Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Mens sonder humor is soos ‘n motor sonder vere. Elke hobbel in die pad stamp dit rond.
SEPTEMBERMAAND - VERWOERDMAAND
(Met dank oorgeneem uit ‘n nuusbrief van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB))
Daar is 'n Engelse gesegde wat sê: "Perceptions rule the world…" Hierdie gesegde is natuurlik absoluut in die kol as dit kom by die geskiedenis van Suid-Afrika. Propaganda vanuit die vyandige wêreld, én vanuit vyande uit eie geledere, het veroorsaak dat die waarheid oor Suid-Afrika se geskiedenis deesdae 'n luuksheid is wat nog net deur 'n minderheid Afrikaners geken en gekoester word.
Die Afrikanervolk en sy voorsate vanaf die landing van Jan van Riebeeck aan die Kaap het oor die eeue en dekades heen baie vyande gehad. Die grootste vyand bly natuurlik die Engelstalige wêreld en die Swart bevolkings van Suid-Afrika, wat oor baie dekades gebruik is deur die Engelstalige wêreld om die Afrikaner te beveg.
Die doelwit van hierdie vyand was nog altyd duidelik. Hul haat teen die Afrikaner is só groot, dat hulle alles in hul vermoë sal doen om die Afrikanervolk en sy geskiedenis op die wêreldverhoog te verkleineer en in 'n staat van beskuldiging te hou tot in lengte van dae. Daar was in die heroïese geskiedenis van die Afrikaner en die Afrikanervolk heelwat groot helde wat verantwoordelik was vir die feit dat die waarheid oor die Afrikaner en sy geskiedenis behoue gebly het, al is dit ook net onder 'n minderheid.
Daar was baie helde wat teen die Afrikaner se vyande bly veg het en selfs groot oorwinnings behaal het in die verlede. Een van die manne wat uitstaan onder ons volkshelde en wie se naam elke lid van die Engelse huishouding, elke liberalis onder ons eie volk en elke Kommunis reg oor die wêreld se ore laat tuit, is dr. Hendrik Frensch Verwoerd. Dit is dit belangrik dat ons weer vir Verwoerd op die voorgrond moet skuif. Ons weet dat Verwoerd vandag oor die wêreld heen as 'n soort diktatoriale monster voorgehou word wat Swartes behandel het asof hulle nie volwaardige mense was nie.
Maar die feit dat die lewensstandaard van die Swartman in Suid-Afrika in die Verwoerd-era met 5,4% verbeter het, teenoor die 3,9% van die Blanke, word eenvoudig verswyg. Die waarheid oor wat hy vir Swart onderwys gedoen het, mag ook nie vandag bekendgemaak word nie. Die feit dat Verwoerd se beleid boonop voorspoed in die ekonomie en vrede op sosiale vlakke gebring het, mag nie vandag in die openbaar gesê word nie. Al wat oorgebly het is die propaganda van die kommuniste, wat 'n mengsel is van emosionele versinsels en eenvoudige leuens of verdraaiings van die waarheid.
Die heel belangrike feit dat daar in die era van Verwoerd, behalwe vir die werk van die Swart kommuniste en hul vennote uit die Geldmagonderwêreld, inderdaad hoofsaaklik vrede geheers het tussen rasse in Suid-Afrika, is een van die dinge waarteen die vyand van die Afrikaner vandag die hardste baklei met hul propaganda.
Verwoerd is op 6 September 1966 deur die Kommunis, Tsafendas, met die hulp van 'n duidelike verraderlike komplot vermoor. Daarmee saam het die begin van byna drie dekades van verraad deur Afrikaners, aangespoor deur die Kommunis en die Engelse wêreld, ook begin, sodat die Afrikaner uiteindelik "vrywillig" sou oorgee aan 'n terroristebende – dieselfde bende wat vandag die spot van die wêreld is oor die wyse waarop Suid-Afrika bestuur word.
As daar ooit 'n tyd was waarop dit belangrik geword het om weer aan die jonger geslag Afrikaners die feite oor die era van Verwoerd te leer, is dit juis nou.