NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself – Prediker 10

DERDEPOORT (7)

Dr JP Botha

Lees reeks by Derdepoort

Die tragedie by Kaya-se-put

Die Bagatlas bly steeds ‘n bedreiging

Die suksesvolle straftog wat die Boere in die middel van Desember 1899 teen Linchwe se Bagatlas onderneem het, sodat hulle “een vreeslijken afschrik” vir die wraak van die Boere gekry het, het hulle net tydelik gedemoraliseer.  Na mate hulle Engelse bondgenoot uit Rhodesië, met sy pantsertreine en sy krygsmag al verder suidwaarts in die rigting van Mafeking gevorder het en ‘n doring in die vlees van die Boerekommando’s op die grens geword het, het die Swartes weer moed geskep om met nuwe vyandigheid teen die Boere, hulle Engelse makkers te ondersteun.

Plumer bedreig die Boere by Krokodilpoel

Kolonel Plumer het op 27 Desember 1899 met 400 manskappe en twee kanonne vanaf Tuli sy opmars suidwaarts begin, nadat hy met verligting ontdek het dat die Boere dié gebied verlaat het.   Op 10 Januarie 1900 was hy reeds naby Mochudi, waar hy met Nicholson se pantserafdeling verenig het. Sy mag was toe meer as 1 000 manskappe sterk, met ‘n 2.5-duim kanon, ‘n seweponder, twee maxims en twee gepantserde treine.

Plumer het sonder versuim met die spoorlyn langs suidwaarts opgeruk en op 15 Januarie Gaberones bereik, waar hy 240 manskappe van Bird se Rhodesiese Regiment in die koppies langs die spoor laat stelling inneem het, onder-wyl die Railway Volunteers besig was om die vernielde treinbrug te herstel.

Swart en Van Rensburg is te bang om die Engelse aan te val

Bird se afdeling het nou kontak gemaak met die Rustenburg- en Maricoburgers wat deel van kommandant Swart se krygsmag gevorm en die hoë rant langs die Notwanirivier by Krokodilpoel beset gehad het. Swart het nie kans gesien om met  sy 300 burgers die Engelse aan te val nie.  Hy wou nog 300 van Mafeking af hê, maar generaal Snyman wat Mafeking beleër het, het gereël dat hy versterking van Derdepoort ontvang  Du Plessis het egter nie kans gesien om ‘n enkele van sy 450 burgers by Derdepoort af te staan nie, want hy het elke oomblik ‘n aanval van die vyand aldaar verwag.  President Kruger het aan Snyman laat weet dat dit noodsaaklik is om 300 burgers vanaf Mafeking noordwaarts te stuur, maar Snyman het gemeen dat Swart, Louw en Eloff heeltemal genoeg manskappe het om Plumer se troepemag in toom te hou.

Op 20 en 23  Januarie het daar klein skermutselings tussen die twee magte plaasgevind, maar verder het dit nie gekom nie.  Swart het uiteindelik darem 75 man as versterking vanaf Derdepoort onder generaal Van Rensburg self ontvang, maar hy het nie tot ‘n grootskaalse aanval op Plumer se mag oorgegaan nie.  Bird het intussen geleentheid gehad om sy troepe op die koppies deeglik te verskans, sonder dat Swart en Van Rensburg hom lastig geval het.  Van Rensburg het ‘n week later weer na Derdepoort teruggekeer en aan die Regering laat weet dat dit ‘n onbegonne taak sou wees om die vyand te Krokodilpoel aan te val.  Hy wis geen ander raad nie as dat die Regering ‘n sterk kommando moes stuur met ‘n paar groot kanonne om die vyand te omsingel, sodat hulle tot oorgawe gedwing kon word!

Dit was duidelik dat Van Rensburg te bang was om die Engelse aan te val.  Hy was boonop as aanvoerder heeltemal onbevoeg. Generaal Snyman was verbaas dat die offisiere by Krokodilpoel vir hul taak teruggedeins het.  Hy het gerieflikheidshalwe vergeet dat hy self te lafhartig was om met sy groot beleëringsmag Baden-Powell se troepemag in Mafeking aan te durf en tot oorgawe te dwing.

Die Regering betig die bang offisiere

President Kruger was ook bitter teleurgestel om te hoor “dat de offisieren daar zoo zeer wan-kelmoedig zijn.  Het schijnt of onze menschen te Krokodilpoel niet op den Heer en zich zelf vertrouen, maar op kanonnen en dan gaat het verkeerd.”  Hy het beveel dat alle burgers van Marico en Rustenburg wat met verlof tuis was, opgeroep moes word om onmiddellik die kommando te Krokodilpoel te hulp te snel.

Alhoewel die kommando op 7 Februarie 1900 reeds 200 burgers van Mafeking af gekry het en veggeneraal Van Rensburg met 50 bur-gers vanaf Derdepoort in die laer by Krokodilpoel aangekom het, is daar geen aanstaltes gemaak om die vyand aan te val nie.  Daarom het Bird by wyse van ‘n paar nagtelike aanvalle op die burgers se skanse teen die rant, probeer om die Boere tot aksie aan te spoor. Hy het egter nie sukses behaal nie, maar sy aanvalle is darem telkens met sukses  afgeslaan.

Plumer het besef dat die onaktiewe Boerekommando by Krokodilpoel tog daarin slaag om hom van Mafeking af weg te hou en daarom het hy ’n nuwe roete beplan in ‘n poging om die Boere te ontglip deur te probeer om oor Kanya die hand aan Baden-Powell en die beleërde dorp te reik.

Die Bagatlas slaan weer toe

Aan die begin van Februarie 1900 het daar egter ‘n paar gebeurtenisse in die distrikte Rustenburg en Marico plaasgevind wat nuwe bekommernis aan die Regering van die Republiek besorg het.  Met die straftog wat teen die Bagatlas van Sekwani aan die einde van Desember 1899 uitgevoer is, is nie daarin geslaag om die Republiek se wesgrens van alle gevaar van invalle van vyandiggesinde swart stamme te sui-wer nie. Deur middel van militêre vertoon en ander druk deur Plumer uitgeoefen, het die Engelse dit reggekry om die meerderheid van die swart kapteins in Betsjoeanaland langs die Republikeinse grens, soos Khama, Mpefu, Linchwe, Bathoen, Magoia, Pilaante, Sebele, en ook ander, teen die Boere op te rui, sodat Swart, Van Rensburg en Du Plessis nie net aandag aan Plumer se bewegings langs die treinspoor moes bestee nie, maar ook nog op hul hoede moes wees vir die aanvalle van swart kommando’s wat meesal deur Britse offisiere aangevoer is.

Die ramp by Kaya-se-put

Die Bagatlas van Betsjoeanaland was op hierdie tydstip ook al weer volkome slaggereed. ‘n Groot impi van naastenby 1500 krygers het daarin geslaag om noord van Derdepoort ongesiens die Republikeinse grens oor te steek en was besig om doelloos in die ruie bosveld, ongeveer 40 kilometer suidoos van Derdepoort rond te luier. Op Sondag 18 Februarie gewaar hulle vyf waens wat, swaar belaai met meel en ander voorrade vir die Derdepoortse laer bestem, besig was om onder sorg van 10 burgers moeisaam met die grootpad aan te kruie. Daar was net drie perderuiters onder hulle, ‘n sekere Olivier, Dreyer en Willem Gouws.

By Ganskuil het hierdie drie ‘n entjie vooruit gery tot by Kaya-se-put, waar hulle deur die Bagatlas aangeval is.  Olivier en Dreyer het egter daarin geslaag om te ontvlug en berig van die gebeure na die laer te Derdepoort te bring.  Willem Gouws se perd is onder hom doodgeskiet, maar omdat hy ‘n goeie naelloper was, kon hy wegkom en ontkom.

Daarna het die hordes op die waens toegesak. Vyf van die sewe burgers het ook daarin geslaag om te ontvlug, maar M Kilian en Marthinus Ras kon nie ontsnap nie en is albei op wreedaardige wyse om die lewe gebring, onderwyl die waens geplunder is.

By die ontvangs van hierdie berig het veldkornet Roos met 60 man vanaf Derdepoort teen die impi opgeruk en ‘n verbete geveg teen die Bagatlas gevoer. Hulle was in staat om hulle self ‘n geruime tyd lank te handhaaf, aangesien hulle van vuurwapens voorsien was en ‘n groot oormag uitgemaak het. Daar het dan ook sewe burgers gesneuwel voordat Roos uiteindelik daarin geslaag het om hulle in die rigting van Tweedepoort te verdryf. Daarna moes Roos noodgedwonge na Derdepoort terugval omdat dit vir sy ontoereikende krygsmaggie te gevaarlik sou wees om die vyand te agtervolg.

Toe kommandant Du Plessis, wat op hierdie tydstip met 150 burgers van die Derdepoortse laer by Krokodilpoel was, berig ontvang van die slag wat Roos teen die Bagatla-impi gelewer het, het hy met 100 ruiters deur die rante van Rampapaan na Jan-se-kop opgeruk om die vyand voor te sny.  Hulle het hom egter betyds gewaar en noordwaarts geswenk, en is die laaste keer gewaar toe hulle ‘n entjie bo-kant die samevloeiing van die Krokodil- en Maricorivier weer in Betsjoeanaland verdwyn het.

Na die moorde by Kaya-se-put het die Regering die oorblywende burgers in die distrikte Rustenburg en Marico gekommandeer om die twee distrikte teen die nuwe gevaar te gaan beskerm. Daar was egter feitlik geen reserwes meer beskikbaar nie en daarom het die Regering 250 burgers wat vroeër uit hierdie omgewing onder kommandant Steenkamp na Colenso gestuur is, teruggeroep. Hulle het Rustenburg op 9 Maart bereik, gereed om behulpsaam te wees met die verdediging van die twee westelike distrikte.

Verskuiwing van die laers

Berigte oor nog Bagatla-impi’s wat op ver-skeie plekke gewaar is, het die burgers in Swart se laer by Krokodilpoel soveel bekommernis oor die veiligheid van hul gesinne besorg, dat ‘n aantal van hulle sonder verlof huiswaarts weggeglip het om hul wonings te gaan beskerm.  Swart se laer is daardeur soveel verswak dat hy die Regering versoek het om hom toe te laat om sy hele laer terug te trek na ‘n punt waar hy in staat sou wees om die onluste in die distrik te bekamp, terwyl hy nog deur middel van patrollies na die grens die Engelse se vordering langs die treinspoor kon belemmer.  Die Regering het toegestem en op 26 Februarie 1900 opdrag gegee om die Derdepoortlaer suidoos-waarts te verplaas na Jan-se-kop, by Bierkraal-spruit, ‘n paar kilometer noord van Pilandsberg, sodat die plase hiervandaan beskerm kon word.  Die laer kon nie onmiddellik verskuif word nie omdat daar 220 trekosse kortgekom het, wat eers op Rustenburg, 140 kilometer daarvandaan, gekommandeer moes word.

Valse gerugte en die bang Van Rensburg

Die veiligheid van hierdie laer was tien dae lank ‘n groot bron van kommer vir die Regering.  ‘n Groot aantal burgers aldaar het aan Malaria gely en hul kosvoorraad was op ‘n paar slagbeeste na, geheel en al uitgeput.

Velkornet Roos het egter met moeite daarin geslaag om te Rustenburg 800 osse bymekaar te kry, waarmee hy, vergesel van 60 berede burgers, op Vrydag 2 Maart na Derdepoort vertrek het. By Pilandsberg het veggeneraal Van Rensburg met ‘n kommando van 90 burgers, almal voetgangers, by hulle aangekom en hulle meegedeel dat Du Plessis se laer deur die Engelse en ‘n Bagatla-impi omsingel was en dat die koppies rondom Bierkraalspruit van gewapende Swartes gewemel het.  Hy, Van Rensburg, het verklaar dat hy onder geen omstandighede kans gesien het om die osse veilig na Derdepoort deur te kry nie en het die burgers beveel om om te draai en die trop na Rustenburg terug te neem.  Daarop het hy self met sy burgers na Elandsrivier teruggetrek, terwyl Roos met ‘n paar man voort is na Derdepoort.  Gelukkig het hy egter kort daarna vir Jacobus Malan met 30 ruiters raakgeloop, wat vanaf Derdepoort gekom het om met die osse te help.  Landdros Brink het intussen daarin geslaag om te belet dat die osse weggeneem word.  Hy het Van Rensburg beweeg om saam met Roos en Malan met 100 burgers die trekdiere na Derdepoort te bring.  Hulle het die laer op 8 Maart sonder teëspoed bereik en veilig uitgebring.

Alhoewel daar feitlik geen voedsel meer was nie en die meerderheid van die burgers straf aan koors (Malaria) gely het, was Van Rensburg se storie dat hulle deur Plumer se troepe en Linchwe se bendes omsingel sou wees, geheel en al onwaar.  Dit het die Regering tot die slotsom gebring dat Van Rensburg “in het geheel niet voor zijn betrekking berekend is,” met die gevolg dat hulle hom ontslaan het.

Aangesien die twee laers, met die oog op die beskerming van die twee distrikte teen aanvalle van swart bendes, verplig was om nader aan die bewoonde plase te verskuif, was daar nou geen Boerekommando meer aan die grens van die Republiek noord van Mafeking wat enigsins ‘n poging kon aanwend om die Engelse se bewegings langs die treinspoor te belemmer nie.

Die wesgrens lê oop en Plumer is op pad na Mafeking

Toe Plumer te Krokodilpoel gewaar dat die Boere spoorloos verdwyn het, het hy die geleentheid aangegryp om nog ‘n hele entjie nader aan Mafeking te kruip.  Die treinbrug was reeds herstel en die volgende paar dae is naarstig aan die vernielde spoor onder dekking van ‘n gepantserde trein gewerk. Die vordering was so voorspoedig dat Plumer op 6 Maart met sy hele krygsmag Lobatsi kon bereik. Hy het op 31 Maart ‘n poging aangewend om Mafeking te bereik, maar is met groot verliese deur die Boere wat Mafeking beleër het, teruggeslaan.  Daarna het Plumer geduldig noord van Mafeking rondgeluier totdat hy op 17 Mei 1900 saam met kolonel Mahon se ontsettingsmag uit die suide, daarin geslaag het om Mafeking binne te marsjeer.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1898 gaste aanlyn