Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wees bly vir jou Christenvriend/famiielid se onthalwe dat God hom kom haal het. As jy net 'n oomblik deur 'n loergaatjie na die wêreld anderkant die dood kon kyk, sou jy hom/haar beny en sou jou lyding veel draagliker word.
LOKASIE-INWONERS NOU “INGEËNT”...
... EN SÓ WORD “COVIDSTERFTES” AANGEHELP
As iemand gedink het dit is verregaande wat hulle nou hier lees, doen bietjie navorsing en hou op om mense wat wel moeite doen om die waarheid oor verdagte sake uit te snuffel, te beskuldig van samesweringsteorieë. Want dit wat u hier lees, het ons van eerstehandse kennis nadat goeie navorsing gedoen is.
Uit alle oorde word daar die afgelope dae berig dat “gesondheidswerkers” in verskeie stede en dorpe in swart woonbuurtes van huis tot huis gaan en die inwoners “inent teen covid”. En om die “inentingsproses”meer aantreklik te maak, word vir diegene wat effens agterdogtig daaroor is, ‘n stewige R7000 as wortel voor die neus gehou, die bedrag wat op die platteland aangebied word. Ja, dit is die waarheid, ons het genoeg getuies daarvoor.
In stede soos Pretoria se lokasies gebeur dieselfde maar is die bedrag R15000. Al rede wat logies lyk hiervoor is dat diegene wat die hele operasie bestuur klaarblyklik glo dat stedelike swartes heelwat meer opgevoed, opgelei en meer ingelig is as die plattelandse “pleps”, dus sal dit meer kos om hulle om te koop vir die “inenting”.
Tydens verdere ondersoek het ons uitgevind dat dit verseker nie “gesondheidswerkers” is wat die huisbesoeke doen nie want dokters en hospitaal- en verpleegpersoneel weet werklik nie hiervan nie. Aangesien die “gesondheidswerkers” so toegekleed is dat niemand hulle kan eien nie, kan daar egter geen vinger gewys word na wie hierdie mense werklik is nie.
Wat wel ‘n sekerheid is, is dat daar reeds ‘n hele aantal sterfgevalle in die woonbuurtes was van dié wat “ingeënt” is. In Mamelodi, ‘n groot lokasie noord-oos van Pretoria met ‘n inwonertal van tans duisende meer as die 330 000 wat in 2011 daar getel is (daar is nie nuwer statistiek bekend nie) heers daar duidelik paniek hieroor en waarsku inwoners mekaar om nie die deur vir die “gesondheidswerkers” oop te maak nie en bekla sommiges hulle lot by hulle werkgewers.
Die eerste leuen hieroor is dat dit nie ‘n covid-inenting is wat die mense ingespuit word nie want Suid-Afrika het nog nie sy eerste besending van 1,5 miljoen inentings ontvang nie; almal behoort dit te weet.
Die volgende gebeure wys wat werklik aan die gang is. Verlede jaar het die Opposisie Party in Nigerië, CUPP, ‘n intelligensieverslag van hulle regering onderskep wat openbaar gemaak het dat die Huis van Verteenwoordigers gelei deur die Speaker, Femi Gbajabiamila, vir 10 miljoen dollar deur Bill Gates omgekoop is om die bevolking van Nigerië te forseer om ‘n “inentingsprogram” te ondergaan terwyl daar nog nie ‘n entstof teen Covid-19 bekend gemaak was nie. Gbajabiamila het teen die reëls van hulle regstelsel opgetree toe hy die “inentingsprogram”, genoem die Control of Infectious Diseases Bill 2020, oorweeg het. Die Opposisie het die plan verwerp en aangedring dat alle lede die Speaker konfronteer oor sy plan om die Bill, soos die plan in kort genoem word, onwettig uit te voer. Dit is as ‘n bose plan beskou wat verban moes word. Dalk moet die DA ‘n intelligensietaak aanstel om die ANC te ondersoek?
As u nog nie oortuig is nie, lees verder. In Madagaskar is daar verlede jaar ‘n drankie van die Artemisia-plant aan die mense gegee wat as kuur teen covid gebruik is. Die plant is in die sewentigerjare van Sjina na Madagaskar gebring spesifiek om malaria te genees. Volgens president Andry Rajoelina word Covid-19-pasiënte wat die kuur gebruik binne 10 dae gesond. Rajoelina beweer die WGO het hom 20 miljoen dollar aangebied om die medisyne met gif te besmet sodat Madagaskar se bevolking nie van Covid-19 herstel nie en hy het die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) van sameswering beskuldig. Maar soos ons almal reeds gesien het, is die ANC-regering nie bestand teen sulke omkopery nie en kan mens maar net wonder of die bedrag ook 20 miljoen of dalk ‘n hele paar miljard rand is; kyk so daarna, as elke swarte in Suid-Afrika tussen 7000 en 15000 rand moet kry kan dit nie net 20 miljoen rand wees nie – logies, want Madagaskar se populasie is baie kleiner.
Bill Gates het reeds in 2010 in ‘n Ted Talk op Amerikaanse TV gesê het: “We must make this the decade of vaccines ...it could reduce population.”
In dieselfde jaar, 2010, was die Gates Foundation aan stuur van ‘n drie fase proefneming om “malaria te bekamp” toe 151 babas in Afrika aan die entstof gesterf het. Die res van die 6,000 kinders het ernstige gevolge soos verlamming, konvulsies en ernstige epileptiese aanvalle oorgehou.
In 2014 doen Gates dit weer toe 23 000 jong meisies in Indië teen die Human Papilloma Virus (HPV) ingeënt word. 1 200 Indiese meisies het daarna vrugbaarheid- en ernstige ander -afwykings getoon insluitende outo-immuunsiektes. Sewe is dood voor die regering Gates laat ondersoek het vir ernstige oortreding van etiese praktyk toe weerlose meisies geforseer is om ingeënt te word onder andere deur middel van vervalste toestemmingvorms asof van hul ouers. Daarby is mediese hulp agterna aan die beseerde meisies geweier. Hierdie saak gaan steeds voort in die Hooggeregshof.
Voorwaar ‘n besige jaar vir Gates en die WGO, dié 2014, toe ook Kenia se Katolieke Dokters Assosiasie ontdek dat miljoene onwillige Keniaanse vroue tydens ‘n sogenaamde klem-in-die-kaak-inenting, in werklikheid met ‘n formule wat hulle steriel maak ingespuit is. Eers is die aanklagte ontken maar uiteindelik het die WGO erken dat hulle reeds vir jare sterielmakende entstowwe ontwikkel en gebruik, ook in Tanzanië, Nicaraqua, Mexiko en die Filippyne.
In 2017 het navorsing deur Morgenson ontbloot dat die WGO, geborg deur Gates, se gewilde witseerkeel, tetanus en kinkhoes inentings (DTP) in Afrika meer kinders laat sterf het as wat die siektes self het. Veral die sterftesyfer van meisies wat die inenting gekry het was 10 maal hoër as die kinders wat nie geïmmuniseer is nie. Die WGO weier steeds om die aantal inentings wat op miljoene kinders in Afrika geforseer is, openbaar te maak.
In 2002 het Gates ‘n MenAfriVac in die Sub-Sahara op duisende kinders teen breinvleisontsteking afgedwing. Talle is verlam gelaat; In Suid-Afrika is berig: “Ons is proefkonyne vir die dwelmprodusente”. Selfs Mandela se voormalige Senior Ekonoom, prof Patrick Bond, het Gates se praktyke as “roekeloos en immoreel” bestempel.
Maar Gates se obsessie om die wêreldpopulasie dmv entstof te verminder, het baie lank vóór 2010 begin. In 2000 beloof hy om 450 miljoen dollar in Indië te spandeer om polio wat toe nie ‘n epidemie was nie, heeltemal uit te wis en neem hy beheer van Indië se National Technical Advisory Group on Immunization. Tussen 2000 en 2017 verlam die inentings 490 000 kinders onder die ouderdom van vyf terwyl polio gedy. Dokters in Indië het die Gates-kampanje van die polio-uitbraak en ‘n verlammingsepidemie beskuldig waarna die Indiese owerheid Gates met sy entstof en al uit die land geskop het en polio-gevalle dramaties afgeneem het. Nog in 2017 het die WGO erken dat die wêreldwye polio-uitbraak hoofsaaklik as gevolg van die entstof was. Teen 2018 was 70% van polio-gevalle openlik met die entstof verbind, ook die epidemies in Kongo, Afghanistan en die Filippyne.
Hierdie misdrywe het ‘n baie lang lys maar as ons voortgaan raak hierdie artikel te lank. Die kern van die saak is dat Gates wat vir die Wêreld Geldmag werk niks, maar niks ontsien om die wêreldpopulasie te verminder nie. Hy sê dit openlik al vir soveel jare dat almal ingelig behoort te gewees het en dit nie as ‘n samesweringsteorie sou bestempel as hulle ‘n klein bietjie moeite gedoen het nie. Hou op om te dink dit gebeur net in ander lande en met ander mense, dit is nou ‘n werklikheid ook hier by ons!
Nou is die vraag: dink u hierdie bose plan gaan by Suid-Afrika se swartes stop? Natuurlik nie! Vir die blankes wag daar nog méér ellende wanneer die werklike inentingstof arriveer. Ons sal ook siek word en diegene met swak immuniteit sal ook sterf, maar erger nog, diegene wat dit oorleef sal nie net die hel van digitale verslawing beleef nie maar dalk ook ‘n ander hel in die hiernamaals. Daar is mense wat hieroor verskil, wat meen die merk van die dier is ‘n simboliese saak. Glo wat u wil maar weet u was gewaarsku om nie hierdie inenting te ontvang nie. Al sou die wêreld vir ons hoe moeilik gemaak word omdat ons dit weier, sterf dan liewer as ‘n geredde en behou u ewige lewe!