n ontsaglike  burgeroorlog   daar  sal  woed.  Dan  staan Duitsland en Amerika bymekaar  en hul  beveg Rusland.

Oor hierdie  slagting sê Siener:  "In 1914 was dit so donker dat ek nie my perd se maanhare  mooi kon sien nie. Maar dié keer sal dit so donker  wees  dat mens nie eens jou  hand voor  jou oë kan sien. Dog vir ons wat weet wat gaan gebeur  en hoe die redding  kom, sal dit nie so donker  wees as vir die wat nie weet nie ... "

Die vyfde plaag:

Siener vertel dat hy in die Eerste  Wêreldoorlog  gesien het hoe die Britse vloot die Duitsers by Jutland aanval. Daar het hy Kitchener sien sterf,  en toe was  die  Britse vloot soos skaalbakkies op die water.  "Dit meen hulle het kragte  gemeet  en is  te  lig bevonde ..." Maar in die verre toekoms sien hy die Britse vloot soos leë kassies koersloos  op  die  see ronddobber.   Hulle  is nutteloos   en  doelloos, "want watter nasie kan veg as hy burgeroorlog en  hongersnood beleef?

Die sesde plaag:

Hy sê aan  Boy Mussmann:  "Ek sien 'n man op 'n swart perd die water inry. Ek sien hom net soos ek jou nou daar sien; ek sien hoe die water spat en hoe dit  oor  hom slaan. Perd en ruiter verdwyn onder die water.  Dit sal met Engeland  se weermag  gaan presies soos met Farao  se ruiters wat die Israeliete in die Rooi See agtervolg het."

Die sewende plaag:

Die  laaste plaag wat Engeland gaan tref,  sien hy as  volg: "Daar staan 'n bont vark. Ek  plaas my een hand om die voorpote en die ander hand om die agterpote  en met een slag pluk ek sy pote onder hom uit dat die vark omval. En, dit is dan ons (die Boerenasie se aandeel aan die ondergang  van Engeland ..."

Gedurende  die eerste dekade van hierdie eeu was dit in 'n sekere deeI van Transvaal  algemeen bekend dat 'n baie vooraanstaande predikant net na afIoop van die Driejarige  Oorlog (1902)  'n vloek oor Engeland  uitgespreek   het. Sy woorde  was glo: "Wat julle aan ons vrouens en kinders  gedoen  het, gaan julle  vrouens en kinders ook nog tref!").

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3327 gaste aanlyn