NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Soms wonder ons of God nog ag sal slaan op die Afrikanervolk, of het Hy ons finaal verlaat? Weens die ontrou van die volk Israel het God (Ex 33) geweier om verder saam met sy volk te trek. Tog het Hy Hom weer oor hulle ontferm toe Moses in groot berou namens die volk voor God ingetree het en het God weer (Ex 34) sy verbond met hulle hernu. Daarna was sy Teenwoordigheid in die wolk en die vuur sigbaar waarmee Hy die volk gelei het tydens die hele trek. Natuurlik is daar hoop vir die Afrikanervolk vandag, God wag net vir ons om berou te toon oor ons dwalinge en na Hom terug te keer.

DIE LEWE NA DIE DOOD (1)

Ds A.E. van den Berg

“En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek .... Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het”. (Pred.12:1,6,7)                                          

Die Bybel begin met:  “In die begin het God die hemel en die aarde geskape”. God neem verantwoordelikheid vir alles wat bestaan, ook die mens se lewe. Omdat ons lewe by God begin, maak die lewe slegs sin as ons Hom sentraal in ons lewe stel. Gen.1:31 meld dat God met die skepping tevrede was. Waar kom die dood dan vandaan? Dit staan in skrille kontras met die ganse skepping wat volmaak geskape is.

Die dood is aan die sondeval te wyte. Omdat God sonde nie duld nie, het Hy die eerste mensepaar uit die tuin van Eden verdryf waar die dood soos ‘n rower vir mense gewag het. Die lewe het egter nie daar geëindig nie, maar voortgegaan. Ongeveer 1000 jaar later het sonde so toegeneem, dat God die mensdom op agt na met 'n wêreldvloed omgebring het. Net Noag en sy gesin het ‘n dobberteken van God se redding te middevan ‘n verskriklike oordeel oorgebly.    

Moenie aan die dood as net ‘n straf van God dink nie. Dis die voltooiing van ‘n lewenspad. Ongelukkig sien baie mense dit as ‘n donker skaduwee wat hul bestaan bedreig. Nee, ons moet eerder vrede daarmee maak. Ons liggaam is vir die dood bestem.

'n Geboorte is die beginpunt en die dood die eindpunt.

Met die dood blaas ons die laaste asem uit om nooit weer asem te haal nie. Is ons lewe dan net ‘n asemteug?   Nee, goddank, nie! Hieroor is die Bybel baie duidelik. Die dood is nie net ‘n eindpunt nie, maar ook ‘n nuwe beginpunt. Die dood beëindig wel jou aardse lewe, maar baan daarna die weg vir ‘n nuwe bestaanswyse. Jy gaan voort.

Wat gebeur as jy sterf? Waarheen gaan jy? Hemel of hel toe? Nie een van die twee nie,maar wel na ‘n tussentoestand waaroor die Bybel die gordyn 'n skrefie ooptrek. Hierdie tussentoestand duur tussen jou dood en die opstanding met die wederkoms van Jesus.

So anders as die aardse bestaan, is hierdie lewe nie vir alle gestorwenes eenders nie. Vir die gelowige is daar die paradys. Jesus sê vir die bekeerde misdadiger aan die kruis dat hy saam met Hom in die paradys sal wees. Dis die wagkamer na 'n ewige heerlikheid.

Wat word van ongelowiges? Hulle wagkamer word in Mat.25:30 die buitenste duisternis genoem en in die OT die doderyk; ‘n verskriklike plek waar mense sal ween en op hul tande sal kners omdat dit te laat vir omdraai is. Die paradys is ‘n voorlopige heerlikheid en die buitenste duisternis/doderyk ‘n voorlopige hel.

Let op die kruis-verhaal in Luk.23 waar die een gekruisigde misdadiger ontdek dat die Messias langs hom is. “En een van die kwaaddoeners ....het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? – ons tog regverdiglik, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees".

Hierdie misdadiger is besig om te sterf. Jesus sê vir hom wat van hom word as hy sy laaste asem uitblaas. Dis presies dieselfde as vir enigeen wat hom bekeer; hy maak sy oë in die paradys oop. Jesus gee aan hierdie man die versekering dat wanneer hy sterf, hy die ewige geluksaligheid by Hom sal geniet.

Dit gee aan gelowiges die sekerheid dat hulle na hul dood veilig by Jesus sal wees. In Filippense sien Paulus selfs daarna uit om te sterf sodat hy saam met Jesus kan wees. Niks op aarde, selfs nie eens die dood, kan ons van Jesus se liefde skei nie. Ons kan nou alreeds oor die werklikheid van ons saamwees met Jesus opgewonde raak. Paulus skryf aan die Korinthiërs: “Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word”.(2:5:2).

Die OT noem die buitenste duisternis die doderyk. Dit klink geheimsinnig. In die OT is die hemel as die boonste en die doderyk as die onderste deel van die skepping gesien. In Ps.139:8 skryf Dawid: “Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar”. Die doderyk word ook met beelde uit ‘n gevangenis beskryf. In Ps.18:6 sê Dawid: “Bande van die doderyk was rondom my”. Daar is werklik so ‘n plek.

Die OT gebruik verskillende beelde om die plek van die verlorenes te beskryf. Dis ‘n donker plek. Job.17:13 lui: “As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei”.   Die doderyk is ‘n onderaardse diepte wat nie genoeg van dooies kry nie.

In Spr.27:20 sê Salomo: “Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie”. Dis 'n plek met baie mense. In Jes.5:14 sê die profeet: “Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat…” Jesus sê: “ Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. (Mat 7:13,14)

In die doderyk tel belangrikheid niks nie, nie eens vir 'n wêreldleier nie. Jes.14 is ‘n spotlied oor 'n wêreldheerser en sy ondergang. Die treurige toestand waarin hy hom na sy dood in die doderyk bevind, staan in skrille teenstelling met sy eertydse glorie. Sy heerlikheid het soos ‘n ster verskiet.   In die doderyk kom aardse status, ere-posisie en rykdom tot 'n einde. Let op Jesus se gelykenis van Lasarus en die ryk man (Luk.16).

Is God ook in die doderyk teenwoordig? Nee, in Ps.88 word dit as ‘n Godverlate plek geskets en handel oor ene Heman se worsteling met God.   Hy is baie ernstig siek en voel dat die dood naby is. In vers 5 sê hy: “Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal”. Dit voel vir hom asof hy met die een voet in die graf en alreeds tussen die dooies is.

Die dood is nie die oomblik as die mens sy laaste asem uitblaas en hy die lewe verloor nie, dis nou alreeds werklikheid. Die siek Heman bevind hom alreeds in die doodsgebied. In vers 4 sê hy : ”…en my lewe raak aan die doderyk” .

Ps.49 trek die gordyn weg sodat gelowiges kan sien wat met die goddeloses in die doderyk gebeur. Dit sê vir ons dat dit vir sulke mense vir ewig te laat is om reg te maak. Vers 8 lui: “Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie”. Alles waarop mense hul lewe lank vertrou het, verdwyn met hul dood.

Die dood is vir ongelowiges ‘n finale, onomkeerbare afsnyding van God. Hulle word onmiddellik gevangenes van die doderyk. Die dood is as sulks nie so erg soos wat dit is om vir ewig van God geskei te wees nie. In Mat.16 staan daar iets belangriks oor die doderyk opgeteken. Toe Jesus by geleentheid alleen met sy dissipels was en Petrus ‘n belydenis doen, sê Jesus vir hom:  “Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (:18).

Die doderyk word hier met ‘n stad met ondeurdringbare hekke voorgestel waarbinne mense soos gevangenes in ‘n tronk aangehou word. Deur sy bloed het Jesus die hekke oopgebreek om mense van die mag van die dood te bevry.   Daarom moet geredde mense nie die dood vrees nie. Daarvoor het Jesus die paradys vir hulle voorberei.  

In Openbaring word die doderyk op drie plekke met die dood verbind. Jesus was werklik dood, maar het waarlik opgestaan en beskik volgens Open.1:18 oor die sleutels van die doderyk. Hier kry ons weer 'n voorstelling van die doderyk as ‘n tipe van tronk waarvan die sleutels in die hand van die opgestane Jesus is.

Gelowiges verkry deel aan Jesus se oorwinning oor die dood en word opnuut aan Hom verbind. Selfs die dood kan die band wat op aarde met Hom gevorm is, nie vernietig nie.

Is dit nie wonderlik nie?! Onthou Jesus se opdrag:“Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele...” (Mat 5:12). Gee opnuut met blydskap daaraan gehoor!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1827 gaste aanlyn