NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die meeste mense wonder wat die geheim van gelukkig wees is, in die allesdaagse rondom hom. Jy kan nie die vreugde wat jy aan iemand anders gee deur iets mooi aan hom te sê of te doen, beleef sonder om self daardie gelukkige gevoel te ervaar nie – vandaar die spreekwoord dat dit saliger is om te gee as om te ontvang!

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 11

Ons voorouers word verdruk


Verengelsing van die staatsdiens
Engeland het eers aan die einde van die Napo-leontiese oorloë in 1815 volkome sekerheid verkry dat die Kaap ‘n permanente Britse besitting sou bly.  Daarna is daartoe oorgegaan om alles wat in die Kolonie ‘n Hol-landse stempel gedra het, sistematies uit te wis en met Engelse instellings te vervang.
In 1813 het Cradock afgekondig dat by nuwe aanstellings in die staatsdiens ‘n kennis van Engels ‘n “onvermydelike” voorwaarde sou wees.  Die verbritsing van die staatsdiens, wat deur Somerset verder voltrek is, het die ordeliewende Afrikaners op die plase nie veel geaffekteer nie. Die stedelike Afrikaner, wat ‘n lewens-bestaan in die staatsdiens gesoek het, het egter die slagoffer van die verbritsingsbeleid geword.

 

Skotse predikante
Somerset en die Britse regering het besef dat die verengelsing van die staatsdiens in die Kaap alleen, nie genoeg sou wees om die koloniste self te verengels nie.  Daarom is die Afrikaners se kerk en ook die onderwys gekies om die proses mee voort te sit.  Daar was destyds nege Hollandse kerke.  Dit was dringend nodig om nuwe gemeentes in veral die buitedistrikte te stig, maar weens die tekort aan predikante is dit nie gedoen nie.  Toe voer die Britse owerheid predikante van die Skotse Pres-biteriaanse Kerk in, om vir die Afrikaners in Engels te preek.  Na Somerset se vertrek in 1826 is hierdie beleid verder voortgesit.  In 1834 was daar reeds 13 Skotte uit die totaal van 23 predikante. Hierdie maatreël om die Afrikaners te verengels, het maar in ‘n geringe mate geslaag, want die Skotse predikante het mettertyd feitlik almal Nederlands-Afrikaans geleer en daarin gepreek.

 

Die onderwys
Om die proses van verengelsing te versnel, het Somerset ‘n proses van vrye Engelse skole in die lewe geroep.  Hier het Engelse en Skotse onderwysers aan die Afrikaanse kind onderwys gegee.  Die doel van die invoering van Engelse en Skotse predikante en onder-wysers was om die Engelse taal amptelik in te voer.  Die koloniste was op die lange duur nie te vinde vir die Skotse predikante en ingevoerde onderwysers nie.  Vir hulle was dit noodsaaklik dat hulle kinders Hollands op skool moes leer, om hulle vir lidmaatskap van die kerk voor te berei.  Baie van die ou koloniste het hul kinders weggeneem uit die regeringskole, “omdat onze moedertaal, het Hol-landsch, er niet in geleerd worde.”

 

Somerset se taalproklamasie
Die onderminister van kolonies van Engeland het in ‘n memorandum die vervanging van Hollands deur Engels bepleit.  Daarop het Somerset in 1822 sy taalproklamasie uitgevaardig.  Daarvolgens sou vanaf 1823 alle regering-stukke en briefwisseling in Engels opgestel en gevoer word.  Vanaf 1825 sou Engels die voertaal word in alle regeringskantore en vanaf 1 Januarie 1827 het dit die enigste amptelike taal in die geregshowe geword.

 

Die regsoktrooi
Saam met Somerset se taalordonnansie het ook sy regsoktrooi in 1827 van krag geword.  Die ou Hollandse regstelsel is afgeskaf en vervang deur ‘n Engelse een.  ‘n Nuwe, onafhanklike hooggeregshof (Supreme Court) met ‘n hoofregter en drie regters is ingestel.  Sake sou voor ‘n regter en jurielede dien.  Die regsprosedure sou in Engels wees.  Die Hollandse stelsel van laer geregshowe wat uit die landdroste en heemrade bestaan het, is deur resident-magistrate en siviele kommissarisse vervang.
Die instelling van ‘n onafhanklike hooggeregshof met regters en ‘n juriestelsel, het die goedkeuring van die bevolking weggedra.  Maar met die afskaffing van die howe van landdroste en heemrade, het die Hollandse koloniste hulle seggenskap in plaaslike aangeleenthede verloor.

 

Afskaffing van die burgersenaat
Nog ‘n slagoffer van die Britse sentralisasiebeleid was die afskaffing van die Burgersenaat. Dit was ‘n groot munisipaliteit vir Kaapstad.  Die koloniste het ruim verteenwoordiging op hierdie liggaam gehad.  Dit het nie in hulle smaak geval toe sy funksies deur die sentrale regering oorgeneem is nie.  Alhoewel daar in 1825 ‘n Raad van Advies in die lewe geroep is om die goewerneur by te staan, was hy na al die konstitusionele veranderings wat gedurende die vorige tien jaar gemaak is, in 1828 ’n alleenheerser met outokratiese mag.  Hy kon na willekeur wette uitvaardig, wat ordonnansies genoem is.  Sy doen en late kon alleen deur die Imperiale regering aan bande gelê word.

 

Die Engelse setlaars van 1820
Die invoer van ‘n paar duisend Britse immigrante in die Kolonie, het ten doel gehad om die Kaap nog verder te verengels.  Eers is ‘n paar honderd ingeboekte Skotse leer-jongens in 1817 as werktuigkundiges na die Kaap ge-bring.  Hulle het veral in Kaapstad self ‘n heenkome gevind.
Na die einde van die Napoleontiese oorloë, was daar in Engeland ‘n behoefte om werklose en minder gewenste bevolkingselemente na Britse kolonies te emigreer.  Op versoek van Somerset het die Imperiale owerheid in 1820  3 124 Britse setlaars na die Kaap laat emigreer.  Hierdie immigrante moes die Britse bevolking teenoor die oor-wegende Hollandse bevolking aan die Kaap kom versterk.  Daarom sou hulle tussen die Hollandse koloniste in die buitedistrikte geplaas word en help om die oosgrens-probleem op te los.
Die hele onderneming was vol gebreke. Somerset wou ervare landbouers vir die Suurveld gehad het.  Maar daar het te veel verarmde stedelinge gekom wat niks van boerdery geweet het nie.  Somerset het ongeveer 2 000 persone verwag.  Toe daar meer as 3 000 land, het hy probleme ondervind om almal te plaas.  Tydens hulle aankoms in die Kaap, was Somerset met verlof in Engeland.  Die waarnemende goewerneur, sir Rufane Donkin, kon nie daarin slaag om Somerset se plan om al die immigrante in die Suurveld te vestig, uit te voer nie.  Donkin het opdrag gekry om die Iere, Skotte en Engelse apart te vestig.  ‘n Poging om die Iere in Clanwilliam te plaas, het misluk.  Uiteindelik het al drie groepe in die Suurveld te lande gekom.  Dit was op klein stukkies grond van 50 morge per huisgesin.  In Suid-Afrika is ‘n lewe op sulke plasies onbestaanbaar.
Gedurende die eerste jaar het ‘n onbekende soort roes die setlaars se graan verwoes.  Gedurende die volgende drie jaar het droogte, oorstroming en sprinkane hulle swaar getref.  Baie van hulle het hul klein plasies verlaat en handwerkers en handelaars geword.  Donkin het aan dié wat as boere deurgebyt het, groter plase toegeken.  Hulle het hulle ook op die veeboerdery en later op die wolboerdery toegelê.  Die ander het as ambagslui en handelaars in die dorpe goed verdien.  Grahamstad het vinnig gegroei.  By Algoabaai het ‘n nuwe hawestad verrys, waaraan sir Rufane Donkin die naam Port Elizabeth gegee het, ter ere van sy oorlede vrou.
Die Engelse setlaars was in Engeland aan ‘n bietjie meer “demokrasie” gewoond, met die parlementêre regering, die vrye pers en die reg om openbare vergade-rings te hou.  Daarom het hulle spoedig met die outokratiese goewerneur Somerset gebots, na sy terugkeer uit Engeland.  Hy het Donkin se reëlings omvergewerp en die setlaars gewaarsku dat hulle in hegtens geneem sou word indien hulle hul grond verlaat.  Daarop het hy alle openbare vergaderings in die kolonie verbied. Twee manne, Thomas Pringle en John Fairbairn, het ‘n maandblad, South African Journal, en ‘n weekblad, South African Commercial Advertiser, uitgegee en die Goewerneur se gramskap op die hals gehaal met ‘n artikel wat daarin verskyn het.  Somerset het die publikasie van die blaaie verbied.  Dit het twee keer gebeur, maar uiteindelik het Fairbairn met behulp van die Engelse regering die stryd om die vryheid van die pers gewen.
Somerset het as goewerneur aan die Kaap meer vyande as vriende gemaak.  Op ekonomiese gebied is die Hollandse koloniste swaar getref deur die waarde-vermindering van die Kaapse geld.  Vanaf 1806 tot 1825 het die riksdaalder se waarde van 41c tot 15c gedaal.  Die tirannieke en korrupte goewerneur Somerset se roekelose en onoordeelkundige vermeerdering van ongedekte papiergeld, het tot inflasie en depresiasie van die riksdaalder gelei  veroorsaak.
Die koms van die Engelse werklose 1820 setlaars het die verhouding tussen die Hollandse en Engelse bevolking  van die Kaap nie dramaties verander nie.  Na die koms van die setlaars was daar 7 000 Engelse en 43 000 Hollandse koloniste aan die Kaap.  Die bevolkng het nog jare daarna ongeveer 80% Hollands gebly.

 

Ordonnansies 49 en 50
Die filantrope het nie van lord Charles Somerset gehou nie. Hy het met sy reëlings na die Vyfde Grens-oorlog in 1819 na hulle sin heeltemal te streng teenoor die Swartes opgetree.  Toe die filantropiesgesinde generaal Richard Bourke (1826-1828) vir Somerset opvolg as goewerneur, het dr John Philip ‘n geleentheid gesien om sy wil deur te voer.  Die Kaapkolonie is daarna deur ‘n vloedgolf van negrofilisme oorweldig.
Vanaf 1823 het ‘n groeiende aantal Swartes die Kaapse grens oorgesteek en hulle in die Kolonie kom plak.  Dit was groepe vlugtelinge wat wou wegkom voor die moordtogte en vernietigingsgolwe wat die land in die noorde oorspoel het toe Tsjaka en Silkaats se hordes duisende Swartes uitgewis het.  Van die oorlewendes het begin om die Kaap binne te stroom.  Teen 1836 was daar al 17 000 binne die grense van die Kolonie.  Hulle was Fingo’s wat kom kos en werk soek het.  Net buite die grense was daar reeds 35 000 vlugtelinge, bestaande uit Mantatese, Betsjoeanas, Barolongs en Korannas.  Hulle het die Swartgevaar op die noord- en oosgrens skrikwekkend laat toeneem.  In plaas van om hulle weer terug te dryf, het goewerneur Bourke hulle in die Kaapkolonie verwelkom met die uitvaardiging van Ordonnansie 49.  Hy het ‘n paar van die groepe genoem: “Any Kafirs, Gonaguas, Tambookies, Griquas, Bosjesmen, Betchuanas, Mantatees, Namaquas, or other natives of the interior of Africa.”
Afrika het vrye toegang tot die Kaapkolonie gekry.  Dit het ‘n toevlugsoord geword vir vlugtelinge en misdadigers uit alle oorde.  Met Ordonnansie 49 het Bourke alle wette herroep wat Bantoes belet het om oor die grens te kom.  Niemand mag meer vee in die Swart gebied gaan terughaal nie en alle militêre ekspedisies teen die Swartes moet gestaak word.
Drie dae nadat Ordonnansie 49 in werking getree het,  vaardig Bourke Ordonnansie 50 uit. Daarmee het hy die Hottentotte-wetgewing van Caledon, Cradock en Somer-set vernietig.  Voortaan mog geen vrye bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy bewegingsvryheid, woonreg, lewenswyse of werk, beperk of tot arbeid gedwing word nie.  Alle Hottentotte, Boesmans en vrye gekleurdes kry net soos gewone burgers van die land, die volle reg om grond te besit.  Die uitwerking van Ordonnansie 50 was dat baie Hottentotte hulle werk verlaat het en in groepe deur die land geswerf het, om van roof en diefstal te lewe.

 

Verlies van duurgekoopte slawe
Met die verowering van die Kaap in 1806 het die Britte slawerny as instelling hier aangetref.  Een van die ander Britse kolonies waar ook van slawe-arbeid gebruik gemaak is, is Wes-Indië.  Daar het hulle in die tropiese plantasies onder toesig van drywers met swepe geswoeg.  Die winsmotief was oorsaak dat slawe-arbeid daar wreed uitgebuit is.  Aan die Kaap het die toestand radikaal verskil.  Dit was in die slawe-eienaar se eie belang om sy slawe goed en menslik te behandel.  Maar in Londen is slawewetgewing wat vir Wes-Indië gemaak is, ook op die Kaapkolonie toegepas.  Die reeks slawewette het ‘n irriterende uitwerking op die koloniste gehad.  Dit het in 1816 begin toe Somerset ‘n proklamasie uitgevaardig het dat alle slawe geregistreer moes word.  In 1823 is hulle werkdae en werkure vasgestel.  Die aantal houe is beperk wanneer hulle lyfstraf moes kry en hulle het reg gekry om in die howe te getuig.  In 1826 is “Slaveprotectors” aangestel by wie die slawe kon gaan kla. In die regeringstyd van sir Lowry Cole (1828-1833) moes elke slawe-eienaar ‘n strafboek aanhou en dit tweemaal per jaar vir die slawebeskermer gaan wys.  In 1831 is die slawe se werktyd vasgestel tot 9 ure per dag.  Die slawebeskermhere is aangesê om op alle tye en plekke die slawe te besoek en ondersoek in te stel na hulle welstand en woonplek.
Die slawe-eienaars se gemoedere het hoog geloop oor al die onregverdige maatreëls.  Hulle het ‘n protesver-gadering op 17 September 1832 in Kaapstad gehou, wat deur 2 000 eienaars bygewoon is.  Die Britse regering was nie haastig om hulle tegemoet te kom nie.  Toe word dit bekend dat die Britse parlement in 1833 ‘n wet gemaak het dat daar na 1 Desember 1836 geen slawerny meer in die Britse kolonies mog bestaan nie.  Die skadevergoe-ding sou  £20 000 000 bedra.  Goewerneur Benjamin D’Urban (1834-1838) moes die vrystellingswet deurvoer.  Dit is vasgestel dat daar toe 39 021 slawe was met ‘n berekende waarde van £3 040 290.  Dit was ver onder die werklike waarde van die slawe.  Die skok het heelwat groter geword toe die eienaars in 1835 verneem dat daar net £1 447 400 vir die Kaapse slawe betaal sou word.  Die ontnugtering het nog baie meer gestyg toe bekend gemaak is dat alle uitbetalings in Londen sou plaasvind in Britse 3½%-staatspapiere en nie in kontant nie.
Daar was groot verbystering aan die Kaap.  Oorsese agente en spekulante het die koloniste uitgebuit deur hul eise vir ‘n appel en ‘n ei op te koop.  Baie eienaars het skaars een-vyfde van die waarde van hulle slawe gekry.  Hierdie verliese het baie families so verarm dat hulle nie weer die mas kon opkom nie.  Dit was hoofsaaklik die Afrikaanse koloniste wat die las moes dra, want die En-gelse nedersetters van 1820 is nie toegelaat om slawe aan te hou nie.  Die Afrikaanssprekende koloniste het ook die meeste gely onder die leeglopery van die groot getal vrygestelde gekleurde bevolking.  So lank as  wat Ordon-nansie 50 as landswet gegeld het en dr Philip die vertroue van die Imperiale regering geniet het, kon goewerneurs Cole en D’Urban nie ‘n wet teen leeglopery maak nie,  alhoewel hulle die noodsaaklikheid daarvan besef het.

 

Die Sesde Grensoorlog
Drie weke na die vrystelling van die slawe was die Sesde Grensoorlog in volle gang.  Die weifelende grens- en Bantoe-beleid van die Engelse goewerneurs het baie bygedra tot die uitbreek daarvan.  Bourke het Somerset se reëlings afgebreek en Cole het weer Bourke se maatreëls omvergewerp.  Die Swartes het hierdie aarseling en onsekerheid van die owerheid as swakheid van die Witman vertolk en al hoe meer in die neutrale gebied gaan plak. Veediefstalle het onrusbarend toegeneem . Goewer-neur D’Urban was verplig om ‘n strafekspedisie uit te stuur.  Dit het die oorlog laat uitbreek.
Op 21 Desember 1834 het 15 000 Kôsas die Kolonie binnegeval en die grensbewoners totaal onvoorbereid oorval.  Hulle  het  22  blanke  mans  vermoor, 456 huise afgebrand en 5 700 perde, 115 000 beeste en 161 000 skape weggevoer.  Dit was die grootste slag wat die grensboere nog getref het.  Hulle moes oorhaastig hulle plase verlaat en beskerming in Grahamstad en in laers soek.  Die gestroopte distrikte was ‘n verlate wildernis.
Goewerneur D’Urban het vir luitenant-kolonel  Harry Smith  inderhaas na Grahamstad gestuur en hom onmid-dellik gevolg.  Hulle het met ‘n mag van 3 000 soldate en burgers die Kolonie van die Kôsas gesuiwer en hulle toe in hulle eie gebied aangeval.  Eers is met die westelike Kôsas, die Rarabes, afgereken en daarna het D’Urban oor die Keirivier getrek om die oostelikes, onder Hintsa, te pak.  Hintsa het om vrede gesmeek en moes ‘n boete van 25 000 beeste betaal.  Hy is as gyselaar aangehou.  Toe hy probeer ontsnap, is hy deur ‘n soldaat, ene Southey doodgeskiet.
Die dood van Hintsa en D’Urban se nuwe grens-reëlings het groot opgewondenheid in filantropiese kringe veroorsaak.  Hy het die gebied tussen die Keiskamma en die Kei geannekseer en dit die “Province of Queen Adelaide” genoem.  Hy het Bantoes toegelaat om hier te woon as Britse onderdane en onder toesig van ‘n Britse resident, gesetel in King William’s Town.
Die koloniste het D’Urban se grensreëlings geesdriftig goedgekeur, maar in filantropiese kringe is dit skerp veroordeel.  Dr Philip en kaptein Andries Stockenström het in Engeland voor ‘n “Aborigenes Committee” teen D’Urban gaan getuig en die minister van kolonies, lord Glenelg, het D’Urban se hele grensreëling omvergewerp.  Die Provinsie van Koningin Adelaide is aan die Swartes teruggegee.  Andries Stockenström is as luitenant-goewer-neur van die Oostelike Provinsie aangestel om te sorg dat die grens van 1819 weer herstel word.

 

Die Groot Trek en daarna
Die ingryping van Glenelg in die grensreëlings van D’Urban was die laaste strooi by al die oorsake wat tot die Groot Trek gelei het.  Dit was die doeltreffendste vorm van protes teen die owerheid se voortdurende veron-regting en ook die enigste uitweg wat na ‘n hoopvoller toekoms kon lei.
Die uitvoering van Glenelg se beleid van vriendskap en bondgenootskap met die opperhoofde, het nie vrede op die oosgrens gebring nie.  Die Swartes het dit as tekens van swakheid gesien . Hulle het mettertyd maar weer hulle veediefstalle en grensoorskrydings hervat.  Goewerneur George Napier (1838-1844) het tevergeefs by Glenelg gepleit dat ‘n deel van die £300 000 wat die grensboere skade gely het, aan hulle vergoed moes word.  Tydens die bewind van die volgende goewerneur, sir Peregrine Maitland (1844-1847) het die uitdagende opperhoof, Sandile, ‘n nuwe oorlog veroorsaak wat die “Oorlog van die Byl” genoem is.  Daar is weer groot skade aangerig, voordat Maitland se opvolger, sir Harry Smith (1847-1852) die Rarabe-stamme onderwerp het.  Hy het die vroeëre Province of Queen Adelaide ‘n Bantoe-reservaat gemaak met die naam British Kaffraria. Smith se grensreëlings het ook nie blywende vrede gebring nie.  Op Kersdag 1850 het die Agste Grensoorlog uitgebreek.  Toe Smith nie in staat was om dit spoedig tot ‘n einde te voer nie, is sir George Cathcart (1852-1854) aangestel.  Hy het die oorlog met krag voortgesit, die Swartes uit Brits-Kaffrarië verdryf en die dorp Queenstown daar aangelê.
In 1849 is die Kolonie van ‘n ramp gered toe al die inwoners saamgestaan en nie toegelaat het dat die skip, die Neptune, met 282 Engelse bandiete aan boord, in Tafelbaai land nie.  Die Imperiale regering het beveel dat hulle in die Kaap afgelaai moes word, nadat die Austra-liese kolonies onwillig geword het om nog meer misdadigers te ontvang.  Met hierdie Anti-bandiete-beweging het Afrikaners en Engelse, plattelanders en stedelinge saamgestaan om ‘n gemeenskaplike gevaar af te weer.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2555 gaste aanlyn