Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Voel jy dat jou laste te swaar druk? Kniel dan neer! Want met elke neerkniel sal jou las ligter word! Vertel God alles. As jy Hom al die stukke gee, wil Hy jou gebroke hart heelmaak!
ERNST ROETS SE “PIONEER INITIATIVE”
Leon Schoeman
Lanklaas is soveel gewag gemaak van ‘n “uiters belangrike” aankondiging wat gemaak sou word as oor dié van Ernst Roets. Die aankondiging het toe eindelik vroeg in Maartmaand die lig gesien.
Nadat Roets in Februarie-maand bedank het uit die Solidariteit-groep is hy direk na Amerika (een van sy vele besoeke aan die VSA oor die afgelope klompie jare, maar hierdie slag nié deur Afriforum se lede betaal nie). Hierdie besoek het ook ‘n onderhoud met die Amerikaanse meningsvormer Tucker Carlson ingesluit.
Nadat hy in die VSA inspirasie (opdragte?) ontvang het word die groot aankondiging toe uiteindelik gemaak. Ter wille van deursigtigheid sou dit goed wees as die heer Roets kan bekendmaak:
- wie vir dié Amerikaanse kuiertjie betaal het
- wie almal hy besoek het in die VSA, waar en by wie hy hoeveel tyd spandeer het
Dit verdien genoem te word dat ná een van sy vorige besoeke aan die VSA hy deur ‘n joernalis van Al Jazeera gedruk is om die name bekend te maak van almal waarmee vergaderings gehou is tydens die besoek, maar dat Roets se antwoord was: “I am unfortunaletly not alliberty to provide you with a list of people we spoke with, for reasons of confidentiality”. Wat word hier weggesteek, en waarom is dit nodig dat formaliteite in die geheim plaasvind? Watter geknoei is weer hier aan die gang en waarom mag die Afrikaner nie weet van hierdie klandestiene operasies nie?
Ernst Roets se “Pioneer Initiative”word toe (met sy vreemdsoortige naam) ook deur hom in Engels aangekondig. Later probeer Roets verduidelik dat die aankondiging in Engels gedoen is omdat daar geweldige internasionale belangstelling is ná sy onderhoud met Tucker Carlson. Hy verklaar dan: “The Pioneer Initiative will have a particular Afrikaner focus...”
Hierdie uitlatings van Roets, ook dat hy grappenderwys verklaar dat hy nou meer vriende in die buiteland het as wat hy hier in Suid-Afrika het, herinner sterk aan ‘n ander obskure figuur in ons geskiedenis: die volksverloënaar, generaal Jan Smuts. Piet Meiring stel hom in sy boek Ons Eerste Ses Premiers aan die hand van die volgende inleiding voor:
“Genl. Jan Smuts, die persoon wat deur die ganse buitewêreld geëer is as die grootste man van Afrika, hy wat in die geselskap van konings, premiers, veldhere, wetenskaplikes en filosowe tuis was, is deur ‘n groot deel van sy eie mense verwens en verstoot en as volksverraaier verguis. Genl. Smuts was seker die een politieke figuur in ons geskiedenis wat wêreldgestalte had, maar gemeet aan ons maatstawwe, was hy geen ware Afrikaner nie!”
Meer as aan genl. Smuts nog herinner Roets ons aan FW de Klerk wat ons land op ‘n skinkbord aan die Swart massas oorhandig het. Hy wou koorsagtig hervorm maar was nooit seker oor die eindprodukvan sy hervormingsproses nie. Net so voorsien Roets (en sy opdraggewers) dat verskeie politieke scenarios kan ontvou, maar die finale eindproduk is vir hom nie duidelik nie. Vir die nugterdenkende nasionalis is dit egter klokhelder. Die einddoel is om die Afrikaner nogeens te mislei tot aanvaarding van ‘n nuwe politieke bedeling binne die grense van die huidige eenheidstaat en onderworpe aan die huidige God-onterende grondwet. In plaas daarvan dat die Afrikaner gedryf deur sy strewe na volksvryheid, om van die Swart juk bevry te word en oor homself te mag regeer in sy vaderland, moet daardie Afrikaner-nasionalisme onderdruk word deur die Afrikaner te oortuig dat daar nooit na die vorige bedeling teruggekeer kan (mag) word nie.
Die Pioneer Initiative se primêre doel is volgens Roets om ‘n nuwe politieke dispensasie, maar steeds onder die huidige veelrassige bedeling, tot stand te bring. Roets verklaar stellig dat die Apartheidsbedeling moreel onverdedigbaar was, alhoewel die land daartydens floreer het, en dat die huidige bedeling wel moreel regverdigbaar is (verbeel jou!) maar dat dit nie werk nie – die ekonomie, infrastruktuur en wet en orde stort in duie. Daarom wil sy nuwe Initiative-alternatiewe regeringsvorme onder die huidige bedeling ondersoek en help vestig.
Daar moet gekyk word na ‘n gedesentraliseerde regeringsvorm, na ‘n federale stelsel waar gemeenskappe outonomie sal hê oor eie sake in ‘n eie gebied. Dis hier waar die Volkstaat-onderrok ver begin uithang.
Die Pioneer Initiative wil saam met ‘n swetterjoel ander organisasies die Afrikaner oortuig om die verraad van 1994 – waar die Afrikaner sy politieke mag oor sy land verloor het, te voltooi deur nou ook hul besitreg van daardie grond aan die kommunis te oorhandig, in ruil vir ‘n klein gedeelte van hul erfenis wat hulle dan ‘n Volkstaat noem. Eers is die politieke mag oor die grond (land) weggegee en nou moet die besitreg van die grond ook weggegooi word! Dit alles gereël deur die Wêreldgeldmagte of te wel die Illuminati en uitgevoer deur al die Suid-Afrikaanse marionette wat in oorvloed bereid is om vir daardie omkoopgeldjie om hulle volk te verraai.
Afrikaners word opgeroep om die Pioneer Initiative en alle ander oproepe tot die daarstel van ‘n selfregerende territoriale area (volkstaat) te verwerp. Die Afrikaner kan alleen weer vry wees met volle selfbeskikking wanneer hy as regmatige eienaar van sy vaderland herstel word. Daardie vryheid en volle politieke outonomie is hom ontneem deur die verraad van veral die Idasa-komplot in die jare tot en met 1994.
Wanneer ons volk voor die Here verootmoedig in erkentenis van ons oortreding teenoor Hom, dat ons ter wille van Mammon en die sport-god bereid was om die grondwet met die aanhef:
“In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige, Drie-Enige God, Beskikker van die lotgevalle van volkere en nasies...”
te laat vervang met die humanistiese mens-vererende grondwet met die inleiding:
“We, the people...”
dán mag ons Heer Hom dalk weer oor ons ontferm, om ons bo-menslik – sonder internasionale hulp en politieke braaksels van die Pioneer Initiative en ander – te herstel in die erfenis wat Hy ons voorgeslagte laat beërwe het.
Laat ons die geloof behou dat die herstel van ons vryheid in Hom gesetel is, dat dit alleen by Hom berus. En sy arm is nooit te kort nie! Daarom hou ons die oog op Hom gevestig!