Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Volgelinge van Jesus sit hulself neer maar tel ook iets op - ’n kruis. “….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” Eers neersit, dan optel.
ONTHOU U NEURENBERG?
COVID-REGULASIES ERGER AS KRYGSWET!
Onthou u nog die reeks verhore in Nürnberg, Duitsland, in 1945–46? Hier kom ‘n tweede een, groter as die eerste, word daar gesê. En weer is Duitsland betrokke.
Neurenberg, waarin voormalige Nazi-leiers deur die Internasionale Militêre Tribunaal aangekla en as oorlogsmisdadigers verhoor is, het die Duitse leierskap ontbloot wat die Nazi-diktatuur ondersteun het. Van die 177 beskuldigdes is 24 ter dood veroordeel, 20 tot lewenslange gevangenisstraf en 98 ander gevangenisstraf. Vyf en twintig beskuldigdes is onskuldig bevind. Baie van die gevangenes is vroeg in die vyftigerjare vrygelaat as gevolg van kwytskelding. Tien vooraanstaande lede van die politieke en militêre leierskap van Nazi-Duitsland is gehang. Lord Justice Geoffrey Lawrence, die Britse lid, was die voorsitter van die verrigtinge wat tien maande geduur en uit 216 hofsittings bestaan het. Op 1 Oktober 1946 is 12 argitekte van die Nazi-beleid ter dood veroordeel. Sewe ander is gevangenisstraf opgelê wat wissel van tien jaar tot lewenslank, en drie is vrygespreek.
Dr. Reiner Fuellmich, ’n verbruikersregprokureur van Duitsland en ook aktief in Kalifornië, berei tans die grootste groepsgeding in die geskiedenis voor, 'n tweede NEURENBERG. Dr Fuellmich en ‘n klomp ander regslui is besig met ‘n saak teen die Geldmag wat agter die hele Covid-klug sit. Die doel van die Geldmag is om daardeur beheer oor die hele wêreld te kry vir die tot standkoming van ‘n Eenwêreldregering. Dr Fuellmich glo dat hy met sy regsaksies op die punt van ’n deurbraak staan “omdat hulle soveel foute maak. Ek dink nie al hierdie newe-effekte van entstowwe is deel van die plan nie.” Hy beweer dat hy ’n fluitjieblaser by sy aksie kan insluit wat kan bewys die oorspronklike plan was om die Covid-plandemie in 2050 in werking te stel. Maar toe raak diegene wat hierby betrokke is, gulsig en vervroeg dit aanvanklik na 2030 en uiteindelik na 2020. “Die punt is dat ons die bewys het,” sê Fuellmich. “Ons het nou al met meer as honderd wetenskaplikes en ander mense gesels, en dieselfde mense wat voor ons komitee getuig het, kan in die hof getuig ...”
Sy gevolgtrekking van die hele Covid-pandemie is dat dit ’n onsigbare oorlog om die mense se soewereiniteit is. Hy sê inperkings, maskers, sosiale afstand en ander maatreëls het niks met 'n virus te doen nie. “Covid 19 — as dit hoegenaamd bestaan — is so sag soos griep. Foutiewe toetse is die basis van hierdie valse pandemie. Die entstof moet vermy word,” is sy advies.
Intussen sê ’n ander Duitse advokaat, Beate Bahner en spesialis in mediese reg, dat beplande wysigings aan wetgewing ter beskerming van infeksies wat tans voor die Bundestag parlement in Duitsland dien, veel verder strek as krygswet. Sy beskryf dit as die “grootste staatsgreep sedert die einde van die oorlog... die einde van alle vryhede, die volkome vernietiging van regte en die permanente uitwissing van demokrasie. Die nuwe beplande wet op die beskerming van infeksies is om permanente inperkings en ’n permanente kontakverbod daar te stel. Dit is nie net die totstandkoming van 'n permanente noodtoestand nie, die regulasies van die wet strek veel verder as krygswet.” Dus, soos ons heeltyd stel, ‘n totale kriminele daad teen die mensdom!
Wat hier vir ons wag volgens kundiges,sal die Neurenbergverhore van 1945 na ‘n kinderpartytjie laat lyk. Waarom glo die publiek die nie-kundiges soos Bill Gates eerder as elke wetenskaplike en dokter en verpleegster wat die saak in alle eerlikheid en kommer sonder enige vergoeding reg bo-op die tafel kom plaas het vir die hele wêreld om te sien?
Mag hierdie saak so groot word dat elke siel daarvan kennis neem. En bid asseblief vir die persone wat die saak lei want hulle lewens is tans niks werd in die oë van die Geldmag nie – gewoonlik sterf diegene wat die Geldmag se planne teenstaan op ‘n twyfelagtige wyse sonder dat die media daaroor berig.