Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die groot vraag voor die wit troon sal wees: “Wat het jy met jou lewe gedoen?” Ons sal eerlik moet antwoord want ons staan voor Een wat dwarsdeur ons sien. “Here, U deurgrond en ken my” (Ps.139:1). Ons kan God nie ‘n rat voor die oë draai nie! Alles sal openbaar gemaak word.
WARE KWINKSLAE (3)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Jan. H. Meyer, Kommando-jare, p. 322:
Na die insident op Klipkraal tussen Richmond en Victoria-Wes was ons buit groot. Ek het tussen die gevangenes rondgestap en orals gehoor hoe teleurgesteld hulle was oor die lokval. Aan allerlei beskuldigings en verskonings het dit ook nie ontbreek nie.
Een van die burgers het aan 'n soldaat gevra: "Wat beteken die letters K.F.S. op julle skouers?"
Hy het geantwoord: "Kitchener's Scouts."
"Maar waarvoor staan die F?"
Bedeesd het die Engelsman geantwoord: "Fighting." Verontwaardig het die burger toe uitgeroep: "Maar waarom veg julle dan nie?" ...
Robert de Kersauson de Pennendreff, Ek en die Vierkleur, p. 30:
Op 'n sekere nag moes ons deur 'n rivier trek. Aan die ander kant van die rivier het 'n Engelse kamp, waarvan ons nie geweet het nie, gestaan. Een van die offisiere het sy tent op die rand van die rivier opgeslaan en hom daar, sonder om aan gevaar te dink, in die arms van Morpheus gewerp. Trouens sy lyfwag was daar om te waak. Ongelukkig het hy sy voorbeeld gevolg en was hy ook in 'n diepe slaap bevange.
Ons spioene het voor die kommando uitgegaan en was nie min onthuts toe hulle op die slapende vyande afkom nie. Hulle het die wag ontwapen en plegtig die swye opgelê. Die offisier het hulle tot sy ontsteltenis wakker gemaak, op 'n perd gesit en saam met hulle na die kommando gebring. Sonder dat ons dit vermoed het, was ons in die nabyheid van 'n kolonne.
In die stilte van die nag het ons langs die rivier afgetrek. Die offisier wat ons buitgemaak het, moes ons noodgedwonge vergesel. Omdat ons geen ekstra saal gehad het nie, moes hy maar bloots ry. Hoe sy ingewande die geskommel kon verduur, weet ek nie. Hy het, so ver as wat ons ry, op die wagte geskel: "How we expect to win this terrible war if those blooming idiots of sentries persist in sleeping while on watch, I do not know!"
R.D. McDonald, 'n Terugblik op my oorlogsjare, p. 56:
Ons het skuins by die vyand verbygery om te sien wat generaal Grobler se planne was. Ons kon naby die Engelse kamp verbyry, want ons het geweet dat die Engelse, as die nag baie donker was, die gewoonte gehad het om naby mekaar te kampeer. Daardie aand het hulle 'n wag by 'n klipkraal geplaas wat buitengewoon ver van die hoofmag was. Ons het die klipkraal bekruip sonder dat die wag ons opmerk. Skielik het hy tekens van lewe getoon deur uit te roep: "Halt, who goes there?"
Ek het natuurlik geantwoord: "Friend," waarop die tommie dadelik geantwoord het met: "Pass, friend, all is well!" Tog het ek nie heeltemal op my gemak gevoel nie, want dit kon net sowel 'n Boeremag gewees het wat wou uitvind of dit nie Engelse is wat aan die verbytrek is nie. Toe ek dus so 'n ent weg was, het ek in Hollands geroep: "En aan watter mense behoort jy?"
Die tommie wat hom seker buite weste geskrik het, het in 'n allermins vriendelike stemtoon geantwoord, heel waarskynlik omdat ons hom uit sy diep slaap wakker gemaak het: "I can't understand your Dutch rot, come here and be recognized!"
Terwyl ek rustig voorgery het, want ek het besef hy weet nie presies waar ons in die donker is nie, het ek geskree: "Thanks for the invitation, but tell General French his outposts are asleep!"
Dit moes ek maar eerder nie gesê het nie, want die wag het dadelik op ons begin skiet — en die volgende oomblik is die res ook in die geveg betrek.
Ben Viljoen, Mijne Herinneringen uit den Anglo-Boerenoorlog, p. 87:
Meteens klink daar 'n lang, skril gefluit in die stil aandlug op. Drie maal word dit herhaal. Dit is die afgesproke teken. Driehonderd mausers verlig die donker met vuurtonge soos vlieënde koeëls die geweerlope verlaat. Die volgende oomblik kom daar 'n donderende antwoord van die blikhuis, terwyl 'n verblindende vuurstraal uit elk van die tiental skietgate uitbars en 'n reënbui van gonsende koeëls die nagruim instuur.
"Storm!" klink 'n bulderende stem meteens net regs van my.
"Storm! Storm!" weergalm dit opgewonde uit 'n paar honderd kele en toe storm Jan Smuts se manne op die blokhuis af.
Ek en Piet Badenhorst hardloop langs mekaar. Toe ons die doringdraadheining bereik, is 'n paar van die burgers reeds met hulle draadknippers besig, en een na die ander vlieg die versperrende drade uitmekaar. Toe snel ons oor die laaste twintig tree heen.
Meteens gewaar ons 'n klomp donker gedaantes wat nou al om die blokhuis, aan die voet van die bouwerk, sigbaar word. Dis die wagte wat die toegang tot die fort beskerm! Oombliklik val ek en Piet op die grond neer en deurboor die "wagte" met sarsie na sarsie mauserlood. Maar die "wagte" verroer nie 'n lit nie, bly ongeskonde staan asof hulle onvatbaar is vir 'n reënbui van koeëls wat teen hulle aandreun!
"My magtig, Sakkie!" roep Piet meteens uit terwyl hy vinnig opspring en vorentoe hardloop. "Dis geen wagte nie dis 'n klomp poppel"
En voor ek nog op my voete kan kom, loop Piet die naaste "wag" storm en moker hom met die kolf van sy geweer dat die gedrogfiguur soos 'n stuk lap deur die lug trek!
Jan H. Meyer, Kommando-jare, p. 202:
Ek sien hieronder in die sloot 'n Kakie lê — so plat op sy maag. Ek ry reguit na hom toe en skree: "Hendsop!" Nog steeds op sy maag steek hy een hand op. Ek ry toe tot by hom en klim af. Ek neem sy geweer en sê vir hom hy moet opstaan. Hy staan op en staar my aan. Toe sê hy in so 'n half verwonderde stem: "I wish I had Chamberlain and Milner here with me this morning. They told us we are going to fight against barbarians and I would like to show them what a barbarian looks like!"
Verwerk uit Die oorlogsherinnering van kommandant ]apie Neser. OM 6060/1:
Waarskynlik die laaste lokomotief wat nog vir die Oranje-Vrystaat Spoorwegen diens gedoen het, het eindelik tot stilstand gekom in die stasieterrein van Viljoensdrif. Langs die lokomotief het die stoker, Jan Wasserman, gestaan en wag — onseker wat sy lot in die volgende paar uur gaan wees.
Skielik kom 'n jong ruiter van die oprukkende Engelse magte na hom toe aangery en kom vlak voor hom tot stilstand.
"Have you any Kruger pennies?" vra hy aan Jan.
Verbaas kyk Jan hom aan en antwoord: "No, I have no crooked pennies!"
Frans Fouche, Bloemfontein:
At Colesberg an old Boer was held at mercy by one of the lancers who held his lance ready to strike.
"Moenie! Moenie!" the old chap cried out.
The lancer, not understanding Dutch, replied impatiently, "I don't want your money, I want your life."
The old chap desperately renewed his appeal. The lancer, still not understanding what the old man really wanted, in desperation finally took him prisoner.
Julian Ralph, War's brighter side, p. 199:
Kitchener se proklamasies is so dikwels uitgestuur dat 'n spotvoël onder die Middelburgers mer 'n wit vlag in die dorp gaan navraag doen het by die Engelse "om die nuutste proklamasie van die opperbevelhebber".
Frits Rothman, Oorlogsdagboek van 'n Transvaalse burger te velde, p. 176:
We could not see the country beyond, but through the darkness shone a light from a farmhouse, and as we were anxious to pick up the last trail of the commando, Pypers and I went to make inquiries. By midnight we were hammering at the door of a large homestead. It belonged to an Englishman named Guest, who when he opened the door and saw who we were exclaimed, "NO! First come the Boers this morning and slaughter my sheep, then come the British, who kill more sheep instead of catching the Boers, and now I am hauled out of bed this time of night by more Boers!"
We spoke to him pleasantly, and the old fellow cooled down sufficiently to explain that General Smuts had camped on his farm at eleven that morning, and was followed by a pursuing English force that had also halted there and made free of his livestock, so he not unnaturally looked upon our arrival as the last straw in a very distressful day.
Vervolg...