NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie is verstandig? Hy wat by almal leer.
Wie is magtig? Hy wat sy hartstogte beheer.
Wie is ryk? Hy wat tevrede is .
Wie is hy? Niemand nie.
Benjamin Franklin

WARE KWINKSLAE (10)

Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Samesteller: Elria Wessels

Lees reeks by Ware kwinkslae

Uit C.A. Vieweg se Herinneringe uit die Anglo-Boereoorlog:

Met die afsaal van generaal De Wet se kommando was 'n kwartier skaars verby of die roep "Opsaal" het gekom. 'n Klompie van die skrikkerige burgers het geen tweede uitnodiging nodig gehad nie en hulle het dadelik die pad gevat. Dit het naderhand so erg geword dat ons nie meer rus gekry het nie, behalwe as die generaal self daar was. 'n Kêrel, wat maar stadig was, het egter 'n agterryer gehad met die naam Opsaal. Die stadige burger het gewoonlik opgedaag net nadat die eerste burgers al afgesaal het. Wanneer Opsaal se baas egter opgedaag het, gewoonlik sowat vyftien minute later as die ander, het hy na Opsaal begin roep sodat hy kon begin met die vuurmaak. Chaos het gevolg. Die burgers het nie geweet wat aangaan nie en het dadelik gereageer op die bevel, min wetende dat die stadige kêrel eintlik na sy agterryer op soek was. Gou het die bevel die rondte gedoen en soos dit maar met sulke dinge gaan, het dit nie net by "Opsaal" gebly nie. Dit het gou verander in "Opsaal, kêrels!" en spoedig in "Opsaal, kerels! Kakie kom!" So het dit aangegaan. Die offisiere self was later self hopeloos in die war, want voordat hulle kon uitvind wie die bevel gegee het, was helfte van die bur­gers al weer op pad. Die kommando het later snuf in die neus gekry en nader ondersoek ingestel en tot hulle onsteltenis uitgevind dat "Opsaal" eintlik 'n agterryer was. Opsaal is herdoop en die goeie orde van die kommando is herstel.

Ben Viljoen, Mijne Herinneringen uit den Anglo-Boerenoorlog, p. 99:

Die geveg duur die hele dag voort, die hewigste op ons linkersy, waar generaal French met sy kavallerie die posisie van die Ermelo- en Bethal-burgers kort-kort bestorm. Elke keer word hulle egter met swaar verliese teruggedryf. Eers storm die lansiers so dapper dat hulle met ons burgers handgemeen raak. Die kommandant van die Bethal-kommando vertel my dat sy agterryer tydens die stormloop van die lansiers met hulle deurmekaar geraak het. Elke keer wanneer hy 'n lansier sien dan roep hy "Hands up!" uit. Hy het al so baie kere die term "Hands up" en "hendsoppers" gehoor dat hy gedink het dat die hele woordeskat van die Engelse taal slegs uit die twee woorde bestaan.

Toe die lansier hom op sy beurt toeroep: "Hands up!" smeek die agterryer: "Hands up, baas!" Die lansier is ook nie links nie en steek hom deur sy regterarm en roep weer driftig: "Hands up!"

Die agterryer wat nou nie mooi verstaan wat aangaan nie, antwoord weer met 'n "Hands up, hands up, baas!" Hy ontvang nog 'n paar stote met die Ians, maar het ook teen daardie tyd genoeg van die onnosele Engelsman gehad en kies die hasepad.

Toe die kommandant hom vra hoekom hy dan elke keer "Hands up" gesê het as die Engelsman met hom praat en nie gevlug het nie, verduidelik hy die saak so: "Sien, baas, ek hoor elke dag hoe die mense sê 'hands up'. Toe dink ek dis nou wat 'n mens sê as jy in die moeilikheid is en jy soebat om jou lewe. Daarom het ek gemeen 'asseblief tog' maar die Engelsman het 'gwaza' en hy hou maar net aan met steek!"

André Malan, Pretoria:

Soos dit maar in 'n oorlogsituasie gaan, het die Boere ook soms beslag gelê op goed wat nie aan hulle behoort het nie. Na een so 'n sessie wat maar redelik rof en vinnig verloop het, het een oom 'n hele kis vol goed gebuit, sonder om die kis, wat geseël was, oop te maak. 'n Hele ruk lank het die kis vol goed saam met die oom geswerf, maar hy het nooit so ver gekom om dit oop te maak nie. Eendag moes hulle vinnig voor die Engelse retireer. By die brug het die generaal gestaan en gelas dat elkeen van die oortollige bagasie wat hulle so vertraag ontslae moes raak. Die oom, wat die kis nou al so lank en deur soveel moeilike situasies met hom saamgebring het, het egter geweier om van sy kosbare vrag ontslae te raak. Die generaal, wat nou nie eintlik vir sy geduld bekend was nie, het die kis summier en bra hardhandig van die oom se kar afgesmyt. Toe dit die grond tref, het dit oopgebars en 'n paar dosyn porseleinpotte (kose) het aan flarde gespat. Wat was die oom se verontwaardiging groot toe hy onder dawerende gelag van sy medeburgers gesien het wat hy so getrou en met soveel moeite met hom rondkarwei het!

Uit Agterryers:

Op 'n helder, sonnige dag is Charles ook hard besig om van Koppie-Alleen af met die heliograaf in aanraking te kom met Vredefort. Die operateur daar was Willie Immelman. Eindelik geluk dit hom en hy sein na Willie: "Who is there?"

Arme Willie skrik hom lam aan die ander kant. Hy hou egter kop en sein terug: "Who are you? Give the countersign!"

Nou bly Charles vir 'n lang ruk stil; sulke parmantigheid het hy nie van Willie verwag nie. Hy sein uiteindelik aan Willie: "Dag Paardeberg." Willie weet dat dit die wagwoord vir die dag is en sein dadelik terug: "Breek!"

Die volgende dag toe die twee vriende mekaar te sien kry vertel Willie hoe Charles se grap hom 'n paar benoude oomblikke besorg het, aangesien hy nie geweet het wie aan die ander kant was nie. Was dit 'n Engelsman dan was hy kniediep in die gemors — afgesny van sy kommando en verder het hy die risiko geloop om met rapporte en al in die hande van die vyand te val!

R.W. Schikkerling, Hoe ry die boere, p. 113:

Onlangs het hier 'n man uit die Kaapkolonie aangekom vergesel deur sy agterryer, 'n bruin man, wat gedurig gekla het omdat hy in die peslike Transvaal moes bly. Terwyl hy besig was om 'n jong perd te leer, is hy afgegooi sodat hy op sy kop te lande gekom het... Hy het 'n paar oomblikke gesit en kyk na die duik wat hy in die grond gelaat het; toe gemompel: "Nei, Transvaal, ma' ek het jou darem hard gestamp, ne!"

Wilhelm Mangold, Vir Vaderland, Vryheiden Her, p. 61:

Die vlaktes by Lombardskop en Bulwana het 'n menigte dongas waar wilde akasia- en doringbome groei en hier het ons voorposte geskuil. Een van ons agterryers wat hout bymekaargemaak het, was skoon oorbluf toe 'n Kakie hom skielik vra: "Where is the road to Ladysmith?" Hy kon 'n bietjie Engels verstaan en het hom aangeraai om reguit aan te stap. Toe nael hy na die voorpos en roep: "Baas, ek het 'n Engelsman gevang!"-

"Nou ja en waar is hy?"

"Daar kom hy aan!"

Die niksvermoedende Kakie was sprakeloos toe hy skielik in twee geweerlope vaskyk en hoor: "Yes and where are you going?"

Hendrina Rabie-Van der Merwe, Onthou! In die skaduwee van die galg, p. 61:

Op ’n ander plek sien ek 'n groot driebeenpot op die vuur staan met groot klippe op die deksel.

"Hoe lyk dit dan vir my of Oom 'n lewende skilpad in die pot het?" vra ek.

"Nee, my niggie, ek is besig om rys te kook. Maar hoe meer water ek in die pot gooi, hoe meer word die rys en dwing om bo by die pot uit te klim."

"Hoeveel rys het Oom dan gebruik?"

"Daardie beker vol," en hy wys na 'n beker, groot genoeg om agt koppies rys te bevat. Ek het lekker gelag en hom aangeraai om maar meer klippe op die deksel te pak.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3101 gaste aanlyn