NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit is wonderbaarlik wat God met 'n gebroke hart kan doen ...   wanneer Hy al die stukkies kry.

WARE KWINKSLAE (6)

 

Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Samesteller: Elria Wessels

Lees reeks by Ware kwinkslae

Danie Stegman, Nooit gevang nie, pp. 29-30:

Waar hulle kon, het die kommando's ons op die plaas gehelp. Dit was al so te sê pikdonker toe 'n kommando een aand papnat gereën daar aangekom het. Vanweë die geweldige storm wat die middag losgebars het, kon ons nie melk nie. 'n Paar van die burgers het dadelik aangebied om te gaan melk. Nie een van hulle het enige besware gemaak nie, al was almal doodmoeg. Ongeveer 'n halfuur later het hulle teruggekom met die melk. Almal het egter geskater van die lag.

"Wat was die grap?" wou een van die mans weet wat intussen by die huis gebly en hout gekap het.

"Oom," het een van die melkers begin vertel, maar hy het so begin lag dat dit moeilik gegaan het om te praat, "ons het ons boeglam geskukkel om een van die koeie gemelk te kry. Ons het naderhand die hele kraal op horings gehad met die vervlakste koei." Toe het die lagbuie hom so oorval dat hy nie verder kon praat nie.

"Nou toe nou," het die oom tussenbeide gekom, "is dit nou iets om jou 'n boggeltjie oor te lag? Ek het in my lewe al baie gesukkel om 'n koei gespan en gemelk te kry — en ek kan jou die versekering gee dat ek nie juis daaroor gelag het nie. Vra maar die koei wat gebeur het as jy haar ooit eendag sien."

"Ja, Oom," het die verteller 'n verdere poging aangewend om te praat, "ek het ook al vantevore gesukkel.. . maar vanaand se koei was heeltemal anders ..."

"Jy bedoel natuurlik dat die koei nie meer sulke onhandige mans gewoond is nie," het die oom gespot.

"Wie weet, Oom. In elk geval, ons was naderhand verplig om almal hand by te sit. Ons was almal wel nat van die reën, maar ons was ook papnat van die sweet toe ons die onskuldige bees op langelaas met geweld aan 'n paal vasgemaak, teen die muur vasgedruk en gespan het. Ek het die emmer gevat, maar toe ek naby kom, het daar 'n verdere gespook gevolg. Mens sou waarlik sê dat dit winter is, so het die dier gebewe van die vrees. Eindelik het ek reg gesit, met die dopemmer styf tussen my bene vasgeklem, want ek het 'n skop verwag. Helaas, eers toe ek na die spene voel, het ek tot die ontnugtering gekom dat ons al die tyd met 'n os te doen het!"

André Malan, Pretoria:

Toe Hennie van Rensburg sy oupa Lombaard gaan groet voor hy op kommando gegaan het, het die ou man ewe kortaf gevra: "En toe, het jy al jou ouers gegroet?"

"Nee, Oupa," het Hennie geantwoord, "hulle was nie met my vertrek tuis nie."

"Maak nie saak nie," brom die ou kêrel. "As hulle te sleg is om vir land en volk te gaan veg, gaan jy en doen jou plig." Dan voeg hy daaraan toe: "Maar pasop, man, dat as jy val, ek nie moet hoor dat jy die skoot van agter gekry het nie."'

R.W. SchiJkkerling, Hoe ry die Boere, p. 100:

'n Boer van die omgewing het ons besoek en probeer om appelkose teen 'n uitspattige prys te verkoop, waaroor ons die swernoot in geraak het en besluit het om liewers te steel. Die man het net ons eetlus kom prikkel en ons het gehoop om na donker dit te versadig.

Gedurende die nag het 'n paar man afgesit boord toe om dit te stroop, maar hulle kon niks vind om hulle buit in te laai nie. Een ou het toe maar sy broek uitgetrek — wat baie lank nie seep en water gesien het nie — die pype by die enkels toegebind en dit volgemaak. Voordat die broek vol appelkose verwyder kon word, het die boer se honde blaffend op ons afgestorm sodat die vrugte in die slag gebly het, terwyl die diewe — een broekloos — haastig moes retireer en 'n agterhoedegeveg met die honde moes voer.

Die volgende dag het die boer met die broek opgedaag om die baas te soek. Dit verg geen Sherlock Holmes om 'n man op te spoor wat slegs een broek besit en geen vriend het wat hom een kan leen nie. Om sake vir die vriend ongemakliker te maak waar hy onder 'n kombers probeer wegkruip het, moet 'n mens noem dat 'n broek nes 'n hoed, na baie jare se dra die stempel van sy baas oorneem!

Die volgende twee staaltjies van Jan Wessels, Bloemfontein:

Theo Rabie bied vir ons huisvesting aan in die eertydse hotel waarvoor hy die sleutels het. Die kamer ruik half muf en die matras is te sag, maar dit is tog vreemd hoe spoedig 'n man hom kan voordoen met die dinge wat met die beskawing gepaardgaan, en hoe 'n skaap 'n man kan voel as hy voor 'n spieël te staan kom. Een van die man­ne het skielik voor 'n lang spieël te lande gekom,  nader gestorm om sy tweelingbroer te omhels en in die proses twee vingers uit lit gestamp!

Twee broers sit ná die oorlog en gesels oor hulle wedervaringe. Die een vra na 'n lang stilte: "Ou broer, sê my het jy ooit 'n Engelsman in die oorlog doodgeskiet?"

Die ander broer antwoord — weer eens na 'n lang stilte: "Nee, man, ek het nie. Het jy?"

Na 'n rukkie antwoord die ander broer:

"Man, ek weet nou nie so mooi nie. Daar by Ladysmith het ek op 'n Engelsman geskiet. Hy het so in die lug gerys — ek weet nie so mooi of hy dood is en of hy weggehardloop het nie!"

Die Dagboek van Hugo H. van Niekerk, De Wet-annale 1, p. 65:

Twee manne lê gewond langs mekaar tydens 'n geveg by Ladysmith. Die een lê en kerm en kla. Die ander een lê sonder om 'n woord te sê na die klaagliedere van sy vriend en luister. Hy begin naderhand stadigaan moeg word vir die gekerm van sy vriend:

"Ek gaan dood, ek voel ek is besig om te sterf," kom dit met gereelde tussenposes.

Ten einde laaste kan hy dit nie meer verduur nie en sê hy vir sy kermende vriend: "Kyk hier, as jy nou vrek dan neuk ek jou!"

Verwerk uit Jan H. Meyer, Kommando-jare, pp. 301-304:

Vroeg daardie aand kom Piet Badenhorst by my aan. Ek kan som­mer gewaar dat hy weer iets besonders in die skild voer.

"Ou Sakkie, jong, dis weer Kersfees een van die dae."

"Ja, presies oor tien dae," help ek hom aan.

"Presies. En wat het ons... ek bedoel, wat het ons nou eintlik om die kele nat te maak?"

"Net die water hier in die rivier sover ek weet," antwoord ek.

"Presies," beaam Piet.

"Hoekom? Het jy dalk iets in gedagte?" vra ek.

"Ja, ek het 'n plan. Wat as ons vanaand na Amandelboom toe ry?"

"Amandelboom!" Ek kyk Piet verbaas aan. "Maar is jy gek, man! Dis oor die veertig myl ver!"

"Ek weet. Maar 'n bietjie rooiwyn vir onsself en 'n bietjie whis­key vir die generaal vir Kersfees. Daar is mos 'n hotel daar, hoor ek."

En so gebeur dit dat 'n vyftal van ons daardie aand stilletjies uit die kamp verdwyn en koers kry na die dorpie wat vandag bekend staan as Williston. Dit is ek, Piet Badenhorst, Sarel Yssel, Kerneels Wilkens en Sak Strydom. Ons plan is om die dorp te bestorm en tot oorgawe te dwing en onsself dan meester te maak van enigiets wat ons in die skoot val.

Behalwe vir 'n kort onderbreking van sowat 'n halfuur ry ons die hele nag. Net voor dagbreek is ons naby die dorp. Omtrent 'n halfmyl buitekant die dorp, agter 'n rantjie, klim ons van ons perde af om die diere eers 'n bietjie te laat rus. Hier beraadslaag ons oor hoe ons die "vesting" sal aanval. Terwyl ons so praat, gewaar ons 'n Kleurling. Ons keer hom sonder meer aan en verdwyn met hom agter 'n paar bosse. Na 'n bietjie oorreding beskik ons oor al die inligting wat ons verlang. Met 'n waarskuwing om hom onverwyld uit die voete te maak en weg te bly uit die dorp, laat ons die verskrikte man los en gaan voort met ons beplanning.

Amandelboom was 'n gehuggie met so vyftien, twintig huise. Dis te betwyfel of die inwoners meer as honderd getel het. Die hotel en die twee vernaamste winkels het die middelpunt van die dorp gevorm, met die klompie woonhuise rondom versprei. Die Cape Mounted Rifles, so was ons inligting, had hulle kwartiere in 'n geboutjie skaars vyftig tree van die hotel af.

Ons besluit om die dorpie van drie kante aan te val. Van drie kante — en daar is maar vyf van ons. Dit is egter noodsaaklik vir ons dat die inwoners dink ons is meer as wat ons is. Ons onmiddellike doelwit is die Cape Mounted Rifles. Met hulle uit die pad sal die res van ons taak 'n blote formaliteit wees.

Presies om kwart voor vyf storm ons in. Piet Badenhorst jaag van die noordekant af in, ek en Kerneels Wilkens van die westekant en Sarel Yssel en sy maat van die suidoostekant.

Ons tydsberekening is uitstekend. Byna soos een man spring ons voor die C.M.R.-kwartier af. Alles is doodstil. Geweer in die hand storm vier van ons die gebou binne terwyl een man buite wag hou. Omtrent al die "Mounteds" lê nog vas aan die slaap. Net twee of drie man is al op en besig om aan te trek. Die kaptein is een van hulle. Ons tref hom in sy mees kwesbare toestand aan: hy is besig om sy broek aan te trek.

Al gou sluit ons die hele garnisoen veilig op in die plaaslike tronk, nadat Piet Badenhorst en die oorblufte sipier eers 'n paar warm woorde gewissel het. Nou is ons in volkome beheer van die dorpie. Ons lê beslag op 'n aantal karre en perde, doen die rondte by die twee grootste winkels, laai die karre hemelhoog met alles wat 'n mens se hart kan begeer, neem besit van die Cape Mounted Rifles se perde en ry dan net tot buitekant die dorp, waar ons ons groot buit in die bewaring van Kemeels Wilkens laat. Nou keer ons terug tronk toe, ontsluit die twintigtal gevangenes en gelas hulle om saam met ons na die hotel toe te gaan. Hier word daar nou saam gedrink, saam gesing en saam jolyt gemaak.

Te midde van al die verrigtinge het Piet Badenhorst nie die eintlike doel van ons besoek aan Amandelboom vergeet nie. Toe ek weer sien, staan Piet met nog 'n kar en perde voor die hoteldeur. Al gou lê die bokkiekar tot op sy asse gelaai met die allerbeste wat die Amandelboom Hotel op die gebied van drank kan lewer. Piet Badenhorst is klaar met sy "Kersinkopies".

Nou word daar 'n behoorlike kommandeerbrief uitgeskryf vir al die goed waarop ons beslag gelê het — 'n kommandeerbrief enig in sy soort. Plegtig word dit daarin gestel: hy wat die oorlog wen, moet vir die gebuite goed betaal! Met groot seremonie word die "kom­mandeerbrief" aan die kaptein van die Cape Mounted Rifles oorhandig.

Terug by die kommando word ons soos helde ontvang. Maar daar is 'n nadraai. Generaal Van Deventer laat ons dadelik in sy tent inroep. Hier moet Piet Badenhorst lelik bontstaan om ons ongeoorloofde afwesigheid uit die laer te verduidelik. Die generaal was ons  ook goed die kop oor ons gewaagde optrede. Voordat ons egter uit sy tent uitgaan, wens hy ons tog hartlik geluk met ons strooptog.

Daar is daardie aand groot jolyt op die walle van die Visrivier. Generaal Van Deventer besluit dat dit darem nie onvanpas sal wees as ons 'n voorsmakie van Kersfees geniet nie. Rooiwyn vir die burgers en White Horse vir die generaal — net soos Piet Badenhorst dit beplan het!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3100 gaste aanlyn