NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die kern van Christelike liefde is nie ons onwilligheid om lief te hê nie, maar die vaste wete dat God óns liefhet.

WARE KWINKSLAE (11)

Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Samesteller: Elria Wessels

Lees reeks by Ware kwinkslae

Jan Hendrik Scholtz, 'n Penkop op kommando:

Die burgers het elke dag iets gekry om oor te lag, selfs in die loopgrawe.

Elke dag het hulle die Kakies by Modderrivier-stasie sien dril. Sommige het goeie verkykers gehad en om die beurt die drillery betrag.

Dit het egter ook nie die jong Boere belet om vyfhonderd tot seshonderd tree in daardie rigting te gaan bessies pluk nie. Eendag het 'n sekere jong man wat ons maar liewer B sal noem, saamgegaan. Hy het egter langs die pad gaan sit en van die geleentheid gebruik gemaak om sy broek te lap. Skielik was daar 'n bom, hoog in die lug op pad na hulle toe. Die jong klomp het hulle byna boeglam geskrik en het dadelik rieme begin neerlê. B natuurlik ook. Toe hulle naby die veiligheid van die loopgrawe gekom het, het die paniek ook begin afneem en een van sy meer oplettende makkers het skielik gevra: "Haai, waar's jou broek, man?"

Ewe verleë moes B in sy spore omdraai en sy broek gaan haal! Daardie aand het die burgers nog tot laat oor B se verleentheid gelag. *

'n Penkop het 'n klompie koringmeel in die hande gekry — iets waaroor ons ander natuurlik afgunstig was — en hy het vertrek om op die naburige plase suurdeeg of gis te gaan soek om brood te bak. Een goedhartige ou tante het hom voorsien van suurdeeg. Sodat hy dit makliker kon vervoer, het sy dit in 'n stroopblik verseël wat hy in die knapsak tussen sy skouers geplaas het. Die warm son en die geskud het die boel aan die gis gesit sodat die deksel met 'n knal afgevlieg het. Die kêrel het sy agterkop bevoel. Dit was taai van die suurdeeg en onmiddellik dink hy dis sy geweer, wat ook oor sy skouers gehang het, wat afgegaan het, met ontsettende gevolg. Hy was verwaand genoeg om te dink dis sy harsings wat hy voel en in noodsangs het hy by sy metgesel verneem hoe lank 'n mens leef na so 'n ongeluk!

E.F. Rohm, Kinders op kommando:

Een van Klein Thys van Tonder se meesterstukke was die dag toe hy saam met twee ander verkenners verkenningswerk by 'n koppie naby Springfontein moet gaan verrig. Na 'n rukkie van sit en niksdoen, merk hulle 'n muilwa met voer op en vergesel van 'n klomp Engelse soldate, wat pas die dorpsgrense verlaat het.

"H'm ... so 'n wa en veral die twaalf muile sal darem maar handig wees vir die kommando. lets moet ek omtrent die saak doen." Thys was ook nie 'n man wat op hom laat wag het nie en hy voeg onmiddellik die daad by die woord. Hy laat spat by die leegte af en versteek homself in 'n sloot langs die treinspoor. Net toe die wa verbykom, spring hy op en skree met 'n dawerende stem: "Halt!"

Hy het kwansuis bevele van sy kommandant dat as hulle nie dadelik oorgee nie, die kanonne op hulle gestel gaan word. Dit sê hy terwyl hy met 'n swierige gebaar in die rigting van die koppie beduie waar hy sy maats agtergelaat het. Toe knip hy die telegraaflyne langs die treinspoor. Aan die bruinman wat die wa dryf, word opdrag gegee om die wa na die "Boeremagte" toe te neem. Die ontwapende tommies kry opdrag om vooraan in gelid te marsjeer. Toe hulle die plek bereik waar Thys se twee maats op hulle wag, word hulle plegtig aan die "mag" voorgestel. Voordat hulle nog kan won­der waar die kanonne wat op hulle gerig is nou eintlik is, kry hulle opdrag om hulself so gou moontlik uit die voete te maak terug Springfontein toe!

E.F. Rohm, Die Huisgenoot:

Ons het so pas gaan lê toe Piet van Tonder so teen halfses ingejaag kom met die tyding dat veldkornet Joubert met 'n klomp Engelse slaags was. Ek het my verkyker gegryp en gemerk hoe sowat 400 Engelse met twee kanonne intrek by die plaas Slangfontein. Toe ek aan generaal Brand gaan rapporteer wat ek gesien het, het hy net geantwoord: "Julle kom wragtie nie sonder die kanonne terug nie."

Ons het inderhaas opgesaal. Ek het die penkoppe beveel om te volg sodra hulle gereed was. Twee van die seuns, Piet van Tonder en Vaal Flip Snyman, was op pad om die pad te gaan oppas. Net toe hulle oor 'n bultjie kom, het die agt en dertig tommies reg op hulle afgestorm. Die twee het net so in hulle spore neergesak en geskiet dat dit gons, waarop die tommies in die spruit in gevlug het. Anderkant uit kon hulle nie, want dit was nie by 'n drif nie; steek een sy kop uit, dan laat die twee op die wal van hulle hoor. Ek het gesien dat hulle, tydelik altans, veilig was en na die geveg terugkeer. Ons het besluit om die stelling te bestorm. Ons het nou tussen die Engelse staan en skiet. Na die vyfde sarsie het die wit vlag opgegaan. Die ontwapening was nog aan die gang, toe ek vir Piet van Tonder ook daar opmerk.

"Wat maak jy hier, pas julle dan nie die agt en dertig man in die spruit op nie?" het ek kwaai gevra.

"Maar Vaal Flip is mos daar, Veldkornet!" het hy ewe verontwaardig geantwoord.

Renier-versameling:

Klein Petrus van Niekerk en die ander seuns van die omgewing is opgekommandeer om met die vee te vlug en terselfdertyd die vrouens by te staan. Later was daar nie meer vee oor om op te pas nie en het hulle maar altyd by die kommando gebly.

So 'n jaar voor die einde van die oorlog was hulle in die omge­wing van die plaas waar sy ma saam met ander vrouens geskuil het. 'n Seun van so elf, twaalf jaar verlang ook na sy ma en so het Klein Petrus en sy maats dikwels weggeglip na sy ma toe. Buitendien was daar so 'n aantal mooi dogters tussen die vroumense in die laagtetjie waar hulle skuilgehou het. So het dit dan eendag gekom dat Klein Petrus en sy twee maats weer van die kommando af weggeglip het en op besoek was in die laagtetjie. Toe Klein Petrus so ewe houtgerus by sy ma se agterdeur uitstap, moet hy tot sy ontsteltenis sien hoe die Engelse soos 'n swerm sprinkane teen die steilte afjaag, reg op die huisie in die laagtetjie.

Petrus het na sy twee maats geskree, maar almal was lam van skok en die Engelse was alreeds so vier, vyfhonderd tree van die huis af. Petrus, nadat die skrik so 'n effe die wyk geneem het, het dadelik 'n plan gemaak, maar sy twee maats wou nie daaraan byt nie. Hy dink hulle was te skaam vir vroumense, veral vir die jong nooientjies. Goed, as hulle dan nie aan sy plan wil byt nie, moet hulle plegtig belowe dat hulle hom op geen manier sal ontmasker nie. Sy suster Magriet is net so groot soos hy. Hy gryp een van haar rokke en pluk dit aan en plak daarna een van haar kappies op sy kop.

Net toe arriveer die eerste Engelse by die huis. Hy hou hom egter tussen die klomp dogters wat so eenkant is. 'n Engelsman wat vlot Afrikaans kon praat, kom die huis binne. Teen daardie tyd het hy en sy susters en 'n paar van die ander dogters op die bank gesit. Die Engelse deursoek die plek en vertrek 'n rukkie later. Petrus is bly, maar sy hart bons soos 'n hamer — die gevaar is nog nie heeltemal oor nie.

Hy loer deur die venster en sien hoe die Engelse teen die bultjie uittrek. O wee, wat hy gevrees het, het gebeur. Sy twee maats is gevang — hy weet voor sy siel dat hulle ongeag hulle plegtige beloftes hom tog gaan verklap. Toe halt die Engelse skielik en hou 'n lang redenasie met sy twee maats, swaai met die arms en gaan tekere en wys kort-kort in die rigting van die huis. Sê nou hulle verklap sy geheim? Hy kan sien hulle word gedreig. Ja-nee, daar spring die klompie Engelse weer op hulle perde en kom met mening teruggejaag na die huis toe in die laagte.

Weer moet Petrus 'n plan beraam en baie gou ook. Vandag sal hy moet hardloop soos lanklaas en vroumensklere is 'n belemmering vir 'n man wat met die dood 'n wedloop onderneem. Daar is egter nie tyd om die goed uit te trek nie. Hy pluk die rok op en druk dit by sy gordel in sodat die spulletjie soos 'n hemp om sy bolyf bol. Onder het hy darem nog sy opgerolde broek aan, want dit wou hy darem nie uittrek toe hy sy suster se rok aangetrek het nie. A-nee-a, dit sou darem 'n neukery wees voor die vroumense.

Toe die eerste Engelsman van sy perd afspring voor die deur, seil hy reeds by die agterdeur uit oor die ladsmuurtjie agter die huis reguit rivier toe, want die Renosterrivier loop so 'n entjie agter die huis verby. Hy hardloop nie meer nie, hy vlieg behoorlik. Die opgebondelde rok en die opgerolde broek pla hom nie meer nie. Voor hy die rivier bereik, sien hy hoe die Engelse agter hom aangejaag kom. Hulle het hom seker gewaar. Hy hardloop nog vinniger. Hy bereik 'n groot krans op die wal van die rivier. Daar is 'n paar diep skeure in die krans en hy glip daarin soos 'n dassie.

Toe dreun die perdepote ook die hele wêreld vol op en af langs die rivier. Dit vloek en lawaai en kort-kort skree die "Engelsman": "Kom maar uit, ons het jou lankal gesien." Dan skiet hulle 'n paar skote, maar Petrus lê so stil soos die dood. Not 'n dem gaan hy uitkom nie. Hulle lieg, hulle weet tog nie waar hy is nie, want by die volgende wegkruipplek skiet en raas hulle maar weer net so en skree maar weer met dieselfde alwetenheid: "Kom maar uit, ons sien jou, ou kêrel!"

Eindelik bedaar die rumoer. Die soektog word gestaak. Petrus bly egter in sy skeur tot donker. Terwyl hy so lê en wag, begin hy lag, want skielik wonder hy watter neukery dit sou afgegee het as die Engelse nie op sy spoor gekom het rivier toe nie en uit desperaatheid die klomp meisies begin aantree het om vas te stel watter een die seun was.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3124 gaste aanlyn