Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Almal van ons maak foute. Ons moet egter eg in ons berou wees sodat ons nie God se saak benadeel nie.
DERDEPOORT (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die Engelse offensief uit die noorde
Toe generaal Grobler wat die noordelike kommando’s moes aanvoer, op 12 Oktober 1899 van die Staatsekretaris die kennisgewing ontvang dat die Oorlog uitgebreek het, was die kommando’s van Waterberg en Soutpansberg nog nie naastenby op hulle aangewese poste nie. Hulle was dus nie in staat om die opdrag wat vroeër aan hulle uitgereik is, onmiddellik uit te voer nie. Hulle sou die grens vanaf hulle onderskeie plekke oorsteek, tot teen die Kaapstad-Bulawayo-spoorlyn deurdruk en noordwaarts in die rigting van
Die Waterbergers het eers teen 21 Oktober by die grens aan die Palala aangekom en die Soutpansbergers het in verskillende veldkornet-skappe op 19 Oktober by die grens opgedaag, by Rhodesdrif, Pontdrif, Middeldrif, Hendriksdal en naby Slypsteendrif. Hulle aanvoerder, assistent-generaal HC van Rensburg, het opdrag gehad om die grens oor te steek in die rigting van Tuli en saam met die Waterbergers deur te druk na
Bang offisiere
Die Regering was bitter teleurgestel toe daar niks gebeur nie. Talryke dringende aanmanings het niks gehelp nie. Nóg generaal FA Grobler met die Waterbergers, nóg waarnemende generaal Van Rensburg met die Soutpansbergers het Rhodesië binnegeval. Van Rensburg wat oor geen artillerie beskik het nie, was só geïmponeer deur gerugte aangaande die sterkte van die Engelse krygsmag wat aan die oorkant van die rivier in die ruigte gelê het, die versterkings wat hulle daagliks sou ontvang en die baie kanonne wat hulle sou besit, dat hy dit die verstandigste geag het om maar liewer op Transvaalse bodem te bly.
In antwoord op die Regering se vertoë het hy toe maar net dringend getelegrafeer dat hy van kanonne voorsien moes word voordat hy dit kon waag om aanvallend op te tree en origens het hy doodstil gelê. Alhoewel die Regering onmiddellik twee groot maxims met die nodige bediening onder kaptein Sarel Eloff uit Pretoria aangestuur het, sou dit egter nog geruime tyd duur voordat die kanonne hul bestemming bereik en intussen is die Engelse troepe oorkant die rivier toegelaat om hulle in te grawe en die Swartes op die Transvaalse noordelike en noordwestelike grens ongehinderd op te stook.
Plumer en die Rhodesiërs
Die Engelse troepemag in Rhodesië was nie groot nie. Dit het bestaan uit sowat 500 soldate (5 eskadrons van die Rhodesia Regiment en 100 British South Africa Police) met een 12½ ponder maxim Nordenfeldt, twee 2½ duim voorlaaierkanonnetjies en twee gemonteerde .45-martini-henry-maxims, alles onder bevel van luitenant-kolonel HCO Plumer, wat ook die gebruik van die gepantserde trein, HM Powerful, tot sy beskikking gehad het.
Plumer was ‘n opgeleide infanterie-offisier wat in Julie 1899 deur Wolsley na Suid-Afrika toe gestuur is as een van die onderoffisiere wat Baden-Powell in sy taak moes bystaan. Hy het in 1896 saam met BP in die Matebele-opstand geveg en was dus op hoogte met die toestande in Rhodesië.
Hy moes die Britse gebied noord van Mafeking tot aan die Portugese grens verdedig. Baden-Powell het hom opdrag gegee om die grens te verdedig vanaf Tuli as middelpunt. Hy moes die Boere deur magsvertoon dwing om ‘n groot mag vir Noord-Transvaal af te sonder en besig te hou, sodat hulle aandag afgetrek word van die Britse hoofmag wat in die suide in aantog was.
Plumer het vroeg in 1899 van
Skermutselings langs die
Ofskoon die terrein langs die Limpoporivier baie ruig was en dit bykans onmoontlik was om doeltreffende verkenningswerk te doen, het die twee teenoormekaarstaande magte daarin geslaag om mekaar se posisies voor die 20e te ontdek. Aanvanklik het daar geen botsings voorgekom nie, maar die Engelse was nie lank met die stilsittery tevrede nie.
Op die 20e, onderwyl veldkornet Briel besig was om patrolliediens langs die rivier te doen, het die Engelse skielik van uit die doringruigtes op die oorkantste oewer op hulle losgebrand, 3 perde en een os gedood en een perd gewond. Van die Engelse was slegs ‘n paar troepe tussen die bome deur sigbaar en van hulle het die burgers, wat dadelik die vuur beantwoord het, twee Blanke en twee Swart soldate neergeskiet en een perd verwond. Terselfdertyd het ‘n patrollie van die hooflaer in aanraking gekom met ‘n aantal Swart wagte van die Engelse en sonder enige eie verliese, vier van hulle doodgeskiet.
Die aanwesigheid van ‘n aantal skynbaar veglustige troepe op die oorkantste rivieroewer het die Boere tot optrede gedwing, want die Engelse het die toegang tot die rivier vir mens en dier baie gevaarlik gemaak en sodoende die burgers van die enigste drinkwater in die omgewing afgesny. Die Boere was dus gedwonge om met die oog op drinkwater, vir hulle die onbetwiste besit van ten minste ‘n deel van die stroom te verseker. Daarom het waarnemende kommandant Jan du Preez ‘n poging aangewend om hierdie reg te beveilig deur ‘n fort aan die rivier te bou met die doel om daaruit die Engelse te skiet, maar dit het skynbaar nie geslaag nie. Die offisiere het toe noodgedwonge besluit dat daar maar net één doeltreffende metode was om die drinkwater vir die komman-do te beveilig en dit is om die troepe by Rhodesdrif aan te val en te verdryf.
So gebeur dit toe dat veldkornet Briel met ‘n perdekommando op 21 Oktober die rivier oorgesteek het om die vyandelike stellings te gaan aandurf. Briel het sukses behaal. Die Engelse is na ‘n warm skermutseling teruggeslaan met ‘n verlies van 5 gesneuweldes en 4 vermistes (deur die Boere krygsgevange ge-neem). Daar was twee burgers gewond. Hulle het 8 perde en 3 bokseile gebuit. Al die vyandelike patroonbande wat gevind is, was met dum-dum-koeëls gevul.
Plumer het daarop besluit om maar liewer op Tuli terug te val. Die aggressiewe optrede van Briel het hom laat skrik vat. Hy het sy stellings die volgende dag verlaat. Toe Briel vroeg die oggend van die 23e oor die rivier trek, het hy die vyandelike kamp verlate aangetref, maar die perdevoer wat deur die Engelse aan die brand gesteek is, was nog smeulend.
Die bang Van Rensburg se manewales
Die feit dat die Engelse teruggetrek het, het Van Rensburg soveel moed gegee dat hy daaraan gedink het om dadelik na Tuli deur te druk, maar voordat hy hierdie voorneme kon uitvoer, het hy bang geword. Die gevange Engelse het hom verseker dat Plumer elke oomblik versterkings - insluitende ‘n battery artillerie - verwag het. Dit het Van Rensburg van sy voorneme laat afsien. Hy het weer eens by die Regering aangedring om hom van kanonne te voorsien, ten einde hom in staat te stel om die vyand te gaan aanpak.
Van Rensburg se weifelende houding het vir Plumer weer tot daadkrag aangespoor. Hy het patrollies in die rigting van die
Die bang Van Rensburg en sy mede-offisiere het hulle egter nou sterk genoeg gevoel om die Engelse stellings op die grens en tot by fort Tuli kragdadig aan te val en te vernietig. Hy het op Donderdag, 2 November, die Limpopo-rivier by Rhodesdrif met 300 perderuiters en 3 kanonne oorgesteek om teen die Engelse laers op te trek.
Van Rensburg het ‘n deel van sy mag onder veldkornette Briel en Alberts saam met kaptein Eloff en sy veldstukke noordwaarts laat voortstoot in die rigting van Tuli. Op pad het hulle by Bryce se winkel ‘n konvooi van 8 waens, begelei deur 26 man, wat op pad was na die Limpopo, oorrompel en met die gebuite voorraad na hul stellings aan die rivier teruggekeer. Intussen het die ander deel van die kom-mando, onder leiding van Van Rensburg persoonlik en bygestaan deur veldkornet Kelly en polisiekommandant Grobler, met ‘n maxim op Spreckley se eskadron in die rantjies net noord van Rhodesdrif losgetrek. Die Engelse het meteens ‘n witvlag gehys, maar toe die burgers uit hul skuilings opstaan om die soldate gevange te neem, begin dié weer te skiet en dood twee van die burgers. Uit een van hulle is ‘n dum-dum-koeël gehaal.
Die stryd is toe weer hervat tot dit donker was. Die Engelse het onder bedekking van die nag na Tuli gevlug met agterlating van alles behalwe hul gewere. Hulle het in ‘n gehawende toestand Tuli om 2 uur die nag bereik.
Van Rensburg het eers die volgende dag agtergekom dat die Engelse ontsnap het toe hy die bombardement op hul stellings hervat en na ‘n lang kanonnade eers ontdek dat hy besig was om sy bomme op ‘n verlate kamp te mors.
Daarmee was die onmiddellike omgewing van die grens van Noord-Transvaal nou darem van die Engelse gesuiwer, maar in plaas van onverwyld toe te slaan en die vlugtende Engelse met durf aan te pak, het Van Rensburg en sy offisiere in die verlate Engelse stellings bly sit en huiwer oor wat hulle nou verder moes doen. Die waarnemende Generaal se gesonde verstand het vir hom gesê dat hy nou Tuli moes gaan inneem, maar hy kon eenvoudig nie so ver kom nie en toe op 3 November die middag ‘n vals alarm die laer bereik, vlug hy met sy hele kommando terug oor die grens en laat die artilleriste met die kanonne net so in die verlate stellings in die steek, té haastig om weg te kom. Danie du Preez, Kommissaris van Naturelle, het daarna met veel moeite ‘n klompie vrywilligers gewerf en die veldstukke weer gaan haal.
Van Rensburg het op 4 November eers ontdek dat hy vir niks weggehardloop het nie. Hy het die stellings weer gaan beset en aan die Regering laat weet dat hy van plan was om die volgende dag na Tuli op te trek. Maar almal het geweet dat met Van Rensburg aan die hoof, daar nooit ‘n aanval op Tuli sou plaasvind nie.
Die onaktiewe Waterbergers
Die kommando Waterberg aan die Palala-rivier se offisiere het botweg geweier om die Regering se opdrag uit te voer. Hulle het gesê hulle sou niks anders doen as om net die grens teen ‘n vyandelike inval te bewaak nie. Hulle het geweier om hulle laer tot by die grens te verplaas, onder voorwendsel dat dit daar by die
Die Regering het hulle aanvoerder, kommandant Lombard, na Pretoria teruggeroep en vir Jan du Plessis de Beer in sy plek benoem, maar De Beer het net soos Lombard geweier om ‘n voet te versit. Niks kon die twee noordelike kommando’s, Waterberg en Soutpansberg, beweeg om die Regering se opdrag om Rhodesië binne te val en tot by
Omdat kolonel Plumer se krygsmag te klein was om vanuit die noorde die veiligheid van die Republiek ernstig te bedreig en generaal Cronjé met hulle sou afreken indien hulle suidwaarts sou beweeg, het die Regering die twee kommando’s in die noorde maar hulle gang laat gaan, totdat hulle in November gekommandeer is om na die suidelike oorlogsfront gestuur te word.