NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Natuurlik is Christus die bron van alle standhoudende blydskap. Maar ons moet ons deel bring deur te sorg dat wat ín jou is, standvastig genoeg is dat niemand dit van jou kan wegneem nie – dít dra baie meer by tot jou geluk as dít van jy besit.

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 13

Die Voortrekkers in Natal


Intussen het Retief sy laer verlaat en op 6 Oktober 1837 met ‘n kommissie na Natal vertrek om met Dingaan en die Engelse by Port Natal te gaan onderhandel.  Daar was ongeveer dertig Engelse handelaars op ‘n stuk grond by die baai wat deur Tsjaka, en later deur Dingaan, aan hulle afgestaan is.  Hulle was Retief goedgesind en het hom selfs ‘n verwelkomingsadres aangebied.  Dit het later geblyk dat hulle daar ‘n eie regering wou stig en die Trekkers as vriende en goeie bure wou ontvang.  Een van hulle, John Cane, het Dingaan aangeraai om die gebied by die hawe vir die Engelse uit te hou en die res aan die Boere af te staan.

 

Gardiner se bedenklike rol
Maar daar was ‘n sekere Alan Gardiner by hulle wat vir Dingaan afgeraai het om grond aan die Boere af te staan.  Hierdie gewese skeepskaptein het in 1835 uit Engeland hier in Natal aangekom en vir Dingaan gesê hy kom sendingwerk doen.  Nadat hy Dingaan se vertroue gewen het, was dit sy taak om weglopers en vlugtelinge aan te keer en aan Dingaan uit te lewer om gestraf te word, wat maar altyd die doodstraf was.  Later het hy in Engeland die sendeling, Francis Owen, gaan haal en hom by die Zoeloe-hoofkraal, Oemkoenghoenglovo, geplaas om sogenaamd sendingwerk te doen.  Nadat Gardiner Port Natal besoek het, het hy ‘n tevergeefse poging aangewend om Engeland te beweeg om die hawe te annekseer.  Daarna slaag hy daarin om as magistraat aangestel te  word oor die handelaars in die hawe, op gesag van die Cape of Good Hope Punishment Act.  Hulle het egter sy gesag glad nie erken nie . Maar hy het nog steeds invloed op die Zoeloe-koning uitgeoefen.  Hy het vir Dingaan gesê Retief hulle is weglopers van hulle eie koning af.  Hy moenie grond aan hulle afstaan nie.  Hy moet hulle straf soos wat hy altyd die weglopers straf wat Gardiner aan hom uitlewer.

 

Sekonyela en die geroofde vee
Retief het in die begin van November by Dingaan se hoofstat aangekom.  Hy het ‘n mate van argwaan by die ou tiran bespeur, want Dingaan wou alles weet oor Silkaats se neerlae en waarom die Trekkers nie in sy ontruimde gebied gaan woon nie.  Hy is gewillig om grond aan die Trekkers af te staan, indien Retief hulle die vee wat hulle van hom sou geroof het, terugbesorg.  Retief het bewys dat dit nie die Trekkers was wat dit gedoen het nie, deur die vee by Sekonyela, wat die skuldige was, te gaan terughaal.  Hy was op 11 Januarie 1838 al weer met die beeste terug in die laers aan die Natalse voet van die berg en gereed vir sy tweede besoek aan Dingaan.  Maritz en Celliers het hom afgeraai om weer persoonlik te gaan, maar hy wou nie die verantwoordelikheid op iemand anders afskuif nie.

 

Die moord op Retief
Hy het op 25 Januarie met 67 man, vier jong seuns en ‘n stuk of dertig agterryers vertrek en op 3 Februarie voor  die hoofkraal afgesaal.  Die traktaat van grondafstand wat Owen opgestel het, is drie dae later eers onderteken, na afhandeling van ‘n program van speelvertonings en krygsdanse.  Toe Retief en sy manne op 6 Februarie wou vertrek, is hulle weer genooi om ongewapend die kraal binne te gaan, om sogenaamd te gaan groet. Hulle is oorrompel, na Hlomo Amaboeta, die moordkoppie, ge-sleep en wreed vermoor.

 

Die moorde by Bloukrans
Dingaan se vernaamste motief vir die moorde was vrees vir die Boere.  Hulle  het Silkaats oorwin en nou dring hulle Natal binne om ook vir hom en sy Zoeloes hier uit te dryf.  Hulle moet met lis en geweld afgeweer word.  Om die Trek in Natal verder in sy kiem in bloed te smoor, het hy sy impi’s in die nag van 16 Februarie na die voorposte gestuur van die al te geruste laers langs die hele linie van die Bloukransrivier tot aan die Rensburgspruit.  Hulle het die Trekkers bekruip en verras.  Dit was ‘n ontsettende toneel van dood en vernietiging.  Maar die volgende oggend is die Zoeloes gestuit en tot oor die Tugela teruggedryf.  Hulle het 25 000 beeste en ‘n klomp skape weggevoer.  Die prys wat betaal is, was ontsettend.  By die gevoelige verlies van hulle vee, was die verlies aan menselewens vir die klein gemeenskap byna ver-pletterend.  By Hlomo Amaboeta het die lyke gelê van goewerneur Piet Retief en meer as 60 manne en 30 bediendes.  By Bloukrans en Boesmansrivier is 40 mans, 56 vroue, 185 kinders en 250 bediendes vermoor.

 

Die mislukte straftog
Teen die einde van Februarie het die Trekkers in ‘n benarde toestand verkeer.  In hulle nabyheid was daar ‘n Zoeloemag van tussen agt- en tienduisend ervare krygers.  Hierdie gevaar moes verwyder word, of hulle moes vlug.  Die hoop was gevestig op Potgieter en Uys. Hulle het ‘n ligte perdekommando saamgestel en met die Engelse in Port Natal gereël om met hulle Bantoe-gevolg van die kus af die Zoeloes aan te val.  Die Boerekommando het op 6 April in twee afdelings onder Potgieter en Uys die Tugela oorgesteek in die rigting van Oemkoenghoenglovo.  Hulle is oorkant die Buffelsrivier by Italeni in ‘n lokval gelei. Uys se kommando het omsingel geraak en Potgieter se afdeling moes vir hulle ‘n pad oopskiet om te kon uitvlug.  Piet Uys en sy seun Dirk en 10 manne het gesneuwel.  Ses dae daarna het die Engelse met die Zoeloes aan die Tugela slaags geraak en ‘n groot verlies gely.  Eenduisend van hulle Zoeloe-volgelinge is deur Dingaan se Zoeloes dood-gesteek en dertien van die Engelse het gesneuwel.

 

‘n Donker tyd
Na hierdie rampspoedige mislukking van die eerste veldtog teen Dingaan, het skrik en ontsteltenis die Trek-kers beetgepak.  Potgieter is in die laers van Retief en Maritz van lafhartigheid beskuldig en selfs van verraad.  In sy eer gekrenk, het hierdie leier toe besluit om terug te trek na die wye land wat hy geruil en gehelp verower het.  ‘n Paar dae na Italeni is hy met oor die honderd en sestig man, hulle families en vee terug oor die Drakensberg.

 

Koms van Andries Pretorius
In hierdie donker tyd het die mense uitgesien na versterking en ‘n leier.  Hulle het op 28 Maart 1838 vir Maritz weer in sy amp as President-regter bevestig en ‘n Volksraad gekies.  Andries Pretorius se kuier van die vorige jaar was nog vars in die geheue.  Hulle het op 18 April ‘n boodskapper na hom te Graaff-Reinet gestuur, om sy hulp in te roep.  Hy was ‘n welgestelde man van aansien, met militêre ondervinding teen die Swartes in 1835 en ook in die volgende jaar as kommandant op die grens. Hy was gewillig om te kom, want hy was buiten-dien van plan om by die Trekkers in Natal aan te sluit.
Onderwyl die Trekkers vir Pretorius gewag het, het hulle veel ongerief in die laers verduur, weens aan-houdende vrees vir ‘n nuwe aanval, oorvloedige reëns en epidemiese siektes wat hulle uithoudingsvermoë tot die uiterste beproef het.  Die Zoeloes het op die 15e Augustus weer toegesak op die voorste laer aan die Boesmansrivier, maar die aanval is onder aanvoering van kommandant Hans de Lange na ‘n driedaagse geveg afgeslaan.

 

Voorbereiding vir die geveg
Pretorius het op 22 November die laer aan die Klein Tugela binnegery.  Saam met sy vrou en sewe van sy agt kinders en 23 ander gesinne, het sy trek uit 138 bestaan.  Hy het 68 waens gebruik om hul besittings te vervoer.
Na hulle aankoms het die Trekkers vir Pretorius as hulle kommandant-generaal benoem.  Hy het onmiddellik begin organiseer om ‘n kommando saam te stel wat teen die Zoeloes moes uittrek om Dingaan se mag te breek.  Hulle het besluit om met waens, waarop al hulle benodigdhede gelaai sou word, die Zoeloes tegemoet te trek. Hulle sou elke aand laertrek om hulle teen nagaanvalle te beveilig.  Hulle het stewige houthekke gemaak om saam met doringtakke die spasies tussen die waens toe te maak wanneer hulle laertrek.
Met hierdie toerusting, ammunisie en proviand op 57 waens gelaai, waaronder ook twee kanonnetjies was wat Pretorius uit die Kolonie saamgebring het, het die laerkommando in die nag van 3 Desember 1838 met 464 manskappe vertrek.  Elke middag is laer getrek en die osse en perde binne die beskutte ruimte van die laer gehou.
Hulle het oor die Tugela en sy oostelike takriviere getrek en ‘n noordelike rigting ingeslaan. Na ‘n week het hulle op Sondag, 9 Desember die Sondagsrivier onder die Biggarsberge, by Danskraal of Wasbankspruit bereik. Hans Dons (Hans de Lange) het toe reeds vasgestel dat Dingaan se impi’s in die nabyheid was.
Na hulle godsdiensoefening wat deur Sarel Cilliers waargeneem is, het hulle die plegtige gelofte afgelê.  Hulle het dit op skrif gestel en dit elke aand in die laer voorgelees.

 

Bloedrivier
Die volgende Saterdag het hulle by die plek aangekom wat later Bloedrivier genoem is.  Hulle het vasgestel dat daar ‘n groot vyandelike mag in die nabyheid was.  Hulle het laer getrek en dit met groot sorg beveilig. Daar het ‘n vogtige mistigheid met die rivier langs oor die laer getrek.  Dit kon die kruit in die Trekkers se gewere só klam maak, dat dit sou weier om te ontplof.  Maar toe die son op die Sondagmôre, 16 Desember 1838 opkom, was die mis-newels rondom die laer besig om op te klaar. Die Trekkers kon die vyand in hul duisendtalle gehurk sien sit, gereed om op bevel die laer aan te val.
Die voorste massas het meteens op hulle voete gerys en met bloedstollende krygsgeskreeu die waens bestorm.  Die gebulder van die Sannas en die twee kanonne het met die oorverdowende lawaai van die aanstormende hordes gemeng. Hulle het doodsveragtend vlaag op vlaag al skreeuend nader gestorm, net om keer op keer deur die geweervuur afgemaai te word.  Toe Pretorius merk dat hul aanvalle halfhartig word, het hy met die perderuiters die laer uitgestorm en hulle verder afgemaai en die hele swart massa op die vlug gedryf.
Van die 10 tot 15 duisend Zoeloes wat die laer aan-geval het, het meer as 3 000 op die slagveld bly lê.  In die laer het twee manne en die Kommandant-generaal ligte wonde opgedoen.

 

By Dingaanstat en Moordkoppie
Die volgende dag was die seëvierende laerkommando reeds op pad na Dingaan se hoofstat, om die Tiran in sy nes te gaan aanpak.  Toe hulle na vyf dae die plek nader, was al wat hulle daar aangetref het, net nog enkele rooksuile wat uit die verlate en verwoeste stat opstyg.  Dingaan het sy stat aan die brand laat steek en gevlug.
‘n Rukkie later was hulle by die Moordkoppie, Hlomo Amaboeta.  Daar het ‘n groot aantal geraamtes rondgelê.  Hulle kon dié van Retief en sy makkers uitken aan stukkies klere wat nog daaraan gekleef het.  Retief s’n het nog die leerbladsak om gehad waarin die opgevoude traktaat nog ongeskonde en leesbaar was.
Daarna het 300 man van die kommando onder leiding van Hans de Lange op 27 Desember die vlugtende Zoeloes verder agtervolg.  Dingaan het hom met sy hele gevolg tot oor die Wit Umfolozi teruggetrek.  Dit is ‘n woeste streek wat selfs vir ‘n perdekommando moeilik bereikbaar was.  Pretorius het by die waens gebly, want hy het baie las van sy beseerde hand gehad.  Landman het met sy manne in ‘n hinderlaag beland en moes die hele dag lank in ‘n verbete geveg verhoed dat 5 000 Zoeloes hulle nie geheel en al omsingel nie.  Vyf van die manskappe het gesneuwel, maar daar het meer as 1 000 Zoeloes op die slagveld bly lê.

 

Britse bemoeienis
Op 4 Desember het ‘n Britse troepemag onder majoor Charters in Port Natal geland. Hy is sonder Engeland se goedkeuring, deur goewerneur Napier van die Kaap daarheen gestuur “om die inboorlinge te beskerm en bloedvergieting te voorkom.”  Hy het beslag gelê op die Trekkers se ammunisie wat hulle in die baai geberg het.  Hy was gewillig om dit terug te gee indien die Trekkers beloof om dit net vir verdedigingsdoeleindes te gebruik.  Hulle het dit geweier.
Charters het in Januarie 1839 na Kaapstad teruggekeer en kaptein Henry Jervis, wat in beheer van die troepe gelaat is, het met Dingaan onderhandelings aangeknoop wat op vrede met die Trekkers moes uitloop. Pretorius het die “vredeskonferensie” wat op 25 Maart op die plek gehou is waar Durban vandag is, bygewoon.  Daar is wedersyds ooreengekom dat die Tugela die grens sou wees tussen die Natalse Republiek en die Zoeloes.  Din-gaan se gesante het beloof dat hulle die vee en goed wat hulle van die Boere geroof het, sou teruggee.
Dingaan het hom maar min aan die ooreenkoms gesteur. Die vergoeding wat beloof is, het maar drupsgewys ingekom.  Daar het voortdurend gesante van laer rang by die Boere verskyn en die indruk gewek dat hulle spioene was en dat Dingaan hom klaarmaak om hulle ter geleënertyd weer aan te val.
In die najaar van 1839 het die toestand verbeter.  Panda, Dingaan se halfbroer, het met 17 000 volgelinge van Dingaan weggebreek.  Jervis het die Boere se ammunisie teruggegee en die Engelse troepemag het Port Natal ontruim.

 


Laaste  veldtog teen Dingaan
Panda het die Trekkers van sy goeie bedoelings oortuig.  Andries Pretorius het met hom ooreengekom om Dingaan weer aan te val.  Teen 15 Januarie 1840 het hy ‘n burgermag van 350 man in die veld gehad.  Panda se Zoeloemag van 5 000 het Dingaan se impi’s in ‘n slag by die Makonko-koppe beslissend verslaan, onderwyl Preto-rius en die burgermag feitlik net as toeskouers daaraan deelgeneem het.  Hulle het 42 000 beeste as skadever-goeding geneem.  Pretorius het op 10 Februarie 1840 vir Panda aan die Swart Umfolosi tot koning van die Zoeloes uitgeroep.

 

Die Republiek Natal
Die Trekkers het hul vlag in Port Natal geplant en één groot republiek geproklameer.  Hendrik Potgieter was  kommandant-generaal vir die gebied Winburg-Potchef-stroom en Andries Pretorius vir Natal.  Pietermaritzburg, die hoofstad, waar die Volksraad gereeld vergader het, is al in 1838 gestig.  Die raad het ‘n versoek aan goewerneur Napier van die Kaap gerig, om as verteenwoordiger van die Britse regering, die onafhanklikheid van die Voor-trekkerrepubliek te erken. Napier wat gedurende sy bewind geen goeie woord ooit vir die Trekkers gehad het nie en hulle wou laat verstaan dat hulle nooit iets anders as minderwaardige Britse onderdane sou wees nie, was moedswillig glad nie haastig om te reageer nie. Hy het naderhand in 1841 nader besonderhede gevra voordat hy sou besluit.  Daarop het die Volksraad sy versoek om erkenning van sy onafhanklikheid dringend herhaal.  Napier het toe skielik geweier om te onderhandel, tensy die Trekkers eers erken dat hulle Britse onderdane is en bereid is om die gesag van die Britse regering te gehoorsaam.  Eers ‘n jaar daarna het hy aan hulle laat weet dat die Engelse regering weier om hul onaf-hanklikheid te erken.  Die Volksraad wou egter nie berus nie en het in Desember 1841 weer aangedring om erkenning van sy politieke vryheid, waarna Napier dit weer ontken het.  Hy het gedreig om Port Natal weer met ‘n militêre mag te laat beset.

 

Nkapaai en Fakoe
Aan die suidgrens van die Republiek het die Bakas langs die boloop van die Umzimvubu, onder hulle hoofman, Nkapaai, gewoon.  Hy was bekend vir baie moord- en rooftogte, ook op sy buurman, Fakoe en die Pondo’s.  Die Boere van Suid-Natal het veel las van hierdie veediewe gehad.  Hulle het besluit om die stryd teen Nkapaai aan te knoop, al sou hulle gevaar loop om met die Kaapse Goewerneur in botsing te kom.  Nkapaai is verslaan deur ‘n kommando van 260 burgers.  Sewentien Baka-kinders wat in verlate krale aangestref is, is saamgeneem om by die burgers ingeboek te word.  Toe Fakoe sien wat met Nkapaai gebeur, wend hy hom tot sir George Napier en vra beskerming teen ‘n moontlike inval van die Voortrekkers.  Napier het nie op hom laat wag nie.  Hy het dadelik ‘n troepemag van 200 man onder kaptein TC Smith na Pondoland gestuur om Fakoe en Nkapaai te beskerm.

 

Die slag van Congella en die anneksasie van Natal
Toe land daar in Augustus 1841 ‘n Amerikaanse handelskip, die Levant, in Port Natal om met die Voortrekkers handel te dryf.  Dit het die Engelse laat besef dat hulle die binnelandse handel deur Port Natal kon verloor.  Daarom het Napier uit Engeland opdrag ontvang om Port Natal weer te beset.  Kaptein Smith is van Pondoland af met sy troepe na Port Natal gestuur, waar hy op 4 Mei 1842 aangekom het.  Sy mag het bestaan uit 250 man, 60 waens, ‘n aantal Hottentotte, 10 perde en 3 kanonne.  Hy het sy kamp by Congella opgeslaan. Vyf dae later was Pretorius ook daar met ‘n kommando en slaan sy kamp omtrent 5 km van Smith s’n af op.
Smith het op 23 Mei ‘n nagaanval op die Boerekamp gemaak, met 123 soldate en twee kanonne, maar hy is teruggeslaan met ‘n verlies van 17 dooies, 31 gewondes en 3 vermistes.  Hulle kanonne het ook op die strand agtergebly. Twee dae later het die Boeremag die bemanning van die skoener, die Mazeppa, gedwing om oor te gee.  Hulle het 56 wavragte goedere, geld en ‘n kanon gebuit.
Pretorius het voortgegaan om Smith te beleër.  Een van sy manne, Dick King, het in die nag ontsnap en te perd seshonderd myl in ses dae na Grahamstad afgelê om hulp te gaan soek. Op 26 Junie het ‘n groot vloottaakmag van 800 soldate onder kolonel AJ Cloete uit die Kaap in die hawe geland en met hul skeepskanonne se gebulder vir Smith ontset.  Pretorius moes toe maar met sy handjievol Boere en verouderde voorlaaiergewere die wyk neem voor die getalsterke vyand met hul moderne wapentuig.

 

Die Engelse Natal
Lord Stanley, Britse minister van kolonies, het Natal in Desember 1842 vir Engeland geannekseer en die Kaapse goewerneur Napier het op 12 Mei 1843 die gebied tot ‘n nuwe Britse kolonie geproklameer.
Die verengelste Cloete het onmiddellik begin om ‘n soort militêre regering oor die Trekkers toe te pas. Hy het die Swartes gebruik om die lewens van die Trekkers te vergal.  Panda, wat vroeër deur die Trekkers as koning van die Zoeloes aangestel is, het nou skielik pro-Brits geword.  Sy bendes het begin om die hele Natal te oorstroom.  Cloete het hulle opdrag gegee om die Boere se vee te gaan roof en na die Engelse kamp te bring.  Hulle sou daarvoor vergoed word.
Pretorius moes die stryd opgee en sy manne huis toe stuur om hul gesinne te gaan beskerm teen die Swart plaag wat hulle skielik weer bedreig het.  Drie ou mans is koelbloedig vermoor deur Cloete se “vreedsame” rowers en vroue en kinders is mishandel.  Die toestand het in ‘n orgie van amptelike moord, roof en verkragting ontaard.
Cloete is terug Kaap toe.  In sy plek is sy broer, Henry Cloete, na Natal gestuur as gevolmagtigde van die Britse regering om die nuwe gebied te administreer. ‘n Aantal vroue, onder leiding van die vrou van Erasmus Smit, het vir Cloete ‘n benoude tydjie besorg.  Hulle het hom as ‘t ware in sy kantoor gaan omsingel en vir hom gesê dat hulle hul nooit aan Britse gesag sou onderwerp nie en as hulle verset daarteen tevergeefs is, sal hulle liewers kaalvoet oor die Drakensberg terugstap na vryheid, as om onder Britse bestuur in Natal te bly. Hulle wagwoord is:  “Die Vryheid of die Dood.”  Maar Natal was vir die Trekkers verlore.

 

Die Trekkers verlaat Natal
Na die anneksasie van Natal in 1843 deur die Engelse, het daar ‘n uittog van die Trekkers na die Vrystaat en Transvaal begin. Teen die einde van 1843 was daar skaars nog 500 gesinne in Natal oor. Andries Pretorius het op sy plaas Welverdiend by Pietermaritzburg bly woon en probeer om in die bres te tree vir sy mense by die nuwe Engelse outoriteite.  Hy het niks bereik nie.  Hy het selfs Kaap toe gegaan om te gaan kla, maar die goewerneur het geweier om hom te woord te staan.
Toe dit naderhand onhoudbaar word weens die toestroming van al die swart roof- en moordbendes, het Pretorius die Trekkers wat nog daar was, ongeveer 400 in getal, bymekaar gemaak en in ‘n trek na die Vrystaat beweeg.  Hulle laers het aan die begin van 1848 aan die Tugela gestaan. Die nuwe Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, het hulle daar besoek en probeer oorreed om in Natal te bly. Die Trekkers het skielik waardevolle inwoners van Natal geword.
Nie een is terug nie.  Pretorius self het ‘n plaas bekom in Transvaal aan die Magaliesberg by Hartebeespoort.  Baie van die Natalse Trekkers het hulle ook in Transvaal by Potchefstroom en Rustenburg gevestig en die ander is na die noordelike deel van die Vrystaat, waar Potgieter Winburg aangelê het, tussen die Vet- en die Vaalrivier.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2565 gaste aanlyn