Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wonder jy of God nog van jou bewus is in jou pyn en lyding? Augustinus het hierdie trooswoorde vir jou: God het één Seun sonder sonde, maar God het géén seuns sonder lyding nie. Al God se kinders hier op aarde word deur lyding beproef, maar ons sink nie soos die godloses daardeur nie want ons loop op die water van dankbaarheid teenoor Hom wat ons bo hou.
JY IS NIE ALLEEN!
Ope brief aan diegene wat wys genoeg was om hulle nie met die COVID-19-gifspuit te laat opfoeter nie.
Jy is nie alleen nie! In Amerika alleen is daar 17,000 dokters wat met jou saamstaan. Wêreldwyd is daar duisende dokters wat wakker genoeg was om die waarheid in te sien, net soos jy. Vanaf 28 Julie 2021 het 70% Suid-Afrikaners hulle nie laat inspuit nie; 29% van die Kanadese het nie die gifspuit ontvang nie, en 'n bykomende 14% het net een gekry voor hulle oë en verstand oopgegaan het. In die VSA en in die Europese Unie is minder as die helfte van die bevolking volledig “ingeënt”, en selfs in Israel, die "wêreld se laboratorium" volgens Pfizer, bly een derde van die mense heeltemal “ongeënt”, ten spyte van die leuens wat die media verkondig.
Politici en die media het 'n eenvormige siening ingeneem en die oningespuites as sondebok voorgehou vir die probleme wat ontstaan het ná agtien maande van vreesskepping. Dit is tyd om die saak reg te stel.
Dit is heeltemal redelik en wettig om 'nee' te sê vir onvoldoende getoetste “entstowwe” waarvoor daar geen betroubare wetenskap is nie. Jy het die reg om voogdyskap van jou liggaam te neem en om mediese behandelings te weier as jy dit goedvind. Jy het die reg om 'nee' te sê vir 'n skending van jou waardigheid, jou integriteit en jou liggaam se anatomie. Dit is jou liggaam, en jy het die reg om te kies. Jy het ook die reg om vir jou kinders te veg teen die sataniese poging tot massa-inenting by skole.
Aangesien die newe-effekte van die gifspuit aanvanklik onbekend was maar nou al meer duidelik blyk af te stuur op ‘n totale ineenstorting van die liggaam se immuniteit, het jy nog meer reg om dit te bevraagteken. Hartsiektes en beroertes, longsiektes en transgenerasie-effekte is aan die orde van die dag – al meer babas word met pikswart ogies soos gepas in die reptielewêreld, gebore. Sommige van hulle begin selfs op twee maande loop. En sommige word met vyf en ses arms en/of bene gebore.
“Entstof”-geïnduseerde deregulering van natuurlike immuniteit is nie meer onbekend nie; elke inspuiting verswak die natuurlike immuniteit, daarom is hospitale wêreldwyd propvol siek mense, almal met die gifspuit ingespuit.
Jy word geteiken deur hoofstroommedia, regeringsveldtogte, onregverdige reëls en beleide, werkgewers en die sosiale media-skare. Plaaslik het Dischem, Sanlam, Clicks, te veel om op te noem, verpligte inspuitings op hulle werkers afgedwing, en dis onwettig! Omdat Rhamaphosa dit weet, het hy die onus op die werkgewers gelaai en hou hy homself uit die geveg. Die Santam-groep het pas ‘n reël vasgelê wat op 1 Maart in werking tree. Werknemers sal ingespuit word as hulle die kantoor wil betree. Indien hulle wegbly word hulle afgedank. ‘n Omkoopgeskenk van R1000 word aan almal wat hulle laat inspuit gegee. Dit is om van siek te word! Hoeveel geld is aan sulke organisasies deur die Geldmag as omkoopgeld gegee? En God haat omkopery, leer ons in die Woord.
Daar word vir jou gesê dat jý nou die probleem is en dat die wêreld nie kan terugkeer na normaal nie, tensy jy ingespuit word. Jy word boosaardig deur propaganda gestraf en deur ander rondom jou onder druk geplaas. Onthou maar net: daar is niks fout met jou nie. Jy is die een wat vroegtydig navorsing gedoen en uitgevind het dat daar ‘n onmenslike, sataniese poging aangewend word om die wêreldbevolking met ongeveer 90% te verminder deur hulle siek en dood te maak.
Jy word ten onregte daarvan beskuldig dat jy 'n fabriek is vir nuwe SARS-CoV-2-variante, terwyl jou natuurlike immuunstelsel immuniteit teen veelvuldige komponente van die virus genereer, en dit is bevestig deur vooraanstaande wetenskaplikes. Dit sal jou beskerm teen 'n groot verskeidenheid virale variante en verdere verspreiding na enigiemand anders keer.
Jy is geregverdig om onafhanklike eweknie-geëvalueerde studies te eis, nie befonds deur multinasionale farmaseutiese maatskappye nie. Al die eweknie-geëvalueerde studies van korttermynveiligheid en korttermyndoeltreffendheid is deur hierdie winsgewende korporasies befonds en georganiseer, gekoördineer en ondersteun; en geen van die studiedata is openbaar gemaak of beskikbaar aan navorsers wat nie vir hierdie maatskappye werk nie. Dus is niks daarvan betroubaar nie.
Jy is reg om die voorlopige “entstof”-proefresultate te bevraagteken. Die beweerde hoë waardes van relatiewe doeltreffendheid is afhanklik van ‘n klein aantal vasgestelde "infeksies". Die studies was ook nie ‘blind’ nie; mense wat die inspuitings gegee het, het wel geweet of hulle die eksperimentele “entstof” of die placebo inspuit. En dít is nie aanvaarbare wetenskaplike metodologie vir entstofproewe nie.
Jy is korrek in jou oproepe vir 'n verskeidenheid van wetenskaplike menings. Soos in die natuur, het ons 'n polikultuur van inligting en die interpretasies daarvan nodig. En ons het dit nie nou nie. Die keuse om nie die inspuiting te neem nie, hou ruimte vir rede, deursigtigheid en aanspreeklikheid om na vore te kom. Jy is reg om te vra: “Wat kom volgende wanneer ons gesag oor ons eie liggame weggee?'
Moenie geïntimideer word nie. Toon integriteit. Kom saam in julle gemeenskappe, maak planne om mekaar te help en staan vir wetenskaplike aanspreeklikheid en vrye spraak wat nodig is vir die samelewing om te floreer. Jy is een van baie wat saam met jou staan.