Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Diegene wat dink die Christelike kerk is 'n gemeente van regverdige mense sal wanneer hulle betrokke word, vinnig uitvind dat dit net 'n vereniging van mense is wat wéét dat hulle sondaars is.
DIE WAARHEID SAL ONS VRY MAAK
In 'n tyd soos hierdie waar verwarring, verduistering, misleiding, identiteitsvertroebeling en koersloosheid hoogty vier, sou dit verstaanbaar wees as ons die volkswortels wat deur Willem de Klerk en ander liberaliste afgesny is, begin soek. Maar die uittog na Amerika wat Trump met die Afikanervolk beoog gaan nie hierdie volk red nie, inteendeel, dit sny die heel laaste volkswortel af en is een van die grootste aanslae van ons volksvyande om ons volk finaal te vernietig. En waar die kern van ons oorlewing juis in die waarheid geanker is, is die exodusuitnodiging na die VSA baie ver van opreg en ver van die waarheid – sy oorsprong is geleë in een van die grootste leuens in ons geskiedenis, in die naam van “simpatie met die Afrikanervolk”.
Dié bose plan is duidelik: sny die Afrikaner se geloofswortels af en vervreem hom van sy herkoms sodat hy sy volksidentiteit verloor en verloën. Die meeste Afrikaners is so verward en so gebreinspoel deur die TV en die meeste ander media dat hulle met die globalistiese afgrondsverskynsel saamgaan sonder dat hulle verstaan waarmee hulle besig is. Die raad wat Bileam, die waarsêer, aan die Moabitiese koning, Balak, gegee het, is vandag van nog groter belang. Wat behels hierdie raad? Gebruik rasvermeninging, gesamentlike aanbidding, multikulturele onderwys (skoolintegrasie) en rasvermengde advertensies om in alle skole, universiteite, kerke en werke, die Christelike identiteit te vernietig en te verloën – dit is wat die Afrikaner-”vlugtelinge” in nog groter mate in Amerika as in Suid-Afrika sal ervaar.
Geen ander volk in die wêreld het so 'n belangrike en lofwaardige geskiedenis as hierdie volk waartoe ons behoort nie. Dit word hoegenaamd nie uit hoofvaardigheid gesê soos wat Willem de Klerk en sy mede-liberaliste destyds beweer het nie, maar omdat hierdie Afrikanervolk vanweë sy herkoms en geskiedenis deur God Drie-enig gebruik word om vir Hom 'n Godsvolk te wees en tot die eer en verheerliking van dié God, in 'n donker, swart, kontinent te lewe, te werk en te regeer.
Hoe treffend en hoe mooi sê die Godvrugtige digter, GA Watermeyer dit nie:
"Klein Witvolk in dié woeste land
wat teen die nagswart Noorde wand;
ras met tentwaens van geloof
die kontinent se donker kloof;
ras wat die blanke erfenis
se laaste suiwer vesting is:
jy anker met jou Bloedrivier
die wortels van die Weste hier."
Die stelling wat ten aanvang gemaak is word herhaal: geen ander volk in die wêreld het so 'n belangrike en lofwaardige asook so 'n Godvrugtige geskiedenis as die Afrikanervolk nie. As enigeen met hierdie stelling 'n probleem het moet hy of sy 'n grondige studie van die Waldense maak en daarna kan ons die gesprek voortsit.
Wie is die Waldense?
Die Waldense was eenvoudige, nederige, hardwerkende en wellewende mense. Hulle was baie lief vir die grond en het die valleie in die Alpe, waar hulle teen die moordaanslae van die Katolieke skuiling gesoek het, met toewyding bewerk en die groen landerye was 'n lus vir die oog. Die Rooms Katolieke het hierdie mooi landerye verwoes, die Waldense se huise en besittings afgebrand en al hulle waardevolle dokumente vernietig en verbrand. Waarom? Omdat hierdie gelowige, Godvresende mense die waarheid en die Waarheid in hulle midde gehad het. Met ons is dit vandag net dieselfde. Ons word as volk gehoon en gesmaad, ons word vermoor en ons kinders in die heidense skole en -universiteite mislei, gebreinspoel, belieg en verraai – omdat ons die Waarheid in ons midde het.
Wat moet ons vandag by die Waldense leer?
Dit is nie genoeg dat ons, ons net in die Godvrugtige geskiedenis van die Waldense verlustig nie – ons moet ook die voorbeeld wat hulle gestel het naleef tot die eer van God Drie-enig wat ons in hierdie land tot aansyn geroep het. Seker die belangrikste les wat die Godvresende Waldense ons kan leer, is dat ons by die waarheid en die Waarheid moet bly en dit moet verdedig met alles waaroor ons beskik.
In ons soeke na die waarheid moet ons weer, as volk, na die Woord van God terugkeer. Ons kan net tot die God van Bloedrivier bid om ons te help, ons genadig te wees en ons uit te red as ons gehoorsaam is en op sy Woord let. So lank as wat ons ewe mondig, ewe kordaat ons eie kop volg en ons eie pad loop, so lank durf ons nie om God se seën en genade bid nie.