Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God hét sekere uitverkore volke, dit leer sy Woord ons, maar dit kom ook met sekere verantwoordelikhede saam: "Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees" Kol 3:12.
DODELIKE NUWE MOORDENAAR
Kankersyfers het sedert die bekendstelling van die COVID-inspuitings dramaties toegeneem en is een van die top drie hoofoorsake van voortydige dood onder jonger volwassenes – 'n neiging wat op sy beurt alle mense se lewensverwagting laat afneem.
In 2019 was die gemiddelde lewensduur van bv Amerikaners van alle rasse byna 78,8 jaar. Teen die einde van 2021 het dit tot 76,42 gedaal – 'n verlies van byna drie jaar wat 'n verstommende afname is. Die hoofoorsake van sterftes in 2021 was hartsiektes en kanker, en dit was hoër in 2021 as in 2020. Beide hierdie hartsiektes en kanker is newe-effekte van die COVID-inspuitings.
Op 26 November 2022 het The Daily Skeptic 'n brief aan die redakteur van The BMJ gepubliseer, geskryf deur dr. Angus Dalgleish, professor in onkologie aan die St. George's Universiteit van Londen, waarin gewaarsku word dat COVID-versterkers aggressiewe verspreiding van kankers kan veroorsaak:
“Die grootste rede om alle entstofprogramme te staak is die kankerontploffing. As 'n praktiserende onkoloog sien ek mense met 'n stabiele siekte vinnig vorder nadat hulle gedwing is om 'n versterker te kry, gewoonlik sodat hulle kan reis. Selfs binne my eie persoonlike kontakte sien ek B-sel-gebaseerde siekte ná die versterkers”.
In 'n artikel in Conservative Woman op 19 Desember 2022, gaan Dalgleish voort om die verskynsel van vinnig verspreide kankers by pasiënte wat jare lank in stabiele remissie was voordat hulle hul COVID-versterkers ontvang het, te bespreek. Hy merk op dat verskeie onkoloë hom gekontak het nadat sy brief aan The BMJ gepubliseer is om te sê dat hulle dieselfde ding in hul eie praktyke sien.
"Om die herhaling van hierdie kankers na al die tyd te sien, laat my natuurlik wonder of daar 'n algemene oorsaak is. Ek het voorheen opgemerk dat terugval in stabiele kanker dikwels geassosieer word met erge langtermyn spanning, soos bankrotskap, egskeiding, ens. Ek het egter gevind dat nie een van my pasiënte so 'n ekstra stres gedurende hierdie tyd gehad het nie, maar hulle het almal booster-entstowwe gehad.
“Ek het toe opgemerk dat sommige van hierdie pasiënte nie 'n normale patroon van terugval het nie, maar eerder 'n plofbare terugval, met metastases (uitsaaiings/verspreiding))wat gelyktydig op verskeie plekke voorkom.”
Sy kommer het verder toegeneem toe sy seun miokarditis ontwikkel het nadat hy 'n inspuiting gehad het wat hy nie wou hê nie, maar wat hy nodig gehad het vir werk- en reisdoeleindes. 'n Vriend van sy seun, wat in sy vroeë 30's was, het 'n beroerte gehad ná sy inspuiting, en 'n familielid van 'n naaste kollega is op 34-jarige ouderdom ná hare, aan 'n hartaanval dood.
Dalgleish sê sy span se bevindings is uiteindelik onder kabinetslede en verskeie mediese komitees versprei, maar almal het dit geïgnoreer. Gevolglik is baie mense op onnodige risiko geplaas vir ernstige beserings en/of dood.
Soos Dalgleish uitwys, word jong harte onder druk geplaas deur die ACE-reseptor waaraan die virus gemanipuleer is om te bind. Hierdie binding met die ACE2-reseptor is wat die inflammatoriese reaksie veroorsaak, wat lei tot miokarditis, perikarditis, beroerte en sterftes.
“Ek het hard probeer om te waarsku teen die inspuitings. Ongelukkig is al my pogings en benaderings tot die hoofstroommedia oor hierdie onderwerp verwerp.”
In Augustus 2022 het The Exposé wetenskaplike bewyse voorgelê wat toon dat die COVID-inspuiting kanker van die eierstokke, pankreas en bors veroorsaak, en dat 'n monumentale toesmeerdery plaasvind om die gevolge op veral vroue se gesondheid te verberg.
Navorsing toon dat SARS-CoV-2-piekproteïen 90% van die DNS-herstelmeganisme in limfosiete uitwis. ‘n Limfosiet is 'n soort witbloedsel wat jou liggaam help om infeksie en chroniese siektes, insluitend kanker, te beveg.
Die betrokke navorsing was dié van Jiang en Mei, wat 'n eweknie-geëvalueerde artikel gepubliseer het wat getoon het dat die SARS-CoV-2-piekproteïen die DNS-herstelmeganisme se limfosiete uitgewis het.
Jiang en Mei, heel logies en redelik, het gewaarsku dat die mRNS-piekproteïen waarskynlik dieselfde effek as die virale piekproteïen sal hê en dus kanker sal veroorsaak. Die Jiang en Mei-navorsing is teruggetrek as gevolg van sogenaamde “valse en oordrewe uitdrukkings van kommer” (EOC) oor die metodes van die studie, al is dit presies volgens standaardpraktyk uitgevoer. Só vasberade was die globaliste om te keer dat die waarheid sou uitkom!
Soos opgemerk deur Smalley, was een van die skrywers van die EOC wat gelei het tot die terugtrekking van die referaat, Eric Freed, Ph.D., wat aan die hoof staan van die Amerikaanse Nasionale Instituut van Gesondheid se Sentrum vir Kankernavorsing.
Hy is sedert 2002 in ‘n permanente aanstelling as ondersoeker by die Nasionale Instituut vir Allergie en Aansteeklike Siektes (NIAID) en NIH, die einste agentskappe wat Moderna se mRNS-spuite gefinansier het, aangestel, maar hierdie botsing van belange is nie in die EOC bekend gemaak nie.
Aan die einde van September 2022 het The Atlantic die verhaal van die Belgiese immunoloog Michel Goldman (67) vertel, wat in die lente van 2021 sy eerste en tweede COVID-spuite gekry het. In die herfs daardie jaar is limfoom, kanker van die immuunstelsel, by hom gediagnoseer.
Slegs weke ná sy liggaamsskandering en diagnose het hy sy eerste versterkinginspuiting gekry, omdat hy gedink het dat hy dit nodig het aangesien hy binnekort as gevolg van die chemoterapie aan immuungebrek sou lei. Maar die versterker het 'n vinnige afname in sy gesondheid veroorsaak.
Nog 'n liggaamskandering aan die einde van September 2021, net drie weke na sy eerste skandering, het 'n splinternuwe spervuur van kankerletsels onthul – soveel kolle dat dit gelyk het of iemand vuurwerke in Michel se liggaam afgevuur het. Meer nog, die letsels was nou prominent aan beide kante van die liggaam, met nuwe trosse wat in Michel se regter-oksel en langs die regterkant van sy nek geblom het.
Toe Michel se hematoloog die skandering sien, het sy hom aangesê om direk by die naaste hospitaalapteek aan te meld. Hy sou dadelik met steroïedpille moes begin. So 'n vinnige groei vir limfoom in net drie weke was hoogs ongewoon, en hy kon dit nie waag om 'n enkele dag langer te wag nie.
Goldman was gelukkig. Hy het geleef om daaroor te praat. Baie ander was nie so gelukkig nie. En hoewel hy steeds glo dat hy 'n rare geval is, het hy sedertdien verslae ontvang van ander pasiënte wat skielik T-sel limfoom ontwikkel het ná hul inspuitings.
Omstreeks dieselfde tyd het Michel 'n boodskap ontvang van 'n dokter wat sy gevalverslag gelees het. Die dokter se ma is gediagnoseer met dieselfde limfoom as wat Michel ná 'n COVID-versterkingsinspuiting gekry het. Meer onlangs het hy ’n e-pos ontvang van ’n vrou wie se suster ingespuit is en die volgende maand dieselfde diagnose ontvang het.
‘n 80-jarige Japannese vrou wat in ‘n gevalleverslag in Frontiers in Medicine verskyn, het die volgende dag net ná haar eerste skoot 'n merkbare gewas ontwikkel.
Data van die Defense Medical Epidemiology Database (DMED) – histories een van die mees goed bewaarde en mees gesteunde mediese databasisse in die wêreld – het getoon dat, in vergelyking met die vorige vyfjaargemiddelde, kanker onder personeel van die Departement van Verdediging (DOD) in 2021 die hoogte ingeskiet het.
Oor die algemeen het kankers onder dienspligtiges en hul familielede verdriedubbel net ná die ontplooiing van die COVID-inspuitings. Borskanker het met 487% toegeneem.
Een van die eerstes wat gewaarsku het dat die inspuitings kanker kan veroorsaak, was dr. Ryan Cole, 'n patoloog wat sy eie patologie-laboratorium bestuur. Hy het opgemerk dat kankers wat voorheen goed beheer was skielik buite beheer groei en vinnig tot die dood lei sodra hulle die COVID-spuit kry.
‘n Sweedse patoloog, navorser en senior geneesheer aan Lund se Universiteit, dr. Ute Kruger, het ook 'n ontploffing in vinnig vorderende kankers waargeneem in die nasleep van die COVID-spuit. Sy het byvoorbeeld opgemerk dat:
• Kanker tref mense van al jonger ouderdom — Die ergste toename is onder 30- tot 50-jariges;
• Tumorgroottes word dramaties groter — Histories is gewasse van 3 sentimeter algemeen gevind ten tye van normale kankerdiagnose. Nou is die gewasse wat hulle vind gereeld 4 tot 12 sentimeter groot, wat daarop dui dat hulle teen 'n baie vinniger tempo as normaal groei;
• Veelvuldige gewasse in verskeie organe word meer algemeen;
• Herhaling en metastase (uitsaaiing/verspreiding) neem toe — Kruger wys daarop dat baie van die kankerpasiënte wat sy sien al jare lank in remissie is, net om skielik met onbeheerbare kankergroei en metastase geteister te word kort ná hul COVID-spuit.
Ons beleef nou presies wat die globaliste wou hê, en dit is maar die puntjie van die ysberg. Baie van hierdie kankers kan vyf tot tien jaar neem voordat dit oorneem en uiteindelik die dood veroorsaak. Ons sal dus in die volgende jare miljoene mense sien sterf ook aan verskeie soorte kankers.