NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekommernis is die sinlose proses van toelaat dat gister se probleme jou aandag van vandag aftrek en more se geleenthede vertroebel.

GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (5)

Dr JH Breytenbach

Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld

Die Krugerstandbeeld waaraan Anton van Wouw met soveel tere liefde en opoffering gewerk het, het dan ook nooit in die Suid-Afrikaanse Republiek verrys nie.  Op 11 Oktober 1899, nog voordat die gegote beelde en basreliefs in Suid-Afrika aangekom het, het die Tweede Vryheidsoorlog, wat soveel ellende en verwoesting vir Suid-Afrika gesaai het, losgebars ; en al was die Boere vir die eerste vier maande ook so suksesvol dat hulle die vyandelike strydmagte buite die grense van die Republieke gehou het, het die Krugermonument tog nie die Boeregebied gehaal nie. Die gegote stakke is wel—wanneer, kon deur ons nie vasgestel word nie—na Suid-Afrika verskeep, maar hulle het nie verder as Delagoabaai gevorder nie waar hulle bly lê het, aangesien die Boere, in 'n stryd op lewe en dood gewikkel, daar op dié tydstip geen aandag aan kon gee nie.

Vir Marks, wat glo al die tyd die bergloon daarvan betaal, het hulle net 'n geldelike las geword en toe die Engelse uiteindelik Pretoria inneem en dit vir hom duidelik word dat die Boere die stryd nie meer kon wen nie, het hy vir die hele projek, waaraan hy soveel geld spandeer het, blykbaar niks meer omgegee nie.

Aan die krygsverrigtinge vir die onafhanklikheid van die bodem waaruit hy sy fortuine geput het, het hy ook nie deelgeneem nie en terwyl die burgers in die veld die bitterste ontberings getrotseer het om hul dierbare ou land teen die indringers te beskerm, het hy, nie dienspligtig synde, op sy plaas Swartkoppies bly sit en toekyk hoe die Britse veroweraar die twee Boererepublieke stukkie vir stukkie inneem; en daagliks het dit vir hom duideliker geword dat Groot-Brittanje die geveg sou wen en dat daar van die oprigting van die Krugerstandbeeld niks tereg sou kom nie. Dit sou 'n droom bly wat nooit verwesenlik kon word nie. . . .

Op sy plaas het lord Kitchener dan ook, tydens die gevegte by Donkerhoek, sy hoofkwartier opgeslaan en ook by hom besoek afgelê. Dit was blykbaar daar waar Kitchener die foto's van die beelde wat gereeld deur Van Wouw aan Marks gestuur is, gesien het ; en die Britse veldheer, wat blykbaar 'n bewonderaar van die Kuns was en beslis begerig om 'n blywende aandenking te hê van alle volkere teen wie hy met sukses oorlog gevoer het, het die geleentheid tnie ongebruik laat verbyglip nie maar—ten minste so het Marks later vertel--laasgenoemde reguit gevra om die beelde aan hom te skenk.

"Ek het gedag "—so het Sammy Marks jare later verskonend aan Gustav Preller vertel - ek het gedag die oorlog was verby. Ek het gedag alles was klaar en dat die Engelse nie sou toelaat dat die Krugerstandbeeld opgerig word nie ; en toe Kitchener die vier Boere vir my vra wat hy op Van Wouw se portrette gesien het, het ek gesê (met skouerophaling) : ' Daar lê hulle in Delagoabaai, hulle kos baie geld en bergloon, vat hul maar weg ! ' "

En . . . lord Kitchener het hom nie tweemaal laat nooi nie. Hy het die hele spul wat in Delagoabaai gelê het met die eerste die beste tiansportskip " Home "-toe gestuut met uitsondering van een kis wat die reusebeeld van Paul Kruger en 'n houtrmodel van 'n geweer bevat het. Daarin het hy blykbaar nie belang gestel nie, en dit het dus in die loodse van die African Boating Company in Lourenco Marques bly lê, alleen en vergete. Die vier Boerebeelde het Kitchener in Engeland voor die militêre kolleges van Woolwich en Sandhurst laat oprig aan weerskante van die oprylaan by die hoofingang, tot groot ergernis van etlike van die meer bekrompe Engelse, wat soseer geprotesteer het teen die skending van hul mooi terrein met bronsfigure van hul vyande, dat Kitchener hulle opsluit verwyder en to Chatham voor die bekende,  School of Military Engineering op geskikte voetstukke rondom 'n "Boer War Memorial Arch" gaan plant het. Daar het hulle vir 'n tyd lank onder die sorg van die Royal Engineers verkeer, totdat op 'n goeie dag Kitchener dit in sy kop gekry het om twee van die Boerefigure aan die Royal Engineers as geskenk aan te bied en die res as sy private eiendom weg te neem nay sy eie landgoed te Broome Park.. En so het die bronsbrandwagte, wat bestem was om die figuur van Paul Kruger te bewaak, nou in groot tuine in England—o.a. ook in dié van die Britse oppetbevelhebber wat die twee Republieke vernietig het, gepryk, terwyl die pragtige standbeeld van die ou President self vereensaam in 'n Delagoabaaise foods gelê het, gewapen met 'n ou houtgeweer.

Die Britse veroweraar was dan ook klaarblyklik vasberade dat daar van die oprigting van die Krugerstandbeeld in Transvaal niks sou kom nie. Kruger was vir hulle die verpersoonliking van dit wat hulle smalend die "Krugerisme " genoem het en hulle was ternouernood behoorlik in die saal as veroweraars van die nuwe "Transvaal Colony",  of die Stadsraad van Pretoria kry 'n brief van die "Lieutenant Governor," die nuwe Baas van die Transvaal, waarin kort en saaklik meegedeel word dat die nuwe regering besluit het om die voetstuk van die standbeeld op Kerkplein, wat met die afbreek van die ou kerk aldaar - iets waartoe reeds in die dae van die ou Republiek besluit is— daar te verwyder en dat die stadsraad dadelik moes aantoon waarheen in Burgerspark of elders die voetstuk geneem moes word, d.w.s. as hulle dit wou behou.

Die Stadsraad, bevrees dat hulle dit heeltemal sou kwytraak, het toe maar besluit om die uitgebanne ou voetstukkie in Prinsespark op te rig, waar dit dan toe ook in 1905 geplaas is—in weerwil van die opgekropte seer gevoelens van die Afrikaners wat die belediging diep gevoel het, en 'n vurige protes van die Afrikanerleier, gen. Louis Botha, wat, namens die Hoofkomitee van "Het Volk," nie alleen by die Luitenant-goewerneur oor die saak gedemonstreer het nie, maar reguit aan die Stadsraad meegedeel het dat " ... wij diep teleeurgesteld zijn ... en ... het nooit anders dan als een beleediging beschouwen, thans ons volk aangedaan."

"Wij weten," so gaan by in 'n verwytende toon voort, " dat er velen vandaag zijn maar al te graag ons volkstradities in de modder getrapt willen zien, doch wij hebben dergelijke gevoelens nou ook verwacht van den Stadsraad van Pretoria, vooral niet omdat er zoovelen onder uwen leden zijn die wijle President Kruger niet alleen hebben gekend doch in het verledene ook met hem op de meest vriendschappelijke wijze te zamen in de hoofdstad woonden."

Dit het egter niks gehelp nie en die voetstuk is, soos reeds vermeld, uit Kerkplein verwyder, maar die veroweraar was nog nie heeltemal gerus nie. Daar het blykbaar by hulle 'n gevoel van vrees bestaan dat die Krugerstandbeeld, ofskoon dit grotendeels in hul eie besit was, tog nog eenmaal daar op Kerkplein sou verrys, en dit het die Regering blykbaar so kriewelrig laat voel dat, toe hy uiteindelik besluit het om Kerkplein, wat tot op dié tydstip staatsgrond was, aan die Stadsraad van Pretoria oor te dra, hy dit wenslik geag het om 'n servituut op die oordrag te plaas, nl:

"that no buildings, statues or memorials of any description be erected on, or, other improvements effected to the ground, without the sanction of the Lieutenant-Governor being first obtained." Met hierdie veiligheidsklep het die veroweraar gereken dat dit seker was dat sells die stuk van die Krugermonument wat vereensaam daar in Delagoabaai gelê het, nooit op Kerkplein kon verskyn nie; en die feit dat daar op hierdie tydstip in sekere kringe gearbei is. Uit die oprigting van 'n reuse-ruiterstandbeeld van lord Roberts—die veroweraar van Pretoria  - in. die sentrum van Kerkplein, Paul Kruger se plek, het hierdie gevoel van sekerheid versterk.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2661 gaste aanlyn