NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die armste mens op aarde is die mens wat niks anders as geld besit nie.

GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (3)

Dr JH Breytenbach

Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld

Die owerheid in Pretoria—by name die Staatsekretazis—het egter geen moeite gespaar om Van Wouw tegemoet te kom nie. 'n Ekspedisie, vergesel van 'n fotograaf en 'n ooggetuie van die gebeure, is - en dit het nogal 'n aardige sommetjie gekos - spesiaal na die grotte gestuur, waar die fotograaf op aanwysing van die ooggetuie 'n stel foto's van die terrein geneem het vir versending, vergesel van uitvoerige beskrywings van wat elkeen voorstel, aan Van Wouw in Rome.

Daarby het die Staatsekretaris 'n verklaring van wat presies destyds gebeur het van oud-komdt. Herculaas Malan van Rustenburg verkry vir gebruik deur die kunstenaar.

Met die Voortrekkerklere en hierdie stel foto's en beskrywings in sy besit, was Van Wouw se moeilikhede maar gedeeltelik opgelos. Wel het hy hom nou opgewasse gevoel vir die twee Voortrekkerbrandwagte en die toneel wat vier en veertig jaar tevore by Makapaan se grotte afgespeel het maar toe moes hy tot die ontnugtering kom dat hy oor ten minste nog twee van die drie panele wat hy nog moes maak so min helderheid had dat hy gladnie met hulle kon voortgaan tensy die mense in Pretoria hom weereens aan foto's en beskrywings help nie.

Hierdie twee panele kon volstrek nie weggelaat of vervang word nie, want hulle moes juis dit voorstel wat tot dan toe die vernaamste episode in die lewe van Kruger was - die episode wat hom met wêreldroem beklee en die liefling van sy volk gemaak het:  die Eerste Vryheidsoorlog en die gebeurtenisse wat daarmee saamgehang het. Dit was naamlik in sy verset teen die anneksasie van die Suid-Afrikaanse Republiek wat met die Eerste Vryheidsoorlog syhoogtepunt bereik het, dat Kruger op die voorgrond getree het as 'n staatsman en volksleier van groot formaat - as die siel van die onafhanklikheidstrewe van die Boer.

Op een van hierdie twee panele moes Kruger uitgebeeld word besig om, nadat hy alle vreedsame middele uitgeput het om die anneksasie ongedaan gemaak te kry, sy volk toe te spreek wat sedert 8 Desember 1880 in hul duisende by Paardekraal, naby Krugersdorp, byeengekom het, vasberade om, as dit dan nie anders kon nie, die Britse oorheersers met geweld die land uit te werp.  Dit moes die gewigtige oomblik voorstel toe Kruger, nadat hy vir die laaste maal die erns van die stappe waartoe nou oorgegaan moes word hulle op die hart gedruk het, die burgers opgeroep het om, voordat hulle in kommando's uiteengaan, 'n steenhoop daar op te rig wat 'n getuie sou wees tussen hulle en hul God van die dure eed wat hulle daardie dag gesweer het, nl. dat hulle, in 'n broederskap verbonde en met die oog op die Almagtige gerig, sou saamstry tot die vryheid of die dood toe vir die herstel van die onafhanklikheid, en van die gelofte wat hulle gedoen het om, as God hulle die oorwinning skenk, op 16 Desember elke jaar daar op Paardekraal in groot getalle byeen te kom om Hom te loof en te dank en te aanbid aan wie die stryd behoort.

Waar hierdie paneel as 't ware die aanvang van die Eerste Vryheidsoorlog sou uitbeeld, daar sou sy maat die end daarvan voorstel toe Kruger, soos reeds vermeld, ná die klinkende Boereoorwinnings by Bronkhorstspruit, Laingsnek, Schuinshoogte en Amajuba, besig was om die vredesvoorwaardes wat tot die herstel van die onafhanklikheid gelei het, met die verteenwoordigers van Groot-Brittanje te bespreek in die huisie van O'Neill by Laingsnek.

Aan besieling om hierdie twee grootse momente in Kruger se lewe in brons voor te stel, het dit die kunstenaar nie ontbreek nie maar . . . wel aan foto's en behoorlike beskrywings. Van die eerste gebeurtenis -  Kruger te Paardekraal—het daar glad geen foto bestaan nie en van die tweede—die byeenkoms in O'Neill se huis—slegs 'n tekening van die verteenwoordiger van die London Illustrated News, wat helaas nie die moment voorgestel het wat Van Wouw moes uitbeeld nie. Daar was vir hom dus net een weg oop. Hy moes die mense in Pretoria maar weer nader vir 'n beskrywing van die besonderhede wat vir hom nie duidelik was nie, en vir foto's wat hom op die een of ander wyse behulpsaam kon wees —bv. van die bekende persone wie se gesigte op die panele moes voorkom, Boerevrouens in tipiese drag, 'n tipiese saamtrek van Boere met waens en osse soos by nagmaalsgeleenthede, en wat dies meer sy—en origens maar op sy verbeelding staatmaak om die twee aangrypende tonele in brons vas te 1ê.

DAT hierdie gesoek na gegewens—dan oor dit en dan weer oor dat baie tydrowend was en die werk van die kunstenaar noodwendig moes vertraag, behoef geen betoog nie. Tog het die beeldhouer dit nooit nodig gevind om ten gevolge van die gebrek aan gegewens sy modelleerwerk te onderbreek nie. Intussen was daar wel oorgenoeg waarvan hy 'n helder konsepsie gehad het en waarmee by sommer dadelik kon wegval.

Wat die panele betref, was daar darem een wat hom geen ergernis besorg het nie. Dit moes die eerste inswering uitbeeld van Paul Kruger as Staatspresident, toe hy, ná die herstel van die onafhanklikheid, deur die volk tot die hoë amp verkies is, wat hy onafgebroke beklee het tot met die vernietiging van die Boererepublieke in 1902.  Op daardie gedenkwaardige dag in 1883 was Van Wouw natuurlik nog in Holland; maar al was hy nie 'n ooggetuie van hoe die plegtigheid toe presies verloop het nie, het hy tog eenmaal—dit was in 1893-tussen die menigte op Kerkplein gestaan toe Sy Hoog-Edele vir die derde maal as staatshoof ingesweer is; en die belewenis van die gebeurtenis het so 'n diep indruk op hom, goeie waarnemer wat hy was, gemaak, dat hy hom ten volle opgewasse gevoel het vir die uitbeelding van 'n dergelike voorval tien jaar tevore. Ook het by 'n baie duidelike konsepsie gehad van die twee Boerebrandwagte uit die  "moderne" tyd - die soort kêrels wat Anstruther by Bronkhorstspruit in die pan gehak en genl. sir George Colley se leër op Majubakop uiteengejaag het; en wat die figuur van die ou staatshoof self betref, met sy manel en keil, dit was so diep in sy gees ingegraveer dat hy hom as 't ware steeds voor hom sien lewe het.

Aan hierdie dinge wat hy geken het, het hy dan ook sonder versuim begin modelleer. Hy het vir hom 'n werkswinkel of ateljee in Rome gekry waar hy hom, kort na sy aankoms in Europa, gevestig het en daar met die grootste toewyding sy eerste groot lewenswerk begin. Eweas die groot beeldhouers van Europa het ook hy kunstenaars gehuur om die verskillende beelde volgens sy ontwerp te modelleer, maar algou moes hy kla dat hy met die mense niks kon uitrig nie, want hulle het nie verstaan wat 'n Boer was nie en van die nasionale karakter van die Transvalers wat uit die Boerefigure en die basreliefs moes spreek, het hulle geen begrip hoegenaamd gehad nie. Europa se bewondering vir die Boere ten gevolge van die Eerste Vryheidsoorlog en die Jameson-strooptog was nie net tot die gewone volk beperk nie maar so algemeen ook onder die hoëlui, dat selfs die Europese kunstenaars hulle daar nie aan kon ontworstel nie. As hulle 'n Boer moes vervaardig, het hulle sy kop gevorm soos dié van 'n heilige of 'n profeet of 'n ander verheerlikte wese en Van Wouw se pogings om hulle beter te leer, was nutteloos ; die gevolg was dat hy op die end genoodsaak was om die modelleerwerk persoonlik te voltooi—'n ingewikkelde, veeleisende en tydrowende taak.

Hy was daarop gesteld om alles in die fynste besonderhede weer te gee--selfs 'n deurgeloopte skoensool moes duidelik herkenbaar wees-- en om een van die sittende Boerebrandwagte so te vorm het hom ruim drie en 'n halwe maand geneem—en dan moes hy hard werk en gladnie aan soiets as amptelike diensure dink nie. Teen dié tempo en vanweë die tussenkoms van 'n siekte wat hom bowendien nog vir 'n tydjie in die bed gehou het, was by op 1 April 1898, toe hy volgens ooreenkoms met Marks na Pretoria moes terugkeer, nog baie ver van klaar af. Gelukkig het Marks nie getrag om bloed uit 'n klip te tap en op stipte nakoming van die kontrak deur Van Wouw gestaan nie, maar 'n toeskietlike houding geopenbaar. Toe staatsekretaris dr. Leyds, op aandrang van Van Wouw, met hom oor die saak gesels, het hy toegestem om die dienstyd van die beeldhouer met nog 'n jaar te verleng. Sy vennoot in Londen, die heer Lewis, het egter--ongetwyfeld op las van Marks- dikwels by Van Wouw aangedoen om te verneem wanneer by dan tog met die werk sou klaar hê—tot groot ergernis van laasgenoemde op wie hierdie belangstelling die indruk gemaak het dat Lewis--hulle "heel weinig benul van kunst  had  en denken dat men even zoo gemakkelyk een beeld maakt als men een plank schaaft."

Van Wouw het hom egter nie van stryk laat bring nie maar beleefd geantwoord "dat ik noon ter wille van eenige winst in tyd zoo 'n werk als het Kruger monument en myn naam opofferen zal " ;  en," so het by kort daarna aan sy vader geskryf, "zy kunnen hoog of laag springen, ik werk rustig voort, doe myn plicht en tracht te verwezenlyken wat ik gedacht heb, nl. het volkomen nationaal karakter van het Transvaalsche volk en zyn Kruger. 't Zou immers bespottelyk zyn ter wille van eenige mann  den winst iets te gaan opofferen, en wel van een werk dat daarvooraltyd staat en door iedereen beoordeeld wordt. Het zou my meer grieven als mijn werk niet gelukt was, maar daar zal ik voor zorgen. Toch moet U of door middel van een ander eens met den Heer Marks daarover spreken. Want ik sta alleen voor zoo 'n werk."

Van Wouw het dan ook rustig deurgewerk, so hard as hy kon, en in Mei 1898 het drie van die vyf figure voltooid in sy werkswinkel gestaan : dié van die President—'n reusestuk van nie minder as 14 voet 9 duim hoog nie—en die twee Boerebrandwagte uit die moderne tyd—ook twee reuse kêrels, elkeen in sittende houding sowat 7 voet 32 duim hoog. Al drie was tiperend, tipies soos die kunstenaar hulle wou gehad het : die President die rustige kalmte vanself, met sy regterhand op sy kierie langs hom rustende terwyl die ander hand, wat 'n opgerolde dokument vashou, rustig langs sy sy hang. Sy gelaat is effens skuins regs na benede gewend asof hy afkyk op 'n skare aan sy voete—sy volk wat hom aan alle kante omring. In skrille kontras met sy rustige figuur is die twee brandwagte aan sy voete – twee hooggespanne kêrels wat gevaar gewaar het, gevaar wat die simbool van die onafhanklikheid wat hulle moet bewaak, bedreig, en gereed maak om dit die hoof te bied. Die een, 'n man met 'n dik bos baard, tuur met die hoof omhoog gelig na die vertes waar hy weet die vyand is, asof hy net wag dat die skilpad sy kop moet uitsteek voordat hy 'n Martini Henri-koeël daar deurjaag ; want die vinger is reeds aan die sneller, die geweer gelaai, gereed om na die skouer gebring te word; en sy maat, 'n man met 'n yl kenbaardjie, is besig om, loerende uit sy skuilplek, die patroon uit die vol bandelier om sy skouer te haal ten einde die vyand hier vlak voor hom neer te skiet.

Dat die kunstenaar trots was toe hy uiteindelik die drie gemodelleerde beelde in sy werkswinkel kon besigtig, is te begrype, maar hy het nie lank die genot gehad om die drie stukke by hom te hou nie. In die tussentyd het hy ook iemand gesoek wat die gipsmodelle op waardige wyse in brons kon omset.

Reeds onmiddellik na sy aankoms in Europa het hy, oorborrelend van geesdrif, met verskillende gieters in Holland onderhandelings gevoer en ook baie gou een gekies. Dit was die Koninklijke Nederlandsche Fabriek van Gouden en Zilveren werken van J.M. van Kempen & Zonen.  Hulle het met trots die gietwerk wat hulle in die verlede uit suiwer koper gedoen het aan hom vertoon. Die fabriek was egter nie toegerus om sulke massiewe beelde as wat Van Wouw maak, te giet nie en dis toe wat die kunstenaar sy skrede na Rome gewend en hom daar gaan vestig het. Daar het hy na meer as 'n halfjaar, die persoon aan wie hy die werk toe opgedra het, versigtig gekies, 'n man met die naam van Franciscus Bruno, met wie hy op 21 Mei 1898 'n skriftelike kontrak aangegaan het vir die giet van die beeldhouwerk van die Krugermonument, "in ooreenstemming met die mode en alle reëls van volmaakte kuns."

Bruno het onderneem om alle gemoddelleerde beelde wat Van Wouw reeds gemaak het of nog binne die volgende vyf maande sou maak, voor 21 Januarie 1899 in brons te voltooi, en almal wat ná afloop van die vyf maande aan hom beskikbaar gestel word, binne drie maande na aflewering daarvan klaar te giet.  Bruno het nie op hom laat wag nie maar dadelik met die bogenoemde drie voltooide modelle se gietwerk begin.

Hy sou die hele werk, insluitende die veilige vervoer van die gipsbeelde uit Van Wouw se werkswinkel na sy gietery en die stewige verpakking van die gegote materiaal sodat die veilige vervoer daarvan per skip na Suid-Afrika volkome gewaarborg sou wees, teen 'n totale bedrag van 39,000 iere – dit is sowat 2,360 pond - onderneem.

'n Kwart hiervan sou betaalbaar wees by die aflewering van die figuur van die President, nog 'n vierde by die aflewering van twee van die Boerefigure, en die res ná die voltooiing en behoorlike verpakking van alle gietwerk. Van Wouw sou ter eniger tyd toegang tot die gietery hê om die werk te inspekteer en te sien hoe sy skepping in brons verewig word.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2647 gaste aanlyn