Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het alles vir ons kom doen op aarde; selfs sy uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" het beteken dat ons as Christene nooit weer daardie vraag hoef te vra nie!
KIES NOŰ DIE REGTE KANT!
Terwyl Ramaphosa plaaslik ‘n grootskaalse mandaat vir die gifspuit beplan (soveel so dat hy besig is om dit in wetgewing op te neem) het baie van die Europese lande aangekondig dat hulle van nou af Covid as net nog 'n endemiese siekte gaan hanteer. Denemarke, Noorweë, Switserland en die Tsjeggiese Republiek het almal begin om Covid-verwante beperkings op te hef, soos beperkings op byeenkomste en die vereiste dat Covid-passe gedra moet word. Veral Italië, Finland, Ierland, Frankryk en Litaue doen baie in hierdie verband.
Die meeste van hierdie lande beplan om teen Maart so na as moontlik aan "normaal" te wees. In Brittanje hoef mense nie meer van hulle huise af te werk nie. Ook hoef hulle nie meer maskers te dra nie en is die Covid-pas ook afgeskaf.
Kom ons kyk bietjie nader na sommige van hierdie lande.
Denemarke was die eerste land in die Europese Unie wat beperkings geskrap het. Denemarke het nooit probeer om die gifspuit ‘n mandaat te maak nie, alhoewel 78% van die bevolking dit vrywillig ontvang het. Hulle staatsamptenare het verklaar dat hulle nie hul bevolking wil dwing nie want hulle wil nie die vertroue van die mense skend nie. Klink of daar darem ‘n paar politici met breinselle is...
Op 3 Februarie het Swede ook aangekondig dat hulle die gebruik van Covid-passe beëindig. Swede was berug (of inspirerend, afhangend van hoe jy daarna kyk) omdat daar nie inperkings toegepas is nie toe die res van die wêreld dit gedoen het. Hoe het die Swede gevaar? Het hulle almal gesterf vir hul weiering om hul bevolking in huisarres te plaas?
Wel, vanaf 5 Februarie 2022 het die Swede ongeveer 1592 sterftes per miljoen as gevolg van Covid gehad, terwyl die Amerikaners ongeveer 2707 sterftes per miljoen gehad het.
En, soos die Dene, het die Swede nooit 'n mandaat daargestel nie, alhoewel hul land ook meer as 70% vrywillig ingespuit is. Interessant genoeg het Swede die inspuit van kinders verbied.
Intussen het Brittanje die tweede ergste Covid-verwante dodetal in Europa gehad en is slegs deur Rusland oortref. En tog het die Britte aan die einde van Januarie besluit dat Omicron 'n hoogtepunt bereik het en dat hulle ook gereed is om alle inperkings te staak.
Sien ons geringe oorwinnings met die verval van mandate?
Dit is te gou om ‘n oorwinning te verklaar. Dit lyk asof sommige lande daarop ingestel is om hul burgers nou strenger as ooit te hanteer. Net soos wat dit nou vir Suid-Afrika wag, het die Oostenrykers pas die wêreld se strengste mandaat tot dusver by wet onderteken. Die regering beplan om mense met tot $4 000 kwartaalliks te beboet totdat hulle hul onderwerp om ingespuit te word. Om dit af te dwing, reis polisiebeamptes rond en stop mense lukraak om hul papiere na te gaan. Mense wat nie bewys kan lewer nie, word ter plaatse beboet.
Duitsland, met 'n bevolking van ongeveer 85 miljoen, doen nou soos die Amerikaners. Ongeveer die helfte van die Duitsers is gereed om die beperkings te skrap. Die ander helfte dink steeds dit is te gou. Duitse leiers, soos die Minister van Gesondheid, Karl Lauterbach, het mandate soortgelyk aan dié van Oostenryk voorgestel, maar vanaf 8 Februarie 2022 kan Duitsers steeds nie tot 'n ooreenkoms kom nie.
Maar wat van Australië?
The Organic Prepper het talle artikels geplaas oor Australië se drakoniese inperkings. Australië het sommige van sy reëls met betrekking tot interstaatlike reis effens verslap, maar alle openbare interaksies vereis bewys van die inspuiting.
Teen die einde van Desember het Suid-Afrika se Ministeriële Advieskomitee aanbeveel om al hul oorblywende Covid-beperkings, soos kwarantyn en kontakopsporing, te laat vaar. Dit was redelik aangesien ons sterftesyfer nooit die hoogte ingeskiet het nie. Waarom dan nou ‘n mandaat wettig? Dan het dit mos niks te make met ons gesondheid nie en is ons reg om te beweer dat die Geldmag sy seekatarms diep in Ramaphosa en sy bende ingesteek het.
Sekerlik ook daarom dat die Amerikaanse hoofstroommedia nie wil erken dat die wêreld nou klaar is met Covid nie.
Daar is vreemde dinge aan die gang in die mediese wêreld. Sterftesyfers het dramaties gestyg. Toe die hoof van 'n lewensversekeringsmaatskappy in Indiana gesê het dat eise met 40% gestyg het onder mense van werkende ouderdom, was dit groot nuus. Dit lyk of daar 'n wye reeks kwale is wat skielik aan die toeneem is. Daar is geen nuwe oorsaak van dood vir al hierdie jongmense nie. Dit was duidelik dat die sterftes nie van die Covid-virus was nie, en om aan te dring op maskers en inperkings (wat selfs deur Johns Hopkins erken is dat dit in elk geval nie gehelp het nie) is op hierdie stadium onverdedigbaar.
Dit lyk asof ons by 'n kruispad is. Aan die een kant het state soos New York en New Jersey moeg geword vir die voortdurend veranderende mandate, wat almal nutteloos teen Omicron bewys het. Die gesondheidsorgwerkers wat die hele bevolking ses maande gelede nog wou inspuit of andersins uit die burgerlike samelewing verban, het eienaardig stil geword. Aan die ander kant vra Biden en sy "kundiges" steeds die mense om vir "nog 'n paar weke" aan te hou.
’n Soortgelyke toneel speel af in Kanada.
Alhoewel goewerneurs van Alberta, Saskatchewan en Quebec almal die einde van beperkings aangekondig het, probeer Trudeau, vanaf 9 Februarie, steeds sy publiek oortuig dat entstofmandate die beste manier is om verdere beperkings te vermy. Maar dit verbaas nie as mens na die foto kyk waar hy en Bill Gates hand om die nek staan.
Binne die Europese Unie is baie lande gereed om beperkings te laat vaar. Die EU self wil ongelukkig die gebruik van die Covid-passe uitbrei vir nog 'n jaar. Aangesien Omicron regoor die vasteland sy hoogtepunt bereik het, bestaan daar geen rede vir hierdie verlenging nie.
Wat het met vrye spraak gebeur? Die veelseggendste is dat die Amerikaanse departement van Binnelandse Veiligheid op 8 Februarie 2022 'n bulletin uitgereik het wat die Covid-sage met binnelandse terrorisme gelykstel. Hoe meer tyd verbygaan, hoe meer dui al die gebeure van die afgelope twee jaar daarop dat die Amerikaanse regering, die Kanadese regering en die EU probeer om toesigstate te implementeer wat niks met gesondheid te doen het nie.
So, wêreldwyd, het ons regerings wat meer onderdrukkend word en bevolkings wat by die dag minder wil saamwerk. Hierdie soort spanning het nog nooit goed geëindig nie. Mense in alle lande is keelvol vir die mandate. Die Kanadese vragmotor-saamtrek bly inspireer. Binne die volgende twee weke beplan vragmotorbestuurders regoor die wêreld van Noorweë tot Nieu-Seeland soortgelyke betogings. Dit is dalk die laaste kans vir vryheidsliefhebbers om hulself te laat hoor.
Die meeste van ons kan nie beleid verander of politici beïnvloed nie. Maar die klein keuses wat ons elke dag maak, maak saak. Rapporteer ons heterodoks-denkende vriende, familie en kollegas soos regerings wil hê ons moet? Of ondersteun ons mekaar? Gaan ons "net saam met die stroom", of gaan ons voort om te praat oor skending van ons menseregte? Spandeer ons ons tyd om voor 'n TV uit te strek of om vaardighede aan te leer wat ons sal help om bates vir ons gemeenskappe te word?
Daar is nie ‘n maklike pad hieruit nie. Ons moet in staat wees om ons moed hoog te hou in die lig van tekorte, frustrasies en ongerief. As ons aanhou om mekaar te ondersteun en ons gemeenskappe sterk hou, kan ons voorkom dat ons nog jare lank in medies-tegniese tirannie vasval.
Die tyd om bewustelik kant te kies is nou!