NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Handves van Menseregte is geen Skriftuurlike begronding nie.  Dis in werklikheid skadelik omdat dit die staat van sy waarde en waardigheid stroop en tot ’n belangegroep met ’n skeidsregter-funksie verskraal ten einde burgerlike konflik te vermy of te ontlont. Gevolglik het gruwels soos homoseksualisme selfs vandag regte!   Dink maar aan die onlangse saamtrek van meer as 20,000 homoseksuele in Knysna wat jaarliks as The Pink Day gevier word.  Almal was met sg. Gay rights op loop!

WARE KWINKSLAE (8)

Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Samesteller: Elria Wessels

Lees reeks by Ware kwinkslae

Uit Holster, Renier-versameling:

Ou Fred was nou nie juis bekend vir sy dapperheid nie. Eintlik was die ou baie bang — veral as ons in 'n benarde situasie was. As dit goed gegaan het, was hy kaatjie van die baan. Ons was daardie dag weer in so 'n noute. Fred was so bang daardie betrokke dag dat hy vir hom so 'n kraaltjie van 6 duim hoog gebou het. 'n Flukse pikkewynwyfie sou trots daarop gewees het. Hieragter het hy gelê en huil en elke keer wanneer daar in sy rigting geskiet word.

Een van ons burgers — hy was so 'n eienaardige, onverskillige kêrel — het eenkeer so onder die bombardement van die Engelse aan die slaap geraak. Toe daar 'n liddietbom baie naby aan hom bars, het hy wakker geskrik en sy kort mausergeweer vuurwarm geskiet. Een van sy maats vra hom toe: "Jan, waarna skiet jy so geweldig?"

"O," sê hy, "ek skiet sommer so in die bosse en reken maar soos die Hollanders sê 'wat wij treffen, treffen wij!' "

Chris H. Muller, Oorlogsherinneringe, p. 97:

Louis Bothma het met sy heliograag stelling ingeneem langs 'n baie groot klip sodat hy beskut was teen koeëls. Generaal Viljoen het my daar ingewag sodat hy met my oor ons posisie kon praat. Terwyl ons nog so in gesprek was, het daar 'n bom op die klip gebars. Die volgende oomblik is ons met 'n dik rookwolk omhul.

Die generaal vra oor die heliograaf: "Ou Chris, lewe jy nog?"

Ek antwoord: "Ja, Generaal, 'n Engelsman mag my mos nie doodskiet nie!"

Die oorlogsherinnering van kommandant Japie Neser:

Nie ver anderkant die Vaalrivier nie, in die Heidelberg-distrik, kom ons by 'n plaashuis aan waar twee vosperde voor die huis in die tuin loop. Ek sê vir my maat: "Hier is ons man."

Ons klop aan die deur en die vrou van die huis maak die deur oop. Daar sit hy toe ook op 'n stoel net langs die deur. Sy geweer staan langs hom. Ek sê: "Haai, ou maat, ek is agter jou bloed!" Sy vrou is op daardie oomblik in die kombuis.

Ek vra aan hom: "Hoekom loop jy dan van weg?"

"Ja-nee, daar is tog nie nou vegtery nie en ek het maar besluit om huis toe te kom."

Op daardie oomblik kom sy vrou uit die kombuis met die koffie wat sy pas gemaak het. Sy kyk haar man so aan en vra: "En het jy tog nie weggeloop nie?"

Ek antwoord: "Ja, Mevrou, hy't weggeloop en ons het hom kom vang!"

Sy kyk hom aan en sê dadelik, sonder om hom 'n kans te gee om iets te sê: "Kyk hierso, jy moet dadelik klaarmaak en teruggaan. 'n Man kan ek aldae weer kry, maar nie 'n land nie!"

Chris H. Muller, Oorlogsherinneringe, p. 79:

Daar was ene Van Schalkwyk — eintlik die leier van die wapenneerleggers. Ons mense het hom gearresteer en na die tent van ge- neraal Viljoen toe gebring. Hy was 'n baie netjiese man en het 'n blou pak klere aangehad. Terwyl die kêrel daar gestaan en wag het, het een van die platjies in die kommando 'n graaf gegryp —    hy was 'n flukse burger — en 'n gat begin grawe.

Iemand vra aan hom: "Wat maak jy daar?"

Hy sê: "Die meneer word netnou doodgeskiet en die generaal het gesê die een wat die graf grawe, kan die blou pak klere kry!"

Die arme ou man het sommer va-a-al van die skok geword, maar die generaal het natuurlik nooit so iets gesê nie!

J.A. Smith, Ek rebelleer! pp. 19-21:

Op 'n stap trek ons die aand van die plaas weg en vrolik sing die kêrels kommandoliedjies en volksliedere. Treffend klink die een wat ek nou vir die eerste maal hoor:

"Die Engelsman eet 'bully-beef' en ons eet mieliepap.
Daarom is hulle so styf en ons so lekker slap.
Ons kan maklik op ons perdjies spring ..."

En dan weergalm die refrein van voor tot agter die lang stoet uit:

"Hoera! Hoera! ons burgers veg getrou!
Hoera! Hoera! om ons land te behou!
Ons vaders het dit duur gekoop.
Die vierkleur daar geplant:
En ons sal dit daar laat waai."

"Jong, Kakie hoor ons sing. Vannag trap hy ons vas," sê een agter my vir sy maat.

"Wat! Kakie is laat! Hy kan maar hoor. Kaptein (Scheepers) met sy Witkoppe (burgers) sal Kakie gou laat stof eet as hy astrant wil word," kom die antwoord en met 'n nog luider stem val hy opnuut in "Hoera! Hoera! ons burgers veg getrou".
Laat in die nag word dit stil. Vaak en moeg beweeg die lang stoet op die kronkelende pas. Nog net die trip-trap, trip-trap van die hoewe oor die skurwe, kllpperige pad word gehoor. Ek is so vaak dat ek my oë nie meer kan  oophou nie en sit en waggel in die saal. Die teuels hang oor die perd se nek. Die pad is steil afdraand. Onder in die driffie is 'n gladde klipplaat en eenskaps lê ek op die bodem.

Ek spring op, verskrik en skaam, en hoor die kêrel agter my spottend sê: "Maar kyk hoe val so 'n nuwe aansluiter. Hy wil mos sit en slaap!"

C.A. Vieweg, Herinneringe uit die Anglo-Boereoorlog:

Terug by die kommando hoor ek dat ons in die Brandwaterkom oorgegee het. Daar was 'n lang krygsraad gister en vandag is daar weer krygsraad. Toe die kommandant van die laaste terugkom, beveel hy dat al die papiere wat ek dra wat die kommando kwaad kan doen, vernietig moet word deur dit te verbrand. Ek gaan dade­lik na die spruitjie toe en begin die papiere daar verbrand. Die mid­dag begin 'n sterk wind waai en die stof is onuithoudbaar. Een van my maats is so diep getref deur die vernedering van oorgawe dat hy begin huil terwyl ons besig is om die papiere te verbrand. Met die stof en trane word sy gesig so vuil dat toe ek hom vir die eerste keer van naby bekyk, ek nie my lag kan hou nie. Ek vra toe vir hom: "Neef, en van watter kommando se mense is jy?"

Arme Willie kyk my ewe verdwaas aan en die ander wat nou ook sy gesig raaksien, druk nou 'n sakspieëltjie onder sy neus sodat hy homself kan beskou. En so verdrietig soos hy is, kan hy darem nie help om self uit te bars van die lag toe hy sy gesig sien nie.

J.A. Smith, Ek rebelleer!, pp. 79-80:

Die aand merk ons 'n hond wat sit en huil by 'n graf daar naby die plek waar ons gekamp het. By die vuur sit 'n paar kêrels die oorsaak van die hond se gehuil en bespreek. Hulle glo klaarblyklik aan spoke. Gou maak 'n paar van ons 'n plan. Van Heerden gaan leen 'n wit laken by die huis. Die veldkornet gaan staan by die onderste skuur en roep een van die klomp by die vuur. Om by die veldkornet te kom, moet hy naby 'n populierbos verbyloop waar Van Heerden met die laken stelling ingeneem het.

"Giel!" roep die veldkornet. "Kom gou hier!"

"Ja, Veldkornet, ek kom," antwoord hy en kom vinnig aangestap.

"Giel, maak gou!" roep Veldkornet weer.

Giel word nou haastig en kom op 'n draffie by ons verby. Meteens staan Van Heerden tussen die klein populierboompies aan die kant van die eendedammetjie op en steun: "G-i-e-1! G-i-e-1!"

Giel steek vas, roep benoud na boontoe en spring om. Met armgeswaai en bene wat lang hale probeer gee, maar nie kan nie, spartel hy terug en skree benoud: "Help! H-e-l-p!"

Op daardie tydstip kom een van die ander burgers net om die hoek van die buitegebou en Giel duik onder hom in met nog benouder uitroepe van "Help! Help!"

Die spook is toe by en roep weer in 'n diep basstem: "Giel! Giel!" Giel vlieg onder sy verskrikte slagoffer uit, loop so hard soos hy kan tussen sy maats in, trap die koffieketeltjie op die vuur om en die vleis val in die as. Een van sy maats slaan na hom en uitasem en doodverskrik val hy tussen hulle neer!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3092 gaste aanlyn