NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geloof is geen opium wat jou verblind en verdoof nie – geloof is harde werk. Dis om te dóén in plaas van net te sê. Dis om jouself prys te gee soos Christus gedoen het – maar dit maak jou gelukkig!

WARE KWINKSLAE (5)

Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Samesteller: Elria Wessels

Lees reeks by Ware kwinkslae

Die volgende staaltjie deur H.C. Hopkins, uit die boek Maar een soos hy:

Ek moet nou weer agter die kommando aan na Perdekraal toe. Ongelukkig het die burgers nie stelling ingeneem by die krale nie, maar onderkant die huis agter 'n skerp klipbankie. Toe ek na die huis aangery kom, sien ek twee perde ruiters ut die plantasie regs van die opstal na my kant toe aankom. Een ry vooruit op so 'n mooi, blou perd en vas onder die indruk dat dit my burgers is, skree ek: "Sê vir die ander hulle moet hier na onder toe kom en by die huis posisie inneem!"

Meteens spring die twee van hulle perde af en die volgende oomblik klap daar twee skote. Die koeëls fluit so skrams by my verby!

Vas onder die indruk dat dit my eie mense is wat so onverantwoordelik op my begin skiet, trek ek los en gil op hulle: "Ellendige skepsels, wat de duiwel skiet julle op my? Waarom skiet julle nie die Engelse nie?"

Al antwoord wat ek op my tirade kry, is nog twee skote. Gelukkig weer mis. Toe eers kom ek agter dat dit al die tyd die Engelse is en ek maak spore in die rigting van die plaashuis.

My burgers aan die ander kant dink weer ek is 'n Engelsman wat vooruitstorm en hulle brand van voor af op my los. Nou is ek tussen die duiwel en die diepblou see — 'n vyand van voor en een van agter. Daar is geen genade nie. iewers moet ek nou skuiling kry. Gelukkig is ek op my flink perd Lady en al wat ek toe kan doen, is om onder die koeëls uit te jaag. Daar is nie nog tyd om 'n draadheining wat in die pad is te knip nie en ek gee Lady die teuels en die spore en sy seil lieflik met my oor die draad — so vinnig dat ek byna agter haar stert afgeskud word. Gelukkig is daar twee kruisrieme wat die saal om haar bors vashou en ek beland net agter die saal!

Die Boere skiet nog so 'n entjie op my maar toe verdwyn ek uit hulle gesigsveld. Toe skielik tref dit Kollie Odendaal: "Dis nie 'n Engelsman wat ons op skiet nie. Dis Kommandant!"

Uit die Biografiese lewenskets van ds. Hendrik Schalk Theron 4128/614:

'n Klompie van die burgers het vir die eerste keer 'n gepantserde trein gesien naby Kimberley. Toe hulle daarop begin skiet, het die Engelse met grofgeskut hul vuur beantwoord. Hulle het verskrik die hasepad gekies en skuiling agter klippe en miershope gaan soek. Oom Jan Nieuwoudt, wat in die wandel bekend gestaan het as ou Rooijan, spring toe ná die eerste skoot op en roep: "Goewerment se Rooijan leef nog!"

J.F. Naude, Vechteii en Vluchten van Beyerqen Kemp bofaint De Wet, p. 79:

Dit is laatmiddag van een van die eerste dae op die front toe ek by ons tent aankom en daar 'n hewige gesteun hoor en dadelik daarna: "Ho-Charlie!" (Dit is die kok se naam.)

Charlie kom dadelik aangehardloop, want hy het ook die ge­steun gehoor. In die tent sit oom Naas, die veldkornet, letterlik soos 'n muis in 'n val. Hy het juis die dag 'n paar rystewels van die huis af ontvang wat hy reeds voor die oorlog van Londen af bestel het. Hy het die oggend die goed aangetrek en hulle het mooi nommerpas gesit.

Nou is hy besig om uit te trek, om na 'n lekker aandete te gaan slaap, maar die stewels! Na die heerlike gesmul aan die onoortreflike poeding wat sy vrou saam met die stewels gestuur het, vind hy dit moeilik om die stewels uit te trek en vandaar die gesteun. Nou het Ho-Charlie egter tot die redding gekom. Hy staan gestut teen die tentpaal en trap vas teen die groot houtkis wat vir ons as tafel dien. Agter die kis lê oom Naas plat op sy rug en klou so al wal hy kan van aan wat hy kan vind om vas te klou, die komberse, die matras, of 'n koffer daar naby, terwyl hy met sy ander voet teen die kas vasskop. Nou begin die gekreun en gesteun, nog erger as vantevore, want altwee steun saam.

Na 'n geruime tyd se gespartel, is dit letterlik "half time". Na 'n rukkie begin die stryd weer. Hoe meer hulle steun en spartel, hoe meer skater ek natuurlik van die lag en wens inniglik dat ek 'n kamera het om die toneeltjie vas te lê! Net toe ek so tussen die lag deur vra of ek nie maar liewer 'n span muile moet gaan haal om te help nie, glip die eerste stewel uit en Ho-Charlie byt die stof anderkant die kas!

Met die ander stewel gaan dit makliker. Die slag is gelewer en oom Naas, moeg en uitgeput van al die gespartel, kan uiteindelik tot ruste kom.

Jan Hendrik Scholtz, 'n Penkop op kommando, p. 58:

Baie burgers het gaan kuier, maar ongelukkig het sommige van die geleenthede wat aan hulle gebied is, misbruik gemaak. So was daar ene Japie wie se maag gereeld hier teen die naweek so erg gepla het dat hy huis toe moes gaan. 'n Sekere oom Roelf, 'n platjie van die eerste water, het gou agtergekom wat Japie eintlik makeer en 'n plan met hom gemaak.

"Kyk, Japie, ek het twee baie goeie pilletjies hier. Hulle maak sommer enige maag reg. As hulle jou nie help nie dan jok jy sommer en daar is niks met jou maag verkeerd nie. Drink hulle nou en jy sal sommer gou beter voel."

Ou Japie het die pilletjies vinnig weggesluk en binne 'n ommesientjie was hy perdfris.

"Ja, Japie, 'n mens kan sien jy was sommer regtig siek. Jou maag sal jou egter nie gou weer pla nie," het oom Roelf tong in die kies opgemerk.

Wat Japie natuurlik nie geweet het nie, was dat die pilletjies eint­lik twee klippies was wat oom Roelf in brood toegerol het en toe so tussen sy vingers rondgerol het tot hulle pikswart was!

Jan Hendrik Scholtz, 'n Penkop op kommando, p.103:

Een more vroeg kom daar 'n Engelse kolonne uit die suide op die Boere af. Eers wil die klompie Boere weerstand bied, maar toe moet hulle padgee — die oormag is te groot. By 'n klompie bosse spring die kommandant, Gysie, Jan en nog 'n paar ander af — maar dit help nie, hulle is nog steeds in aantog. Die ander marine trek reeds ver toe die klompie daar by die bos besluit om ook maar die geveg gewonne te gee. Een vir een bestyg hulle hulle perde en trek weg. Net Jan kan nie op Lissabon se rug kom nie. Hy sou seker in die slag gebly het as jong Oosthuizen nie daar verby gekom het en Jan se toomteuels in die hande gekry het sodat hy in die saal kan kom nie.

Lissabon is egter nie baie haastig nie en steur hom skaars aan Jan wat vervaard tekens gee. Skielik raak een van die saalsakke in die jaag los en slaan teen Lissabon se regtersy. Jan ruk en pluk, maar dis tevergeefs. Lissabon sien dit as 'n teken om van koers te verander. Hy swaai links — reg in die pad van die aankomende Engelse in. Hulle laat ook nie op hulle wag nie en die volgende oomblik fluit die koeëls om Jan se kop. Lissabon swaai in wy spore om en jaag nou agter die verdwynende kommando aan. Nou kan hy egter sy knieë dra en bring Jan na veiligheid.

Die aand sit hulle om die kampvuur toe Jan skielik sê: "Kêrels, vandag  het ek iets geleer.

"Wat is dit?" vra die ander nuuskierig.

"Jakkals sê, vlug is 'n goeie ding, maar jy moet betyds begin. Dis waar. In die toekoms storm ek voor en vlug ek ook heelvoor." "Hoekom?" wil die nuuskieriges weet.

"Nee, kyk, as jy voor storm, sal Kakie jou nooit raak skiet nie, want as jy hom vang, skiet hy nog met 1 700 treë se visier. Hy mik na die voorstes en skiet die agterstes raak. En as jy vlug, vlug jy heelvoor, want dan skiet Kakie weer net die agterstes raak, as hy iemand raak skiet. Dus is my leuse vir die toekoms: S.V.V.V. (Storm voor, vlug voor!)."

H.C. Hopkins, Maar een soos hy, p.146:

Sou dit nou veilig wees om uit te kom? Met my stramme litte sukkel ek stilletjies uit. Die yswater drup van my af en die aandwind sny deur murg en been. Maar daar klap nog perdepote.

Meteens hoor ek onder langs die spruit mense praat — tot my grootste verligting in Afrikaans. Hulle het my lyk kom soek en hier verskyn ek in lewende lywe tussen hulle!

Die wegkruipery daar in die Otterspruit het my oneindig veel plaery op die hals gehaal. Ek het die gebeurtenis aan generaal De Wet gerapporteer en toe hy my weer raak loop, groet hy met 'n "Dag, Otterkommandant!" Toe was die gort gaar en elkeen wat my teëgekom het, het my aan my nuwe eretitel herinner.

Andre Malan, Pretoria:

'n Klompie burgers het in die vroeë oggendure op die plaas van bekendes aangekom. Omdat een van die burgers die plaasmense goed geken het, het hy sommer aan die slaapkamervenster gaan klop, wetende dat die oom op kommando was en die tante daardie tyd van die oggend nog in die bed sou wees. Na so 'n rukkie het so 'n benoude stemmetjie gevra wie dit is wat 'n Christenmens so vroeg uit die vere jaag. Toe sy hoor wie dit is, het sy oopgemaak en hulle binnegenooi. Intussen het die bediende ingekom en die vuur aangesteek sodat sy koffie vir die klomp dorstige burgers kon maak.

Die volgende oomblik was daar 'n dawerende lawaai gevolg deur 'n swart roetwolk. Voor die burgers in die kombuis kon oorgaan tot aksie het 'n benoude stem so tussen die roet en die as uitgekom: "Moenie skiet nie, kêrels, dis ek!" Dit was toe mooi die baas van die huis wat so sonder seremonie uit die skoorsteen geval het toe die sake vir hom daar bo te warm begin raak het. Hy was met verlof tuis. Toe hy die perdepote gehoor het, was hy bang dis dalk Engelse. Hy het so vinnig moontlik uit die bed gespiing en skuiling in die skoorsteen gaan soek. Toe die swart wolk uiteindelik gaan lê het en hulle stadig maar seker van hulle skrik herstel het, kon die burgers nie hulle lag hou nie. Want so 'n spektakel het hulle lanklaas gesien! Die oom moes maar ewe verleë saamlag, veral nadat hy homself in die spieel te sien gekry het!

H.C.J. Pieterse, Die oorlogsavonture van generaal Wynand Malan, p. 20:

Onderwyl ons die opstal van ver af genader het, het ons 'n geselskap Boere wat na ons toe aangekom het, gewaar. Hoe dit ook al sy, die klomp was niks minder as onbeskaamde rowers nie. Hulle was net daarop uit om te buit. Hulle het na ons toe gejaag so vinnig as wat hulle perde kon loop en luidkeels geskree: "Engelse, die En­gelse kom! Die Engelse kom!"

Die voorste van die ou klomp was in 'n manelpak uitgedos, kompleet met borshemp en pluiskeil, en het met sy woeste baard en hare — altans so ver die wollerigheid van 'n paar maande onder die keil uitgekruip het — 'n onbeskryflike komieklike indruk gemaak.

Onderwyl die ou klomp die Engelsman se huis geplunder het, het hierdie ou spektakel op die man se kisklere afgekom. Onderwyl hy nog so voor die spieël gestaan het om homself in sy nuwe mondering te bewonder, het die oproep gekom dat die Engelse aan die kom was en daarop het hy sommerso in die saal gespring.

By nadere ondersoek het dit geblyk dat die ou klomp sommer vir niks geskrik het nie. Agter die woonhuis was daar 'n groot lap aalwynbome. As 'n mens skielik in daardie rigting gekyk het, het jy maklik met die eerste oogopslag die aalwyne vir mense aangesien. So moes dit hulle ook getref het. Een het skielik uitgekyk en die "Engelse" raakgesien — sommer 'n magdom ook. Hy het ook nie weer gekyk nie, maar sommer dadelik alarm gemaak. Nie een van die ander het gedink om te kyk nie en het laat nael vir die perde. Die gort was toe gaar. Die ou voorbok het hom nie die tyd gegun om van sy windmakerige mondering ontslae te raak nie. Inmers, hy was die leier en moes sy mense na veiligheid bring.

Ons het egter nie aan omdraai gedink nie. Inteendeel, ons het voor die ou takhaar gestaan. "Wie is julle? Waar kom julle so haastig vandaan, en waar is die Engelse?" het die vrae op hulle neergereën.

Ongelukkig was die ou se trawante so vreesbevange dat hulle hom nie die tyd gegun het om ons vrae te beantwoord nie. Hulle het sommer verbygesteek, want, sien, volgens hulle was die "Engelse" kort op hulle hakke! Hy wou nog beduie waar hulle die magdom Engelse gewaar het toe sy seun verbystorm en hom aan die arm gryp. Hy het hom vorentoe gedruk met: "Pa, kom! Pa-a-a, kom! Pa kan Pa nie verniet deur die Engelse laat doodskiet nie!"

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3090 gaste aanlyn