NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Met Jesus se oorwinning aan die kruis is Satan en sy magte as verloorders gemerk. Jesus is die Oorwinnaar ook in jou lewe, en jy kan in sy krag oor die mag van die Bose triomfeer.

MOENIE WEGDRYF NIE!

Ds A.E. van den Berg

"Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie" (Hebr 2:1).

Ons weet nie wie Hebreërs geskryf het nie. Al wat seker is, is dat hy 'n diep gelowige was en uiters besorg oor dinge wat in die vroeë kerk verkeerd geloop het. Daarom rig hy die brief aan die Joodse leiers van die jong Christen-kerk en word dit Hebreërs genoem. Hy herinner die kerk aan die twee groot redes vir haar ontstaan (i) om bekeringsboodskappe aan ongelowiges te bring en (ii) om gelowiges geestelik op te bou en dwaaleer te bestry.   Die kerk het dus 'n taak na binne en na buite.

Die skrywer was duidelik besorg oor die kerk se taak na binne. Dinge het nie na wense verloop nie. In plaas daarvan dat gelowiges die Satan saam teenstaan, val hulle mekaar aan. ‘n Tydgenoot, Jakobus, was net so beorg daaroor: "Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? " (Jak.4:1).

Nog 'n persoon wat oor dieselfde ding besorg was, was Petrus. " Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon..." (1 Pet.2:11, 12). 

As kerkmense mekaar takel, kry Satan tot in sy kleintoontjiers lekker. Dis sy eeu-oue taktiek – om die oë van die kerk van die werklike vyand af weg te hou. Daarom is binnegevegte soos 'n doodsklok vir 'n kerk.   Die Russies-Ortosdokse kerk is 'n klasieke voorbeeld hiervan. Terwyl die kerk in 1917 oor die kleur van die priesters se amptelike gewaad gestry het, het die Kommuniste die land onder hul neuse verower.

As 'n kerk sy stryd teen die Satan en sy magte los, is dit verby met hom. Dis waarom Paulus die kerk ernstig oproep: "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Efes.6:11,12).

Petrus was net so besorg oor dinge wat in kerkgeledre nie na wense verloop het nie: "Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?" (1 Pet 4:17).

Gelowiges word opgeroep om nie net te bid nie maar ook te waak. Satan kom nie altyd met swaar stewels op die kerk afmarsjeer nie, maar dikwels op die punte van sy tone. As die kerk nie hierteen waak nie, dryf gelowiges weg van die waarheid.

Dis soos 'n skip wat voor anker lê; solank as wat dit daaraan vasgemaak is, is dit veilig. As dit losraak, kan dit die skip se einde beteken. As gelowiges van hul waarheidsanker in Jesus en die Bybel losraak, dryf hulle weg en beland in die rowwe see van dwaalleer. Jesus maak ons vas; Satan maak ons los.

'n Kerk dryf op drie maniere weg

  1. as dit die waarheid los en die leuen dien
  2. As haar getuienis dat Jesus die enigste weg na God en die ewige lewe is, opdroog
  3. As haar lede nie meer na mekaar omsien nie. Kom ons let kortliks op elkeen van hulle.

(i)'n Kerk dryf weg as sy die waarheid los en, soos die NG Kerk onder andere, dwaalleer begin verkondig. Om te voorkom dat 'n kerk wegdryf, moet sy aan 'n Skrifgetroue leer geanker bly. Dis haar enigste redding in die stormsee van afvalligheid. Talle jongelinge wat met hul belydenis trou aan die kerk se leer beloof het, bevind hul vandag in kerke wat lelik dwaal!

Die waarheid het vandag skaars geword. Dominees preek nie meer daaroor nie. Hulle is bang dat hulle lidmate aanstoot sal gee. Die voorland is ontsporing! Wie die waarheid los, los die anker van die lewe en dryf weg. Nee, gelowiges bly by verantwoordelike Woord-onderrig.

Paulus gee aan 'n jong Timoteus raad: "Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,..." (2 Tim.3:14). Moenie van die waarheid af wegdryf nie! Jy gaan op die rotse beland en al wat gaan oorbly, is 'n onooglike verroeste wrak wat niks beteken nie.

(ii) 'n Tweede rede waarom kerk wegdryf, is getuienis wat opdroog. God het die kerk die wêreld ingestuur om mense tot bekering op te roep en te lei. Johannes die Doper som hierdie taak op: "... Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! ... " (Joh.1:23). En wat gebeur vandag? Die wêreld het die kerk ingegaan en in die naam van vernuwing die eens reguit paaie krom gemaak.

Soos in die tyd van Johannes die Doper het gelowiges 'n gewitige taak – om kerke en mense op te roep om die paaie van die Here weer reguit te maak. Te veel mense sit vandag in kerke, gepoleer en gestryk, maar nie in die bloed van Jesus gewas nie.

Kerke preek nie meer bekering nie. Die evangelie van verlossing is met 'n evangelie van maatskaplike opheffing vervang. En die boodskap? Draai maar net die liefdadigheidsmallemeule en jy sal gered word. Nee, niemand word op grond van goeie werke gered nie, slegs deur die bekering tot Jesus Christus.

(iii) 'n Derde rede wat 'n kerk laat wegdyf, is 'n gebrek aan omgee vir mekaar. Ten spyte daarvan dat ons in die gemeenskap van gelowiges glo, gee ons in die praktyk nie veel vir mekaar om nie. Is ek my broer se wagter? Ja, ek is want die Bybel sê so. Gelowiges moet mekaar se laste help dra, mekaar bemoedig, vir mekaar bid en ook vermaan. Dis alles opdragte wat verhoed dat ons in liefde van mekaar af wegdryf.

Baie van die vroeë Christengemeentes het weggedryf en ophou bestaan. Efese is een van hulle en die grootste Christengemeente buite Jerusalem: "Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie" (Openb 2 :4,5). Efese het egter nie geluister nie en God het haar lamp geblus. Dis vandag 'n bouvallige stad.

Ek is regtig besorg oor die AP Kerk. Ek kom lank genoeg met ons kerk saam om te sien hoe ons van mekaar af wegdryf. Dalende lidmaattalle soos die kerk se jaarboek aantoon, bevestig my besorgdheid. 'n Paar jaar gelede vertel 'n man my van sy gemeente op 'n klein dorpie wat met bykans 100 lidmate begin en selfs 'n eie leraar gehad het. Dit het binne 'n paar jaar na slegs 14 lidmate gekrimp – flenters baklei en minus 'n leraar. Daar is talle sulke gevalle. Ja, Satan maak amok in ons kerk!

Wat staan AP Kerk lidmate te doen om verval te verhoed? Ons sal 'n nuwe liefde vir ons kerk en ons mense moet kweek, veral ons jongmense by wie ons dringend 'n opregte liefde vir ons konserwatiewe lewenswaardes sal moet inprent. Hulle moet aan ons volk se ou waardes vashou omdat die nuwes geen geestelik-volkswaardige oplossing bied nie. Dinge moet in ons huise en gesinne regkom!

Die ou Jode het ook met afvalligheid in volksgeledere te kampe gehad. Daarom het God baie sterk op hul toewyding aan sy verbond met hulle aangedring:  "Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan" (Deutr.6:4-7).

'n Verdere iets wat sal verhoed dat ons van mekaar wegdryf, is 'n sterk getuienis. Ons moet by verlore volksgenote aandring om hulle te bekeer. Baie van hulle is met dieselfde onderduimse dinge as die plaaslike heidene besig!   Hulle sal hul moet bekeer. Daarvoor sal ons leraars ook hard en duidelik vanaf kansels moet praat.

Dan sal ons ook baie meer vir mekaar moet omgee. Ons gaan mank aan opregte broederliefde.   Kom ons neem die skrywer van ons teksvers se raad baie ernstiger as ooit tevore op dat ons nie in leer of lewenswandel van mekaar af wegdryf nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK                 

     Verlede - Hede - Toekoms

    Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.

    Lees verder...  
  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3333 gaste aanlyn