NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Staan jy naak voor God in jou sonde of is jy met Jesus gekleed? As jy naak is, wil God jou vandag toemaak met die bloed van Christus ons Verlosser.   Ja, in die gees trek ons vir Jesus aan: “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie” - Rom.13:14.

DIE BYBEL (13)

Lees reeks by DIE BYBEL

ETES EN VOEDSEL

‘n Gewone persoon in die ou tyd het gewoonlik iets ligs vroeg in die oggend geëet.  Dit was iets soos gedroogde vrugte (veral vye of olywe) of kaas en hulle het dikmelk gedrink as dit beskikbaar was.  Hulle het dit gewoonlik sommer om hulle lyf saamgedra. So teen 10-12 uur het hulle dan ‘n groter ete geëet.  Ons lees daarvan in Johannes 4:  Jesus sit in die middel van die dag by die put terwyl sy dissipels in die dorp gaan kos koop het.  Die groot ete was in die aand.  Dan was die hele gesin saam en in arm huise het hulle gewoonlik saam om die vuur gesit terwyl die kinders in die ligkring van die vuur gespeel het. In ryker huise is die mans bedien. Die vroue en kinders het gewoonlik eenkant geëet. In die duur Romeinse huise het die mans en vroue selfs verskillende eetkamers gehad.  Dikwels was die eetkamers aan mekaar verbind met ‘n gang.

Die etes van die gewone mense was baie eenvoudig. Vleis was baie skaars. Dit is gewoonlik gekook.   Die algemene was dat daar brood met ‘n soort sous was wat van groente gemaak is. Dit was in ‘n gemeenskaplike bak opgedien sodat almal uit die een bak geëet het. Daarom is ‘n feesmaal so belangrik in die Bybel as teken van die hemel. Die arm mense het min en eenvoudig geëet.  Die konings het weer baie gehad om te eet.  Met so ‘n feesmaal  was daar nie ‘n tekort aan eetgoed nie.  Daar was ook musiek en ander soorte van vermaak soos dans en gedigte voorlees.  ‘n Mens kan jou voorstel dat die arm mense gedroom het om by so ‘n feesmaal uit te kom (Matt 22:1-14).  Ons lees net in een plek in die Ou Testament dat mense voor ‘n maaltyd gebid het (1 Sam 9:13), maar Jesus het dit skynbaar gereeld gedoen (Matt 15:36; Luk 9:16).

Etes was ‘n baie belangrike sosiale geleentheid, juis omdat die hele gesin asook die gaste wat teenwoordig was rustig om die kosbak kon ontspan.  Jy het egter nie sommer saam met enige iemand geëet nie.  Jy het saam met jou vriende geëet, dié mense met wie jy jou graag sou wou assosieer.  Daarom is die Fariseërs so ontsteld as hulle Jesus saam met die tollenaars en sondaars sien eet (Matt 9:10-11). Die spreuk sou lui:  Sê my saam met wie jy eet en ek sê jou wie jy is.

By meer spoggerige etes het die gasheer gereël dat sy belangrike gaste se voete gewas word.  Hy kon selfs vir hulle mooi klere gegee het (Matt 22:11) en het dan die plekke toegeken waar die mense kon  “aansit/aanlê”. Hoe nader dit aan die gasheer was, hoe belangriker was die gas. (Markus 12:39;  Luk 14:8).

Mense het grootlike geëet wat beskikbaar was.  Vrugte  (druiwe, vye, dadels, granate en olywe), groente (uie, boontjies, ertjies, lensies, preie, spanspek, komkommers) melk, kaas of dikmelk, brood en soms vleis; en wyn was redelik beskikbaar.  Hulle het nie suiker gehad nie, maar baie heuning.  In die omgewing van die See van Galilea was daar ook genoeg vis.  Die vis is gedroog om langer te hou.  Gewoonlik is daar ook net een dis voorberei wat dan in die bak in die middel van die groep mense gestaan het.  Hulle het die dis dan saam met brood geëet.  Dit lyk ook of die hoof van die huishouding soms die porsies uitgedeel het, moontlik om te keer dat party te veel vat (1 Sam 1:4).

Twee van die basiese kosse wat op die tafel was en wat vandag nog ‘n belangrike rol in elke gelowige se lewe speel,  is juis omdat Jesus dit as tekens van die nagmaal gekies het.

Brood was ‘n basiese bestanddeel van enige huishouding se dieet.  Brood was deel van elke aandete en selfs van ander etes gedurende die dag.  Brood was meer as kos.  Dit het diens gedoen as “eetinstrument”.  Daar was gewoonlik ‘n bak met sous of vleis in die middel van die tafel.  Die brood is dan soos ‘n lepel gebruik om die sous of vleiserigheid uit die bak te skep.  Daar was nie messe en vurke nie.  Jesus verwys na dié gebruik as Hy sê  dat die een wat sy brood saam met Hom in die bak druk, Hom sou verraai.  Verder is die brood ook gebruik om jou hande en vingers mee af te vee  nadat jy geëet het, byna soos ‘n servet.  Die stukke brood wat so gebruik is, is gewoonlik vir die honde gegooi.  Dit is die krummels waarna die Kanaänitiese vrou in Matt 15:27 verwys.  Die armes het die stukke selfs kom optel en geëet, soos Luk 16:20 vertel.  As Jesus dus die brood as een van die elemente van die Nagmaal aanwys, beteken dit eintlik dat Hy die deel waarsonder geen ete werklik ‘n ete is nie as teken aanwys.

Vroue het die brood self gebak en dit was rond. Hulle het suurdeeg gebruik, maar die Jode het met geleentheid ook plat koeke gebak om hulle aan die swaar dae in Egipte te herinner.  Jesus verwys dikwels na suurdeeg, want dis iets wat elke kind daagliks in die huis gesien het.  Die brood is gewoonlik in klei-oonde, gate in die grond waarin vuur gemaak is, of ook warm stene gebak.  In groot dorpe was daar gemeenskaplike oonde waar mens jou brood kon gaan bak.

Brood is van graan soos koring of gars gemaak.  Dikwels is verskillende soorte graan gemeng om broodmeel mee te maak. Soms is selfs boontjies of lensies in die broodmeel ingemeng (Eseg 4:9).

Graan was ‘n basiese landbouproduk: Die ekonomiese indeks (hoe goed of sleg dit gegaan het)  is aan die beskikbaarheid van graan gemeet.  Dit is selfs in die vroeë jare as “geld” in die Midde-Ooste gebruik.  Hongersnode is ook aan die beskikbaarheid van graan gemeet.  Graan is dikwels ingevoer, of as die skepe miskien sink of daar iets verkeerd loop en die graan daag nie op nie, is van “hongersnood” gepraat.

Wyn was ook ‘n belangrike deel van die maaltyd, soos ons met Jesus se laaste Nagmaal sien.  Arm mense het nie altyd wyn gehad nie, maar as daar wel wyn was, is dit gedrink.  Die wyn is gewoonlik met water verdun (dikwels drie eenhede water met een eenheid wyn.

Wynmakery was nie so verfynd soos vandag nie.  Hulle het die druiwe gepars en in bakke opgevang, waar hulle die sap deur lappe gesuiwer het.  Dan is die sap in leersakke of kleipotte gesit en in ‘n koel plek geherberg.  Daar het die duiwesap dan gegis.  Daarom moes ou sakke nie gebruik word nie.  Die ou leersakke het sag geword en as die wyn daarin gis, kon die sakke maklik skeur. (Matt 9:17; Mark 2:22). Goeie wyn was dan wyn wat behoorlik gegis het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1040 gaste aanlyn