Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wees gerus - gelowiges het geen beproewing waarvan die Here nie weet nie. Niks gebeur met ʼn gelowige waarvoor God hom nie krag gee nie. Daarom sluit Dawid die Psalm met die volgende woorde af: “Al is ek ellendig en behoeftig – die Here dink aan my; U is my hulp en my redder…” (Ps.40:18).
TRAWALLE MET HEUNING
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Retha Rix
Ek het die voorreg gehad om naby Calvinia op ‘n pragtige plaas groot te word. In die kranse was baie skeure waar bye nes gemaak het. Maar om hierdie heuning uit te haal, was ‘n operasie sonder narkose.
So het my pa en ‘n ou maat van hom saam met ‘n Hollandse vriend eendag besluit hulle gaan vir die vrouens ‘n bietjie soetgoed uithaal. Om die heuning by te kom, moet een man, gereedskap en al, met ‘n tou teen die krans af laat sak word tot regoor die skeur. Die manne moet dan bo die tou vashou en optrek as die hangende heuninguithaler skree: “Trek my op!”
My pa en oom Adriaan was albei maar lywig en sou nie die toets van die tou se drakrag slaag nie; daarom val die eer van die uithaal die Hollander te beurt. Hy word goed wysgemaak wat om te doen en veral wat om te skree.
Die bye was woelig die dag. Hulle het die Hollander eers so een-een gepiets. Hoppies van die plaas het altyd gesê, as ‘n by jou steek, moet jy gou brandewyn smeer, sodat die ander bye nie die bloed se reuk kry nie. Brandewyn was daar nie vir die Hollander teen die krans nie. Die bye het sy bloed geruik en in sarsies van twee gekom.
DIE GESTEELDE BYBEL
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'N WARE VERHAAL
Dit was ‘n geskenk van haar oorlede moeder - die Bybel wat vir Mary Dane so dierbaar was bo alle ander dinge. Sy het dit jare lank gebruik. Uit die Bybel het sy vir die verwaarloosde seuns van haar Sondagskoolklas voorgelees, en baie van hulle het daardeur tot bekering gekom, sodat dit gelyk het of daar ‘n besondere seën van die Bybel uitgegaan net.
Maar nou is dit weg. Sy het tien maal die waarde van die boek belowe as beloning vir die een wat dit sou terugbring, maar tevergeefs! Haar Bybel het nie teruggekom nie. Al wat vir haar oorgebly het was om te bid dat dit ‘n seën sou bring aan die persone in wie se hande dit sou val.
Toe breek die oorlog uit. Mary Dane het haar woonplek verlaat om in ‘n hospitaal as verpleegster te gaan diens doen. Daar het juis ‘n vreeslike slag plaasgevind, en die hospitaal was vol gewondes en sterwendes. Onder die gewondes was daar een wat vir haar bekend gelyk het, hoewel sy hom nie dadelik kon plaas nie. Hy het haar sy naam genoem en gesê:
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (10)
HOE WEET EK DIS DIE REGTE LEIDING?
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Omdat ons as mense sekere beperkinge het, soek en volg ons dikwels leiding oor 'n verskeidenheid aangeleenthede . Jongmense wil graag leiding hê in verband met hulle toekomstige beroep, die keuse van huweliksmaats en ander sake. Sakemanne soek leiding in die neem van sakebesluite, die inrigting van hulle bedryf ensovoorts. Politici soek leiding oor landsake. Daar is niemand wat nie soms hande in die hare sit en wens dat hulle oor meer wysheid beskik het nie.
As 'n mens nadink oor dié soort leiers wat suksesvol is, besef jy dis nou maar eenmaal so dat mense maklike leiding wil hê. Die meeste mense is traag om diep te dink en geduldig op 'n antwoord te wag. Hulle verkies kortpaaie. Daar is 'n popliedjie wat hierdie houding raak uitdruk: "Talking is cheap/ People follow like sheep/ Although there is nowhere to go..."
Verder wil mense konkrete leiding hê. Hulle soek sigbare leiers soos in die tyd van Samuel toe die Israeliete nie tevrede was met God as hulle enigste koning nie. Daarby is hulle geneig om leiers te volg wat hulle vlei. Hulle luister graag na leiers wat hulle na die mond praat. 'n Leier wat van mense noodsaaklike opofferings vra is selde gewild. Mense is maar te geneig om verkeerde leiding makliker te volg as goeie leiding. Hulle sien soms leiding in dít wat geen leiding is nie.
MODERNISTE DAAG ‘N CHRISTEN- DOKTER UIT
Dr JP Botha
Hierdie baie interessante en insiggewende ondervinding het ‘n Christen-medikus, dr Arthur Brown, te beurt geval. Hy vertel daarvan:
Ek was besig met ‘n reeks dienste in die Baptistekerk in Indiana, en die pastoor het ‘n uitnodiging vir my gekry om die studente te gaan toespreek in die kollege, ‘n sogenaamde Christelike inrigting. “Ons is gelukkig om daar in te kom, “ het die pastoor gesê, “ want hierdie kollege is vinnig besig om modernisties te word.
Ek was bly om hierdie geleentheid te kry om ‘n byeenkoms van die studente toe te spreek. Die dag voordat ek moes praat, bel die president my op en sê: “Dr Brown, ons program vir môre-oggend is baie vol, en dit spyt my dat ek u maar net 12 minute kan gee.” “O, dis in orde, doktor,” het ek gesê; “Ek dink ek sal baie in twaalf minute kan sê.”
KLOMP DONKIES IN PARLEMENT?
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
PARLEMENTÊRE SALARISSE
In November 1931 skryf Langenhoven hierdie bespreking oor parlementslede se salarisse wat laat blyk dat die onderwerp van parlementslede se salarisse deur al die jare heen maar 'n netelige sakie is:
Parlementslede is die enigste klas werknemers in die hele samelewing wat die reg en die mag het om die bedrag van hulle eie loon vas te stel na willekeur; as hulle dit seweduisend pond wou maak in plaas van sewehonderd was daar niks om hulle te belet nie. Daarom is dit raadsaam om met hierdie bespreking by die bron te begin. Persoonlik wil ek graag vooraf my spyt te kenne gee dat die parlement nie in die jongste sitting die salarisse van sy eie lede met so tien persent verminder het nie. Dan kon hulle die beleid om nie ander staatsdienaars te salarisse te verminder nie, verdedig het sonder om hulle aan die verdenking van eiebelang bloot te stel. Soos dit nou is, met my onaangeraakte sewe honderd pond vind ek my in 'n skaam posisie wanneer ek die algemene vraagstuk van loonstandaarde op die platform moet bespreek – of in die pers soos nou hier.
ENSIEME, WERKTUIE VIR MIKROBES
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (8)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Die ou skeikundiges van so paar eeue gelede het reeds geweet dat deur gisting suiker in alkohol en koolsuurgas verander. Hoe, het hulle egter nog nie geweet nie; totdat die groot Franse navorser, Louis Pasteur, in die middel van die negentiende eeu ontdek het dat gisting deur mikroskopies klein wesentjies, die gisselle, tot stand kom.
Die volgende stap was die oplossing van die vraag: op watter manier verander die gisselle die suiker?
Dis begryplik dat daar in die eerste plek gedink is aan 'n ingewikkelde organisme in die selletjies waarin die suiker omgesit word – net soos byvoorbeeld in 'n koei die voedsel gedeeltelik verander in melk, of 'n hoender se kos in eiers. Maar in 1897 het Buchner 'n klompie gisselle met skerp sand heeltemaal fyn gemaal, gefiltreer, en die 'dooie' selsap aan 'n suikeroplossing toegevoeg. Toe het hy verbaas gesien hoe in daardie vloeistof die koolsuurgas-borreltjies opstyg en die tipiese alkoholgeur ontstaan. Dit kon dus slegs een ding beteken: die gisselle moet oor een of ander stof beskik wat die wonderwerk voltrek. Hierdie wonderlike stowwe word ensieme genoem, na die Griekse woord 'en' = 'in' en 'zyme' = 'gisplantjie'.
TAALPRAATJIES VIR DIE WAKKERES (2)
S.P.E. Boshoff
Lees reeks by Taalpraatjies vir die wakkeres
DIE GEMEENSKAP EN SY TAAL
In die vorige aflewering het ek die vraag aanhangig gemaak hoe dit moontlik is dat ons, ondanks alle persoonlike taalverskille, ons medemense tog nog betreklik goed kan verstaan. Laat my toelig: hoe herken ek my medemense? My buurman dra op sy plaas 'n ou afgeslete werkspak, trek vir 'n sakebesoek na die stad 'n gewone pak aan, verskyn by 'n voetbalwedstryd in 'n sportbaadjie en Sondag by die kerk in sy beste pak, en tog herken ek hom elke slag sonder die minste moeite. Die een dag het hy 'n baard en die volgende keer is hy glad geskeer, maar al hierdie vermommings van sy uiterlike is nie voldoende om hom onherkenbaar te maak nie.
So gaan dit ongeveer ook met 'n mens se taalgebruik: by alle verskille bly jy ten slotte jouself en verraai jou taal jou identiteit. 'n Mens moet jou stem en jou taal al baie bewus en opsetlik verander om jouself nie daaraan te laat eien nie, maar 'n mens verander jou taal gewoonlik onbewus en nie so opsetlik soos jou kleredrag nie. Maar daarby kom nog iets anders: 'n mens moet in sy taal, miskien nog meer as in sy kleredrag, met sy medemense rekening hou. Die enkeling is lid van 'n gemeenskap, van 'n samelewing, en dit lê nou eenmaal in sy aard om met ander mense te wil praat en deur hulle verstaan te wil word.
DIE BYBEL (14)
Lees reeks by DIE BYBEL
GELD
Ons hele ekonomie draai vandag om geld, maar hoe het die mense van destyds gemaak?
Aanvanklik het die hele ekonomie op ruilhandel berus, met ander woorde, mense het produkte geruil. Spoedig het dinge soos diervelle, diere self, skulpe of graan meer waarde as ander items begin kry. In ongeveer die sewende eeu vC is die eerste munt in Listre in Klein-Asië gemaak van ‘n allooi van goud en silwer. ‘n Merk van die koning het die gewig gewaarborg. Die beginsel was dat edelmetale soos goud, silwer en brons volgens hulle gewig as ruilmiddel gebruik kon word. Tot aan die einde van die Ystertydperk (die sesde eeu vC) was ruilhandel nog baie algemeen. Daarna het “geld” (stukkies edelmetaal) begin oorneem. Die eerste Joodse munte dateer terug tot die tweede eeu vC en was van koper en brons gemaak.
Daar moes “gewigte” bepaal word vir die edelmetale. Die “sikkel” het omtrent 17,4 gram geweeg. Daar was egter baie verskillende “gewigte” en ons lees ook daarvan in die Bybel
Tempelbelasting - Die Jode moes ‘n halwe sikkel tempelbelasting per persoon per jaar betaal. As ‘n mens dit omreken, beteken dit dat daar per jaar 14,5 ton silwer aan belasing aan die tempel alleen betaal is.
BEGRAWE OF VERAS?
DIE VRAAGSTUK VAN VERASSING
Dr G J Meijer VDM
Heelwat Christene dink dat verassing en begrafnis om't ewe is - jy kan kies wat jy wil. Begrafnisondernemers ondersteun hierdie gedagte (sien Doves se Q&A about cremation vraag 1). Hulle propageer selfs verassing bo begrafnis (sien Doves se Q&A about cremation vraag 27). Daar leef talle vrae in die gemoed van christene rondom die saak: is dit eties reg? Wat sê die Here?
Dit is ʼn probleem as die vraag eers aangespreek moet word wanneer iemand pas oorlede is. Naasbestaandes is dan emosioneel en meestal nie in staat om die saak rasioneel te oorweeg nie. Die oogmerk met hierdie gespreksdokument is om nie net oor verassing duidelikheid te kry nie, maar ook oor begrawe. Wat beveel God hieroor?
1. Historiese oorsig
1.1 Begrawe
§ Uit die geskiedenis van talle antieke volke blyk dat mense begrawe is.
§ Wyse van begrafnis verskil van volk tot volk, kultuur tot kultuur, plek tot plek, omstandigheid tot omstandigheid: steengrafte, ysgrafte, boomgrafte, klip-stapeling, regop begrawe.
WAAROM HY EVOLUSIE VERWERP HET
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'N PROFESSOR VERTEL
Terwyl ek een namiddag in my klas met ‘n lesing besig was - die onderwerp van bespreking was die evolusieleer - het ek een jong man gevra om voor te lees uit die handboek wat ons gebruik het.
U weet natuurlik wat die kern was van wat hy gelees het, naamlik dat die mens deur die eeue heen langsaam uit een enkelvoudige sel tot sy huidige verhewe posisie ontwikkel het.
Nadat die jong man klaar was met lees en gaan sit het, was ons almal verstom toe een van die jong dames haar stem laat hoor en sê: “Ek glo nie ‘n enkele woord van wat Dwight daar gelees het nie.” U moes daardie jong dame geken het om ons verbasing te kan begryp. Sy was sonder twyfel die mees teruggetrokke lid van die klas. Ek het haar geweldig sien bloos wanneer sy gevra is om voor te dra. As die horlosie teen die muur skielik sy afkeur van die teorie van Darwin laat hoor het, kon ek nouliks meer verbaas gewees het as wat ek was oor haar kragtige uitbarsting van afkeuring.
MAGGIE SE OFFERGAWE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Met noukeurig deursoekende oë het die leraar die gesigte van sy wêreldwyse gehoor aanskou. Hy het ‘n hartstogtelike beroep op hulle gedoen om hulp vir ‘n klein sendingkerkie daar bo tussen die berge, waar ruwe mans en vroue byna niks geweet het van God en die evangelie van Christus nie. Hy het gehoop om die mense te besiel met die gees om te gee, om hulle te laat voel dat dit ‘n uiters geseënde voorreg was - en hy het gefaal. ‘n Gevoel van verlatenheid het oor hom gekom.
“Here, help my,” het sy lippe onhoorbaar gefluister. Hy kon nie die geboë gestaltetjie van klein kreupel Maggie daar agter in die kerk sien nie - ‘n gestaltetjie wat gebewe het onder die vuur van sy beroep.
“Here Jesus,” het die outjie snikkend gesê, “ek het niks om te gee nie. Ek wil so graag hê die mense daar in die berge moet my Heiland leer ken. Maar Here ek het niks om . . . “
Toe is dit asof ‘n koue hand haar hart beetpak. “Ja jy het, Maggie,” het ‘n stem êrens gefluister, “jy het jou kruk, jou pragtig kruk wat jy present gekry het, en dit is ‘n hele paar pond werd.
DIE BELEG VAN MAFEKING (5)
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
Dr JP Botha
VOORVALLE TYDENS BOMBARDERING
Nadat die Engelse met hulle aanval op Platboomfort ‘n verpletterende neerlaag gely het, het hulle dit nie weer gewaag om enige van die Boereforte rondom Mafeking enigsins met mening aan te durf nie. Baden-Powell het hom daarop toegelê om die forte, verskansings en bomskuilings van die dorp meer effektief te maak, want die Boere het, nadat generaal Cronjé in November 1899 Mafeking verlaat het, die dorp feitlik elke dag bestook met ‘n 94-ponder “Long Tom” Franse kanon. Ewe as Cronjé het sy opvolger, generaal Snyman, gemeen die lewensverlies van die Boerekommando’s sal verskriklik wees indien hulle dit sou waag om die dorp aan te val en het daarom maar ewe gedwee voortgegaan om die dorp te beleër met die hoop dat die inwoners en garnisoen só uitgehonger sou raak dat hulle maar sou moes oorgee. Intussen het hulle die dorp maar met hul kanonne en met Long Tom bestook.
TAALPRAATJIES VIR DIE WAKKERES (1)
S.P.E. Boshoff
DIE ENKELING EN SY TAAL
Iedereen weet dat ons iemand aan sy stem herken. Dit beteken dat ons weet wie praat selfs as ons die spreker nie kan sien nie deurdat hy in 'n ander kamer, in die donker of op 'n afstand van ons af oor die telefoon of oor die radio praat. Sy stem hang van allerlei dinge af, onder andere van die grootte en van die vorm van sy spraakorgane en veral van die manier waarop hy hulle gebruik om taalklanke te maak. Die een praat sag, die ander hard; die een langsaam, die ander vinnig; die een met 'n lae stem, die ander met 'n hoë piepstemmetjie; die een bry, die ander stoot met die tong of lispel, en 'n volgende het 'n sterk neiging om sekere klinkers deur die neus uit te spreek of te nasaleer, soos die taalgeleerdes dit noem. So kry ons 'n eindelose verskeidenheid van stemme, feitlik net so baie as wat daar sprekers is, en tog kan ons gewoonlik die stemme van ons vriende en kennisse onderskei en herken. Ons onderskei byvoorbeeld tussen kinderstemme, meisiestemme, seunstemme, manstemme en vrouestemme; en 'n moeder onderskei die stem van een kind teenoor dié van die ander of van al haar kinders teenoor dié van hul speelmaats net so maklik as wat 'n ooi die blêr van haar lam uit die hele lammerlawaai uitken.
SWART ANC-POLISIE SE BRUTALITEIT
SWART POLISIE DAAL NEER OP BLANKE MAN
Hilda Fourie
Polisielede is op kringtelevisiemateriaal afgeneem terwyl hulle ’n Pretoriase man verskeie kere in die maag geskop, in die gesig geslaan en op sy kop getrap het.Nadat mnr. Theuns Potgieter (33) van Silverton in Pretoria aangerand is, is hy in hegtenis geneem weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die rig van ’n vuurwapen en verset teen arrestasie.
Dit is die derde voorval van polisie-hardhandigheid binne twee weke.
Andries Tatane (34), ’n Cope-verkiesingskandidaat, is twee weke gelede dood nadat die polisie hom tromp-op met rubberkoeëls geskiet en met knuppels geslaan het tydens ’n protesoptog in Ficksburg in die Vrystaat.
Jeanette Odendaal (45) is verlede week voor die Kempton Park-polisiekantoor deur ’n sersant doodgeskiet nadat sy glo teen ’n stilstaande polisievoertuig in ’n parkeerterrein gebots het.
KONDONEER ZUMA PLAASMOORDE?
TLU-MEDIAVERKLARING
Skaars nadat die ANC-Jeugleier, Julius Malema, verklaar het dat boere moet afstand doen van 80% van hul grond omdat hulle dan nie meer aangeval sal word nie, word verneem van die soveelste brutale moord op ‘n boer by Ottosdal. “Dit het by die punt gekom dat mnr Zuma nou sal moet besluit of hy gaan praat of stilbly,” sê TLU SA se president, mnr Ben Marais.
“Hierdie aanvalle is deur Malema direk verbind daaraan om grond te bekom. As ‘n leiersfiguur binne die ANC kan dit nie anders beskou word dat dit dus die ANC se beleid is. Indien dit nie die geval is nie het mnr Zuma geen ander keuse as om vir Malema op die sterkste moontlike wyse te repudieer. Mnr Zuma moet weet dat sy stilswye die Malema uitspraak kondoneer. Die hele wêreld sal dan besef dat dit die ANC se beleid is om boere te vermoor ten einde hul grond te bekom,” sê mnr. Marais.
“Dit het nou tyd geword dat die ANC vir al Suid-Afrika se inwoners en die hele wêreld ondubbelsinnig moet uitspel wat is hulle ware agenda met betrekking tot die toekoms van ons land. Die onsekerheid wat hulle skep grens reeds aan sabotasie van die land se ekonomie en sou as hoogverraad gesien kon word. Die onverantwoordelike wyse hoe daar op emosiebelaaide wyse beloftes gemaak word en mense selfs deur vrees gemanipuleer word om steeds vir die ANC te stem grens aan die absurde. Suid-Afrika kan nie meer die ANC bekostig nie en die kiesers behoort dit onbevange by die stembus vir hulle te gaan wys.” BLY WEG!DIE BYBEL (13)
Lees reeks by DIE BYBEL
ETES EN VOEDSEL
‘n Gewone persoon in die ou tyd het gewoonlik iets ligs vroeg in die oggend geëet. Dit was iets soos gedroogde vrugte (veral vye of olywe) of kaas en hulle het dikmelk gedrink as dit beskikbaar was. Hulle het dit gewoonlik sommer om hulle lyf saamgedra. So teen 10-12 uur het hulle dan ‘n groter ete geëet. Ons lees daarvan in Johannes 4: Jesus sit in die middel van die dag by die put terwyl sy dissipels in die dorp gaan kos koop het. Die groot ete was in die aand. Dan was die hele gesin saam en in arm huise het hulle gewoonlik saam om die vuur gesit terwyl die kinders in die ligkring van die vuur gespeel het. In ryker huise is die mans bedien. Die vroue en kinders het gewoonlik eenkant geëet. In die duur Romeinse huise het die mans en vroue selfs verskillende eetkamers gehad. Dikwels was die eetkamers aan mekaar verbind met ‘n gang.
Die etes van die gewone mense was baie eenvoudig. Vleis was baie skaars. Dit is gewoonlik gekook.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (9)
DIE GEES LEI MY IN DIE GEBRUIK VAN SY GAWES
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Wat sal mens doen as jy 'n pasiënt in die hospitaal gaan besoek en jy vind dat die chirurg die persoon soos 'n motor se masjien heeltemal uitmekaar gehaal het? Oral lê daar hande, voete, oë en ore rond! Die beste wat 'n mens dan sal kan doen is om 'n begrafnis te reël.
Uit die Bybel leer ons dat die kerk ook 'n lewende "liggaam" is, die liggaam van Christus waarin elke orgaan noodsaaklik is vir die geheel. In hierdie liggaam is Jesus die kop, die diakens die hande, ouderlinge die oë en die predikant die mond, ens. Elkeen is 'n noodsaaklike orgaan. Wat sal met so 'n liggaam gebeur as iemand dit uitmekaar haal? As een oorgaan – klein of groot – nie sy deel doen nie is die liggaam lam of dood.
Een van die wonderlikste gawes wat die Here aan mense gee is die vermoë tot eenheid met hulle medemens. Dit is iets waarsonder mense nie kan lewe nie. Navorsers het bevind dat rotte wat in eensame afsondering gehou is makliker siek word en sterf as rotte wat saam aangehou word. So is dit ook met mense gesteld.
DUITSE WESIES (10)
DIE REGERING VRA 'N WAARBORG
(Lees reeks by Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
Soos daar in die vorige aflewering aangetoon is het die regering in September 1947 aan die DKF toestemming verleen om 'n 100 Duitse wesies na die Unie te bring. Uiteraard wou die Fonds graag baie meer kinders gebring het en daarom ontstaan die vraag of die onderneming ter wille van 100 kinders nog enigsins die moeite geloon het. Die dagbestuur was egter daarvan oortuig dat die skema uitgevoer moes word. Die belangrikste rede hiervoor moet daarin gesoek word dat die regering die Fonds te verstane gegee het dat, indien die eerste 100 kinders suksesvol uitgebring word, die regering geneë sou wees om op 'n latere tydstip nog kinders na die Unie te laat kom.
Die regering se toestemming om 100 Duitse weeskinders na Suid-Afrika te bring, was egter aan 'n baie belangrike voorwaarde gekoppel: Die DKF moes die regering van 'n waarborg voorsien dat die kinders tot en met hul mondigwording behoorlik versorg word sodat hulle nie van die staat afhanklik sou wees nie. In ruil vir hierdie waarborg het die regering onderneem om die vervoerkoste van die kinders en van ongeveer sewe volwasse begeleiders te betaal. Die regering het egter bepaal dat sy bydrae om die eerste 100 wese te bring nie die bedrag van 5 500 pond oorskry nie. Sou die Fonds wel daarin slaag om meer as 100 geskikte kinders te vind, was die Tesourie wel bereid om die bykomende onkoste te betaal.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (4)
Lees reeks by Die Keeromstraat-kliek
NASIONALISME OP 'N KRUISPAD
Dr At van Wyk
Tussendeur het nie net Roos koalisie gepraat nie. Verskeie NP- en SAP-takke dwarsoor die land het besluite ten gunste van 'n Hertzog-Smuts-koalisie geneem. 'n Nat-Sap-afvaardiging uit Ventersdorp het rondom 11 Januarie 1933 'n beroep op Hertzog gedoen om 'n koalisie met Smuts te sluit. Hoewel Hertzog die versoek van die hand gewys het, het hy later daarin 'n "bewys" weet te vind dat die 'volk' koalisie begeer het. Die hand van NC Havenga was daarin; hy self sou later betoog dat hý die Ventersdorpers se versoek gebruik het om koalisie met Smuts aan te voor. Volgens hom wou Hertzog van die afvaardiging weet hoe hy met 'n party kon saamwerk wat nog altyd die Nasionanale Party beveg het. Een van die afgevaardigdes, vermoedelik kol Jacob Wilkens wat in die koalisieverkiesing van 1933 tot onafhanklike LV vir Ventersdorp verkies sou word en hom by die VP-smeltersparty sou aansluit, het geantwoord: "In godsnaam, Generaal, laat staan die taal en gee ons brood!" – naastenby die omgekeerde van Marie Antonette se beweerde antwoord aan die Paryse gepeupel aan die vooraand van die Franse Revolusie. Hierdie woorde is deur Havenga aan Hertzog 'uitgelê' en hy was diep beïndruk.
DIE MOORDVIRUS (4)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
VIGS IN AFRIKA (2)
Aanvanklik het die eerste VIGS-toetse die aantal siektes in Afrika hopeloos oorskat en in Uganda was soveel as 66% van die kinders positief getoets. Met die nuwe ELISA-toets moes die syfers weer aangepas word, byvoorbeeld soos gesien in die oorskatte 1985-syfer van 55% vir Zambiese STD-klinieke, wat na hertoetsing aangepas is tot 29%. In Afrika doen meer vroue as mans die siekte op. Die infeksie blyk ook meer aggressief te wees in sekere dele van Afrika aangesien die dood dikwels na so min as vyf jaar intree, terwyl dit in die VSA tussen 10 en 12 jaar eers 'n ernstige stadium bereik.
Een van die MIV-variante wat in Zaïre gevind is, is die sogenaamde NDK-MIV wat immuunselle 10 000 keer vinniger dood as MIV-variante wat in die VSA voorkom. Volgens die NS:Mei 1988 het navorsers MIV-infeksies in Zaïre beskryf wat die slagoffers binne drie jaar uitgewis het. Sommige navorsers het geglo dat die swartes in Afrika se immuunsisteem meer vatbaar vir die virus is, en heel moontlik ook dat die subtipe MIV wat in Afrika voorgekom het, vinniger versprei het. Die Afrika-MIV verskil ook baie van die Westerse variante wat hul genetiese struktuur betref.