NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Miskien het jy vir my gebid; miskien het jy net stil gesit. Miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer sterk. Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar. Met groot verstaan en woorde min bly jy maar my GOUDVRIENDIN.

WARE KWINKSLAE (2)

Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Samesteller: Elria Wessels

Lees reeks by Ware kwinkslae

J.S. Malan, uit Luitenant John Bernard Andrews van die Veldtelegrafie vertel:

Toe ek weer sterk genoeg is om met behulp van krukke entjies te loop, word ek een oggend na die deur geroep. Drie Skotte wag my daar in met bajonette en die saaklike opdrag: "You are wanted at the Provost Marshal's Office."

Daar aangekom, vra hulle my naam waarop ek trots antwoord: "Lieutenant John Bernard Andrews."

Hulle reaksie is oorweldigend: "An Englishman fighting for the Boers! An officer in the Dutch Army, we will fix you!"

Ek word toe gevra om die eed van getrouheid teenoor die Britse koning af te lê, maar natuurlik weier ek.

Daar word toe gesê: "Why don't you take the oath, can't you see that the war is something of the past?"

My antwoord is kort en saaklik: "My commanding officer is General Louis Botha and until he says the war is over it is not over!"

Uit die Renier-versameling:

Ek moet vandag nog glimlag oor die poets wat een van die gevange Kakies my die dag gebak het. Die Engelsman het gekreun en gesteun dat dit 'n naarheid is. Volgens sy gebare en sy gemompel was hy so stukkend gestamp en gekneus dat hy nie in staat was om een tree verder te loop nie. Uit jammerhartigheid het ek hom toe my ryperd aangebied. Ek het hom opgehelp. Ek het gestap en hy my gevangene, het gery, soos die Bybel sê: "Vorste te voet en knegte te perd."

Jare daarna, toe ek tydens die vredesluiting ernstig gewond in die hospitaal op Noupoort gelê het, het hierdie selfde vabond my daar herken. Met 'n breë glimlag het hy gesê: "Ek onthou jou en ek onthou Modderspruit by Ladysmith ook. Ek onthou hoedat jy my jou perd aangebied het. Maar ek het niks makeer nie. Ek het my maar net siek gehou." Toe het hy so uit sy maag uit gelag en my gevra: "Waarom sou ek stap as ek kon ry!"

H.C.J. Pieterse, vertel uit Die oorlogsavonture van generaal Wynand Malan:

Ou Probart was besonder opvlieënd van aard. Hy was verder groot en buitengewoon sterk, en almal was maar skrikkerig vir hom. Hy was beslis in woord en daad, haastig en vasberade. Omdat hy hardhorend was, het hy besonder hard gepraat. Daarby het hy die gewoonte gehad om telkens nader te kom aan ’n persoon met wie hy ingespreek was en dan "Ho Ho”op ‘’n vraagtoon te brom.

"Span die twee muile uit voor jou kar, gaan laai die soldaat op en bring hom na die kommandant in die dorp" het  ek aan ou Probart gesê.

Hierdie bevel was so na sy smaak en die ou het dadelik ingewillig. Probart het haaslig vertrek. Langs die pad het hy sy gesneuwelde landgenoot opgelaai, In Aberdeen aangekom, het hy tot voor die kantoor van die Engelse kommandant gery en daar stilgehou. Hy het die hoë offisier aangesê om na buite te kom, omdat hy ’n boodskap van Malan het. Die kommandant het verskyn en terselfdertyd het Probart die riem waarmee hy die dooie Engelsman agter die kar vasgemaak het, losgepluk. Die verstyfde liggaam het in die straat neergeplof.

"Hierdie Kakie is geskiet, ho!" het die ou bars uitgeroep; asof die Engelse dit nie kon sien nie. "En," het hy teenoor die kommandant vervolg, "Malan stuur hom vir jou met sy komplimente, ho!"

Natuurlik was die Engelse dadelik boos. Met geweld wou hulle Probart se muile daar en dan vat. Maar Probart was nie op sy bek geval nie en ewe sarkasties het hy gesê: "Nee, ek gee nie die muile af nie. Malan het net die soldaat gestuur, nie die muile nie, ho!"

Hierdie streek het nie die Engelse van stryk laat bring nie. Weer het hulle probeer om Probart en sy muile te skei. "Dis Malan se muile!" het die ou geskree. "As ek sonder sy muile op die plaas aankom, wat gaan van my word? Julle kan my tog nie beskerm nie!"

Die laaste was 'n raak skoot en Probart is met sy muile en al daar weg!

H.C.J. Pieterse, vertel uit Die oorlogsavonture van generaal Wynand Malan:

In ons kommando was daar 'n sekere korporaal Mattheysen, 'n opgeruimde kêrel, altyd vol grappe, 'n gebore humoris. Agt man van sy korporaalskap het tydig en ontydig 'n beesvel met hulle saamgeneem. Die vel was egter al sag van al die hanteerwerk. Na die slag van Groenkop word die Kakies aangesê om klaar te maak en hulle word weggestuur (Basoetoeland toe). En wat was die verbasing, teleurstelling, asook nuuskierigheid nie duidelik sigbaar onder die troepe nie! Wat het dan gebeur? Het die "Boers" dan weer plek vir gevangenes?

Die agt man met die beesvel het klaar gestaan. Mattheysen het die Engelse kolonel beveel om nader te staan. Hy het ook vorentoe gekom. Mattheysen het hom gevra: "Weet julle waarheen julle gestuur gaan word?"

"No, Sir", was sy antwoord.

"Wil jy weet en moet ek jou wys?" het Mattheysen gevra.

"O, thank you, Sir, I would like to know."

"Vat hom, kêrels!" Een, twee, drie en die kolonel was pens en pootjies binne-in die beesvel. Voor hy hom kon kry is hy die lug ingeskiet en holderstebolder, kop na onder en met voete na bo, doodsbleek en met verwilderde oë, in die lug rondgrypende, het hy weer op die vel beland. So is die proses herhaal (hy wou mos geweet het) en dit terwyl die ander tommies dit besonder geniet en gekruip het soos hulle lag!

Mattheysen het sy hand opgesteek en gesê: "Stop, kêrels!"

Die kolonel het afgestap, bewend soos 'n riet.

Mattheysen het gevra: "Het jy nou die plek gesien of moet ek dit nog 'n keer vir jou wys?"

"O, thank you, Sir, no more for me. I saw the place!"

Izak J.C. de Wet, uit Met generaal De Wet op kommando:

Selfs generaal Manie Maritz, nou weer volkome herstel van die wonde wat hy by Tontelboskolk opgedoen het, het 'n bydrae te maak tot die algemene pret. Hy vertel hoe twee van sy marine kort tevore by Lambertsbaai uitgekom het, waar daar 'n Britse kruiser naby die strand geanker was. Uit skone baldadigheid het die twee burgers sommer op die kruiser losgebrand met hulle gewere. Ook nie lank nie of die oorlogskip se kanonne is in aksie gebring en daar het 'n kwaai geveg tussen die Boere en die Engelse ontstaan!

Die twee waaghalse moes egter gou die aftog blaas. Toe hulle by die kommando aankom, was dit twee baie trotse kêrels wat die verhaal te vertel gehad het.

"Generaal," wou hulle van Maritz weet, "het dit al ooit gebeur dat die hele Britse vloot deur twee Boertjies uitgedaag is?"

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3090 gaste aanlyn