NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Woorde van wyse manne,wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase – Prediker 9

GIDEON SCHEEPERS, BAASTELEGRAFIS

'n verhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog

Lees reeks by  Jeughelde

'n Bedompige hitte laat die wolke in stapels teen die dreigblou lug saambondel. 'n Tipiese Hoëveld-donderstorm is besig om op te steek. Binne 'n paar minute gaan die eerste druppels begin val. En as dit hard genoeg reën, gaan die spruite kort voor lank in uitbundige rivierstrome verander.

Van waar sy in die opening van die kombuisdeur staan, is die plaasvrou vinnig besig om bevele aan 'n jong, opgeskote seun te gee. "Gideon, draf daar na September toe teen die spruit en sê hy moet die koeie dadelik op stal kry. Toe gou, voor die reën kom!" "Ja, Ma ..."

Die seun was egter skaars weg, of hy maak weer sy verskyning in die kombuis — ten aanskoue van sy verbaasde moeder. "En nou?"

Die diep plooi tussen haar oë vra net een ding: wie gaan die beeste haal? Die seun laat sy kop sak. Hy skop-skop na die tafelpoot. Sy hande hou hy agter sy rug versteek. Mens sal kompleet glo dat die botter wat sy ma besig is om te karring sal vries as dit in sy mond beland! Maar dan is dit asof die moeder se kwaai houding meteens verslap. Daar is nie verniet 'n besondere hegte band tussen moeder en seun nie. "Ai, Gideon, jy en jou streke darem!" merk sy gemaak-ontsteld op. En tog, as sy skrams uit haar oog deur die kombuisvenster loer, kan sy reeds September met die melkkoeie sien aankom.

"Ma, kan ek maar vir Pa van die lande af ook roep? Die son gaan nie meer lank hou nie ..."

Toe die seun by die deur uit is, skud die ma haar kop. Ai tog, die kind met sy spieëltjies darem!

Daardie dag was dit net 'n onskuldige seinspeletjie, maar 'n klompie jare later sou die prentjie anders lyk. Toe sou dit donker oorlogswolke wees wat in 'n broeiende politieke storm saamgepak het. En dié keer sou dieselfde seun moes uitspring om nie 'n paar stuks vee nie, maar 'n ganse volk teen die dreigende gevaar te help beskerm. Hierdie seun was Gi­deon Scheepers van Roodepoort...

Teen die einde van die vorige eeu het die oorlogswolke dig aan die Transvaalse horison begin saampak. Die twee Boererepublieke, Transvaal en die Oranje-Vrystaat, het hulle stadigaan op 'n oorlog teen Brittanje begin voorberei. Teen 1896 is daar in alle erns met die werwing en opleiding van Republikeinse troepe begin. In dieselfde jaar het President Paul Kruger 'n belangrike uitnodiging aan alle jeugdige seuns gerig. Die President het naamlik belowe dat elke seun wat hom daardie jaar by die Staatsartillerie aanmeld vir opleiding, die geleentheid sou kry om verder te studeer. Dit was 'n geleentheid waarop elke avontuurlustige seun gewag het! Een van daardie seuns was die sestienjarige Gideon Scheepers — 'n op-en-wakker Hoëvelder met 'n paar lewendige, helderblou oë waarvan niks ontglip nie.

Baie opgewonde het hy op die werwingsbeampte se vrae geantwoord. Volle naam?" vra die stem saaklik.

"Gideon Jacobus Scheepers," kom die antwoord onmiddellik. "Geboortedatum en plek van geboorte?"

"4 April 1878 — op die plaas Roodepoort tussen Middelburg en Belfast." "Rigting waarin rekruut graag wil spesialiseer? Kies tussen ..." "Veldtelegrafie!" val Gideon Scheepers die lywige beampte met die welige snor in die rede. En as dié hom gesteurd aangluur, sê hy vinnig as toegif: "Asseblief!" Gits, netnou plaas hulle hom by administrasie of iets dalk nog veel erger — as daar ooit is.

Veldtelegrafie! Vandat hy kan onthou, wou hy al met spieëls en seinapparaat. werk — nou kan hy eindelik gespesialiseerde opleiding ontvang ...

Vanuit die staanspoor was Gideon se instrukteurs beïndruk met sy vlugheid van begrip, helder verstand en sy aanvoeling vir die krygskuns. Die seun was 'n gebore soldaat en het vroeg reeds bewys dat hy 'n belowende toekoms as veldtelegrafis tegemoetgaan ...

Teen die einde van daardie jaar, op 30 Desember 1896, ruk 'n begeesterde Leander Starr Jameson vanuit Charterland (Zimbabwe) op "om die weerlose vroue en kinders van Johannesburg uit die barbaarse hande van dieBoere te red".

Die uitgeslape President Kruger het egter gou besef dat dit slegs 'n set van die Engelse was om die ryk Witwatersrandse goudmyne te annekseer. Intussen het die oprukkende Jameson niksvermoedend voortgegaan om  ‘n verwoestende spoor van afgeknipte telegraafdrade agter hom te laat —vas oortuig dat hy in die proses die Transvaalse regering se kommunikasienetwerk gesaboteer het. Ongelukkig vir Jameson, is die hulp van die Staatsartillerie ingeroep om die stukkende telefoondrade met 'n stelsel van veldtelegrafie te vervang. Die gevolg? Toe Jameson Krugersdorp wou binnery, moes hy summier, sonder slag of skoot, die witvlag hys. Nodeloos om te sê, tussen die uitsoekspan heliografiste was dié een van Roodepoort: Gideon Scheepers. Sy reputasie wat hy as knap veldtelegrafis en strateeg opgebou het, het hom selfs in die Vrystaat vooruitgeloop. Dit was onafwendbaar dat die naam Gideon Scheepers ook die ore van generaal Christiaan de Wet sou bereik.

Op agtienjarige leeftyd word 'n oorstelpte Gideon juis deur generaal De Wet versoek om ‘n Veldtelegrafie-eenheid in die Vrystaat op die been te bring. Die doel daarmee was om beter kommunikasie tussen die Transvaalse en Vrystaatse Boeregeneraals te verseker. Onder generaal De Wet se bekwame leiding het Gideon ongekende opgang getoon. In Mei 1898 word hy tot kaptein van sy eie klein verkenningskommando bevorder. Niemand was beter vir die taak geskik as Gideon Scheepers nie, want hy het die Hoëveld soos die palm van sy hand geken. Op negentienjarige ouderdom word Gideon as die bevelvoerder van die OVS-Veldtelegrafie aangestel; daarna het hy hom op die opleiding van jong Afrikanerseuns as veldtelegrafiste toegelê.

Ses weke voor die amptelike uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog, speel Gideon ook 'n belangrike rol in die oprigting van 'n heliograafverbinding tussen Bloemfontein en Pretoria.

Die vindingrykheid van die Boere om met mekaar in verbinding te bly, het op daardie stadium byna geen perke geken nie. Volgens 'n Vrystaatse wet moes elke plaas omhein wees. Dit het dus 'n uitstekende netwerk lyne verskaf waarlangs die veldtelegrafiste boodskappe deur middel van vibratortrillers kon stuur. Die drade het lieflik gegons soos die boodskappe oor die plaasheinings trek! Op plekke waar daar onderbrekings was, soos 'n trop beeste wat die drade plat geloop het, het die kommando van Gideon Scheepers maar uitgespring om die onderbrekings met die nodige seinapparaat aan te vul. Op dié manier kon die Boerege­neraals gedurig vasstel waar versterkings oral in die veld nodig was. Of wanneer daar dalk 'n groot Engelse mag op pad was. Slim, inderdaad!

Gideon Scheepers se dienste word ook in die Kaap benodig en hy steek die Oranjerivier op 15 Desember 1900 met vyf en twintig manskappe oor. Sy opdrag: die mobilisering van 'n sterk Kaapse Boeremag en die ontwrigting van vyandelike aktiwiteite. Britse voorradetreine sou ontspoor en die beweging van Tommies vertraag moes word, sodat die Boere in die binneland teen die groot oormag kon uithou.

Die naam Gideon Scheepers het by die Engelse generaals begin spook. Dit het gelyk of die man oral was, bewus van feitlik elke Britse beweging. Maar dit was die karakter van hierdie Boereheld wat die jeug se verbeelding aangegryp het. Vir hom was die oorlog 'n beginselsaak. 'n Afrikanersaak. En dit was hierdie saak wat Gideon Scheepers wou dien. Soms op 'n onverskrokke wyse, ander kere weer ernstig, vasbeslote en koel berekend. Ja, partykeer selfs op 'n humoristiese wyse. Die mens Gi­deon Scheepers kom duidelik na vore in opgetekende staaltjies van hier­die trotse Boere-artilleris.

Op 'n keer het Gideon die dorpie Uniondale met sy kommando binnegery, terwyl daar 'n nagmaaldiens aan die gang was. Stil-stil het hy 'n aantal Afrikaners wat op grond van "politieke verskille" deur die Engelse op gesluit was, bevry. In die magistraatskantoor het hy alle dokumente wat teen Afrikaners gerig was, verbrand. Toe 'n ou omie van meer as tagtig jaar oud vir Gideon vra waarom hy dit doen, het die galante Boerekryger vir die oudstryder 'n stoel nadergesleep en gesê: "Oom sien, in die Vrystaat en Transvaal ontsien die Engelse niks — nie eers ons Bybels en woonhuise nie. Dan jaag hulle nog weerlose vroue en kinders op die vlakte uit ... Hoekom sal ek dan nie die rekords van alle veroordelings teen lojale mede-Afrikaners vernietig nie?"

Die omie het toe hoogs tevrede toegekyk hoe die kommandant se swaar wenkbroue kort-kort lig as hy iets interessants lees, terwyl 'n amusante glimlag deurentyd op die vriendelike dog vasberade gesig speel. Ja, selfs die kommandohoed was eenkant windmakerig opgeslaan. Dog, wanneer hy die dag in 'n omgekrapte bui was oor die onreg teen sy volk, het Gideon Scheepers maklik 'n paar dinamietlonte te voorskyn gehaal en 'n hele plek in sy peetjie geblaas.

By 'n ander geleentheid het Kommandant Scheepers opgemerk dat een van die jong penkoppe in sy kommando onbewapen was. "Wil jy graag 'n geweer hê, ou grote?" het die kalm selfversekerde kommandant gevra. Die jong seun het skaars sy kop geknik of die kommandant wink met sy hand. "Stap saam!"

Saam met 'n paar ander burgers is die penkop aan die sy van Gideon Scheepers daar weg om sy geweer — waar ook al — te gaan haal. Naby 'n spruitjie agter 'n klompie doringbome het die kommandant sy perd ingehou en beduie waar die manne stelling moes inneem. Ook nie lank nie of 'n Engelse verkenner het houtgerus op 'n swart perd aangery gekom. Kommandant Gideon Scheepers het sy hand op die penkop se skouer geplaas en gefiuister: "Nou gaan jy jou geweer kry." 'n Enkele skoot later kon die oorstelpte penkop opspring om sy beloofde geweer te gaan opeis! Dit was sulke onvoorspelbare optredes wat van Kommandant Scheepers 'n heldefiguur gemaak het.

Kommandant Gideon Scheepers het ook 'n sin vir humor gehad — hy was 'n ware platjie. So vertel sy twee susters Ellen (Elly) en Katherina (Kitty) ná die oorlog die volgende verhaal:

Gideon het een aand in Murraysburg by vriende aangedoen om oorlogsverslae uit ander dele van die land te bekom. Terselfdertyd wou hy darem ook aan sy verloofde, mejuffrou Johanna Scheepers — die dogter van Groot Koos Scheepers — 'n groeteboodskap vanaf die hotel stuur. Toe hy egter 'n groepie Engelse offisiere aan etenstafel aantref, het Gideon 'n blink plan gekry. Hy kan mos nie verniet so flink Engels praat nie! 'n Paar sekondes later stel hy homself voor en begin doodluiters saamgesels oor die Engelse troepesterkte en -bewegings. Om van die Tommies se bewondering vir die Boereverkenners en heliografiste nie eers te praat nie! Lank het die Engelse offisiere by die joviale "oorlogskorrespant" gespog oor hul roemryke veldtaktieke, totdat die belangstellende joernalis weens "werkdruk" moes verdaag. Sy deel van die rekening het die heer sommer onder sy servet gebêre. Toe die blinkgegêspede offisiere die rekening moes betaal, kon hulle met 'n veertjie omgetik word, want toe hulle die besoeker se servet oplig, lê daar 'n visitekaartjie voor hulle op die tafeldoek. Die naam van hul gas word in groot, swart letters gegee: "Kmdt. GJ Scheepers, veldtelegrafis." O ja, en 'n een pond fooi as toegif vir die aand se waardevolle inligting!

Maar seker die menslikste eienskap van hierdie Boereheld, was sy troue liefde wat hy deur die loop van die hele oorlog vir sy ouers bly koester het. Veral sy liefde vir sy moeder, want aan haar het hy gereeld briewe uit die veld geskryf. In een van talle briewe aan haar skryf hy uit Pretoria: "Ik heb zeer veel te doen, maar het valt my niet zwaar." En so het die SVK (Scheepers Veldtegrafie-kommando) se manskappe hom geken: altyd meer gehad om te doen as wat die tyd wou toelaat ... sonder om ooit 'n woord oor sy sware las te kla.

In 'n ander brief wens hy sy moeder op 17 Januarie 1898 geluk met haar verjaarsdag. Ironies genoeg, op dieselfde dag drie jaar later, word Gi­deon Scheepers ter dood veroordeel...

En so het hierdie volksheld — enig in sy soort — ook op hierdie manier sy lewe vir sy land afgelê. Maar Gideon Scheepers wou nie oorlog maak om andere goedsmoeds voor sy Lee Metford te sien val nie. Nee, vir hom was die Driejarige Oorlog 'n behoudende oorlog, 'n Afrikanersaak wat gedien moes word, 'n Boererepubliek wat behoue moes bly! Te midde daarvan het hy nooit sy menslikheid verloor nie. Soos die keer wat hy 'n gewonde Engelse offisier ná 'n skermutseling in die veld met die mees beskikbare hulp laat opneem, laat verpleeg en toe teruggestuur het dorp toe. Op sy beurt weer het die offisier uit dankbaarheid aan Gideon Scheepers 'n wa vol verbandlinne, wondwater en ander medisyne — vir gebruik deur die Boereleier se eie mense — gestuur, Net die volgende dag was die wa terug in Uniondale met 'n brief van kommandant Scheep­ers daarby — net om dankie te sê.

Selfs die vyand het die hoogste respek vir hom as kryger, as heliograaf, as leier en as mens gehad.

En tog was dit nie genoeg om te verhoed dat Gideon Jacobus Scheepers op drie en twintigjarige leeftyd voor 'n vuurpeleton sou sterf nie. Hy is nooit gevange geneem nie, maar is gedwing om homself weens 'n baie ernstige maagkoorsaanval oor te gee. In 'n oop stuk veld naby die Sondagsrivier het Gideon nog vir oulaas met sy geboeide hande teen sy hoed aangedruk — asof 'n laaste saluut aan die lewe self. Teen sy hoed het die onderskeidingsteken van 'n genie gepryk, onderaan die woord: LIEFDE.

Onder sy eie mense het Gideon Scheepers binne drie jaar 'n simbool van Afrikaner-nasietrots geword. Vir die Engelsman was hy 'n sogenaamde oorlogsmisdadiger. Ver buite die dorp is hy ook soos een gefusilleer. Uit pure wraak het die Coldstream Guards daardie dag nie die gebruiklike "Dodemars" uit Saul gespeel nie, maar die spotliedjie "More work for the undertaker ...", asof hulle daardeur die bydrae van Gideon Scheepers tot die voortbestaan van die Afrikanerdom deur bespotting wou wegwens. Dog, tevergeefs, want daardeur het die vyand juis Scheepers se grootsheid erken. Die herinneringe aan hierdie held sou as lewende bron van inspirasie dien in die heropbou van die Afrikanerkarakter vir die toekoms.

Kommandant Gideon Scheepers sal vir altyd onthou word in die waar woorde van 'n medestryder, Assistent-hoofkommandant Kritzinger: "Ja, ja," het hy eenmaal gesê, "Scheepers was 'n uitmuntende seun, 'n besonder uitmuntende jong man," en sy stem het gedaal totdat dit byna 'n fluistergeluid was, "Hy was ons jongste, nouliks drie en twintig jaar ... hy was 'n uitnemende seun."

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2067 gaste aanlyn