NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." -  Pred. 5:17

DERDEPOORT (3)

Dr JP Botha

Lees reeks by Derdepoort

Die Engelse en die Swartes

Die plasing van burgermagte op strategiese plekke langs die wes- en noordwesgrens van die Republiek, was nie net soos reeds aangetoon is, om enige oprukkende vyandelike leër die hoof te bied nie, maar ook om ‘n oog te hou oor die swart stamme wat daartoe kon oorgaan om aanvalle op die burgers of op hul agtergeblewe gesinne te waag, omdat hulle deur die Engelse daartoe opgestook was. Van hierdie geleentheid het die Engelse lank voor die Oorlog reeds gebruik gemaak om die Swartes van die Betsjoeanalandse Protektoraat teen die Boere op te rui, sodat hulle in die Oorlog teen die Republieke op die aktiewe steun van hierdie groot nie-blanke bevolking van die Protektoraat kon reken.

Die Engelse werf swart bondgenote

Die Britse bemoeiinge en invloed het veroorsaak dat Khama se Bamangwato’s by Palapye, Bathoen se Bangwaketses by Kanya, Sebele se stam by Gaberones en Linchwe se Bagatlas by Mochudi vroeg in die oorlog ‘n vyandelike houding teenoor die Boere ingeneem het.

Tot hierdie toedrag van sake het Baden-Powell en sy agente vanuit Mafeking ‘n groot bydrae gelewer.  Toe hy verseker was van al die swart stamme in Betsjoeanaland se steun, het hy op 12 Desember 1899 die beleërende burgers om Mafeking bedreig met ‘n swart inval in die Republiek, indien hulle nie onmiddellik huistoe gaan en daar bly tot die Oorlog oor is nie!  Generaal Joubert het na aanleiding van hierdie bespotlike eis van Baden-Powell aangemerk dat hy “dezen jingo”in 1881 leer ken het en “dat de Engelschen en een swartman uit een geest en bloed bestaat en daarom, als het op handelen aan-komt, zullen zij één werk doen.”

Plumer steek die Betsjoeanalandse stamme teen die Boere op

Nadat die twee noordelike kommando’s van Soutpansberg en Waterberg gekommandeer is om na die suidfront gestuur te word, het ‘n afdeling van Plumer se troepemag onder kolonel Nicholson vrye spel geniet om langs die Transvaalse wesgrens met gepantserde treine te patrolleer en is hulle die geleentheid gegun om die spoor van Magalipsi suidwaarts ongestoord te herstel in die rigting van Mochudi.  Hulle het ook van hierdie geleentheid dankbaar gebruik gemaak om die swart stamme in Betsjoeanaland, aan wie se trou en onderdanigheid aanvanklik getwyfel is, finaal na Britse kant oor te haal.

Oor die bondgenootskap van drie van hierdie stamme in die noorde van Betsjoeanaland het die Engelse nie rede tot groot bekommernis gehad nie. Khama, die hoof van die Bamangwatostam, was sedert sy besoek aan Engeland waar hy aan die Koningin voorgestel is, ‘n bewonderaar van die Engelse en het verklaar dat hy die Boere sou beveg indien hulle sy gebied sou binnedring.  Die feit dat Khama die Boere vyandig gesind was, het eers op 8 November tot laasgenoemde deurgedring na ‘n onverwagte aanval van die Bamangwato’s op ‘n afdeling Republikeinse polisie wat by Kruispad, naby die samevloeiing van die Matlabas- en Limpopo-riviere, gestasioneer was.  Die Regering  kon nie hierdie vyandigheid  verklaar nie en het polisiekommandant Riekert vanaf Derdepoort noordwaarts gestuur om by Khama self te gaan hoor watter faktore tot die aanval aanleiding gegee het.

Die Times History vertel dat die vyandskap ontstaan het nadat die Waterbergers ‘n stat by Selikakop onder die bomme sou gesteek het.  Die Britse offisiële geskiedenis van die Oorlog weer, voer aan dat die Boere hulle die gramskap van die Swartes op die hals gehaal het deur herhaaldelik op groepies inboorlinge te vuur en hul statte te beroof. Bewysgronde vir hierdie bewerings sal na alle waarskynlikheid nooit gevind word nie, want die Waterbergkommando het dan nooit die Limpopogrens oorgesteek nie!

Hoe dit ook al sy, die Britse troepe in Betsjoeanaland het die vyandige gesindheid van Khama met ‘n goedkeurende stilswye bejeën en Plumer het hom versekerd geag van die steun en bystand van Khama se Bamangwato’s by Palapye en omstreke en ook van dié van Bathoen, hoof van die Bangwaketsistam by Kanya en van Sebele, wat gesag gevoer het oor een van die stamme by Gaberones.

Die Bagatlas van Mochudi

Die enigste opperhoof oor wie se trou aan Groot-Brittanje getwyfel is, was Linchwe, wat met sy volk (die Bagatlastam) tussen die Limpopo- en Notwaniriviere gewoon het en wie se hoofstat, Mochudi, naby die treinspoor geleë was.

Die Bagatla van Mochudi het in die vroeë sewentigerjare vanaf Saulspoort in Transvaalse gebied onder hul opperhoof, Kgamanyane – seun van Pilane, na wie Pilandsberg vernoem is – na Betsjoeanaland verhuis. Hier het Linchwe na die dood van sy pa, Kgamanyane, in 1874 die stryd om die opperhoofskap van die stam teen sy ouer halfbroer, die buite-egtelike Segale, gewen en kaptein van die Betsjoeanalandse Bagatlas geword.

Linchwe was die Boere eers goedgesind

Voor die uitbreek van die Oorlog en ook daarna, tot en met 25 November 1899, was die Boere doodseker dat Linchwe hulle goedgesind was en het daar ook geen enkele voorval plaasgevind wat aanleiding tot wrywing kon gee of wat hoegenaamd op enige openbaring van vyandigheid van hierdie inboorlingstam teenoor die Republiek kon dui nie. Op 7 November het polisiekommandant Riekert gerapporteer dat hy met ‘n patrollie van 17 man op 31 Oktober Mochudi besoek het, alwaar hulle die nag geslaap het en gasvry en vriendelik deur Linchwe onthaal is.  Hy het weer eens sy vriendskap met die Boere beklemtoon.  Riekert het tydens hierdie tog persoonlik met verskeie ander onder-kapteins van die Bagatlas gepraat en die indruk gekry dat die Boere van die groot Bagatlastam langs die Transvaalse wesgrens niks te vrese het nie en dat hulle in elk geval neutraal sou bly in die Boere se stryd teen Plumer se troepe. Linchwe is allerweë beskou as ‘n vriend van die Boere en daarom het president Kruger na die aanval van Khama se krygers op die polisie te Kruispad aan generaal Cronjé voorgestel dat oud-kommandant Malan en kommandant Du Plessis van Derdepoort na Mochudi gestuur moes word, aangesien albei van hulle met Linchwe goed bevriend was, om met laasgenoemde te reël dat sy volk teen Khama moes optrek indien die Bamangwato’s verder moeilikheid sou maak.

Hoe Linchwe vir die Engelse gewerf is

Gevolglik kon die Regering en al die krygsoffisiere eenvoudig nie glo dat die Bagatlas deur die bemoeienis van die Engelse beïnvloed sou word nie, toe daar op 22 Oktober berig ontvang is dat ‘n voorraad ammunisie aan Linchwe opgedring is om sy volk mee te bewapen.  Hulle was egter nie bewus van die feit dat majoor H Goold Adams, Resident-Kommissaris van die Protektoraat, jare lank voor die Oorlog die Bagatlas sistematies teen die Boere opgerui het nie. Nadat die Oorlog begin het en Goold Adams saam met Baden-Powell in Mafeking vasgekeer is, het assistent-Kommissaris WH Surmon en kaptein Llewellyn, bevelvoerder van kolonel Plumer se pantsertreine, hierdie opruiingswerk in Mochudi en omstreke voortgesit. Hulle het in hierdie poging die heelhartige steun van Segale geniet, wat daardeur die guns van die Engelse wou verwerf ten opsigte van sy stryd teen sy halfbroer, Linchwe, om die opperhoofskap van die Bagatlastam.

Linchwe, wat die Boere werklik goedgesind was, was aanvanklik vasberade om hom nie in die stryd tussen Boer en Brit in te meng nie.  Surmon het egter volhard in sy pogings om die Bagatlakaptein na Engelse kant oor te haal.  Na 21 Oktober het hy onder andere ‘n sekere kaptein Griffiths na Linchwe gestuur en hom en sy hoofmanne op die noodsaaklikheid gewys om hul grense en statte te beskerm en om alle Boere uit hul gebied uit te dryf, omdat die lojaliteit van die kapteins gemeet sou word aan die ywer wat hulle aan die dag sou lê om Haar Majesteit die Koningin se gebied te beskerm. Die opperhoofde se handelwyse sou noukeurig waargeneem en aan die Hoë Kommissaris gerapporteer word, met die dreigement daarby dat na afloop van die Oorlog daar drastiese strafmaatreëls op die dislojale kapteins toegepas sou word.

Linchwe is dus geen ander keuse gelaat nie. Hy het die Engelse as die magtigste van die twee strydende partye beskou. Hy het besluit om hulle te steun en die Boere aan te val.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2090 gaste aanlyn