NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lees vooraf Matt 24 : 1-31 oor die tekens van die eindtyd. "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur."

MAG ONS NOOIT VERGEET!

OKTOBER, BEGIN VAN DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG

9 OKTOBER 1899 – 31 MEI 1902

Jeanette Koekemoer

Dit is weer Oktober, en soos ons dikwels gebeure in ons volksgeskiedenis in herinnering roep sodat ons dit aan ons kinders kan oordra om nooit te vergeet nie, is die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog een van die heel belangrikste in ons verlede. Die rede daarvoor is omdat ons nooit die onreg teen ons volk gepleeg, mag vergeet nie.  Maar meer belangrik, is die redes wat daartoe aanleiding gegee het, en die heel belangrikste, is die lesse wat ons daaruit moes leer.  Een daarvan is dat ons volk uit daardie totale verwoesting kon opstaan en met moed en deursettingsvermoë Suid-Afrika weer opgebou het tot 'n vooruitstrewende Eerste Wêreldland. Waar ons vandag in nagenoeg dieselfde as van vernietiging lê en verstik moet ons deur ons geskiedenis onthou dat ons met die genade van ons God weer hieruit kan opstaan.

Reeds in 1896, kort na die berugte Jameson-inval, het die Britse regering teen bepalings van immigrasiewette van die Suid-Afrikaanse Republiek geprotesteer.  Engeland het ook die Republiek valslik gewaarsku dat hy nog steeds volgens die Pretoriase Konvensie onder susereiniteit van Engeland staan en gerieflik vergeet dat die susereiniteit deur die Londense Konvensie opgehef is!  Hoe Transvaal ook al die aanspraak op susereine reg weerlê het, het lord Chamberlain met hierdie deuntjie aangehou tot die oorlog  in 1899 uitgebreek het.

Engeland kon egter nie net oor die susereinteitskwessie die oorlog begin nie en het deur middel van mynmagnate die uitlanders in Johannesburg en omgewing die vuur laat aanblaas.  Voorvalletjies en gebeurtenisse waarmee die regering niks te doen gehad het nie, is doelbewus opgeblaas en die Regering is van wanbestuur beskuldig.

Die laaste middel wat deur Chamberlain as voorwendsel aangegryp is om gewelddadig in die binnelandse sake van die Republiek in te meng, was om aanspraak te maak op gelyke politieke regte vir die uitlanders.  Die kieswet van Transvaal het op daardie stadium bepaal dat 'n persoon 7 jaar in die Republiek moes woon voordat hy stemgeregtig word.  Chamberlain wou die tyd nog korter hê.  Ná talle toegewings van die Regering het net die susereiniteitskwessie in die pad van 'n ooreenkoms gestaan, want die Transvaalse regering het geweier om sy absolute vryheid, soos deur die Londense Konvensie bepaal, prys te gee.  Die Regering was egter bereid om 'n gesamentlike ondersoek oor sy kieswetgewing te laat instel, soos wat die Britse regering voorgestel het, maar toe die Britte daartoe uitgenooi word, was dit glo skielik te laat!

Intussen is voortgegaan om groot troepemagte na Suid-Afrika te bring. Dit was duidelik dat Groot Brittanje met niks minder as 'n wapenstryd tussen Boer en Brit in Suid-Afrika tevrede sou wees nie. Daaroor was president Paul Kruger korrek toe hy stel dat dit duidelik geword het dat Engeland nie stemreg wou hê nie, maar sy land.

Die Regering het toe besluit om Engeland binne bestek van 'n paar uur te laat kies tussen vrede of oorlog, deur die terugtrekking van die dreigende troepemagte te eis.  Die ultimatum is op 9 Oktober 1899 deur die regering aan die Britse agent te Pretoria oorhandig.

Chamberlain het op 10 Oktober laat weet hy soek oorlog.

Die Republikeinse troepe het in die nag van 11 Oktober Natal binnegetrek. Terselfdertyd het generaal De la Rey oor die grens van Betsjoeanaland, 20 myl suid van Mafeking gegaan. Die eerste geveg tussen Boer en Brit  het naby Kraaipanstasie plaasgevind waar genl De la Rey die oorwinning behaal het. Die Republikeinse magte het onder kommandant-generaal Piet Joubert Natal binnegetrek.  Die Engelse is by Glencoe en Dundee verslaan.  Ladysmith is beleër en in die weste ook  Kimberley en Mafeking.  By Magersfontein, Graspan en Modderrivier het die gevegte ten gunste van die Vrystaters verloop.  In die Kaapkolonie het generaal Grobler by Stormberg vir generaal Catacre verslaan.  Op 15 Desember 1899 het generaal Buller by Colenso een van sy grootste neerlae gely. Ladysmith se bestorming deur die burgers op 6 Januarie 1900 was 'n mislukking, maar by Spioenkop het die Boere een van die skitterendste oorwinnings van die oorlog behaal.

Lord Roberts het op 28 Mei 1900 die Vrystaat as Britse gebied geproklameer.  Sy magte het Johannesburg op 31 Mei en Pretoria op 5 Junie sonder teenstand binnegetrek. Die oorlog is toe voortgesit deur kommando's onder De Wet, Botha, De la Rey, Steyn, Beyers, Hertzog en kommandante wat oral in die distrikte rond geopereer het. Die kommando's het 18 maande lank oral in die Kolonie teen die Britse magte, wat grotendeels bestaan het uit kolonialers, Swartes, Hottentotte en Boesmans, geveg.  Afrikaners in die Kolonie wat nie by die Boeremagte aangesluit het nie, selfs jongmeisies, is beskuldig van deelname aan Boerekant, en is tronktoe of doodgeskiet. Rebelle wat in die hande van die Britse owerheid beland het, is gehang of doodgeskiet.

Die Brit was vasbeslote om die Boer uit te delg.  Vroue en kinders op die plase is oop waens vervoer na konsentrasiekampe of dae en nagte lank soos vee soontoe aangejaag.  Duisende wonings is afgebrand en alles op die plase is verwoes.  Die vee is vermink, op hope doodgesteek en sommige weggevoer. Landerye is afgebrand. Daar was geen perk aan die vervolging en smarte van die Afrikanervolk nie.  Duisende vroue en kinders wat bevrees was om in die hande van die Engelse te val, het maande lank kaalvoet en beseer op die ruwe velde rondgevlug en in spelonke geskuil, maar uiteindelik tog maar in die moordende kampe beland waar hulle verhonger en die meeste siek gesterf het. Die gekerm en geween van siek moeders, die gesmeek van honger, siek, sterwende kindertjies in die koue tente, het gedurig hemelwaarts gestyg. Die lyding was onbeskryflik groot.  Geen volk op aarde het nog ooit donkerder dae beleef as die Afrikanervolk, in sy meedoënlose stryd teen die Engelse nie.  Dit was asof die volk deur God verlate was.

Die strydkragte van die Boere in die veld was en die lyding van die hulpelose vroue en kinders het die Boere noodgedwonge tot vredesluiting gebring.  In die konsentrasiekamp-kerkhowe lê 26 370 vroue en kinders begrawe, as slagoffers van Britse tirannie.

Die oorlog het Engeland £250 000 000 en twintigduisend lewens gekos.  Die Boere het 3 000 burgers en 26 370 vroue en kinders verloor.  Engeland het beloof om £3 000 000 aan die herstel van die verwoeste land te bestee, maar nie hul woord gehou nie.  Die krygsgevange en verbanne burgers in Ceylon, die Himalayagebergte in Indië, St Helena en die Bermudaeilande, het teruggekeer nadat hulle aan die Britse koning trou moes sweer.

Die oorlog met wapengeweld, was verby...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1926 gaste aanlyn