NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Woorde is magtig en kan ander baie gelukkig of baie seer maak. Woorde is ook openbarend oor wie jy werklik is. Jou karakter skyn sommer gou deur jou woorde. Wees versigtig wat jy sê – jy het 'n veranderwoordelikheid teenoor ander sowel as teenoor jouself. Dink vóór jy praat, en wees daarmee anders as die meeste mense wat onnadenkend leef.

DERDEPOORT (6)

Dr JP Botha

Lees reeks by Derdepoort

Die Boere se straftog

Plumer beweeg suidwaarts

Nadat kolonel Plumer ontdek het dat die Boere uit Noord-Transvaal gewyk het, het hy besluit om met sowat 400 van sy manskappe, met ‘n 2½ duim kanon en ‘n maxim na Palapye te marsjeer. Sy doel was om Mochudi te bereik, sodat hy hiervandaan steun kon verleen aan Holdsworth, Nicholson en Llewellyn, in hul pogings om die spoor suidwaarts te herstel vir die gebruik van die gepantserde treine in hul operasies teen die burgers van kommandante Swart en Du Plessis.  Plumer het reeds op Oujaarsdag 1899 Palapye bereik.

Die Boere-offisiere kla steen en been

Die Bosveldkommando van Pieter Daniël Swart het aan die begin van Desember nog steeds te Krokodilpoel gestaan met ongeveer 300 burgers, waarby sowat 150 Rustenburgers van kommandant Du Plessis was, terwyl 120 Rustenburgers van Derdepoort se laer Gaberones bewaak het.

Swart, sowel as Du Plessis, het steen en been gekla oor die “oorweldigende mag van die vyand”, die gebrek aan water en weiding, oor die baie gevalle van Malaria en maag- en inge-wandsiektes onder die burgers in hul laers, die gebrek aan ‘n geneesheer en oor onvoldoende grofgeskut.

Verskuiwing van laers

Swart het op 5 Desember al sy burgers van Gaberones en Krokodilpoel onttrek en laer op-geslaan te Kanfontein, ongeveer 8 kilometer oos van Ramoutsastasie, met die verskoning dat hy hiervandaan nog net so goed die terrein by die treinspoor kon beheer.  Die terugtrekking van Swart se burgers het die troepe by die gepantserde treine in die geleentheid gestel om sonder verdere hindernis die treinbrug noord van Gaberones só doeltreffend te herstel dat hulle in staat was om op 10 Desember met die treine alreeds tot regoor Gaberones te patrolleer.

Die Derdepoort-laer word versterk

Die toestand aan die Transvaalse grens noord van Mafeking het die Regering verontrus omdat die kommando’tjies aldaar nie in staat was om die vyand behoorlik die hoof te bied nie.  Daar moes so gou doenlik versterkings gestuur word om die westelike deel van die Republiek teen die Britte, maar veral teen die dreigende swart gevaar te beskerm.  Op 1 Desember was daar alreeds ‘n 70-tal burgers van die wyk Hexrivier op pad na Derdepoort, en kaptein Eloff het met ongeveer 150 manskappe en grofgeskut vanaf Johannesburg daarheen vertrek.

Die Bagatla-gevaar duur voort

By Derdepoort was die eintlike Bagatlagevaar nog steeds dreigend.  Kommandant Du Plessis het elke dag ‘n nuwe aanval verwag en het generaal Snyman dringend versoek om die afdeling Rustenburgers wat te Kanfontein, regoor Ramoutsa, by die Bosvelders van PD Swart was, na Derdepoort te laat terugkeer, aangesien hy net 150 manskappe tot sy beskikking gehad het om die grenslyn vanaf Derdepoort tot aan die Matlabas te bewaak.

Die Regering het besluit om die heer Willem Janse van Rensburg as veggeneraal vir hierdie kommando’s aan te stel, om verdere verbrokkeling van kragte en oorvleueling van gesag te voorkom. Maar Van Rensburg het oor geen kry van enige betekenis beskik nie.

Die Regering het by die verkiesing van krygsoffisiere hul oorlogsrekord selde in ag geneem.  Dikwels is meer op hul invloed op hul medeburgers gelet as op hul bekwaamhede as krygsmanne.  Eers later in die Oorlog is enkele persone wat hulle werklik onderskei het, as generaals aangestel.

Planne om Linchwe te straf

Generaal Snyman het met sy krygsraad op 9 Desember besluit om 130 burgers onder bevel van kommandant Dawid Louw vanaf Mafeking na Derdepoort te stuur om in samewerking met kommandante Swart en Du Plessis, onder aanvoering van veggeneraal van Rensburg, ‘n ekspedisie teen Linchwe te onderneem om hom te straf vir sy aanval die vorige maand op die Boere.

Kommandant Louw se perderuiters het op 14 Desember by die laer te Kanfontein aangekom. Op 16 Desember het kommandant Swart en Louw saam met die offisiere van Derdepoort by Slaailaagte, wat halfpad tussen Derdepoort en Kanfontein  geleë is, krygsraad gehou en besluit om die Bagatlas noordwes van Derdepoort aan te val sodra kaptein Eloff met sy manskappe en grofgeskut vanaf Saulspoort af opdaag. Kommandant Swart kon nie sy eie kanonne wat te Krokodilpoel reggestel gestaan het om die treine mee te beskiet, vir die aanval teen die Swartes gebruik nie.

Op 13 Desember het kommandant Lombard met ‘n patrollie van 30 Waterbergers by die burgers te Derdepoort aangekom en ‘n week later het ook kaptein Sarel Eloff by hulle aangesluit na ‘n vermoeiende tog met sy grofgeskut en sy Johannesburgse manskappe. Generaal Van Rensburg was nou sterk genoeg om met die voorgenome straftog teen die Bagatlas voort te gaan en sy krygsraad het dan ook besluit om dit onmiddellik deur te voer. Kommandant Swart kon egter nie sy laer te Ramoutsa te veel verswak nie, maar hy het darem 100 Marico-Bosvelders vir die aanval afgesonder.

Swart en Louw het vroeg die Donderdagoggend, 21 Desember, met hul 230 manskappe na Derdepoort vertrek, waar kommandant Du Plessis ook met 100 burgers van die Derdepoortlaer gereed was om aan die aanval deel te neem.

Vanaf die rivier te Derdepoort strek ‘n reeks rante oor ‘n afstand van ongeveer 7 kilometer in noordwestelike rigting en agter hierdie rante was Sekwani, een van Linchwe se groot statte, geleë.  Die Bagatlakaptein het na die aanval en moorde van 25 November die grootste gedeelte van sy krygsmag hier te Sekwani saamgetrek, al die vroue, kinders en vee hiervandaan na Mochudi en omstreke verwyder en die streep rante sterk beman, waar die Bagatlas hulle intussen onledig gehou het met die bou van sterk klipskanse vir verdediging teen die Boere.

Die kommando’s trek op

Generaal Van Rensburg het gereël dat ‘n afdeling van kaptein Eloff se manskappe en Lombard se Waterbergers, wat die rivier by die drif moes deurtrek, die vyandelike posisies naaste aan die laer sou aandurf.  ‘n Aantal burgers van kommandant Kirsten moes ‘n enTjie hoërop oor die damwal wat kommandant Riekert daar laat bou het, deur die rivier trek en die hoofkommando onder kommandante Swart, Louw en Du Plessis moes heelwat hoërop aan die noordwestekant die sterk bemande stellings van die vyand met behulp van grofgeskut gaan aanpak.

Nog die selfde Donderdagaand het die verskillende afdelings van die kommando in die rigting van die vyand noordweswaarts voortgetrek. Die burgers van kommandante Swart, Louw en Du Plessis, wat die hoofmag van die Bagatlas op die verste punte vanaf Derdepoort, in die nabyheid van die stat Sekwani moes gaan aanval, was genoodsaak om met ‘n aansienlike omweg hul doelwit te bereik, ten einde te voorkom dat hulle deur die Bagatlas wat nader aan Derdepoort was, ontdek word.  Daarom het die tog versigtig voortgegaan en was die vordering maar stadig, want dit was moeilik om in die donker ‘n geskikte pad vir die ammunisiewa, die twee maxims en die paar waterkarre te vind. Nietemin het die burgers daarin geslaag om teen dagbreek tot regoor die verste punt van die rantjies te vorder.

Toe dit lig word, gewaar hulle die reeks vyandelike skanse op ongeveer 1 000 tree afstand voor hulle. Om die punt van die laaste rant aan die noordekant, was die boswêreld ruig en het dus, benewens die klipskanse, uitstekende skuiling aan Linchwe se strydmagte gebied, wat hoofsaaklik met martini-henry’s gewapen was. Dit het die bestorming van die klipskanse ‘n baie gewaagde onderneming gemaak, ‘n onderneming wat nog verder bemoeilik is deur die feit dat die burgers, om die skanse te bereik, oor kaal lande sou moes storm wat die Swartes daar gemaak het en wat feitlik tot teenaan die koppies uitgestrek gelê het. Hulle sou dus feitlik geen dekking hê nie.

Die gevegte

Kommandant Casper du Plessis het nietemin sy afdeling laat gereedmaak om die naaste koppie te bestorm, en toe hy die bevel gee, het die burgers in die saal gespring en in verspreide orde oor die kaal landerye na die voet van die koppie gejaag. Dit was toe al lig genoeg om goed te sien en toe die stormloop begin, het die koeëls dadelik tussen die burgers gespat.  Die kanonne was egter in so ‘n posisie dat hulle die burgermag goed kon ondersteun en kort-kort het daar stofdampe op die vyandelike stellings uitgeslaan waar die bomme gebars het, maar die vyand het hom nie daardeur laat afskrik nie en die stofwolke was nog nie behoorlik weggetrek nie of die blou rokies het weer oral bokant die klipmure opgeskiet, wat egter aan die aanstormende burgers ‘n goeie aanduiding gegee het waarheen hulle vuur gerig moes word.  Hulle het oor die kaalte tot teen die voet van die koppie gejaag waar hulle afgespring en van agter die haak-en-steekbos se beskutting op die skanse begin vuur het.

Die klipmure waaragter die Swartes geskuil het, het geen skietgate gehad nie, met die gevolg dat hulle skuts immer hul koppe bokant hul skanse moes uitsteek om te kan korrelvat en dit het aan die Boereskuts aan die voet van die rant geleentheid gegee om baie kopskote te skiet. Die Bagatlas se verliese het dan ook vinnig gestyg, maar desnieteenstaande het hulle daarin geslaag om in die front uit te hou.

‘n Groot aantal van hulle het daarin geslaag om vanuit die ruie bosse agter die skanse, links om die rant te sypel en onder dekking van die ruigte die burgers van Du Plessis half te omsingel en ‘n kruisvuur op hulle te open.  Alhoewel meesal ongesiens, was hulle naderhand só na aan die Boere dat hulle duidelik gehoor kon word. Casper du Plessis was ‘n skoonseun van president Kruger en was bekend onder die Bagatlas as “Ranjôba”.  Hy hoor toe bo die gedruis van stemme duidelik hoe Segale aanhoudend skree: “Skiet dood vir Ranjôba!  Skiet dood vir Ranjôba!”  Toe bulder Du Plessis ook ‘n paar keer: “Skiet dood vir Segale!  Skiet dood vir Segale!” Maar nie een van die twee het gesneuwel nie.

Die onverwagte omsingeling deur die vyand het Du Plessis se burgers egter in ‘n netelige posisie geplaas. Hulle sou nou onmiddellik die forte stormenderhand moes verower of anders retireer. Omdat hul ammunisievoorraad ook haas uitgeput geraak het, is ‘n paar manne aangesê om na die ammunisiewa terug te jaag om ‘n nuwe voorraad te gaan haal.  ‘n Deel van Segale se krygers het teen daardie tyd al daarin geslaag om tussen die ruie bosse aan die linkerflank só ver om die Boere te werk dat hulle in staat was om ‘n poging aan te wend om die Boere se ammunisie te buit. Die burgers van kommandante Swart en Louw het die gevaar egter betyds bespeur en die aanvallers teruggeskiet.  Daarna het hierdie burgers die bosse al vegtende vanaf die sloot waar die wa gestaan het, aan die linkerkant teen die rant uit begin skoonmaak, sodat dit nie vir Du Plessis se bur-gers nodig was om terug te val nie.

Van ‘n vars ammunisievoorraad voorsien, het die Kommandant daarna beveel dat die kop bestorm moes word.  Die burgers het soos één man opgespring en die skanse so hewig bestook dat dit vir die vyand agter die klipmure on-moontlik was om langer oor die muur aan te lê.  Vir die meeste van hulle het die wêreld tussen die klippe nou te nou geword. Hulle het aan die agterkant van die kop tussen die ruie bos ver-dwyn. ‘n Aantal van die dapperstes het egter tot op die laaste oomblik bly lê en skiet en nie opgespring voordat die burgers feitlik op hulle was nie. Die meeste van hulle is deur die mausers neergehaal, dog ‘n klompie het tog daarin geslaag om met ‘n ligte sprong oor die muur te wip en onmiddellik in die ruie boskasie agter die skanse te verdwyn. Hulle wis goed dat hier onmiddellik veilige bedekking was en dat dit vir die Boere baie gevaarlik sou wees om hulle hier agterna te sit.

Toe die Boerekommando op die kruin van die rante by die rye skanse uitkom, kon hulle nog gewaar hoe ‘n aansienlike deel van die vyand soos ‘n groot voetgangersprinkaanswerm die vlaktes aan die oostekant van die koppe invlug om spoedig tussen die hoë gras wat daar amper manshoogte gestaan het, weg te raak.  ‘n Deel van die burgers wou hulle dadelik te perd agternajaag, maar die offisiere was van mening dat so ‘n poging te veel lewensverlies sou meebring. Hulle het die gewoontes van die Swartes geken en wis dat die burgers te perd maklike skywe sou vorm vir die verskuilde vyand in die hoë gras, wat hulle tot op ‘n paar tree afstand sou lê en inwag om seker te maak dat hulle nie misskiet nie, om dan te vuur, weer op te spring en die ruigtes in te vlug.

Daarom het hulle die stormkommando na die wag by die ammunisiewa en die waterkarre laat terugkeer ten einde die burgers, wat gedurende die eerste oorlogsmaande nog nie eintlik in noemenswaardige gevegte betrokke was nie en dus nie wis watter kwaai dors mens gedurende so ‘n geveg ontwikkel nie, geleentheid te gee om hulself te verkwik en ook ontbyt te geniet. Hulle is daarna beveel om die agtervolging van die vyand voort te sit. Hulle het nou noord om die rant getrek in die rigting van Sekwanistat, waarheen al die Swartes nou besig was om te vlug.

Die burgers van kommandante Eloff, Lom-bard en Kirsten het intussen aan die oostelike sy van die gevegsterrein, wat naastenby oor ‘n afstand van ‘n halfuur te perd gestrek het, ook daarin geslaag om die Swartes oral uit hul skanse langs die rantereeks te verdryf.  Aanvanklik het die Johannesburgers moeilikheid ondervind om die rivier by die drif oor te steek, omdat die vyand se stellings daar so naby aan die rivier geleë was dat hulle die burgers die oorgang kon betwis.  Die burgers het hier etlike verliese gely voordat hulle daarin geslaag het om die Swartes van die drif af in die rigting van Sekwani te verdryf en die rivier oor te steek.

Sekwani word vernietig

Die verenigde kommando het nou vinnig vanaf die rant op die groot stat afgepyl.  Linchwe en Segale se krygers was egter nie van plan om by hierdie vesting teen die Boere-aanslag wal te gooi nie. Die meeste van hulle het net haastig ‘n klompie besittings gegryp en was besig om paniekbevange die bosse aan die westekant in te vlug toe die voorste perderuiters tussen die eerste hutte deurgestorm kom. Toe die kommando gewaar dat die vyand hom nou heeltemal ontvlug het, het hulle besef dat dit ‘n onbegonne taak sou wees om hulle deur die ruie bos na Mochudi te agtervolg.  Daarom het die burgers hulle daarop toegelê om die stat te verwoes, sodat die Bagatlas nie weer sou kon terugkeer om die laer te Derdepoort daarvandaan te bedreig nie. Elke burger het van hut tot hut met ‘n brandende bossie gras gery en in ‘n ommesientjie het die hele stat in ligte laaie gestaan, onderwyl dik rookwolke en die geknetter van vlamme op die strooidakke die lug ingestyg het.

Die straftog was suksesvol

Nadat hulle hiermee klaar was, het die kommando om elfuur die oggend maar omgedraai en aan die oostekant van die rantereeks die terugtog na die laer begin met die plan om die rivier weer deur die drif deur te trek.  Daar was nêrens meer ‘n teken van die Bagatlas te bespeur nie.  Hulle was inderdaad skoonveld en het so “een vreeslijken afschrik gekregen” dat hulle die verenigde vlug volgehou het tot by hul hoofstat Mochudi, om aan Linchwe en die Engelse die nuus van die Boere se gruweldade te gaan oorbring. Alhoewel die burgers gevoel het dat die moorde te Derdepoort hiermee nog lank nie behoorlik gewreek was nie, was hulle nogtans seker dat Linchwe se hordes nie gou weer die weste van die Republiek sou bedreig nie.  Volgens die getal gesneuweldes by die skanse en dié wat hulle in die bosse regs van die rante gekry het, het hulle vasgestel dat daar naastenby 150 van die vyand gesneuwel het. Generaal Van Rensburg het die totale sterkte van die Bagatla-strydmag wat deur die Boere hier verslaan en na hulle hoofstat op die vlug gedryf is, op ongeveer 2 000 tot 3 000 geskat. By die kop wat deur kommandant Du Plessis se burgers aangeval is, was daar alleen ongeveer 1 200.

Die verlies aan Boerekant was egter ook gevoelig, wat te wyte was aan die feit dat die Bagatlas uit goed verskanste posisies verdryf moes word. Van kommandant Lombard en kaptein Eloff se burgers het 3 manskappe ge-sneuwel en 3 was lig gewond. Kommandant Kirsten se manskappe het geen verlies gely nie.  Van kommandante Du Plessis, Swart en Louw se burgers was daar 3 gewond.  Die hele kom-mando het dus ‘n verlies gely van 3 gesneuweldes en 6 gewondes.

Nadat sy taak as afgehandel beskou is, het die verenigde kommando se verskillende afdelings weer na hulle onderskeie basisse teruggekeer.

Die Derdepoort-laer is versterk

Die Regering en die offisiere het egter nou toegesien dat Derdepoort nie weer so weerloos gelaat word nie.  Die Rustenburgers wat toe nog by Swart se laer te Ramoutsa was, asook 50 burgers uit die wyk Hexrivier, is na Derdepoort gestuur om die kommando te gaan versterk.  Daar is daagliks vanaf Derdepoort, Ramoutsa en Krokodilpoel patrollies uitgestuur, sodat met hierdie verkenningswerk voorkom kon word dat een van die kommando’s weer onverhoeds betrap sou word deur die nuwe vyand wat so onverwags as bondgenoot van die Engelse op 25 November by Derdepoort kop uitgesteek het.

Aftakeling van die burgers se moreel

Maar die burgers se daadkrag by Derdepoort en ook te Ramoutsa was teen hierdie tyd grootliks belemmer deur liggaamlike ongesteldhede. Baie siekes wat aan Malaria en maagaandoenings gely het, moes al huis toe gestuur word weens die gebrek aan medisyne en die afwesigheid van ‘n geneesheer in die laer.

Daarom het die Regering aan dokter Magol van Rustenburg opdrag gegee om na die Derdepoortse laer te gaan om die siekes te gaan behandel. Daar het ook perdesiekte onder die rydiere begin uitbreek, sodat dit begryplik was dat die moreel van die burgers deur al die ontberings nadelig aangetas is.  Boonop moes hulle nog steeds rekening hou met die nuwe vyandigheid van Linchwe se Bagatlas en voorbereid wees op ‘n moontlike soortgelyke aanval as dié wat plaasgevind het.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1896 gaste aanlyn