NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moed is om dié ding te doen waarvoor jy bang is. Daar kan nie sprake wees van moed sónder vrees nie, maar dis die wete dat iets ánders belangriker is as vrees.

DIE BYBEL (12)

Dr JP Botha

HUISE IN DIE BYBELSE TYD

Omdat die Bybel oor so’n lang tyd en vir verskillende mense geskryf is, kry ‘n mens ‘n baie wye verskeidenheid woonplekke. Die heel eerste behuising in Palestina was grotte wat in die kalksteenberge uitgegrawe is.  In daardie tyd was daar ook rondtrekkende groepe (nomade) waarvan  die aartsvaders deel was.  Hulle het natuurlik in tente gebly.  Die tente was doeke wat op pale gesit is en dan ‘n groot area bedek het  (nie in ‘n mooi driehoekvorm soos vandag se tente nie. Die ruimte binne-in is dan ook dikwels  in kamers verdeel.  Hulle kon die tente vinnig opslaan en vervoer.

Waar die mense hulle gevestig het, het hulle huise gebou.  Nadat ‘n huis in Israel klaar gebou is, is dit aan die Here gewy, omdat dit as ‘n gawe uit sy hand gesien is.  Hoe groot die huis was, het van die sosiale stand en rykdom van die bewoner afgehang.

  Baie van die Joodse huise het uit net een kamer en nog ‘n kamer bo-op die dak (die dakkamer of bokamer) bestaan.  Die dakke was plat.  Die dak is dan vir allerlei doeleindes gebruik: Vrugte is daar gedroog, dit is vir stoorplek en sitplek gebruik en van die gesinslede het selfs per geleentheid daar onder die sterre geslaap. Soms het hulle nog ‘n kamer daar op die dak aangebou.

Die enkelkamer onder het gewoonlik twee vlakke gehad.  Op die een vlak het die gesin gebly en op die ander laer vlak die diere (die donkie of bok of skaap), amper soos ons moderne motorhuise wat aan die huise gebou word. Dit is waarskynlik waarom Jesus in ‘n krip neergelê is. Josef en Maria het nie noodwendig in ‘n stal tussen die diere gebly nie, maar die huis kon so vol gewees het van al die besoekers dat party gaste inderdaad op die laer vlak geslaap het.  Toe hulle ‘n plek soek om Jesus neer te lê, was die krip waarin die voer was, waarskynlik die gerieflikste.

Daar was nie baie meubels in die arm mense se huise nie.  Daar was gewoonlik plekke in die muur gebou (inhamme) waar die mense hulle goed kon bêre.  In groter huise was daar ook ‘n klein vertrekkie, met ‘n deur wat as spens gebruik is.  Dit is waarskynlik die vertrek waarna Jesus in Matteus 6:6 verwys.  Gewoonlik is ‘n vuur in die middel van die vertrek gemaak om kos op te maak en die mense het dan rondom op slaapmatjies rondom die vuur geslaap. (Markus 2:9)  Hulle het hulle bokleed gebruik as kombers.  Hoewel die kleiner huise dikwels net matjies gehad het om op te sit, was daar in die groter huise met ‘n eetkamer stoele/ banke waarop gelê kon word met ‘n tafel in die mddel waarop die kos gesit is.  Verder was daar lampies wat in grootte gewissel het. Hulle het gewoonlik so drie uur lank gebrand voordat daar weer olie ingegooi moes word. Daar was lampstaanders, asook potte om kos in te stoor en ‘n klein maalsteen om graan mee te maal vir meel.

Daar was ook groter huise wat meer kamers gehad het en rondom ‘n binneplein gebou is.  Die deure van die kamers is so geplaas dat mens op die binneplein kon uitsien.  ‘n Sitkamer sou dan op die binneplein uitgeloop het.  In die sonnige Mediterreense gebied was dit lekker om so in die sitkamer te sit met die son wat inskyn.  Daarom sou die Fariseërs kon sien hoe Jesus saam met die tollenaars en sondaars eet.

As Jakobus 2 sê dat die gemeentelede vir die arm man sê om by die voetbank te sit of daar anderkant te gaan staan, verwys dit waarskynlik na die voetbank in die sitkamer, of die moontlikheid om net in die binneplein te gaan staan.  Omdat die sitkamer op die binneplein uitgeloop het, kon jy hoor wat in die sitkamer aangaan as jy in die binneplein staan.  Dit is waarskynlik waarom die vroeë Christene in huise bymekaar kon kom.  Daar was huise wat genoeg plek vir tussen 60 en 100 mense gehad het.  Hierdie ryker persone se huise het ook beter meubels soos beddens, stoele, tafels en rusbanke gehad.  Hoe ryker, hoe mooier was die meubels gekerf en met skulpe en ivoor ingelê.

As ons na die tipiese argitektuur van daardie antieke huise kyk, is daar ‘n paar dinge wat ons raaksien:  Feitlik al die huise was om ‘n binneplein gebou.  Daasr was eenkamerhuise (vir so twee tot vier persone) wat omtrent so groot soos ‘n hedendaagse motorhuis was.  Grothuise met een of twee kamers, was ook as wonings gebruik.  “Trosbehuising” waar verskeie families ‘n kamer of kamers rondom ‘n gemeenskaplike binneplein besit het, was ook algemeen.  Groot plaaskomplekse was ook ‘n algemene gesig.  Dan was daar die groter huise, wat ‘n indrukwekkende luukser gebou rondom die binneplein was.  Dié huise het ook baddens, pragtige geverfde mure en mosaïek vir vloere gehad..  Hulle het ook staandakke gehad wat van teëls gemaak is.  Hierdie soort huise was nie so algemeen in Palestina nie, maar het dikwels in die ander stede van die Romeinse ryk voorgekom.  Die mooi strukture is onder andere met die oog op sosiale kontak gebou.  Die huise is dus nie vir privaatheid gebou nie maar vir semi-privaatheid.  Mense was groepsgeoriënteerd en het dus geweet wat in mekaar se huise aangegaan het.

Verder is die deure en vensters tot ‘n minimum beperk en die konstruksie is so gemaak dat dit teen slegte weer en veral teen hitte beskerming bied.  Daar is dikwels swaar wolgordyne voor die vensters gehang om die weerelemente uit te hou.  Luike moes diewe uithou.  Daar was nie skoorstene nie, wat beteken het dat die huisies rokerig en bedompig kon word.

Kleistene (waarmee gras of soorgelyke materiaal of skulpe gemeng is om dit sterker te maak), was algemeen gebruik, maar veral in groter konstruksies is klippe  opmekaar gepak.  Dit moes so gepak word dat die konstruksie stewig bly, aangesien daar nie sement was om alles aanmekaar te hou nie.  'n Hoeksteen of goeie fondament was dus noodsaaklik.  Groot, stewige klip of rots is gebruik as ankerklip, waarop die res van die klippe dan so gepak is dat dit daarop rus.  As die ankerklip skuif, val die huis inmekaar.  Jesus word soms in die Bybel as die hoeksteen of ankerklip beskryf.

Skaapkrale en tuine is gewoonlik ook deur die hele groep gedeel en is naby die huise gebou as hulle in die platteland geleë was en daar grond beskikbaar was.  Anders het die mense hulle diere in die huise gehou. In groot stede was dit egter nie altyd moontlik nie, want daar is tot ses verdiepings opmekaar gebou.  Daar is nie goed bepan nie en dus was die huisies gevaarlik (veral brandgevaar). Dit is verstaanbaar dat die diere nie op die boonste verdieping aangehou kon word nie.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1015 gaste aanlyn