NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie die waarheid verdedig, kan dit nie in eie krag doen nie, maar slegs met God s’n wat Hy beloof: “Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ek help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel” (Jes.41:14).

DIE BELEG VAN MAFEKING

Dr JP Botha

"By sy aankoms te Mafeking kon Cronjé die plan wat generaal De la Rey aan die hand gedoen het, naamlik om die dorp sonder versuim te bestorm en in te neem, deurgevoer het, of hy kon die dorpie met sy onbeduidende Britse garnisoen eenvoudig geïgnoreer het..."

In die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog het daar 'n gebeurtenis plaasgevind waaroor daar nog steeds na 'n volle eeu 'n groot mate van onkunde of misverstand bestaan.  Dit gaan oor wat werklik gebeur het tydens die beleg van die dorpie Mafeking vanaf 16 Oktober 1899 tot 16 Mei 1900.  Reeds meer as 'n honderd jaar lank glo almal  -  met uitsonderings  -  dat hierdie onbeduidende dorpie tydens die eerste sewe maande van die Oorlog deur 'n uiters bekwame en dapper Britse aanvoerder met sukses verdedig is teen 'n geweldige groot burgermag, wat verbete, maar tevergeefs alles in die stryd gewerp het om die Engelse garnisoen in die dorp te oorrompel en tot oorgawe te dwing.  Vir hierdie misverstand was die optrede van kolonel RSS Baden-Powell, Britse bevelhebber van die troepe, en generaal PA Cronjé, aanvoerder van die Boerekommando's in Wes-Transvaal, en later generaal JP Snyman, wat Cronjé by Mafeking opgevolg het, hoofsaaklik verantwoordelik.

Baden-Powell het hierdie dorp beset met die doel om die Britse prestige onder die Bantoebevolking van dié streek te handhaaf en om die  Boere van belangriker gevegsfronte af hierheen weg te lok en besig te hou.  Die Boere het die dorp beleër in uitvoering van hul krygsbeleid, naamlik, om die Britse troepeversamelings op die Republikeinse grense te vernietig of te verdryf, voordat grootskaalse troepeversterkings van oorsee sou opdaag.

Die Boere se beleg van Kimberley en Ladysmith was begryplik, want hierdie twee dorpe het op roetes gelê waarlangs die vyand die Republieke kon binneval en omdat op albei plekke groot hoeveelhede militêre toerusting en sterk Britse garnisoene was wat die veiligheid van die Republieke ernstig kon bedreig indien hulle toegelaat was om die grens oor te steek. Die beleg van hierdie twee dorpe het dan ook die oorspronklike Britse aanvalsplan in 'n groot mate in die war gestuur, maar wat die beleg van Mafeking betref, was die saak egter heeltemal anders gesteld.  Mafeking was, in teenstelling met Kimberley en Ladysmith, vir die Boere strategies absoluut waardeloos.  Daar was geen ryk myne of enigiets anders van waarde nie en die teenwoordigheid aldaar van skaars meer as 1000 troepe wat maar swak bewapen was, het geen ernstige bedreiging vir die Republiek ingehou nie.  Die Britse oogmerk met die besetting van die dorpie was om 'n indruk op die swart bevolking van dié streek te maak en om die Boere se aandag van die suide af te lei wanneer die Britse offensief teen die Republieke geloods sou word en nie om van Mafeking af die Suid-Afrikaanse Republiek te probeer binneval nie.

Generaal PA Cronjé, wat die kommando's van die westelike distrikte aangevoer het, het met onge- veer 4000 burgers teen Mafeking opgetrek om Baden-Powell tot oorgawe te probeer dwing en om die Transvaalse wes- en noordwesgrens te beskerm.  Die grens is tot by Veertien Strome in die suide, van los Britse troepeversamelings gesuiwer en aan die noordwesgrens is die troepe van kolonel HCO Plumer met sukses in bedwang gehou, dog by Mafeking self, het Cronjé geen vordering  in sy taak gemaak nie.

By sy aankoms te Mafeking kon Cronjé die plan wat generaal De la Rey aan die hand gedoen het, naamlik om die dorp sonder versuim te bestorm en in te neem, deurgevoer het, of hy kon die dorpie met sy onbeduidende Britse garnisoen eenvoudig geïgnoreer het en net 'n klein wag op die grens agtergelaat het om die troepe aan bande te lê en dan self met sy kommando's na die suide vertrek het.

Baden-Powell wat in Mafeking aanvanklik oor ongeveer 1200 troepe beskik het, het met sy militêre voorbereidings voor die aanvang van die oorlog, sy voorafgaande propaganda en bluftaktiek,  in so  'n mate geslaag dat Cronjé geglo het dat die dorp oninneembaar sterk verskans was en dat dit te veel lewens sou kos om dit stormenderhand te verower.  Daarom het hy hom uit die staanspoor ingerig om die dorp te beleër.  Aanvanklik is 4000 burgers om die dorp op hierdie wyse nutteloos besig gehou. Na 18 November het die getal gekrimp tot ongeveer 1500, toe president Kruger Cronjé beveel het om met die grootste deel van sy kommando's na die suidfront te vertrek.

In Mafeking het Baden-Powell met behulp van 'n aantal Sjangaanse vlugtelinge, afkomstig van die goudmyne aan die Rand en wat dus aan delfwerk gewoond was, 'n sestigtal forte, grondskanse en loopgrawe op kort afstande van mekaar af laat aanbring.  Dit het plaasgevind nog voordat die vyandelikhede 'n aanvang geneem het.  Hy het uitkyktorings opgerig en 'n paar kissies dinamiet naby die dorp gestel en een van hierdie "myne" laat ontplof  en honderde kassies sand rondom die dorp laat begrawe en die gerug versprei dat dit alles dodelike dinamietmyne was en dat die dorp oninneem- baar sterk verskans was.  Om nagaanvalle deur die Boere te ontmoedig, het Baden-Powell 'n blink koekblik aan 'n paal geheg en 'n gaslamp daarin geplaas. Snags is hierdie "soeklig" dan by een van die forte aangesteek, 'n paar flitse daarmee gemaak, en dan weer na 'n ander fort geneem waar die proses herhaal is.

Hy het die Boere onder die indruk probeer bring dat hy oor 'n groot aantal troepe beskik het. Hy het verskeie groot poppe laat maak en by die forte opgestel om die aandag van die Boereskerpskutters af te trek en 'n aantal onbemande grondverskansings laat oprig en hulle met wapperende vlae versier, om die Boere onder 'n wanindruk aangaande die sterkte van sy garnisoen te bring. Hy het briewe opgestel waarin troepeafdelings wat gladnie bestaan het nie, genoem is en sorg gedra dat dit in die hande van die Boere val. Die Boere is daardeur werklik om die bos gelei.  Hulle het tot aan die einde van die beleg geglo dat Mafeking sterker beset en verskans was as wat inderdaad die geval was.

Deur hul besetting van Mafeking en deur al die voorbereidsels ter verdediging daarvan, het die Engelse aan dié nietige klein grensdorpie 'n militêre waarde besorg waarvan die Boere noodwendig kennis moes neem, 'n militêre waarde wat die plek nooit sou besit het as dit onbeset gelaat is nie; en hulle het dit gedoen juis omdat hulle die aandag van die Boere op die plek wou vestig, 'n plek waaraan die Boere anders geen aandag sou geskenk het nie, en wel met die hoofoogmerk om soveel van die Boerestrydkragte as wat maar enigsins moontlik was, van die eintlike punte van gevaar vir die Republieke, naamlik die suide en die ooste, daarheen af te lei.  Hierin het hulle uitmuntend geslaag.  Die Boere het hulle deur die troepemag laat verskalk en in plaas van slegs 'n klein burgermag op die grens te plaas om hul bewegings te kontroleer, het hulle die oorrompeling van die Britse garnisoen wat in Mafeking saamgetrek was, een van hul hoofoogmerke gemaak.

Generaal Cronjé het egter geen ernstige poging aangewend om die dorp stormenderhand te verower nie.  Hy het die dorp 'n maand lank beleër, gedurende welke tyd hy twee halfhartige aanvalle, wat albei misluk het, op die stellings van die Britse garnisoen gemaak het en voorts probeer het om die dorpie deur middel van bombardering met grofgeskut te verower. Hiervoor is selfs gebruik gemaak van 'n swaar vestingkanon, een van die 94-ponder Long Toms, wat met groot moeite na Mafeking vervoer is.

Na Cronjé se vertrek op 18 November na die suidfront, het generaal Snyman met sy 1800 burgers by Mafeking agtergebly om die beleg van die dorp voort te sit .  Die Regering het aangedring op die spoedige onderwerping van die Britse garnisoen in die dorp, maar generaal Snyman het eweas Cronjé vir 'n stormaanval teruggedeins, omdat hy die dorp se militêre sterkte totaal oorskat het en geglo het dat die dorp oninneembaar sterk verskans was. Hy wou die troepe deur middel van uithongering en bombardering tot oorgawe dwing.

Intussen het kolonel Plumer langs die Transvaalse noord- en noordwesgrens deur die onaktiwiteit van die Boerekommando's in hierdie geweste daarin geslaag om die treinspoor wat generaal Snyman op verskeie plekke laat opbreek het, weer te herstel, sodat hy met sy troepemag en gepantserde treine vanaf Bulawayo so ver suidwaarts kon vorder dat hy die bugermag rondom Mafeking bedreig het.  Hy het ook daarin geslaag om die Bantoestamme in Betsjoeanaland teen die Boere op te rui en hul bondgenoodskap vir die Engelse te verkry.  In die nag van 25  November 1899 het Plumer se troepe en Linchwe se Bagatlas 'n aanval op die Boerelaertjie by Derdepoort, aan die Maricorivier gemaak.  Verskeie burgers het gesneuwel, 'n aantal polisiemanne wat daar gestasioneer was, is vermoor en 17 vroue en kinders is deur die swartes na hul hoofstat, Mochudi, weggevoer.  Die Boere het hierdie verraderlike aanval op 22 Desember 1899 met 'n geslaagde strafekspedisie teen die Bagatlas beant- woord.

Vier dae daarna het die Engelse troepe op 26 Desember die mees verbete aanval op die Boere se "Platboomfort" noord van Mafeking gemaak, maar 'n verpletterende neerlaag gely. Baden-Powell kon nie daarin slaag om die pad vir Plumer oop te maak om die dorp te kom ontset nie.  Hy het dus maar geduldig gesit en wag totdat daar verlossing uit die suide sou opdaag.

Generaal Snyman het nog meer geduldig sit en wag op die oorgawe van die Engelse.  Intussen het hy  groot hoeveelhede grofgeskut-ammunisie weggeskiet.  Geen bevel van Regeringskant kon hom beweeg om die dorp te verower nie. Die bombardering van die dorp het nie die gewenste uitwerking gehad nie.  Die troepe en inwoners was oor die algemeen veilig beskut in hul doeltreffende bom- skuilings. Maar uiteindelik het die honger hul genoodsaak om nie 'n krieseltjie perde- en muilvleis te laat verlore gaan nie.  Baden-Powell was egter vasberade om uit te hou en het sy rieme al dunner gesny.  Snyman weer, was op hierdie stadium met net één ideaal besiel, naamlik om die dorp só nou in te sluit dat geen lewende wese dit sou kon binnekom of verlaat nie.

Na die oorgawe van generaal Cronjé by Paardeberg op 27 Februarie 1900, het die krygskanse finaal teen die Boere gekeer.  Lord Roberts het in April 'n vliegende kolonne onder aanvoering van kolonel BT Mahon georganiseer om vanaf Barkly-Wes noordwaarts te trek om Baden-Powell met sy troepe te gaan ontset. Hy het ook 'n aantal troepe van die Rhodesian Front Force onder generaal Carrington per skip na Beira gestuur om oor Portugese gebied en deur Rhodesië per trein na Mafeking te reis om Plumer en Mahon te versterk.

Onderwyl hierdie magte na Mafeking in aantog was, het 260 Boerevrywilligers onder aanvoering van kommandant Sarel Eloff by Mafeking 'n laaste poging aangewend om die dorp te verower, dog weens gebrek aan ondersteuning van generaal Snyman, het die aanval misluk.

Die Britse ontsettingsmagte het op 15 Mei naby Mafeking saamgesluit en die volgende dag, na 'n harde geveg teen 'n Boerekommando, daarin geslaag om die dorp te bereik en generaal Snyman se burgers op die vlug te dryf.

Die reaksie wat die ontset van Mafeking in Engeland en die hele Britse Ryk teweeggebring het, was een van uitbundige vreugde en trots, wat in ongekende feesvierings van nasionale omvang uiting gevind het.  In Londen se strate, op die pleine en in die teaters het die duisende Londenaars met wapperende vlae hul volksliedere luidkeels laat weerklink.  Die feesvierings het aangegroei tot 'n wilde, ongetemde demonstrasie van duisende en nogmaals duisende mense wat die kluts skoon kwytgeraak het en sulke reusagtige afmetings aangeneem het dat hierdie massahisterie in sy intensiteit en omvang die grootste was wat die Britte nog ooit in hul geskiedenis beleef het.

Baden-Powell is sedertdien as 'n groot Britse held geroem, maar dit was lof wat hy geensins op grond van sy militêre prestasies verdien het nie.  Indien hy teen 'n teenstander te staan gekom het wat enigsins vir sy taak opgewasse was, sou hy sy bluftaktiek nie met soveel welslae kon deurvoer nie.

Gedurende die latere oorlogsgebeurtenisse in die distrik Rustenburg, is hy telkens deur generaal De la Rey se oordeelkundige optrede om die bos gelei en het hy magteloos gestaan om hierdie Boereoffisier se bewegings aan bande te lê.  Gedurende die drie maande wat op die ontset van Mafeking gevolg het, het die held van Mafeking so 'n groot fiasko van sy militêre operasies in Wes-Transvaal gemaak, dat Roberts verplig was om hom na Kaapstad te stuur, waar hy in 'n klerklike betrekking gaan diens doen het.

Die beleg van Mafeking self het die verloop van die oorlog op geen wyse ingrypend beïnvloed nie.  Dit moet beskou word, veral sover dit die Boere betref, as niks anders nie as 'n byna nuttelose vermorsing van energie en ammunisie.

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2492 gaste aanlyn