NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het u al opgemerk dat gelukkige mense 'n vreugde vir klein en eenvoudige dingetjies openbaar? En dat daar by hulle gewoonlik geen dwase begeertes bestaan nie? Ook dat hulle met hul goeie sin vir humor nooit 'n drang na selfverheerliking toon nie? Humor dra mense deur die lewe en sorg ook dat hulle nie ten gronde gaan van pyn en lyding nie.

HISTORIESE DVD'S

ERFENISPROJEK VERDER UITGEBOU

Frikkie Strauss

Dit is vir ons by Suidland Media 'n voorreg om inligting te verstrek aangaande die verdere uitbouing van ons historiese erfenisprojek in die vorm van die toevoeging van 'n reeks van tien nuwe DVD’s tot ons versameling.   Dit bring ons totale aantal titels nou op 100 te staan.   Ingeslote die volledige lys.

Sommige van die nuwe toevoegings is heeltemal onbekend aan die publiek en slegs enkele individue weet van die bestaan daarvan.   Dit dek persone en gebeurtenisse waarvan baie hedendaagse Afrikaners nog net gehoor het en vul op dié wyse belangrike leemtes in ons historiese kennis aan.   Hieronder volg die besonderhede:

  • Die Geskiedenis van Pretoria

Pretoria, eers hoofstad van die ZAR en later van die RSA, was die stille getuie van groot gebeurtenisse in ons geskiedenis.    Op hierdie DVD verskyn videogrepe van baie van hierdie gebeurtenisse, sommige wat opgeneem is in die beginjare van die filmindustrie, ‘n onderwerp waaroor daar op sigself baie interessante inligting verstrek word.   Enige Pretorianer of ander persoon wat op een of ander stadium in Pretoria gewoon het, sal hierdie DVD baie geniet.   Die DVD is in Afrikaans en Engels, maar die twee tekste dek nie deurgaans dieselfde gebeure nie. Prys R80

  • Die Dorsland Trek

Die Dorsland Trek is n gebeurtenis in ons geskiedenis waarvan die meeste Afrikaners baie min weet - dit wil sê as hulle hoegenaamd al daarvan gehoor het.   Dit vertel die verhaal van die groep Transvaalse Boere wat, uit ontevredenheid met President Thomas Burgers se liberale staatsbeleid, Transvaal tussen die jare 1874 en 1877 verlaat het en Weswaarts getrek het totdat hulle uiteindelik in die Suide van Angola beland het, vanwaar hulle in 1929 na Suidwes-Afrika verhuis het.   Die trek het deur die dorre Kalahari gegaan en dit vertel ‘n verhaal van byna bo-menslike lyding en ontberinge.   Die vertelling word op ‘n boeiende en lewendige wyse deur die akteur   wyle Pieter du Bruyn gedoen. Prys R80

  • Ladybrand Konsentrasiekamp

Ladybrand is in die Oos-Vrystaat geleë.   Hier was ‘n deurgangskamp vanwaar vroue en kinders uitgeplaas is na permanente konsentrasiekampe.   Dit is nie bekend hoeveel vrouens en kinders hier gesterf het nie, maar die grafstene is getuienis van sterftes.   Die begraafplaas is in ‘n vervalle en gehawende toestand.   Baie van die grafstene het omgeval en lê in stukke tussen die gras.   Die videobeelde, geneem deur Rudie Rousseau, vervul   ‘n mens met diepe hartseer by die gedagte aan die totale gebrek aan enige wil by hedendaagse Afrikaners om die nagedagtenis te eer van hulle wat gely en sterf het om vir ons   vryheid en ‘n lewensruimte te verwerf.

Die DVD bevat ook interessante vertellings oor die rol wat ene Genl Jan Crowther gespeel het in die opbouing van die gemeenskap na die Tweede Vryheidsoorlog asook inligting oor Ds Schalk van Heerden wat die inisiatief geneem het met die oprigting van ‘n kinderhuis vir oorlogswesies.   Die bekende Robey Leibrandt is ook in die begraafplaas begrawe. Prys R60  

  • Die Slag van Helvetia

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Helvitia ‘n strategiese Britse stelling naby Lydenburg in die Oos-Transvaal.   In hierdie veldslag het die Boeremagte die stelling verower en die bekende Lady Roberts kanon as buit geneem.   Die video-opname op hierdie DVD is deur Rudie Rousseau gemaak tydens die herdenking van hierdie veldslag en die verteller is Kol Piet Schoeman, ‘n nasaat van die Schoeman-familie wat van die eerste Voortrekkers was wat hulle in hierdie geweste gevestig het. Prys R60

  • Die Slag van Moedwil

Die Slag van Moedwil het kort voor die einde van die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind en was ‘n poging van Genl Koos de la Rey om ammunisie en ander voorrade by die Engelse te buit.   Die DVD vertoon ‘n nabootsing van die veldslag deur ‘n aantal amateurs.   Dit was ‘n poging van die Rapportryers van Rustenburg om skoolkinders op ‘n aanskoulike wyse by die belewenis van ons geskiedenis te betrek. Prys R60

  • The Guest

Hierdie DVD bevat ‘n film wat gemaak is oor ‘n kort episode in die lewe van Eugene Marais.   Dit dek die tyd wat hy op ‘n plaas in Noord-Transvaal deurgebring het om te herstel van malaria wat hy opgedoen het.   Dit fokus onder andere op die invloed wat sy verslaafdheid aan morfien op sy lewe gehad het.   Dit bestaan onder andere uit gesprekke wat sterk filosofies van aard is.   Dit sal meestal mense met ‘n besondere belangstelling in die lewe van Eugene Marais wees wat in hierdie DVD sal belangstel.   Dit word nie vir kinders aanbeveel nie. Prys R80

  • P J Schoeman : ‘n Lewensskets

Mense wat in hulle kinderjare die jagverhale van P J Schoeman gelees het, sal dit baie geniet om na hierdie DVD oor die lewe van Schoeman te kyk.   Dit dek ook minder bekende fases in sy lewe, soos die tydperk as professor in Volkekunde aan die Universiteit van Stellenbosch en die   die periode wat hy hoof van Natuurbewaring in Suidwes-Afrika was. Prys R80

  • N P van Wyk Louw : Sy lewe

Vir persone wat ‘n liefde het vir die poësie en drama van Van Wyk Louw sal hierdie DVD baie interessante kykstof uitmaak.   Dit dek sy hele lewe sedert sy vroegste kinderjare op Sutherland, deur sy skool- en studentejare, sy gesinslewe, sy jare as dosent aan die Universiteit van Kaapstad en ook in Amsterdam, sy verskil met Dr H F Verwoerd oor rasseverhoudinge tot en met sy dood in Johannesburg in 1970.   Die DVD bestaan hoofsaaklik uit fotobeelde van sy lewe asook vertellinge deur sy gesinslede, vriende, studente en ander digters en skrywers. Prys R80

  • Kerkplein-vergadering

Kort voor die referendum van 1992 is ‘n groot vergadering op Kerkplein in Pretoria gehou om stemme te werf teen die beplande grondwetverandering van mnr F W de Klerk.   Die drie bekendste Afrikanerleiers van daardie tyd, naamlik mnr Jaap Marais, Dr Andries Treurnicht en mnr Eugene Terre’Blanche, onderskeidelik leiers van die Herstigte Nasionale Party, die Konserwatiewe Party en die Afrikaner Weerstandsbeweging het by dié geleentheid opgetree.   Veral die rede van mnr Jaap Marais het uitgestaan.   Op sy tipiese sistematiese wyse het hy die keuse wat voor die kiesers gelê is aan die hand van die bewoording van die stembrief ontleed en met byna profetiese visie die gevolge van ‘n Ja-stem uitgespel.   Dit wat vandag voor ons oë afspeel in Suid-Afrika is die getuienis van sy besondere insig in die politiek. Prys R80

  • Grepe uit die Lewe van Eugene Terre’Blanche

Na mnr Eugene Terre’Blanche se vrylating uit die Rooigrond-gevangenis het die radioman Rian van Heerden ‘n onderhoud met hom gevoer.   Baie reguit en indringende vrae is aan hom gestel.   Onder andere word die gebeure in Bophuthatswana, toe een AWB-lid doodgeskiet is, bespreek.   ‘n Aantal van sy gedigte wat onder andere handel oor sy kleuterjare, sy hoërskooljare aan die Hoërskool Heidelberg en oor sy moeder en sy vrou word ook voorgelees.   Die inhoud van die DVD gee ‘n baie meer gebalanseerde beeld van hom as persoon as die bekende openbare beeld wat baie Afrikaners van hom het. Prys R80

NEEM ERFENISBEWARING NA VOLGENDE VLAK

Ons het in September 2009 met hierdie historiese bewaringsprojek begin.   Ons is dus nou vir vier jaar lank daarmee besig.   Die ontwikkelingsfase van die projek is op hierdie stadium min of meer afgehandel, aangesien die grootste gros van films en klankbande wat oor verskillende dekades oor ons volk se geskiedenis gemaak is nou in ons versameling is.   Die projek het groot offers in die vorm van tyd, energie en geld geverg.   Dit is egter maar net die begin van die proses van bewaring van hierdie historiese erfenis van ons.   Die erfenis sal slegs op ‘n blywende wyse vir die nageslag bewaar kan word as hierdie skyfies uiteindelik hulle weg tot in elke Afrikanerhuis kan vind.   Om dit te vermag, moet die projek wyd bekendgestel word en Suidland Media beskik nie oor die hulpbronne om dit te doen nie.   Daarvoor het ons die ondersteuning van mede-Arikaners nodig.

Wat kan u doen om ons te help?   Die elektroniese media is ‘n kragtige hulpmiddel.   Daar is vandag baie min Afrikaners wat nie oor ‘n rekenaar beskik nie en data-pakkette vir die verspreiding van inligting op die internet is baie bekostigbaar.   Die belangrikste bydrae wat u nou kan lewer, is om hierdie inligtingstuk aan soveel moontlik Afrikaners op u poslys te stuur.

BOU DIE MURE VAN DIE VOLKSLEWE WEER OP

Die mure van ons volkshuishouding is afgebreek.   Dit het geskied deur ‘n berekende geestelike, ideologiese en politieke aanslag waardeur ons geloof aangetas is en ons van ons identiteit, ons historiese bewussyn en ons vryheid beroof is.   Die mure moet weer opgebou word, soos wat Nehemia en sy medewerkers die mure van Jerusalem opgebou het.   Hy kon daarin slaag om die afgebreekte en verbrande mure van die stad in slegs 51 dae weer op te bou en die poorte in te sit.   Die mure moes opgebou word om die stad se inwoners teen hulle vyande te beskerm.

Ons geskiedenis is die mure van ons volk.   Dit is die mure van:

  • Ons geloof , want ons geskiedenis lewer getuienis van die ingrype van ‘n Almagtige en Getroue God wat ons voorouers uit doodsgevare gered het.
  • Die beginsels waarop ons volkslewe gebou is, wat van ons ‘n sterk en gerespekteerde volk gemaak het en ons deur vele voortbestaanskrisisse gedra het.
  • Die feite basis omtrent die verkryging van ons land en ons verhoudinge met ander volkere in Suid-Afrika.
  • Ons historiese ervaring, omdat dit getuienis lewer van die wyse waarop ons voorouers bedreigings en uitdagings hanteer het en waaruit ons baie kan leer.
  • Volkseenheid, vanwaar ons op ‘n eendragtige wyse die sprong na die toekoms kan waag.

Ons geskiedenis lewer voorbeelde van manne en vroue wat gewillig was om die offers te bring wat die vryheidsideaal gevra het en wat deur hulle gelowige en verbeeldingryke dade vir ons as hulle nageslag ‘n land aan die wildernis, barbarisme en imperialisme ontruk het.   Ons geskiedenis is die geestelike, feitelike en ideologiese   mure wat ons weerbaar maak teen subtiele sielkundige oorlog wat teen ons gevoer word en dit bied ‘n veilige basis van waar ons ‘n toekoms vir ons kinders kan skep.

In die boek Nehemia lees ons hoe die volk tot op voetsoolvlak entoesiasties deelgeneem aan die herstelwerk.   Elkeen het gebou aan die stukkie van die muur waaragter hy gewoon het   – vandaar die spoed waarmee die werk voltooi is.   Netso sal elke Afrikaner moet deelneem aan die herstel van ons historiese mure en ons het nie onbeperkte tyd daarvoor nie.   Ons is oortuig dat ons geskiedenis, soos vasgelê in beeld en klank op die DVD’s en CD’s wat Suidland Media versprei, saam met ander middele ‘n baie geskikte hulpmiddel daartoe bied.


 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2081 gaste aanlyn