Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Meeste mense dink die doel van die lewe is om gelukkig te wees. Hiermee mis hulle hul eie lewensdoel. Die doel van die lewe, en van jou lewe, is om 'n positiewe verskil te maak, om bruikbaar vir die saak van die HERE te wees, om produktief te wees.
‘N WARE VERHAAL...
...16 DESEMBER 1838
"Op die 16de Desember hierdie jaar sal dit 174 jaar gelede wees dat daardie gelowige Voortrekkers die Zoeloes met die hulp van die Almagtige God oortuigend verslaan het... Die huidige Zoeloekoning het so onlangs as 'n twee weke gelede tydens 'n seëndans aan sy voorvadergeeste belowe om wraak te neem op die blankes in Suid-Afrika vir die gebeure van daardie 16 Desember..."
Daar was eendag ‘n koning wat al sy onderdane wie nie deel van sy kerk wou wees nie, wreed vervolg het. Op brandstapels en met valbyle en met die skerpte van die swaard het sy soldate die andersdenkendes voor die voet by die miljoene uitgeroei en tot oorgawe gedwing. Gelukkig het ‘n paar dit reggekry om te ontvlug en hul in die vriendelike buurlande gevestig.
Maar daar was nie genoeg ruimte in daardie lande vir hulle nie en hulle het toe in ‘n vreemde land oor ‘n baie ver oseaan ‘n nuwe heenkome gevind. Omdat hulle so vas in hul God geglo het en nie van hul geloof wou afwyk nie, het hulle God hulle oor die see en land behoed en hul ‘n voorspoedige begin gegee in hul nuwe land.
Hulle het as landbouers ‘n baie belangrike rol gespeel in die voorsiening van kos aan ‘n baie strategiese en besige skeepvaartroete.
Gou het die land te klein geword en het hulle al hoe verder die binneland ingetrek. Dit het baie goed met hulle gegaan en hulle was baie voorspoedig in alles wat hulle gedoen het, tot op ‘n dag dat ‘n gierige koning, soos baie met ander lande, hierdie nuwe land ook begeer het en sy soldate gestuur het om dit met geweld af te neem. Hy het toe sy geloof en taal op hierdie burgers van hierdie nuwe land afgedwing en die plaaslike bevolking, met wie hulle goed oor die weg gekom het, teen hulle opgesteek en alles in die stryd gewerp om hulle te onderdruk. Maar hierdie geloofsvaste burgers het hul nie van stryk laat bring nie en vir ongeveer vyftig jaar die onderdrukking van die gierige koning en onophoudelike plunder- en moordtogte van ‘n inboorlingstam getrotseer, tot op die punt dat hulle vir ‘n tweede maal hul land weens hul geloofsvastheid verlaat het en op trek gegaan het.
In die binneland het hulle ‘n grondgebied gekoop by ‘n inboorlingkoning, maar nou het die gierige koning se sendelinge die inboorlingkoning omgepraat om hierdie trekkende burgers uit te moor. Die niksvermoedende koopspan en hul wagtende vroue en kinders by die walaers is baie wreed deur die inboorlingkoning se soldate vermoor. Maar die oorblywende burgers het eerder kans gesien om deur die inboorlinge vermoor te word of om kaalvoet oor baie hoë berge te trek as om na hul vaderland wat deur die gierige koning afgeneem is, terug te gaan.
‘n Klein en geringe groep van die oorblywende burgers het toe besluit om die inboorlingkoning en sy talryke leër te straf vir sy oneerlike optrede en in geloof hul God aangeroep en ‘n ooreenkoms met Hom aangegaan, dat as Hy hulle vyand in hul hand sou gee dat hulle die vyand verslaan, hulle ‘n huis vir Hom sal stig ter nagedagtenis aan sy groot Naam waar dit Hom ookal behaag en dat hulle Hom sou bly smeek totdat die Gelofte volbring is. Hulle het ook beloof dat hulle die dag van oorwinning in ‘n boek sal aanteken en die gebeure selfs aan hul laaste nageslagte bekend sou maak en toesien dat die dag jaarliks tot eer van hulle God gevier sou word.
Op die 16de Desember hierdie jaar sal dit 174 jaar gelede wees dat daardie gelowige Voortrekkers die Zoeloes met die hulp van die Almagtige God oortuigend verslaan het, en kom hulle nageslag volgens die Gelofte op baie plekke dwarsoor die land weereens bymekaar om hulde te bring aan hul dapper en geloofsvaste voorsate en om die eer van die oorwinning aan hul God te gee. Hierdie dag is Geloftedag, en staan onder die huidige Zoeloekoning as Versoeningsdag bekend.
Maar nou staar die gelowig volk weer uitwissing in die gesig:
Hierdie Zoeloekoning het so onlangs as 'n twee weke gelede tydens 'n seëndans aan sy voorvadergeeste belowe om wraak te neem op die blankes in Suid-Afrika vir die gebeure van 16 Desember...