Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het die verborgenhede wat Hy aan ons bekend wou maak, in sy Woord geopenbaar. En Hy het besluit wat belangrik is en wat tot ons heil sal strek, en dit aan ons bekend gemaak. Om dus op hierdie spoor te kom moet ons terugkeer na die Woord van die Here.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (27)
5)Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
"Die vermoë van Suid-Afrika se infrastruktuur om brandstof te versprei, gaan tot die uiterste beproef word wanneer die Natref-raffinadery in Sasolburg vir vier maande gesluit word.
Dit is omdat die sluiting van ru-olie raffinaderye 'n nuwe stel uitdagings vir Suid-Afrika impliseer, met potensiële onstabiliteit as dit nie goed bestuur word nie, sê Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.
Die invoer van brandstof het 'n ongekende vlak bereik, het hy Dinsdag in sy begrotingsposdebat in die parlement gewaarsku.
Dit is weens die sluit van raffinaderye soos Enref en Sapref in Durban, asook PetroSA se aanleg in Mosselbaai wat stilstaan. Om die risiko van brandstoftekorte te verminder weens die sluiting van Natref vir verpligte instandhouding sal gebeurlikheidsplanne ingestel word en sal meer brandstof ingevoer word, sê Mantashe. Astron Energy se raffinadery in Kaapstad is terug in volle produksie, wat sal help om die gaping tussen die vraag en aanbod te vernou."
Gedurende die wintermaande sal die vraag na energie en brandstof styg. Baie besighede soos winkelsentrums, petrolpompstasies en hospitale is genoodsaak om brandstof vir hulle kragopwekkers te koop om sake te kan doen EN met die verwagte verhoging in beurtkrag sal die vraag na brandstof verder styg.
Gelukkig kry die staat die grootste deel uit die verkope van brandstof wat die inkomste van die staatskas (gelukkig) verder sal verhoog. Dit sal help om die 18 miljoen staatstoelaes te kan betaal.
*
Hou rekening daarmee dat baie van die lokasie en shackbewoners gestroop is van gewete. Hulle kan dit eenvoudig nie meer bekostig nie. Voeg hierby vervalde hoop, armoede, desperaatheid en ‘n honger maag, en dit sou irrasioneel wees om te kan dink dat hy of sy hulle nie sal wend tot misdaad nie, en geweld en plundering is nie buite die skopus van hulle leefwêreld nie.
*
Een van die mees basiese behoeftes van mens en dier is skuiling. Vanuit sy wese, dit is sy fisiologiese en psigologiese opbou, is die mens nie na behore toegerus om in die oopte te woon nie.
Nie net is dit belangrik om hom teen die natuur te beskerm nie, teen koue, hitte, reën, wind of sneeu nie, maar ook ter wille van veiligheid. Aanvanklik het die moderne mens se voorouers in primitiewe skuilings blyplek gemaak, soos grotte, spelonke en oorhangende rotse, maar namate sy vaardigheid toegneem het, het hy begin om self skuilings te bou, byvoorbeeld met gebuigde latte, oorgetrek met diervelle, modderhutte en later met ongebakte rousteen.
Waar daar voldoende weiding, wild en water was, het hy huiwerig geskuif, maar namate diere mak gemaak is, het die bestaande weiplek uitgedien geraak en moes hy noodwendig vertrek. Die tente is maklik verskuif deur dit stuk-stuk op die skouers te laai en nog later op pakdiere. Onbeweegbare skuilings is so gelaat, met die hoop dat dit ongeskonde sou wees en onbewoon, sou die bouers later daarna wou terugkeer, maar dit was selde die geval. Waar die natuur nie die gebou weer teruggeneem het nie, het ander swerwers daar die intrek geneem.
Later is meer permanente skuilings opgerig, gemaak van klip, hout, en nog later selfs van gebakte steen. Enkele skuilings is aangevul met buurgeboue en soos die nedersettings uitgebrei is, gewoonlik as gevolg van veiligheid in getalle, is mure rondom die dorpies gebou, en die hutte meer gemaklik gemaak.
Natuurlik het die verbouing van gewasse dit meer permanent begin maak. Hierdie dorpe het gewoonlik ontstaan waar daar natuurlike hulpbronne beskikbaar is, of sommer ‘n maklike deurgang deur ‘n rivier, soos in die gevalle van Chicago, Cambridge en Oxford. Natuurlik ook langs die see, waar daar natuurlike inhamme of baaie was wat vissersbootvriendelik is, later met hawens.
Omdat die mens in sy wese ‘n tropdier is, het die kleiner nedersettings ontwikkel in dorpe en later in ommuurde stede. Water is uit putte binne of buite die mure gehaal, maar later is kanale en selfs akwadukte gebou. Waar myne ontgin was, is die omgewing ingerig sodat die werkers naby hulle werkplek kon wees. Dit was ook in Suid-Afrika die geval, veral in die binneland, soos op die Vrystaatse goudvlaktes en die Witwatersrand.
Die swart bevolking van Suid-Afrika is vir baie dekades in tydelike behuising gevestig, veral waar daar groot myne was. Binne die Townships is groot geboue, Hostels, met lang sale opgrig, waarin die werkers in duisende gevestig is. Tog was dit nie hulle permanente wonings nie, aangesien hulle gereeld sou terugkeer na hulle tuistes in die tuislande.
Na 1994, met die opheffing van die groepsgebiedewette, die paswette en die inkorporering van die tuislande in die groter Suid-Afrika, het miljoene swartmense na die stede gestroom, op soek na die nuwe rykdom wat hulle belowe is. Teleurgesteld dat daar nie voldoende behuising binne die baksteenmure van die stad is nie, is “tydelike” skuilings, of te wel plakkerskampe, op die grense en soms, waar daar oop spasie was, binne die stadsgrense opgerig, bestaande uit planke, sinkplate en plastieksakke. Water is uit gemeenskaplike krane getap en in emmers aangedra, met riolering uiters primitief, beperk tot puttoilette en in baie gevalle, sommer net waar ‘n stuk oop grond is.
Elektriese krag is aangelê vanaf die transformators of substasies in ‘n kraaines van onbewaakte en onbeskermde drade.
Hierdie plakkerskampe was nie beperk tot swart mense nie en nadat blankes uit hulle poste onthef is, ter wille van BEE of Transformasie, Regstellende aksie en later BBB-EE, het verarming ingetree en honderde duisende het hulleself in blanke plakkerskampe bevind.
Nadat Eskom tot ‘n inploffing gereduseer is, het selfs die primitiwiteit van plakkerskampe onbewoonbaar geraak. Die inwoners het by die miljoene teruggetrek na die platteland, op soek na veiligheid, beskerming, kos en water. Die plakkershutte is in meeste gevalle net so gelaat, het vervalle geraak, is afgebrand of is geplunder totdat daar net kaal grond oor was.
Waar Bella en Jana op ‘n hoogte staan en kyk na die vlaktes rondom hulle, is daar beweging van ontelbaar baie mense, en hier en daar het sommige begin om nuwe skuilings op te rig, bestaande uit byna dieselfde material as duisende jare gelede: gebuigde stokke oorgetrek met iets wat die reën, wind, koue, hitte en selfs sneeu moet uithou.
In plaas van diervelle oor die stokke, egter, is daar nou ou komberse, plastieksakke en gras wat gebruik word, met kledingstukke hier en daar. ‘n Ent van die kant van een van hierdie plakkery is selfs ‘n motor se enjinkap sigbaar, wat as dak gebruik word. Dis omtrent die mees permanente skuiling binne hulle sig. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.
*
Gedurende ‘n geveg wat dae en selfs weke kan aanhou, raak die mense afgestomp. Alle emosies is later uitgetap – vrees, woede, hartseer, ongelukkigheid, haat, dis alles agtergelaat in die vennynigheid van die omgewing.
Elke keer as Nicodemus en sy mense meen dat hulle die vyand se wil om te veg gebreek het, stroom nuwe lywe, gewapen en ongewapen, die dorp binne. Gedeeltes wat laasweek skoongemaak is, word weer beset deur ‘n oormag en moet die opruimingsproses feitlik van voor af begin.
Hy moet voortdurend daarteen waak dat sy mense nie moedeloos raak nie en sy eie hoop moet hy gedurig aanvul uit geloof en moedigheid. Hy besef ook dat daar geen sprake van oorgee kan wees nie. Niemand van hulle sal die genadeloosheid van die vyand oorleef nie.
Op die oomblik is sy groep vir alle praktiese doeleindes vasgepen deur ‘n aantal skerpskutters. Hulle kan skaars roer, of skote klap onmiddellik. Dis ook onnatuurlik akkuraat, en dis duidelik dat dit nie die werk van die gewone Afrika-soldate is nie. Van iewers uit die buiteland is goedopgeleide skuts ingevoer en al wat sin maak, is dat dit moontlik uit die Oos-blok kan wees. Miskien uit dankbaarheid vir die ANC se “neutrale” status wat Rusland bevoordeel het aan die begin van die Oos-Europa konflik? Hoe ookal, hulle word deur bekwame manne of vroue onbeweeglik vasgepen.
“Oom?”
“Ek luister”
Die drie seuns het op hul mae nadergesluip en lê nou skuins agter Nicodemus, onder die lae muur bokant die ou Barclaysbank se gebou. Net soos hy, kan hulle nie waag om hulle koppe te lig nie, uit vrees vir die skuts, maar veral die een, wat as hulle die tyd tel vanaf die klap van die koeël by hulle, tot die knal, sowat ses honderd meter weg moet wees.
“Ons het ‘n plan wat moontlik kan werk.”
“Ek is die ene ore.”