Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, dankie dat ek weet U wil juis hierdie siekte gebruik sodat mense wat na my kyk, sal kan sien dat ek anders is en optree omdat ek aan U behoort; sodat ek in hierdie donker tyd 'n blinker, kragtiger getuie van u liefde kan wees.
MONUMENTE WAT LEWE
ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD
Ons is verheug om te kan bekend maak dat ons ‘n verdere twaalf titels toegevoeg het tot die reeks van DVD’s wat deel vorm van ons historiese DVD-projek. Dit bring die totale aantal titels nou op twee en-dertig te staan.
In Suid-Afrika is daar tans ‘n berekende en sistematiese veldtog aan die gang om die sigbare tekens van ons volk se geskiedenis te vernietig. Dit geskied deur die verandering van die name van plekke, strate, berge, damme en riviere en deur die verwydering van standbeelde en monumente. Dit is gerig op die uitwissing van ons historiese bewussyn en op ons uiteindelike permanente verslawing. Iemand het gesê: "Die geskiedenis is die wapen waarmee die oorwinnaar die oorwonnene in permanente knegskap wil hou." Ons het egter nie nodig om dit toe te laat nie.
Ons vyand kan die sigbare getuienis van ons geskiedenis vernietig, maar niemand kan die monumente wat deur middel van beeld en klank op ons hartsnare en ons breinselle gebou word, vernietig nie.
Dit wil ons graag met hierdie DVD-projek bereik. Die dade van manne, vroue en kinders wat, in vertroue op God, hulle lewens en dit wat vir hulle kosbaar was op die altaar geplaas het om vir ons, hulle nageslag, ‘n toekoms te skep, is op hierdie DVD’s vasgelê. Deur saam met u kinders en u kleinkinders daarna te kyk, kan u monumente oprig wat nie afgebreek kan word nie en ons historiese nalatenskap kan voortgedra word tot in die verste geslagte.Die volgende nuwe titels is bygevoeg:
Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer
‘n Toneelstuk oor Rudolf Dreyer, die hoofkarakter in die boeke Geknelde Land, Offerland en
Gelofteland van FA Venter, aangevul met beeldmateriaal uit verskeie films.
Vegkop
‘n Dokumentêr oor die gedenkterrein naby Heilbron waar die slag van Vegkop tussen die
Voortrekkers en Matabeles in Oktober 1836 plaasgevind het. Enkele verwysings na die veldslag self kom ook voor.
Paul Kruger
Die lewensverhaal van President Kruger, gedeeltelik in drama- en gedeeltelik in dokumentêre vorm.
Konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog
Die regisseur en kameraman Rudie Rousseau is besig met ‘n dokumentêre reeks oor die
konsentrasiekampe wat tydens die oorlog bestaan het. Ons stel hiermee twee daarvan bekend, naamlik:
- Die Nylstroom Konsentrasiekamp
- Die Springfontein Konsentrasiekamp
Emily Hobhouse
‘n Tweespraak waarin die rol wat Emily Hobhouse gespeel het om die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe te versag uitgebeeld word, aangevul met beeldmateriaal. Dit is gesien uit Britse oogpunt en aanvullend tot die bestaande dokumentêr.
Teregstelling van Boereverraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog
‘n Dokumentêr oor die verskynsel van verraad tydens die Anglo-Boereoorlog en die uitwerking daarvan op die psige van ons volk.
Sons of the Blood
Vertellings deur Boere- en Britse veterane van die Tweede Vryheidsoorlog oor hulle deelname aan gevegte en oor die oorlog in die algemeen, aangevul deur beeldmateriaal.
Die Vredesonderhandelinge
‘n Drama waarin die verloop van die vredesonderhandelinge te Vereeniging in 1902 uitgebeeld word.
Koos de la Rey
‘n Drama oor die dood van Genl de la Rey.
Verspeelde Lente
‘n Drama wat afspeel teen die agtergrond van die armoedetydperk van die Afrikanervolk tydens die dertiger-jare van die vorige eeu
Ongetwyfeld die Kampioene
n Dokumentêre film oor Suid-Afrika se grensoorlog met beeldmateriaal en inligting oor militëre operasies en verskeie bekende gevegseenhede.
Hieronder verskyn ‘n volledige lys van alle DVD’s wat tans beskikbaar is, met hulle pryse. Op ons webtuiste by www.suidland.com verskyn meer besonderhede oor die die inhoud van die DVD’s en oor die projek in die algemeen sowel as ‘n lys van boeke met meer inligting oor die onderwerpe wat die DVD’s dek.
Ons vertrou dat u hierdie projek sal ondersteun. Daardeur kan u ‘n konkrete, opbouende en positiewe bydrae tot die bewaring van ‘n besondere erfenis en die skepping van ‘n toekoms vir ons kinders lewer.
Afrikanergroete
Frikkie Strauss
1 April 2011
VOLLEDIGE LYS VAN BESKIKBARE DVD’S
ALGEMENE GESKIEDENIS
Grepe uit SA volksgeskiedenis (Reeks van 3 DVD’s) R150 vir reeks
Die Bou van ‘n Nasie R60
DIE GROOT TREK
Geknelde Land (Reeks van 5 DVD’s) R220 vir reeks
Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer R40
Die Voortrekkers R60
Die Slag van Bloedrivier R60
Die Vegkop Gedenkterrein R40
EERSTE VRYHEIDSOORLOG
Majuba, Heuwel van die Duiwe (Drama) R60
Vannag gaan ek Majuba beset (Dokumentêr) R40
TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
Paul Kruger R60
Genl Christiaan de Wet R60
Die Leeu van Wes-Transvaal R120
Danie Theron R60
Gideon Scheepers R60
Teregstelling van Boereverraaiers R120
Die Slag van Magersfontein R120
Konsentrasiekampreeks:
- Nylstroom R40
- Springfontein R40
Emily Hobhouse (Tweespraak) R60
That English Woman (Dokumentêr) R60
Sons of the Blood R60
Die Ruiter in die Nag R60
Sarie Marais R60
Die Vredesonderhandelinge R60
Boere-oorlogherdenking (Malmesbury, 26 Februarie 2000)
(Reeks van 5 DVD’s)
- Verrigtinge
- Erediens – Ds AS Benecke
- Herdenkingsrede – Mnr Jaap Marais
- Lewensskets van Genl Manie Maritz
- Skyfiereeks oor ons geskiedenis R220 vir die reeks
TWINTIGSTE EEUSE GESKIEDENIS
Koos de la Rey (Die dood van Genl de la Rey) R60
Jopie Fourie R60
Verspeelde Lente R60
Africa Addio R60
The Assassination of Dr HF Verwoerd R60
Ongetwyfeld die Kampioene (Grensoorlog) R60
KONTEMPORÊRE GEBEURE
Eugéne Terre Blanche (Begrafnis) R40
Pryse van DVD’s is soos volg saamgestel:
- Nuwe produksies R120
- Kopieë van bestaande produksies (half prys) R60
- DVD’s met minder beeldmateriaal en kwaliteitsbeperkings (een-derde prys) R40
BESTELLINGS EN NAVRAE
Stuur bestelling na: Posbus 339, Piketberg, 7320 / Faks 022 – 913 1482
of e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in
Bankbesonderhede vir inbetalings: Suidland Media, Absa 9244 967 631, kode 632005
Navrae: 022 – 913 2391 / 082 - 4933 785
Webtuiste: www.suidland.com