NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Volgelinge van Jesus sit hulself neer maar tel ook iets op - ’n kruis.  “….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” Eers neersit, dan optel.

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 10

Die Engelse roof weer die Kaap


Nadat De Mist vertrek het, het goewerneur Janssens nog nege maande kans gehad om van De Mist se reëlings op die Kaap toe te pas.  Dit het al hoe moeiliker gegaan.  Hy het die swak garnisoen aangevul met burgers, Hotten-totte en Javane.  Hy het naderhand darem 2 000 man op die been gehad teenoor die 4 500 waarmee die Engelse generaal David Baird voet aan wal gestap het.  Die botsing tussen die twee magte het op 8 Januarie 1806 by Blaauwberg plaasgevind.  Die uitslag daarvan was te voorsien.  Twee dae daarna het Kaapstad oorgegee en op 18 Januarie het Janssens met die res van sy leer, wat na die Hottentots-Hollandberge teruggewyk het, die selfde gedoen.
So het die Kaap vir die tweede keer oorgegaan in die hande van Groot-Brittanje, om nooit weer onder die gesag van Nederland terug te keer nie . Alle private eiendom sou gerespekteer word.  Die burgers en ingesetenes sou die regte en voorregte wat hulle geniet het, bly behou. Godsdienstige instellings sou onveranderd gehou word.  Kort daarna het die Engelse hierdie artikel van oorgawe verkrag, toe hulle die gebruik van die Nederlandse taal opsygeskuif het.

 

Die bevolking van 1806
Hierdie keer sou hul koms nie weer ‘n tydelike militêre besetting wees nie, maar die vestiging van ‘n vreemde owerheid oor ‘n Hollandssprekende koloniale bevolking.  Dit was ‘n volksgemeenskap wat in wese nie meer Nederlands was nie.  Hulle het reeds die kenmerke van ‘n nuwe, afsonderlike nasie openbaar, met ‘n eie nuwe spreektaal. Hulle lewensopvattinge het verskil van hul Nederlandse, Duitse en Franse tydgenote.  Hierdie bevolking van nie-Britse herkoms het gedurende die vorige anderhalf eeu diep wortel geskiet.  Hulle het reeds al die kenmerke van ‘n volk met ‘n eie identiteit gedra.
Die Kolonie se slawebevolking het die Blankes in getalsterkte oortref.  Daar was ook duisende ontstamde Hottentotte.  Hulle het onder die dunverspreide Blankes gewoon of rondgeswerf.  Op die noordelike en oostelike grense het roofsugtige  Boesmans en Bantoes onveilige toestande geskep.

 

Doel en aard van die besetting
So het die Engelse gesag die erfgenaam geword van allerlei netelige vraagstukke.  Maar die welsyn van die inwoners het ongelukkig nie by hom so swaar geweeg as die strategiese waarde van die Kaap nie.  Die doel van die Engelse besetting van die Kaap was nie verdere koloni-sasie nie, maar om hom as militêre basis vir die beskerming van die groot Britse belange in die Ooste te gebruik.  Daarom het Brittanje aan die koloniste beloof om hul bestaande wette, voorregte en godsdiens te waarborg.
Die besetting het ‘n aanvang geneem met ‘n outokratiese eenmansbewind.  Gedurende die eerste jaar het generaal Baird ‘n militêre bewind gevoer en  in 1807 is die eerste burgerlike goewerneur benoem.  Hy was graaf Caledon wat tot 1811 aan die Kaap gebly het.

 

Rondgaande howe
Caledon het in 1811 rondgaande howe vir die Kolonie ingestel.  Die nuwe howe het in ‘n groot behoefte voor-sien.  Hierdeur is hoëre regspraak na die afgeleë provin-sies gebring.  Dit het die koloniste die moeite en koste bespaar om die lang reis na die Kaap te onderneem.  Die howe het ook ‘n nuttige kontrole oor die werk van die landdroste in die buitedistrikte uitgeoefen.  So het Caledon begin om die sentrale regering se houvas op die binneland te versterk.  Dit was die begin van ‘n beleid van sentralisasie wat later deur die Britte deurgaans in Suid-Afrika toegepas is.

 

Paswette vir die Hottentotte
Gedurende die Nederlandse bewind van die Kaap, is die Hottentotte beskou as ‘n onafhanklike volk, wat deur hul eie stamhoofde regeer is.  Maar die groot pokke-epidemies van die 18e eeu en hulle kontak met die Blankes, het die stam-organisasie laat verdwyn.  Die Hottentotte het swerwende loonarbeiders geword.  Baie van hulle het ‘n niksdoen bestaan by die sendingstasies gaan voer.
Caledon het in 1809 ‘n proklamasie uitgevaardig wat die Hottentotte onder die koloniale wette gebring het.  Hulle vryheid van beweging is beperk.  Elkeen moes ‘n vaste verblyfplek hê, wat hy nie sonder ‘n pas van sy werkgewer of landdros of fiskaal mag verlaat nie.  Caledon wou hiermee die tekort aan geskoolde arbeiders verlig, want die Britse parlement het in 1807 alle slawehandel dwarsdeur die ryk stopgesit.

 

Die filantrope
Caledon se wette oor die Hottentotte het heftige reaksie van die filantrope uitgelok. Hierdie mense beweer dat die natuurmens en natuurvolk gelykwaardig is aan die beskaafde en gekultureerde mens.  Hulle loën alle verskille, stel hulle gelyk en behandel hulle gelyk.  Die sendelinge van die Londense Sendinggenootskap by Bethelsdorp het gesê die wette is ‘n skending van menseregte en ‘n bedekte vorm van slawerny.
Hierdie sendelinge, dr Van der Kemp en Read, en later dr Philip, het die saak van die koloniste veel skade berokken met die verkondiging van ‘n klomp leuens wat in regeringskringe in Londen geglo is.  Hulle het gesê die Hottentotte het vele goeie eienskappe, maar die mees uitstaande een is ‘n absolute getrouheid aan die waarheid.  Die Hottentotte kan vrygespreek word van die algemene en onvergeeflike kwaad soos leuens en diefstal.
Die filantrope het die onsin wat hulle verkondig het, self geglo. Hulle het in Engeland in magsposisies gesit en die Engelse regering gedwing om aan hulle bewerings aandag te gee.
By Van der Kemp en Read se sendingstasie in Bethelsdorp het die Hottentotte kos en klere gekry sonder om ‘n steek werk te verrig.  Die stasie het spoedig ‘n onheilsnes geword.  Van der Kemp hulle het gesê die Hottentotte is ‘n lydende en onderdrukte volk.  Hulle woord moet nooit in twyfel getrek word nie.  Read het in ‘n brief aan sy genoodskap gekla dat die Hottentotte onmenslik behandel word deur die Blankes.  Hy sê dit is een van die swartste en bloedigste bladsye in die geskiedenis.  Die boere is ‘n horde plunderende barbare.  Hy en Van der Kemp weet van meer as honderd gevalle van moord in die distrik Uitenhage alleen.  Dit is ‘n veld van onskuldige bloed wat tot God om wraak roep.  Die brief is in Engeland gepubliseer en die filantroop Wilber-force het dit onder die aandag van die Britse regering gebring.

 

Moeilikheid op die oosgrens
Lord Caledon het ook met die oosgrensprobleem te doen gekry.  Die Kôsas in die Suurveld het na die distrikte Graaff-Reinet en Uitenhage deurgedring.  Roof en moord was aan die orde van die dag.  Die landdroste, Cuyler en Stockenström, het gevra dat kommando’s die indringers moet kom verdryf.  Maar Caledon het geweet die Britse regering glo die filantrope se stories.  Hy gee toe maar aan die koloniste die nuttelose raad om hulle vee goed op te pas en hul wapens alleen in selfverdediging te gebruik.
Caledon se opvolger was sir John Cradock (1811-1814).  Hy het luitenant-kolonel Graham in Oktober 1811 na die Suurveld gestuur met Britse soldate en ‘n kommando koloniste.  Hulle het die Kôsas oor die Visrivier verdryf. Dit was die Vierde Grensoorlog.  Daar-na het Cradock ‘n nuwe dorp, Grahamstad, en ‘n aantal forte langs die Visrivier opgerig en deur soldate laat beman.

 

Cradock se grondbeleid
Om meer bestendige toestande in die oosgrensdistrikte te skep, het Cradock die leningplaasstelsel afgeskaf en vervang deur ‘n nuwe erfpagstelsel.  Dit moes die boere vaster aan die grond bind en die trekkery verminder.  Baie boere het aansoek gedoen om eiendomsreg op die leningsplase wat hulle bewoon het, veral in die noord-oostelike dele van die kolonie.  Daar was ‘n tekort aan landmeters, sodat hulle soms baie lank moes wag voordat die grond op hulle name oorgedra is.  Party het later dan maar weer begin trek wanneer droogtes en sprinkane hulle daartoe gedwing het.


Die Swarte Ommegang
In Augustus 1811 het Cradock van die Engelse regering opdrag gekry om die klagtes oor die mis-handeling van Hottentotte deeglik te ondersoek en die skuldiges swaar te straf.  Sendeling Read moes die nodige bewysstukke en getuies lewer, want sy kollega, Van der Kemp, is in Desember 1811 oorlede.
Die rondgaande hof het die distrikte Graaff-Reinet, Uitenhage en George besoek.  Die sittings het byna vier maande lank geduur.  Die tyd was vir die koloniste baie ongeleë.  Meer as vyftig persone is gedagvaar en honderde moes as getuies verskyn, terwyl ‘n groot aantal burgers die oosgrens moes bewaak.
Meer as 50 sake is teen Blankes verhoor.  Vyftien mans en twee vroue is van moord aangekla en dertien mans en twee vroue van aanranding op Hottentotte of slawe.  Die res van die klagtes het gegaan oor onbenullighede.  Sommige daarvan was oor gebeurtenisse in die verre verlede.  ‘n Groot deel daarvan was uit die vrugbare verbeelding van lostongige  Hottentotte en uit die kwaadwilligheid van negrofilistiese dwepers.  Die uitspraak van die twee regters, Strubberg en Cloete, toon aan hoe ernstig die blanke koloniste deur al die beskuldigings beledig is.  Slegs enkele persone is aan kleinere misdrywe skuldig bevind.  Geen geval van moord is bewys nie en op al die ander aanklagte is die mense onskuldig bevind.  Die regters se verslag aan die Goewerneur het gelui: “As die here Van der Kemp en Read die moeite gedoen het om saaklik en onpartydig die verskillende stories te ondersoek wat aan hulle vertel is, sou baie van hierdie klagtes, wat binne sowel as buite die kolonie soveel lawaai veroorsaak het, ook deur hulself as louter denkbeeldig beskou gewees het, en sou bygevolg nog die regering, nog die geregshof daarmee lastig geval gewees het.”  Die regters het verder gesê dat die natuurlike toestand van barbarisme op Bethelsdorp skynbaar die plek van beskawing en maatskaplike orde ingeneem het en dat luiheid en ledigheid en vuilnis en smet daar tot volmaaktheid gegroei het.
Die Afrikaners het gekrenk en beledig gevoel deur die valse aanklagte van hulle nie-blanke bediendes wat so deeglik ondersoek is, terwyl daar aan hulle eie klagtes nooit enige aandag gegee is nie.  Hulle goeie naam is beswadder.  Dit het hul verhouding tot die Britse owerheid versleg.  Baie mense het selfs ‘n vooroordeel teen die sending ontwikkel.

 

Slagtersnek
Na beëindiging van die Napoleontiese oorloë in Europa, is Nederland gedwing om finaal van die Kaap afstand te doen.  Sy eertydse besitting het permanent in die hande van Groot-Brittanje oorgegaan.  In hierdie nuwe Engelse bedeling is sir John Cradock opgevolg deur lord Charles Somerset (1814-1826).  As verteenwoordiger van die Konserwatiewe Tories, het hy sterk outokratiese neigings geopenbaar.
Een van sy eerste take aan die Kaap was om ‘n gepoogde opstand van ‘n aantal boere aan die oosgrens te gaan onderdruk.  ‘n Veeboer, Frederik Bezuidenhout, het in die vallei van die Baviaansrivier gewoon.  Een van sy kleurlingbediendes het hom van mishandeling aangekla.  Hy het geweier om voor die hof op Graaff-Reinet te
verskyn.  Na herhaalde waarskuwings is op 16 Oktober 1815 ‘n twaalftal Hottentot-soldate onder aanvoering van ‘n blanke luitenant gestuur om hom in hegtenis te neem.  Frederik het hom verweer en op hulle losgebrand, maar hyself is dodelik getref.
Johannes Bezuidenhout het by die graf van sy broer wraak gesweer en ‘n aantal mense in die omgewing oorreed om te rebelleer, maar slegs sestig man was bereid om die wapen op te neem.  Hulle het probeer hulp kry van Gaika, maar hierdie ou sluwe Kôsa-hoof wou niks waag nie.  Landdros Cuyler het op 18 November met ‘n gemengde mag van dragonders by Slagtersnek aangekom waar die rebelle was.  Kommandant Nel het hulle oorreed om die wapens neer te lê.  Daar was geen bloedvergieting nie.  Maar Johannes Bezuidenhout, sy swaer Faber en twee Botmas het met hulle gesinne na die Swartes se gebied gevlug.  Hulle is deur ‘n regeringsmag ingehaal.  Bezuidenhout is doodgeskiet en die ander gevange geneem.  Daar is 47 aangeklaagdes op Uitenhage verhoor,  waarvan 39 skuldig bevind en gevonnis is.  Hendrik Prinsloo, Cornelis Faber, Stephanus Botma, Abraham Botma, Theunis de Klerk en Willem Krugel is ter dood veroordeel.  Die res is gestraf met verbanning na ander distrikte, boetes en tronkstraf.  Willem Krugel is bege-nadig.  Die ander vyf het op Slagtersnek die galgdood gesterf, onderwyl hulle familie en vriende verplig was om dit te aanskou.  By die voltrekking van die vonnis het die galgtoue gebreek, maar die half-bedwelmde manne is daarna vir die tweede keer opgehang.
Slagtersnek gooi ‘n lang skaduwee oor die geskiedenis van die Afrikanervolk.  Die rebelle het ‘n gees van verset in die jong volkie aangesteek wat nie weer geblus kon word nie.  Toe die Voortrekkers 20 jaar later uit die kolonie vertrek, het hulle daardie galgbalk saamgeneem.  In 1877, toe die vermetele Shepstone Transvaal annekseer het, was daar oproepe dat hy en sy vrybuiters aan die selfde balk opgehang moes word.  Die Voortrekkers in Natal het vir kommissaris Cloete gesê dat hulle Slagtersnek nooit sou vergeet nie.  Slagtersnek het lank daarna nog soos ‘n muur tussen Afrikaner en Engelsman gestaan.

 

Somerset en die oosgrensprobleem
Die streng maatreëls wat goewerneur Cradock in 1812 getref het om die Kôsas aan die oostekant van die Visrivier te hou, was nie suksesvol ne.  Die veediefstalle het toegeneem.  Daarom het Somerset in 1817 na die grens gegaan en vir opperhoof Gaika en die ander kapteins sy nuwe reëlings afgekondig.  Die boere kry die reg om hulle gesteelde vee weer te gaan terughaal, of ander vee van die Swartes as skadevergoeding te eis.
Die veediefstalle het nie verminder nie.  Somerset het die fout begaan om vir Gaika as hoof van al die Kôsa-groepe te erken.  Daar het ‘n jarelange vete geheers tussen hom en sy oom, Slambie (Ndlambe) oor die opper-hoofskap van die Kôsa-stam.  Toe die Goewerneur vir Gaika tydens die onderhandelinge as opperhoof beguns-tig, het Slambie sy broerskind aangeval.  Somerset het vir Gaika militêr ondersteun en van Slambie ‘n oorlogsbuit van 23 000 beeste geëis, waarvan  Gaika  9 000 moes kry.
Slambie se volgelinge het daarop die kolonie verwoed binnegeval.  Daar het 18 000 Kôsas, gelei deur Makana, die grens in 1819 oorskry en alles voor hulle geroof, verbrand en vermoor.  Makana het Grahamstad helder oordag aangeval, maar die garnisoen in die fort het die aanval afgeslaan.  Somerset het met 1 900 soldate en ‘n aantal burgers Slambie se mag finaal vernietig.  Dit was die Vyfde Grensoorlog.  Die Kôsas is uit die gebied tussen die Vis- en die Keiskammarivier verdryf.  Dit sou in die toekoms ‘n neutrale gebied wees en ‘n bufferstrook vorm tussen Wit en Swart.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2548 gaste aanlyn