NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons leef in 'n tyd waarin die waarheid nie meer hoog geag word nie maar die enkeles wat nog graag in die waarheid wil leef kan saam met Dawid sê: "Toets my HERE, want... ek wandel in u waarheid, Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie. Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie... my voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings."

STIGTING VAN DIE HERENIGDE NASIONALE PARTY

IN HERINNERING AAN DIE AANKONDIGING OP 29 JANUARIE 1940

Dr JP Botha

Die veelbewoë tydperk wat die stigting van die Herenigde Nasionale Party vooraf gegaan het, het ek persoonlik beleef.  Ek het in 1939 en 1940 as jong onderwyser skoolgehou op generaal Hertzog se plaas Waterval, op die tweeman-skooltjie wat destyds daar bestaan het.  Die hoof was Bennie Botha (nie familie nie) .  Ons twee het loseer by tannie Belmont Hertzog, die vrou van generaal Hertzog se tweede seun Charles.  Charles het geboer en die groot plaas met sy meer as ‘n dosyn bywoners bestuur.  Ons het vir hulle kinders skoolgehou, ongeveer 40 tot 45 in getal.  Ek het ook twee van Charles en Belmont se kinders in my klas gehad,  Barry en Jannie.  Die derde een, klein Charlesie, het nog nie skoolgegaan nie.

Die skooltjie was vlak by Charles se huis en het uit twee klaskamers bestaan wat hy uit ou buitegeboue omskep het.  Van Charles hulle se huis af het ‘n paadjie ongeveer 300 tree ver tussen soetdoringbome geloop na generaal Hertzog se huis.  Generaal Hertzog was gewoonlik hier op die plaas wanneer die parlement nie in sitting was nie.

Intussen het die onweerswolke gedurende 1939 al duideliker oor Engeland en Duitsland begin opsteek.  Waar ek en Ben en Charles saans voor die groot Atwater Kent-radio gesit en luister het hoe die twee omroepers uit Londen en Zeesen mekaar al hoe heftiger aanval en slegsê, het ons geweet oorlog is onvermydelik voor die deur.

Generaal Hertzog het ons meegedeel dat hy by die parlementsittng aan die begin van September 1939 gaan voorstel dat Suid-Afrika, in geval daar oorlog in Europa uitbreek, nie daaraan gaan deelneem nie, maar neutraal sou bly.  Trouens, hy het as Eerste Minister ‘n dokument gehad waarin die adjunk Eerste Minister, generaal Jan Smuts, belowe het om hom te ondersteun.

Onderwyl generaal Hertzog hom toe gereed maak, breek die Oorlog toe uit.  Was dit 3 September 1939?  Die aand voordat Charles die Generaal die volgende dag na Pretoria sou bring om vir die sitting na Kaapstad te gaan, sien ek hulle twee met die paadjie afstap na die Generaal se huis en ek hoor Charles sê:  “Vader, ek sê vir vader, generaal Smuts gaan ons verneuk!”  Ek hoor die Generaal se effens dieper stem: “Nee Charles, ek ken vir  generaal Smuts; hy sal by my staan.”  Maar ek hoor Charles is nie tevrede nie en so ver as wat hulle loop, hoor ek hoe hoe hy vir generaal Hertzog beduie dat generaal Smuts hulle gaan  “verneuk”.

Nou ja, dit is toe ook wat gebeur het, soos wat ons almal weet.  Die stemming het 67 opgelewer vir neutraliteit en 81 vir deelname aan Engeland se kant. Generaal Hertzog het bedank as Eerste Minister en Smuts het sy plek ingeneem en oorlog verklaar teen Duitsland.

Daardie aand sit ek en Ben en Charles weer met opgewonde kloppende harte voor die radio en hoor die nuusomroeper sê:  Generaal Hertzog vertrek môrevroeg per trein na Pretoria.  Generaal Smuts vertrek vanaand per vliegtuig na die hoofstad.  Advokaat Oswald Piro is vanmôre al per vliegtuig na Pretoria...”  Toe ons dit hoor, toe juig ons drie spontaan, want ons het gedink (en gehoop)  Piro gaan Smuts fnuik en ‘n staatsgreep uitvoer.  Maar dit het toe nie gebeur nie.

‘n Paar dae later na die segetog by Monumentkoppie saam met dr Malan verby was en die teleurgestelde generaal Hertzog weer by ons op Waterval terug was, vra ek vir Charles of hy nie sy pa verwyt het met  “ek het mos gesê!” nie.  Hy sê nee, hy kon dit nie oor sy hart kry nie, want hy het gesien die Generaal voel baie sleg oor wat gebeur het.

Twee aande later was Charles-hulle en Bennie êrens heen.  Ek was alleen tuis in die huis, wat ook as Gousberg-poskantoor gedien het.  Toe begin die telefoon lui en moes ek telegramme ontvang en neerskryf.  Ek onthou dit was ‘n stuk of vyf, ses, almal in Engels en almal aan generaal Hertzog gerig, elkeen nog meer beledigend as die vorige.  Ek het uitgemaak dat die jingos wat dit gestuur het, baie boos was omdat generaal Hertzog nie die Mother Country se oorlog wou ondersteun nie.

Die volgende oggend toe die skool aan is, hoor ek ‘n huiwerige klop aan my klaskamerdeur.  Hier staan generaal Hertzog en bedank my hartlik vir die telegramme wat ek vir hom ontvang het, net asof hulle die wonderlikste goeie nuus bevat het!  So was hierdie wonderlike man: Altyd vriendelik en bedagsaam en waarderend vir elke gunsie wat aan hom bewys word.

Ons het ‘n bedrywige tyd op Waterval beleef.  Generaal Hertzog se politieke ondersteuners het hom aanmekaar besoek en een middag het ek vir dr Malan ook daar gewaar.  Charles het my op die hoogte gehou van die onderhandelinge in Bloemfontein, wat tot die stigting van die Herenigde Nasionale Party gelei het.  Ons was jammer dat generaal Hertzog hom aan die onderhandelinge onttrek het, maar was bly toe hy hom permanent op Waterval kom vestig.

Hy het die gang van die Oorlog nougeset gevolg.  As dit radio-nuustyd was, het hy in sy studeerkamer gesit en luister en die troepebewegings noukeurig op ‘n kaart aangeteken.

Hy het ook nog dikwels besoek van sy vorige politieke ondersteuners ontvang.  Op ‘n sekere dag sien ek hy kry besoek van ‘n man in ‘n bakkie, met ‘n bloekompaal agterop, waaraan ‘n rooi vlaggie gebind is.  Charles vertel my toe dat dit advokaat Oswald Piro was, die vorige Minister van Verdediging, wat graag sy besoeke aan generaal Hertzog ongesiens wou hou, want hulle het ontdek dat Smuts ‘n spioen of meer in die omgewing geplaas het om die Generaal se bewegings te monitor.  Later het Charles my vertel dat hulle vasgestel het dat Smuts se spioen een van die bywoners op die plaas was, Willem Botha.  Toe dink ek, ja, generaal Hertzog het jarelank vir jou verniet verblyf hier op die plaas gegee en nou wil jy hom daarvoor met kwaad vergeld!

Ek en Ben het gedurende die loop van 1940 geleentheid gehad om die liewe generaal Hertzog as mens baie beter te leer ken.  Hy het ons dikwels saamgenooi op sy wandelings in die veld.  Dan het hy nooit politiek gepraat nie, maar met ons gesels oor diepsinnige filosofiese dinge, wat meesal bokant ons vuurmaakplek was.

Tydens hierdie wandelings in die veld, wat meesal Sondae plaasgevind het, was generaal Hertzog met sy kierie gewoonlik gekleed in ‘n wit hemp en broek, wit skoene en ‘n wit strooihoed.  Een Sondagmôre het Charles saam met ons gestap en toe ons later sit en tee drink op die stoep, sien ons dat op die Generaal se wit broekspype dit wemel van die klein rooi bosluisies.  Hy het seker tydens ons wandeling in ‘n  graspol getrap waar hulle pas uitgebroei het.  Charles gaan haal toe ‘n “dodenbossie”-spuit en ook gif en ék kry die voorreg om  die Generaal se broekspype skoon te spuit en hom te verlos van die plaag wat hom getref het.

Ek wil nog één episodetjie oor hom vertel.  Toe hy nog Eerste Minister was, kom hy op ‘n dag van die Kaap af tuis en bring vir my en Ben elkeen ‘n pikkewyneier.  Hy beduie dat hy reeds vir Kleinbooi, tannie Belmont se kok, vertel het hoe hy dit die volgende oggend vir my en Ben vir ontbyt moet gaarmaak.  Dit gebeur toe so,  maar ek en Ben kon daardie eiers nie eet nie.  Ons het dit nie vir generaal Hertzog gesê nie.  Gelukkig het hy ons nooit weer daarna gevra nie.

Nouja, hierdie is ‘n relaas van my ervarings van gebeurtenisse wat gedurende die twee jaar, 1939 en 1940 die stigting van die Herenigde Nasionale Party voorafgegaan het. Miskien is daar iets uit te leer.  Ek hoop u sal dit interessant vind.

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1936 gaste aanlyn