Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In Februarie het spanning tussen Israel en Iran vergerger toe Israelse leiers Iran blameer het vir nog twee aanvalle. Op 13 Februarie is die Israeliese Ambassade gebombardeer in verskeie state. Die ontploffings was soortgelyk aan aanvalle op Iran se kernwetenskaplikes 'n paar jaar gelede waarvoor Iran vir Israel blameer het. Kortom, Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Het Suid-Afrika dalk ook die gunstige besoek van God nie opgemerk?...
DIT IS ONS PLIG
As dit dan vasstaan dat God volkere gewil het (vgl Handelinge 17), en dat volke nie deur toeval ontstaan het nie, dan spreek dit vanself dat daaruit sekere pligte en opdragte vir ‘n volk voortspruit. Een daarvan is dat ‘n volk verplig is om daardie roeping (as afsonderlike volk) te handhaaf. Dit is daarom elkeen se Christelike plig om nasionalis te wees. Owergesetsynde is die versuim op hierdie gebied sonde.
Die beleid van apartheid was niks anders nie as die praktiese uitvoering van nasionalisme. Dit gaan immers by nasionalisme om die handhawing van die eiesoortigheid; die afsonderlikheid van elke volk – presies wat die beleid van apartheid ten doel gestel het. Indien enige party of organisasie weghardloop van die beleid van apartheid, soos wat meeste gedoen het, word terselfdertyd weggehardloop van nasionalisme – soos ons sien hier gebeur het.
Nasionalisme gaan in kort om die werklikheid van volkereverskeidenheid. En as daar een land is waar daardie verskeidenheid gesien kan word, is dit Suid-Afrika. Nasionalisme is dus nie ‘n ideologie, soos die ander –ismes, waaronder die Kommunisme en liberalisme nie, maar ‘n werklikheid. Hierdie werklikheid van ‘n verskeidenheid van volkere is deur God self daar gestel. Dit is gevolglik nie ‘n blote gevoelsaak of ‘n kwessie van smaak, tydsgewrig, gril, gier of mode nie. Nasionalisme is ‘n morele keuse wat uitgeoefen word van die diepste betekenis. Dit gaan oor die lewe en dood van ‘n volk. Word nasionalisme versaak deur ‘n volk, pleeg daardie volk selfmoord. Daardie selfmoord is in die eerste plek ‘n geestelike dood wat die volk sterf, wat tweedens noodwendig lei tot die fisiese dood van daardie volk. Daarom is nasionalisme ‘n kontrak tussen die verlede en die hede; tussen die geslagte wat was, wat is, en wat sal kom.
Nasionalisme het as oorsprong die saamwees en saamwoon van ‘n groep mense wat hulleself in ‘n bepaalde grondgebied vestig en sodoende deur verloop van tyd ‘n gemeenskaplike verlede en –kultuur ontwikkel. Daardie gemeenskaplikheid gee aan daardie gemeenskap ‘n eie identiteit wat as basis het die gesin en die familie. Die hegtheid wat oor jare ontwikkel word uitgedruk in daardie groep se strewe na selfbehoud, selfbetuiging en selfrespek. In die proses onderskei daardie groep mense hulleself van ander en is die strewe om vry van vreemde oorheersing te wees, ‘n natuurlike voortvloeisel hieruit. Die hegtheid tussen volk en grondgebied word onafskeidbaar. En wanneer ‘n volk onderskeid tussen hom en ander volke tref, en grense trek, moet hy noodwendig diskrimineer. Diskriminasie is maar net die teenhang van voorkeur. Die voorkeur vir die eie is niks anders nie as diskriminasie teen die vreemde.
‘n Volk kan alleen vry wees indien hy die nasionalisme uitleef op elke terrein.Wanneer daar dus van vryheid vir die Afrikaner in ‘n eie vaderland gepraat word, moet besef word dat dit slegs bereik kan word indien nasionalisme voorop gestel en uitgeleef word. Wanneer hierdie nasionalisme uitgeleef word, het dit noodwendig tot gevolg dat ‘n volk in verset kom teen elkeen wat hierdie volk wil onderdruk, of sy grondgebied van hom wil ontneem. Verset hou wag oor elke beginsel van die nasionalisme. ‘n Volk wat nasionalisme uitleef is deurlopend in konflik en botsing met daardie magte wat sy binding as volk wil breek. En wanneer ‘n volk onderdruk word soos wat tans die geval met die Afrikanervolk is, sal verset noodwendig alle prioriteit moet geniet.
Mag die dag spoedig aanbreek waarin ons volk sonder skroom sal opstaan om te doen wat hy moet!