NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een van die mooiste toneeltjies in die lewe is 'n Christenman wat nederig langs die Christenvrou van sy keuse voor die kansel kniel om God se seën op hulle eenwording te ontvang.

KERKE VERLOOR HUL PROFETIESE VISIE

VOLKSSTUDIE (3/4)

Lees reeks by Volksstudies

Ds. André van den Berg

"Terwyl volksvyandiges die Boerevolk se erfenis soos sprinkane begin verteer het, het kerklike saboteurs duisende volksgenote tot oorgawe oorreed... Die volksvyand se einddoel was om die ANC in Suid-Afrika aan bewind te plaas.  Swartes is uiteraard makliker stukke op die kommuniste se skaakbord as blankes. ‘n Swart regering moes die Boerevolk met ‘n ketting wat in Rusland gesmee is, verwurg!... Nou vra ek: Hoe kon kerke hierdie gevaar nie voorsien het nie? "

4.1       Wagters op die mure

Die Christelike kerk is geroepe om soos ‘n wag van ouds op ‘n stadsmuur diens te doen.  Daarvoor het God die kerk ‘n besondere gawe gegee - ’n profetiese visie.  Wanneer die gevaar dreig, moet die kerk, soos die wag, betyds alarm maak en die inwoners teen die aankomende gevaar waarsku.  Hierdie gawe is geen bykomstigheid nie, maar eerder onontbeerlike standaardtoerusting.  Daarsonder is die kerk soos ‘n horlosie sonder wysers.  Sy raak aan die vyand gedienstig en verloor haar roeping!

4.2  Vanuit kerklike loopgrawe

Voordat die getygolf van liberalisme die Suid-Afrikaanse kerklike toneel getref het, het die meeste Afrikaanse kerke hierdie genadegawe vertroetel en volksgenote betyds gewaarsku. Dit was uiters noodsaaklik omdat die volksvyand selfs vanuit kerklike loopgrawe op ons volksinstellings begin vuur het.  Die omstrede kerkeberaad wat na die Sharpeville-voorval in 1960 deur die Wêreldraad van Kerke te Cottesloe belê is, was een so ‘n aanval. Tydens hierdie beraad is ons polisiemag se doeltreffende, koersvaste optrede teen die oproeriges skerp veroordeel.  Afrikaanse kerke het hulle egter nie van stryk laat bring nie, maar met hulle goddelike gawe die organiseerders se verskuilde Marxistiese agenda betyds en baie duidelik ontbloot.   Dit was in die goeie ou dae!

Wat het intussen van hierdie gawe geword?  Te oordeel aan die radikale ommekeer en Babelse verwarring op kerklike gebied, het die meeste Afrikaanse kerke dit verloor.  Ten spyte van herhaalde waarskuwings, het hulle hul deur volksvyandige drukgroepe laat oorrompel en meevoer om die rug op hul volksgenote te keer.  In plaas van ‘n klankbord vir hul volk te wees, het hulle aan duistere magte gedienstig geraak.

Die volksvyand het meesterlik daarin geslaag om behoudende kerke in die drukgang van die liberale politiek in te dwing.  Dit het hulle uiteraard die krag en die wil om die bose teen te staan, laat verloor.  Daar was etlike gevalle waar hulle selfs met volksvyandelikes saamgespan en die volksmure help platslaan het in die hoop dat die plunderaars darem net die kerkmure sou spaar!

Kerke wat die kommunistiese ideologie jare lank heftig teengestaan het, het teologies bollemakiesie geslaan en tot groot vermaak van al wat links, liberaal en magshonger was, skote op apartheidsinstellings begin vuur.  Daardeur het hulle hulself in ‘n persoonlikheidskrisis gedompel – dit was nie meer seker of hulle vir of teen kommunisme was nie.  Hulle teologiese stompsinnigheid het uiteraard die volksvyandige veldtog ‘n allemintige hupstoot gegee.  Hulle het die een duiwel verdryf, net om sewe ander in sy plek toe te laat!

4.3       ‘n Vreemde rol

Kerklui het hulself die rol van agente-vir-verandering aangematig en dit wat vir die Boerevolk kosbaar was, vir die verfoeilike lensiesop van internasionale aanvaarding begin verruil.  Apartheid was die eerste wat onder skoot gekom het.  Kerke het God se skeppingsorde van afsonderlike ontwikkeling (Gen.11; Deutr.32:8; Hand.17:26,27) goedsmoeds as sonde veroordeel en rassegelykheid- en vermenging as evangelie begin verkondig.  Dit het die horlosie se wysers onmiddelik laat afval!

Leraars wat aan die volksvyand gedienstig geraak het se prediking het by 'n eenrigtingverkeerversoening en verwronge siening van naasteliefde vasgehaak.  Hulle gebrek aan profetiese visie het wanopvattings, hersenskimme en vergissings soos onkruid in die kerklike akker laat opgeskiet!

Ten spyte van herhaalde waarskuwings, wou ontspoorde kerklui nie insien dat hulle ommeswaai deel van die volksvyand se plan was om Suid-Afrika in chaos en wanorde te dompel nie.  Chaos is 'n absolute voorvereiste vir ‘n Marxistiese oorname.  Daarsonder kan die Satan nie sy slag slaan nie.

Almal wat hierteen wal gegooi het, is as liefdeloos, onversoenlik en uit voeling met die tyd gebrandmerk en veroordeel.  Die drogbeelde wat sommige van hierdie kerklui van weerstandige volksgenote geskep het, het die saak van die Here oneindige skade berokken!

4.4       Die Trojaanse perd

Die ontneming van die Boerevolk se identiteit op volks-, kultuur- en godsdienstige vlak was vooraf fyn beplan.  Versoening was die Trojaanse perd wat met behulp van kerklike stukrag die volkslaer ingestoot moes word. Hierdie laakbare daad was die pynlikste in ons ganse volksgeskiedenis.  Om baie van sy eens geëerde kerklui in die koor van die Fariseërs op te merk, was vir die Boerevolk ‘n bitter pil om te sluk.  Dit was soos ‘n Judas-kus!

Aan die einde van die dag het hierdie volkssaboteurs geen steen onaangeroer gelaat om die voorstanders van apartheid as die vertrappers van broederliefde te veroordeel nie.  Wat hulle egter nie besef het nie, was dat die koersvaste optredes van die eertydse apartheidsbewind ons land van die onderdrukking, misdaad, korrupsie, onreg en wanadministrasie wat ons vandag moet ontgeld, gevrywaar het nie!

Die versoening wat die verloopte kerklui bepleit het, was sonder uitsondering altyd eenrigtingverkeer.  Blankes moes met nie-blankes versoen; nie andersom nie.  Dit het tot ‘n magsprysgawe gelei!  Almal wat hierteen wal gegooi het, is vanaf kansels skerp veroordeel.  Apartheid was die tou waarmee die Boerevolk aan ‘n kerklik ontwerpte skandpaal moes hang!

4.5       Bedenklike bondgenote

Terwyl volksvyandiges die Boerevolk se erfenis soos sprinkane begin verteer het, het kerklike saboteurs duisende volksgenote tot oorgawe oorreed.  Hulle is aangemoedig om hul vryheidstrewe vir die winkende liggies van rykdom, roem en internasionale aanvaarbaarheid te verruil.   Dit was glo vir die land se beswil.  Maar was dit?   Roem wat wederregtelik bekom is, laat op die ou einde altyd ‘n leë gevoel.

Die volksvyand se einddoel was om die ANC in Suid-Afrika aan bewind te plaas.  Swartes is uiteraard makliker stukke op die kommuniste se skaakbord as blankes.   ‘n Swart regering moes die Boerevolk met ‘n ketting wat in Rusland gesmee is, verwurg!

Nou vra ek: Hoe kon kerke hierdie gevaar nie voorsien het nie?  Het Afrika dan nie genoeg aanskouingslesse nie!   Hoe kon kerke dit geniet om die vyand se vuilwerk vir hom te doen?  Waar is hulle profetiese visie?  Hulle moes tog geweet het dat kommuniste nie bondgenote, maar slegs marionette aan lyntjies het!   Hoe kon hulle die kommuniste se sleeptoue vir reddingstoue aansien?  Kommuniste het nog nooit ‘n volk gered nie.  Hulle sleep volke eerder die verderf in.  Kerke wat aan hulle gedienstig is, besef skynbaar nie dat hulle slegs die steierwerk vir die vestiging van 'n goddelose staatsbestel is nie.  As hulle taak afgehandel is, moet hulle af!

4.6       Galgehumor

Hoe reageer die ontspoorde kerke op die ANC se alternatief vir apartheid?   Hierdie kerke is immers aandadig aan die vestiging van die ANC se skrikbewind aan die suidpunt van Afrika!  Waarom swyg hulle vandag soos die graf? Is hulle tevrede met die bisarre verloop van sake of is hulle te eerloos om te erken dat hulle ‘n bitter groot fout gemaak het?

Hoe kon kerke hul vir ‘n bewindsprysgawe beywer wat ‘n Christelike grondwet met 'n godvyandige een vervang het?   Die leier hiervan, ene Nelson Mandela, is in 1995 selfs na ‘n NG Sinodesitting genooi waar die aanwesiges hom “Laat Heer U seën op hom daal” toegesing het!  Hoe leef ontspoorde kerke enigsins met hulle gewetens saam?   Voel hulle miskien tevrede met die vernietiging van ons volk se vryheidsbakens?  Was hulle ernstig met hulle eertydse beloftes dat die afskaffing van apartheid vir ons ‘n wonderbedeling vol liefde, vrede en wedersydse rasse-aanvaarding sou bring?  Dis galgehumor om die minste te sê!

Wat sê die volkssaboteurs bv.van die Aborsiewet wat openlik met God, die Gewer van die lewe, die spot dryf?  Rep hulle ooit 'n woord oor die misdaadstand wat in die plek van apartheid gekom het?  Die dag is naby dat hierdie kerklui tot verantwoording opgeroep sal word!  Ten spyte van hierdie volksverraad is daar steeds volksgenote wat hierdie kerke ondersteun!  ‘n Mens wil hulle dieselfde vraag vra as wat Jesaja vir Israel van ouds gevra het: “Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk…?” (Jes.1:5).

4.7       Vergelding

Wat het van die versoening geword waaroor die volkssaboteurs so gaande was?  Ons het nog niks daarvan gesien nie; slegs die teendeel daarvan!  Die ANC is baie duidelik geen verantwoordelike regering nie, maar ‘n bose vergeldingsmag wat niks wat vir ons kosbaar en edel is met rus laat nie.  Heidene val ons godsdiens, kultuur, taal, landbou, onderwys en ander lewensterreine elke dag aan.  Die ANC weet nou wel nie hoe om te regeer nie, maar hulle weet deksels goed hoe om te vergeld!

Ontspoorde kerklui het ons land oneindig meer skade as die liberale politici aangedoen.  Hulle het die vyand as’t ware gehelp om sy bose plan met Suid-Afrika tot op die letter uit te voer.  Dit gebeur wanneer wagte hul pos verlaat en die poort vir die vyand oopmaak.  Baie van hulle was so besiel met die gedagte van die afbreek van die verlede, dat hulle selfs saam met die vyand volksinstellings begin plunder het!   Hulle het volksgenote mislei om hulle vryheid en eer aan boosdoeners weg te gee wat geen geheim van hul wraaksugtige planne gemaak het nie.

4.8  Geen ommekeer nie

Ondank alles wat gebeur het, het nie een van hierdie kerke ooit ‘n greintjie berou oor hulle noodlottige vergissing getoon nie.  In hulle teologiese stompsinnigheid veroordeel hulle apartheid nog steeds as sonde en is hulle by implikasie tevrede met die huidige toedrag van sake.  En dit terwyl ons misdaadgeteisterde land in chaos en ellende versink!  Die sg.onreg van rasseskeiding weeg hoegenaamd nie teen die ellende van rassegelykheid op nie.

Na al die politieke en kerklike moddergooiery is dit ironies dat dr.Hendrik Verwoerd, die vader van apartheid, en sy regering se rekords nog steeds vlekkeloos skoon is.  Wandade wat wel deur blankes gepleeg is en deur Tutu se heksejagspan oopgevlek is, is onder ‘n ander bewind as dié van apartheid gepleeg.  Dit was onder die bewind van mense wat toe alreeds apartheid verraai, maar krampagtig aan blanke oppergesag bly vasklou het.  Dit was gruweldade wat deur die haters en verraaiers van apartheid jeens mekaar gepleeg is.

Slotopmerking

Mense besef nie watter enorme skade hierdie ontspoorde kerke ons land en volk aanrig nie.  Volksgenote durf hulle nie langer ondersteun nie.  Die Boerevolk se sentimente mag nooit swaarder as sy beginsels weeg nie.  Blinde lojaliteite is bedekte verraad!  Soos reeds gesê, is ‘n kerk sonder profetiese visie soos ‘n horlosie sonder wysers.  Dit het net so min bestaansreg soos ‘n standbeeld van Adolf Hitler in Jerusalem!  Die tyd is baie naby dat daardie kerklui wat die vyand gehelp het om die mynveld aan die suidpunt van Afrika te plant, vol selfverwyt alleen in hul verlate kerklike loopgrawe gaan krepeer!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3033 gaste aanlyn